6 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Piekniek plekke Kruger 2026 Wessel Strydom -16 minutes ago
Piekniek plek Kruger 2026 Geert -52 minutes ago
Wessel.. Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -1 hour ago
Wildtuin restaurante Kruger 2026 Rona du Plessis -1 hour ago
Rona... Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -1 hour ago
Geert se braaivleise.... Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -1 hour ago

Fiets met n twist

Tussen hemel en hêl
Submitted by GeesWatWandel on

Soos oom Voorrie besluit ek toe om ook vir my n fiets te koop vir obvious reasons. Begin Desember toe maak ek ook so en doen die daad by Makro. Nou die eienaar van n oulike bergfiets.

So week later besluit ek om die fiets toe te rus met n paar bybehore.

Hier is my fiets nou:

Geestelike fiets
Geestelike fiets

 

Tussen hemel en hêl

GeesWatWandel

Mon, 16/12/2019 - 07:52

Thx oom Johann, lol, ek het vir eenkeer in my lewe die boekie gelees wat saam enjintjie kom en doen daai. Vir die eerste drie tanks is die ratio so bietjie meer vir die inloop. Sien ek het mooi gelees. smiley

Dit is n 80 cc, top spoed is 54 km/h.

Jis ek geniet hom, ry sommer werk toe en terug, orals rond, kan nie genoeg kry nie.

Ek kry so 80 km op twee liter petrol.

Waar my wa staan

Arie

Mon, 16/12/2019 - 08:13

Gesie dit doen my hart goed dat jy ook so bietjie begin oefen!

Jy behoort sommer gou fikser te wees as Voorie, jy kan immers elke dag heelwat verder en meer as Voorie te ry?

Ai man dit is lekker om te sien hoe hard werk die jongetjies om gesonder te leef.

Tussen hemel en hêl

GeesWatWandel

Mon, 16/12/2019 - 08:22

Dit is oom Arie, n mens moet net die wilskrag he om aan te hou, vat nou maar vir die gesie. Het nie na die eerste week opgehou nie, nee, die fiets is verbeter en kan nou soveel meer doen.

 

Oudtshoorn

neef Herman

Mon, 16/12/2019 - 08:58

Dit is nou n bakgat idee, die Swarbergpas lekker ry met so bietjie hulp. Gees, waar het jy die enjin gekry, beslis op my kersfees inkopielys.

Tussen hemel en hêl

GeesWatWandel

Mon, 16/12/2019 - 09:05

Regtig n lekker speelding, dankie oom Neef.

Enjin het my R2500 gekos. R2800 saam courier koste.

By SKimports gekoop.

skimports.co.za

Kyk onder dirt bikes

Waar my wa staan

Arie

Mon, 16/12/2019 - 09:10

Gees man ek het respek vir jou!!! Ky lyk sommer al klaar baie gesonder, ek sien op die foto dat daar al klaar vleis op jou gebeendere is?

Nee wat jy is darem nie soos die slapgat jeug van vandag nie, em dan oefen jy sommer jou brein ook met die verbeteringe wat jy aangebring het!

Tussen hemel en hêl

GeesWatWandel

Mon, 16/12/2019 - 10:09

Hehehe oom Voorrie, dankie vir die plaas van die video.

Daai was my eerste test drive. Die klingeling klank is nou weg. Ketting reg gestel en bietjie LM grease op regte plekkies gesit.

Na die fine tuning het al amper 200 kilos opgesit. Het vir my een van daai electronic speedos by makro gekoop vir R150 rand.

Het ook intussen spieltjies opgesit.

Secunda

Sleep nou

Mon, 16/12/2019 - 11:12

Geniet hom ou gesie nou wonder wie is meeste gevaarlik ou gesie of daai rowwe fietswink

Centurion

Voortrekker

Fri, 20/12/2019 - 14:38

54 km/h voel scary vinnig op n fiets, maar 'n  absolute joy.

 Ek het laas Sondag 'n nuwe persoonlike rekord opgestel van 68km/hr  devil     Komende Sondagoggend gaan ek probeer vir 70km/hr   (Dis natuurlik op 'n afdraende pad)

Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus