Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Johann en Wessel November 2026 Rona du Plessis -4 hours ago
Rona... November 2026 Wessel Strydom -6 hours ago
Rona November 2026 Johann L -9 hours ago
Teri Lemveli... November 2026 Wessel Strydom -19 hours ago
Liewe liefste Voolie... November 2026 Rona du Plessis -19 hours ago
Antwoord aan almal November 2026 Rona du Plessis -19 hours ago

Bal gewig

Worcester
Profile picture for user Wildehont
Submitted by Wildehont on
Forums

Nee ek wil nie spog nie. Ek wil raad vra. My Fordjie se sleepstang toon op die plaatjie wat Ford langs dit aangebring het ‘n maksimum vertikale gewig van 125kg en maksimum sleepgewig van 1500kg. Ek behoort die Kavango maklik onder 1500kg te kan hou aangesien die Tarra 1050kg is. Hoe meet ek egter die gewig op die bal?

Ek het oom Google gevra, en daar is skale wat mens kan koop (maar nie op die www in SA wat ek kon opspoor nie). Daar word ook voorgestel dat ‘n badkamerskaal op iets stewig geplaas word sodat dit dieselfde hoogte as die bal is. Is dit maar die metode en as mens die gewig reggekry het (lyk my 100kg is ‘n goeie gewig), pak jy dan maar net elke keer dieselfde? Wat van bv die 120l water en nog 120l bier wat mens tuis inpak, maar waarsonder jy terugkom? Hoe weet jy dan nog jou gewig op die bal is reg?

 

Brits
Profile picture for user wessels

wessels

Thu, 17/10/2019 - 10:48

Middag Chris

Gaan kyk op internet na www.loadhog.co.za Hulle her 'n produk LHX twin blade stabilisers.

Dalk is dit al wat jy nodig het, of effe duurderopsie---kry 'n Hilux trokkie.smiley

Groete 

 

 

0

koop 'n sakkie "ready mix" sement en verander bloot die hoek

Wessel, ek het nou eers die plasing van jou gesien. Dis 'n sinvolle voorstel, maar soos jy weet staan die wa nou in my motorhuis en daar is 'n heelwat platter hoek by die oprit/pad aansluiting. Die wa skuur nie oor skerper hoeke as die voertuie nie gelaai is nie, maar dis nie hoe ek sleep nie. Ek soek dus steeds 'n oplossing vir bietjie ekstra grondvryhoogte onder die wa se A-raam net agter die koppelstuk. Selfs met die neuswiel afgehaal bly dit steeds die laagste punt van my kombinasie en dis boonop waar dit knak.

Roadmaster het laat weet hulle het nie 'n bracket wat oor die oog van my Everest se bladvere pas nie. Die naaste Load Hog agent is in die Kaap en hulle is net in die week oop. Hulle wil eers my voertuig sien voor hulle kan sê of hulle produk die oplossing is. Ek sal 'n half dag verlof moet insit en daar uitkom. Hopelik werk hulle produk. Dalk moet ek dan sommer 'n plaaslike agentskap oopmaak...

0
Brits
Profile picture for user wessels

wessels

Tue, 29/10/2019 - 16:02

Middag Chris

Kan jy nie bloot 'n sakplaat [ drop plate] opsit, maar sodanig dat jy die bal van die hak met 50 tot 100mm kan lig nie. Gewoonlik maak die plate voorsiening vir 'n paar 50mm spronge, hetsy op of af.

Dit is dalk die mees goedkoopste oplossing vir jou probleem.

Groete

 

0

Kan jy nie bloot 'n sakplaat [ drop plate] opsit, maar sodanig dat jy die bal van die hak met 50 tot 100mm kan lig nie

Dis 'n knap voorstel Wessel, maar soos die foto hier onder toon(nie my voertuig nie maar presies dieselfde) is daar twee probleme. Die trekstang waarmee dit uitkom se haak is vasgebout aan 'n plaat aan die trekstang wat gaan maak dat die haak heelwat sal moet opskuif ten einde te pas, aangesien daar net een stel gate is. Die boonste gate op die foto is vir 'n wit plastiek naamplaatjie wat afbreek van effe te ver terugstoot voor jy haak. Die ander probleem is die lastige spaarwiel wat ruimte bo die haak beperk. Dit maak dit reeds in die bestaande posisie moeilik om te haak en af te haak. As die haak verder oplig gaan die agterdeur ook nie kan oopmaak as die wa gehaak is nie angry

A

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Tue, 29/10/2019 - 20:02

Met die spaarwiel en die deur wat pla, weet ek wraggies wat jy gaan doen nie, as ek jou reg verstaan, gaan jy sukkel al lig jy die wa, want jou probleem lê nie by die wa se as nie, maar by die haak punt?

0

probleem lê nie by die wa se as nie, maar by die haak punt?

As die Ford en die Kavango gelaai is sak die haakpunt en die onderkant van die Kavango se A-raam net agter die koppelstuk haak dan as ek oor 'n punt ry waar twee vlakke teen 'n hoek aansluit. Die haak oplig sou gewerk het as dit nie die deur se oopmaak belemmer het nie. Wessel het my op Load Hog se spoor geplaas (sien geel blok heel onder) en dit lyk of dit kan werk maar hulle moet eers die Ford sien om te bevestig. Die koste is onder R3 000 wat nie goedkoop is nie maar ek is bereid om dit vir 'n blywende oplossing te betaal. Ek wil nog bietjie verder van die teerpad af en die verlies aan grondvryhoogte is vir my 'n probleem (en nie 'n baie slim ontwerp van Echo nie, hopelik het hulle dit intussen reggestel). Die fototjie hier onder gee 'n idee van die onderstebo driehoekige struktuur wat lol onder die voorkant van die A-raam.

a

a

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Thu, 31/10/2019 - 13:20

Willehont, gister net so Everest soos joune in die dorp gesien, haak lyk ook net soos joune op foto hier bo. Die boonste gate het ek beloer, en die haak kan daar pas, selfde groote en senters. Dalk moet jy net loer of dit nie vir jou kan werk nie, verstaan die deur se oopmaak, maar dalk werk dit.

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Fri, 01/11/2019 - 12:37

Ek het ook intussen gekyk en gesien die haak kan opgeskuif word. Ek het nog net gemeet (nie fisies die haak opgeskuif nie) en dit lyk nie of die deur sal kan oopmaak nie. Die spaarwiel se dop gaan ook waarskynlik seerkry as ek regs om ‘n hoek gaan. 

0
Jozie
Profile picture for user TWTFAWC

TWTFAWC

Fri, 01/11/2019 - 15:19

Wildehont, the height of the ball must be 400mm from the ground. At that height, the caravan is made to track level. As the vehicle is loaded the height drops a little and the van has a " slightly nose down"attitude which is exactly what you want.

I suggest: - Keep that 400mm as a reference point. then look at what you need to do to sort the problem out.

That may be: -

a bracket to lift your spare wheel up

shock absorber / springs stiffners

extending the towbar... On Monday I'll post my extention...

Regards

W

 

 

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Fri, 01/11/2019 - 19:02

Chris, as jy 'n bal iewers kan leen, of joune net na die boonste twee gate skuif, (vir 'n toets lopie) kan jy sien of jou deur gaan haak of nie,  daar moet net genoeg spasie bo die bal wees om vir die "coupler" toe te laat.

As ek na jou foto kyk, behoort die spaar wiel nie 'n probleem  te wees nie, maar ek dink net die deur miskien. My kar se agter deur is net so laag, maar ek mis die jockey se slinger met 'n paar milimeter. Ek moes nood gedwonge vir die Yellow Blade die boonste gate gebruik, en was ook bekommerd oor die deur, maar daar is toe genieg spasie.

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Fri, 01/11/2019 - 23:35

Johann, watse sleepvoertuig het jy? Die foto is misleidend. Die spaarwiel is wel off-centre maar dis juis die probleem. Ek sal my haak skuif, dit kan kwalik 10 min neem, maar ek het reeds gemeet en weet dit gaan lol. Vering wat sak onder lading is my probleem so ek moet dit aanspreek. 

0
Waar my wa staan
Profile picture for user Arie

Arie

Sat, 02/11/2019 - 07:48

Ja kyk dit kan lol as ń man se bal so laag hang!!!

Plaas van die koste om te vere te versterk moet mens dalk eers kyk na onderbroeke met sterker rekke?

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Sat, 02/11/2019 - 08:58

Chris, hoekom oorweeg jy nie om die spaarwiel se dop af te gooi nie ?  Dalk gee dit jou net die rapsie spasie wat jy nodig het as die bal opgeskuif word (sonder 'n nuwe onderbroek soos Arie voorstel !).

Die meerderheid stofpad-voertuie  met spaarwiele agterop is sonder 'n dop.

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Sat, 02/11/2019 - 09:43

Dit is op my agenda om die haak na die boonste gate te skuif en die spaarwiel se dop af te haal om 'n toetslopie te doen om te kyk of dit gaan werk, maar die Derde Anglo-Boereoorlog moet eers afgehandel word en dan sal ons moet sien hoe loop die gemoedere daarna...

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus