Nee ek wil nie spog nie. Ek wil raad vra. My Fordjie se sleepstang toon op die plaatjie wat Ford langs dit aangebring het ‘n maksimum vertikale gewig van 125kg en maksimum sleepgewig van 1500kg. Ek behoort die Kavango maklik onder 1500kg te kan hou aangesien die Tarra 1050kg is. Hoe meet ek egter die gewig op die bal?
Ek het oom Google gevra, en daar is skale wat mens kan koop (maar nie op die www in SA wat ek kon opspoor nie). Daar word ook voorgestel dat ‘n badkamerskaal op iets stewig geplaas word sodat dit dieselfde hoogte as die bal is. Is dit maar die metode en as mens die gewig reggekry het (lyk my 100kg is ‘n goeie gewig), pak jy dan maar net elke keer dieselfde? Wat van bv die 120l water en nog 120l bier wat mens tuis inpak, maar waarsonder jy terugkom? Hoe weet jy dan nog jou gewig op die bal is reg?
The standard... re verfication
Dit is nie standaard vir alle woonwaens nie. My Exclusive en die off-road wans sal nie noodwendig die selfde wees nie.
Volgens my moet jy die woonwa waterpas staan maak en dan meet jy die hoogte van die bal.
So far as I know, both bush vans & standard vans are at 400 mm give or take but I'll go & double check & take photo's even 4x4 vehicles the ball is at 400.... But Things change, So I'll re-check and get back. It will take a bit, I'll try for the weekend, unfortunately Sunseeker's no more so I'll have to find somwhere, But I'll get back..
As ek my leke opinie kan lig…
As ek my leke opinie kan lig, die deur se probleem het niks met die grond vry hoogte te doen nie, die hele probleem gaan oor die hoek waarteen die kombinasie soms op die grond is.
Die haak raak die grond wanneer Wildehont (gelaai) op 'n te skerp hoek beweeg, dus gaan net een oplossing wer, lig die haak, dmv "teen sak" aksies bv. harder vere op die Ford, of iets iets dergliks?
Dit is, as ek reg verstaan?
kyk wat jou voertuig se gvm…
kyk wat jou voertuig se gvm is, en van daar uitwerk wat aangaan
Die tare is 2025 en die BVM is 2736. Daar kan dus 711kg gelaai word. Ons vier saam met 'n vol tenk diesel en die karstoeltjies weeg nie meer as 345kg nie. Die wa se neusgewig was amper 150kg toe ons laas weg was en daar bly dus 216kg oor. Daar was 'n opvoutafel, kratte met kos, 'n 25l kan drinkwater, die neuswiel en coolbox met drankies agter in die Ford en my fiets op die dak. Dit is dus hoogs onwaarskynlik dat die Ford oorlaai was. Dalk is sy vere al bietjie pap aangesien hy altyd vol gelaai word, want dis ons vakansievoertuig. Voor ek die Kavango gekoop het, het ons hom altyd tot teen die dak gelaai agter en sy "kattebak" is groot (ek haal altyd die agterste bank uit). Ons kinders was toe kleiner en mens ry mos eindelose goed saam vir babas.
as ek reg verstaan In die…
as ek reg verstaan
In die kol Johann. Die onderstebo driehoekige struktuur aan die onderkant van die voorste punt van die Kavango se A-raam is die laagste punt op my sleepkombinasie. Boonop is dit op die punt waar die kombinasie knak, so wanneer daar oor 'n hoek, waar bv die straat en 'n oprit met 'n helling bymekaarkom gery word, raak daardie laagste punt nog laer.
Die oplossing is dus die lig van die haak (sonder om die wa 'n neus boontoe houding te gee). Om die haak te skuif na die hoër gate op my Ford se ingeboude "drop plate" gaan veroorsaak dat ek nie die agterdeur verder as omtrent 30cm kan oopmaak nie en die spaarwiel gaan in die pad wees. Die oplossing is dus helper vere of nuwe vere indien die oues pap geraak het. Ek moet in die Kaap uitkom op 'n weeksdag om die vering te laat toets. Dit is op my program.
Makbrak, goeie besluit wat…
Makbrak, goeie besluit wat jy gemaak het.
![]()
What if my tow ball is too…
What if my tow ball is too low?
Dankie vir die handige skakel Willem. Dit bevestig my gevolgtrekking dat die vering hulp nodig het (en ek sien Oom Arie stem saam daarmee).
Terloops om ñ verlengstuk in…
Terloops om ñ verlengstuk in te sit gaan net jou probleem vererger.
Jou bal gaan nog verder van die agteras wees en met die ekstra hefboom krag gaan die Foed nog meer sak.
Everest papstert
Middag Chris
Ek dink jy weet eintlik wat jy moet doen. Los die vere laat toets, dit gaan jou net geld kos. Onthou---as ek vir 'n verskaffer vra om te toets, gaan die resultaat altyd wees, nee meneer jy moet maar nuwes insit.
Aanvaar dat die vere ondersteuning benodig en vind bloot die mees doeltreffendste opsie, wat nie altyd die goedkoopste opsie mag wees nie.
Selfs voetspore se Land Cruiser se vering word versterk bloot vanwee die moerse gewig wat hulle rond karwei.
Groete
Wessel, ek maak ten sterkste…
Wessel, ek maak ten sterkste kapsie teen die term " papstert" ons praat hier van ń FORD en nie van toyotta nie!
A nee a man toon bietjie respek asb.
Ai die jeug van vandag, g'n niks maniere of respek nie!
Arie, jy is met albei…
Arie, jy is met albei sellings 100% in die kol.👍👍
Terloops om ñ verlengstuk in te sit gaan net jou probleem vererger.
Jou bal gaan nog verder van die agteras wees en met die ekstra hefboom krag gaan die Foed nog meer sak.
Wessel, ek maak ten sterkste kapsie teen die term " papstert" ons praat hier van ń FORD en nie van toyotta nie!
A nee a man toon bietjie respek asb.
Ai die jeug van vandag, g'n niks maniere of respek nie!
😁😂😃
Los die vere laat toets, dit…
Los die vere laat toets, dit gaan jou net geld kos
Die naaste agent vir Load Hog is in die Kaap en hy moet eers die voertuig sien voor hy my kan sê of die helpervere my probleem gaan aanspreek. Dis wat ek bedoel het met “laat toets”. In die geval is dit meer ‘n geval van “bevestig of die vere wel bietjie pap is en of helpervere die oplossing gaan bied”.
Everest-Ford verskoning
Middag vriende en Ford liefhebbers
Arie: My nederige verskoning, ek is jammer as ek op iemand se stert getrap het, maar dit moet nie op die grond sleep nie. Jy sal opmerk dat die verskoning so effe halfhartig is, bloot omdat ek nie as "jeug" meer geklassifiseer kan word nie.
Chris met die Everest: oorweeg om te begin met nuwe swaardiens gasskokbrekers agter, dit is dalk die mees praktiese beginpunt om jou "gat te wip", ekskuus te lig. Ek is nie so ophoogte met skokbreker tegnologie nie, maar ek het die indruk dat mens selfs verstelbare skokbrekers kry, soos wanneer jy vrag wil dra. My onkunde spruit uit die feit dat sommige Toyota voertuie nie druipstert beweeg nie.
Groete
Wessel, hiermee is ek self…
Wessel, hiermee is ek self nie te kundig nie maar my verstaan is dat vere en skokbrekers min of meer die teenoorgestelde funksie het. Vere keer dat die gat stamp en skokbrekers keer dat die gat wip. Dis natuurlik oorvereenvoudig want sonder skokbrekers sal die gat op en af hop ook.
Ek dink egter nie skokbrekers gaan die gat sak teenwerk nie en dit gaan my gatsak swaarder ruk as helpervere vermoed ek. Of het ek die kat aan die gat beet?
Skokbrekers
Middag Chris
Ek het jare gelede 'n Jurgens Fleetline met 'n Opel Astra gesleep. Ek het toe die agter skokbrekers vervang met progressiewe skokbrekers, Gabriel power cushions, juis om die oormate gat-sak te verminder.
Gelukkig het ek tot my sinne gekom en oorgeslaan na 'n dubbelkajuit Isuzu trokkie. Wat 'n plesier, het dit 13 jaar gebruik.
Groete
Everest Onderstel
Wildehont,
Het jy hierdie gesien ? Klik op die skakel. Dit is die eerste inskrywing.
"Ford have come to the party, they have put him in contact with these guys we do this AT the Ford Plant. normally for exports to "rough" terrain countries (READs Military.....)"
Daar is ook 'n pdf dokument wat jy kan oop maak.
Een van sy antwoorde:
The document is for the ranger, but they do the same thing for the Everest. NO THEY ARE NOT 100% the same chassis.
R10800 installed.
Info came from this guy.
We can assist you with Heavy Duty Suspension replacement.
I attach some additional information for you. We are based in Pretoria at the Ford plant and would be able to do the installation for you there.
Andrew Fuller
Area Sales Manager
Southern Africa
Global Fleet Sales South Africa (Pty) Ltd
(Member of RMA Group)
T: +27 (0)86 100 0758 Ext: 208
F: +27 (0)86 574 2326
M: +27 (0)79 408 3675
E: andrew.fuller@rmagroup.n…
Het jy hierdie gesien ? Ek…
Het jy hierdie gesien ?
Ek het dit toevallig op die 4x4 forum gesien. Pretoria is net ‘n bietjie ver...
"Oom" Wessel, jou…
"Oom" Wessel, jou halfhartige verskoning word heelhartig aanvaar.
progressiewe skokbrekers,…
progressiewe skokbrekers, Gabriel power cushions, juis om die oormate gat-sak te verminder.
Interresant, ek sal bietjie uitvind plaaslik wat so iets my gaan kos





Wat my effe pla is dat die…
Wat my effe pla is dat die Everest gebou was op n bakkie onderstel, en dus dink ek onder normale omstandighede nie ekstra vering nodig het nie. Ek meen, maak nie sin nie. Dan is daar die kwessie van die gewig op die haak, waar die hele bespreking begin het. As ek dit reg verstaan, is die spesifikasie daar sodat die voertuig juis nie " oorlaai" word nie. Kom ons los maar uit wat oorlaai doen met die remme van voorwiele. As die hak met 150kg gelaai word, is dit sowat 3 sakkies sement agter in die kar, en regtig nie genoeg om n erge verskil te maak nie. Willehont, jy moet dalk kyk wat jou voertuig se gvm is, en van daar uitwerk wat aangaan. Ek wil n skoot in die donker skiet........ Tarre is met n halwe tenk branstof en n drywer van so 75kg? en bokkerol anders. Nou moet jy passasiers byreken, vol tenk en dan die res plus gewig op die haak. Die ander omies sal seker meer detail kan gee van die berekening.
So ruk gelede was daar op n bespreking gepraat van n Suv met 5 groterige rugby ondersteuners en n bietjie bagasie , was oorlaai.