Lyk vir my ek het iets iewers langs die pad gemis. My bogenoemde tydskrif is vanmiddag by my huis afgelewer en daarin merk ek dat die jare-lange uitgewer, Godfrey Castle, nou weer as redakteur optree.
Francois Huysamen was die afgelope klompie jare die redakteur en het baie moeite gedoen om die Afrikaanse weergawe van Caravan & Outdoor Life die lig te laat sien. Ook was hy aktief op sosiale media platforms en skielik het hy verdwyn.
Weet iemand dalk iets meer as ek ?
Len, ek was ook nie daarvan…
Len, ek was ook nie daarvan bewus nie.
Sleep, nou vir wat sleep jy…
Sleep, nou vir wat sleep jy my nou hier by in??
Weet niks van daai mense nie.
Dit laat my......
Dit laat my nou dink :-
Die DA het seker by Caravan & Outdoor Living gesien dat van die ou garde teruggebring moet word om weer rigting te gee om die instansie van ondergang te red !
Len, in die Sept uitgawe...
....het Godfrey vir Francois geprys vir sy bydrae tot die ontwikkeling van die tydskrif en die belangrike rol wat hy gespeel het in die bekendstelling van die Afrikaanse tydskrif. Hy het verder gesê dat "Hy het onlangs 'n betrekking in digitale bemarking, o.a. in Holland en New York aanvaar, en het ons dus verlaat."





Weet nie Arie
Weet ook niks daarvan nie Arie