Wat se gediertes het al by jou kamp kom kennis maak ?
Slang mites
Môre Willem en ander
Ek sien in die Januarie Wegsleep 'n artikel juis oor slange. Daarvolgens skrik weinig reuke soos Jeyes fluid, blue death en selfs die anti-snake spuitstof, slange af. Blykbaar het jan alleman 'n wanpersepsie oor slange se reuksin.
Mens moet maar net fyn oplet en dit met ontsag hanteer, gelukkig was niemand gepik nie.
Ek soek ook altyd die digste koelteboom, en eers as ek met 'n bier sit, wonder ek oor slange in die boom. Oor die algemeen vermy ek struike en dig begroeide beddings om 'n staanplek.
Groete
Ek is.......
Ek is ook maar skrikkerig vir slange en skerpioene, maar omdat ons lief is vir wildtuin-kamp, is daar maar altyd 'n moontlikheid van 'n ontmoeting met hierdie gediertes. Ons maak eendag ontbyt by Babalala-piekniekplek in die noorde van die Kruger Wildtuin en hier kom 'n meneer aangeseil na waar ons onder die lapa ontbyt voorberei ! Ek kon toe later sonder twyfel vasstel dit was 'n gespikkelde bosslang wat nie giftig is nie. En sowaar toe ons 'n week of wat later by Eiland Spa kamp, toe is daar weer 'n identiese slang in die boom by ons staanplek.
Wat ander natuurgevare betref, ek is uiters versigtig vir brande veral waar 'n mens kamp opslaan want almal braai mos daagliks. By Tsendze in die Kruger Wildtuin is ek baie skrikkerig want tussen kampeerplekke is dit natuurlike bos wat uit vernaamlike droë gras bestaan. Veral die skottel-braaiers wat permanent gemonteer is, is teenaan die gras. Ek gebruik eerder my eie braaier en plaas dit op 'n oop, veilige plek. So lyk dit :-
Die enigste wat net my…
Die enigste wat net my gebeur het was toe ek op 'n toer was deur die Noord-Kaap. Die was nie 'n ongedierte nie. Dit was 'n bokkie wat halfpad in my karavaan in geklim het. Was baie mak en sy horings was af gesny. Dit was weer interessant gewees. Sal kyk of ek nog iewers 'n foto van dit het. Nog geen on gediertes by my gewees nie.
Hulle het vanoggend so 'n…
Hulle het vanoggend so 'n swart slangetjie hier agter ons staanplek gevang. Ek kon ongelukkig nie 'n foto neem nie want ek het my seun aan een hand gehad en 'n koue bier in die ander.
Ons het al slange en al daai…
Ons het al slange en al daai klas goed teegekom, maar die ergste was die storie van die spinnekop wat hom tuisgemaak het in my bakkie in Berg-en-Dal.
Nie enige spinnekop nie n m$#rse een, dink dit was n Bobbejaan spinnekop of so iets.
Elke keer as ek die bakkie se bestuurderdeur oopmaak skarrel hy onder MY sitplek in en verdwyn......net voor ons op n wildrit gaan.
Weet jy hoe voel dit as jy ry en jy weet jou ergste fobie is hier iewers onder jou alie, wet jy hoe voel dit die hele tyd asof iets teen jou been opklim.
Ek was n senuwee wrak.
Besluit toe maar om by die winkel in Berg-en-Dal Doom te koop en ek spuit daai bakkie van hoek tot kant , maak daai blik leeg sodat dit lyk of n digte mis in die bakkie is en maak die deure en al die outlets toe.
Twee ure later soek ek daai "dooie" spiderman, kry niks, en ek weet hy is daar binne want toe ek die deur oopmaak om te spuit het hy van die voetmat gehol onder die seat in.
Die terugrit huistoe was n nagmerrie sonder gelyke en nodeloos, ek kon daai spinnekop se lyk nerens vind nie.
Toe ek drie jaar later daai Hilux intrade op my huidige een toe vra die verkoopsman wat ruik so na Doom........
De Voetpadkloof
Het n bosvark en paar koedoes ontmoet in De Voetpadkloof se boskamp terwyl ek gebraai het dit het donker begin word die bosvark was agter die los aartapels aan dink ek
Jou vrou ???
Middag Johann
Nou hoe kan jy nou vir ons vra oor jou vrou. Jy moet mos weet, want jy kampeer saam met haar.
Of, was die vraag gemik op die mense wat saam met julle by TO-strand gekamp[eer] het!!!
Groete
Willem Brits se skoonma. …
Willem Brits se skoonma. ![]()
.... Skuus Theo ![]()
'n Moerske groot luislang…
'n Moerske groot luislang agter my karavaan by Eiland Spa (jare gelede) - gelukkig die dag voor ons vertrek het maar 'n groot mate van kommer by ons gelaat toe ek lees hulle is meestal snags aktief. Dit het ons ongemaklik laat voel om in die nag ablusie toe te gaan.
En 3 jaar gelede met 'n swartmamba in die appelblaar bokant ons karavaan in Tsendze, het ons ook alles behalwe op ons gemak gelaat.
'n Groot bosvarkbeer wat snags ons drom by Ebb & Flow (Wildernis) kom omgooi het en onder die stoeptent kom snuffel het met 'n groot lawaai.
'n Kaapse kobra wat hom onder ons vrieskas in die Karoo Nas Park kom tuismaak het. Ook 'n baie groot pofadder wat by laasgenoemde voor ons stoeptent verby geseil het.
Hiënas in Letaba wat snags in die kamp rondgeloop het.
Die vaalboskat in Satara wat hom hardekoejawel onder ons stoeptent kom hou het deur vir ons te blaas as ons uit die karavaan wil klim.
Maar al bogenoemde was besondere ervarings waarna ons met nostalgie terugdink.
Toe ek as veldgids toere…
Toe ek as veldgids toere gelei het deur Suidelike- en Oos-Afrika het ons meestal kampeer sonder heinings in wildreservate en menige wonderlike ervarings gehad met wilde diere groot en klein in en om ons kampe. Die gevaarlikste diere was egter die oorseese meisies met khaki fever.
Long ago stories... St lucia....Snake in the roof...
Jonks back.................... Oooooo middle 80's? Can't remember now....
at Eden Park in St Lucia, there was a green mamba that made its hunting place in the rafters in the mens ablution.... No ceiling boards, just them roof trusses.....
Took great delight in, when a new crowd arrived and Mr. Jan-Alleman went off to the ablution, I would quickly follow, stand at the pee trough next to him, look up and say Oh! there's Greenie the snake!!!!!..![]()
Now you can imagine the consternasie-oppi-stasie as die ou, met soo manlike stroom aan die go, so opkyk en gefokus oppi dem slang....
Daai einste stroom... Dit het net so blerry vinnig verdwyn soos my inkomste belasting............
En dis net n' man wat kan beskryf die onbeskryflike-ongemaklike-krimpende-gevoel as n "manlike" pee so mid-stream afgesny word.....![]()







Desember 2019 Kamp - Dinokeng
Die een dag trek daar nuwe bure in op die staanplek naaste aan ons en laat middag sien ek die ou loop en strooi iets alom die plaveisel. Stap nader en vra wat is dit wat hy so gooi, Jeyes Fluid sê die ou, iemand het vir hom gesê dit hou slange weg. Hulle was bang want dit was die eerste keer wat hulle so naby aan die bos gekamp het.
So paar dae later roep Surette my want Wijan het 'n slang gesien wat oor die stoel geseil het. Net die een kant van die tent se kante is daar om die wind te keer vir die gas stoof / oond. Roer die onderste plastiek gedeelte met 'n tent paal en wraggies daar sien ek hom, kry hom toe om weg te seil na die boom toe, met die hulp van die oord personeel kon ons hom nie weer kry nie. Later merk ek die houtkappers wat in een van die bome by die staanplek broei is baie bedrywig so naby die grond, merk toe dit is die slang wat hulle sien, maar hy ontglip weer uit my sig.
Later sien ek by die winkel op die oord daar is 'n plakkaat met fotot's van slange en kon ek toe sien wat dit wel 'n boomslang was soos die oord personeel vir my verduidelik het. Wijan wou vir die res van die kamp nie weer in sy Multi-room slaap nie al het ek orals "Blue Death" gestrooi.
Dié foto het ek op die web gekry.