Julle ek kyk nou die aand n prograam van Johan Botha vergete riviere en toe gaan die program oor die Noord Kaap en die Richtersveld wow julle dis n mooi wereld wat ek glo n ou moet gaan verken. Was van julle al daar gewees hoe vind julle kamp plekke kom vertel bietjie van julle ondervinding
Sarel met n RTT
Soos Arie se ek gaan weg bly met karavaan ek gaan n RTT op my bakkie sit so sleep net vrou saam koets sy gaan my ----- ![]()
Wanneer is die beste tyd van…
Wanneer is die beste tyd van die jaar om die Richtersveld te besoek? Ek oorweeg dit om volgende jaar daarheen te toer.
Ek gaan gewoonlik so…
Ek gaan gewoonlik so September rond, weer gewoonlik lekker, soms koud in die nag. Kan dalk, selfs so paar koue dae beleef, maar dot werk ok met die baie ryery.
Vir my een van die MOET sien in ons land!
Daai tyd werk lekker om dot sommer te inkoporeer met blommetjies kyk daar in Namakwa land rond.
Koeler maande, maar die…
Koeler maande, maar die rivier is daar vir afkoel in die warmer maande. Weet nie of dit daar gereen het nie, met ons besoek 2 jaar gelede het die Kokerbome in hulle 100de omgeval agv die droogte, was regtig nie n lekker besoek nie. Dink jy om karavaan te vat, die paaie is maar rof daar.
Ek sal die Kavango wil vat,…
Ek sal die Kavango wil vat, maar het nog nie begin navorsing doen nie om te bepaal hoe doenbaar dit is nie.
Chris, jy sal tot by de Hoop…
Chris, jy sal tot by de Hoop kan kom met n wa as jy wil. Paar klippe op die kant van passe kan dalkies bietjie verf krap. Van daar af, Richtersberg en dan na Tatasberg gaan dit neuk. Dik sand.... Kokerboomkloof toe, ek reken die sinkplaat sal n karavaan tot spaanders skud. Akkedispas, so hier en daar leun die kar maar rof teen die hellings. Geniet die beplanning, ek sal weer gaan waneer die veld bietjie lewe kry.
Dit klink nie na ‘n goeie…
Dit klink nie na ‘n goeie plan om met ‘n wa te gaan nie. Ek sal verder navorsing moet doen.
Chris ek beplan
Soos jy sien Chris beplan ek al van 2018 af en kom nie daar uit nie ek is 95 % reg ingerig vir die toer moet net daktent nog aanskaf en solar system reg kry ek weet wel dit raak warm daar dit het gereen maar nie baie
Lekker Sleep! Ek het vinnig…
Lekker Sleep! Ek het vinnig op die 4x4 forum geloer en manne reken mens kan met ‘n boswa Richtersveld toe gaan maar dat daar erg sinkplaat en sand is. Ek sal nog navorsing doen.
4x4 forum net so Chris
Jip ek ook daar en baie kommetaar gelees ouens gaan met hulle off road trailers ek ook n klomp met RTT my roete gaan wees RTT dan sleep ek niks geniet die beplanning Chris
Ek sou ook verkies om nie te…
Ek sou ook verkies om nie te sleep nie maar ons is vier en ek gaan nie nog toerusting koop net daarvoor nie.
Kavango in Richtersveld
Middag Chris
Ag kom nou man, waars die wild in Wildehont nou?
Gaan jy nou eerste met jou wa, en dan as jy heelhuids daar deur is, sal ek ook gaan. As 'n Kavango die Van Zylspas in Noord Namibie kan baasraak, behoort Richtersveld speletjies te wees.
Ek MOET net eers 'n ooreenstemmende hardebaard 4x4 aanskaf.
Groete
Daar is al heelwat boswaens…
Daar is al heelwat boswaens Richtersveld in gesleep, om n artikel te doen vir die vevaardiger, wel somtyds. Neef hou eenvoudig nie daarvan om n ding deur sy gat te ruk nie, en hier is dit n sterk moontlikheid. Wessel, was ook al van Zyl's af, sonder n waentjie, en beloof jou, daar trek jy jou ryding en wat saamkom deur jou gat, sonder n keuse.
Deurtrek raad
Môre neef Herman
Dankie vir jou openhartige eerlikheid. Ek lees baie fyn;
"heelwat boswaens in gesleep", maar dit beteken nie dat dit ook "uit" gesleep was nie.
Ek hoop Chris -wildehont lees ook jou raad.
Daar waar ek groot geword het wa 'n man wat so alles kon deurtrek op die familieplaas. Die pa se testement laat toe aan hom na--- 1 bol doringdraad, sodat hy dit nie kan deurtrek nie.
Groete
Nou is ek reg maar
Nou is ek en Berdien gegear vir die Richtersveld sal hom seker nou eers in 2022 doen dis my plan om dan op pension te gaan en hom te doen met die lockdown is al my planne soos Noord kkap en wynroete onver gegooi maar ja agter os kom ook innie kraal of hoe se ek![]()
Richtersveld verkenning
Môre vriende
Ek lees gou deur die vorige insette, en let fyn op die rate. Ek sal maak soos met my toekomstige besoek aan Kalaghadi, eers gaan verken.
Ouens soos ek en Chris WH wat ingerig is vir 'n enkele tipe kampering, met 'n boswa, moet mooi beplan om heelhuids deur so 'n toer te kom.
Ek sal met my boswa gaan, net tot waar dit met gemak en geen skade kan kom. Vandaar moet mens maar dagritte maak en self besluit oor toekomstige besoeke. Klink my julle ouens reken mens kan darem tot by de Hoop kom???
Groete
Snaaks that the Richtersveldt comes up here
With such strong reccomendations..
On the post "where are you planning to camp after the lockdown", about 5 weeks ago, I posted that, having ticked the 10 passes challenge off my bucket list, I would really like to go to the Richtersveldt, but that I would have to wait until December.
After reading Arrie / Neef and everybody else, I'm now even more keen, especially now that I've 99 % completed the re-configuration of TWTFAWC into a 1 person camper....
still a "ditjie hier" and a "daaitjie daar" still to do, but it's complete, enough that I did the 10 passes with it, anderwoorde beproewing verby..... So most of my planning is already in place !
I'm in a better infrustructure position now than I've ever been.
Anyhow, to the point of my post....
a "ditjie" that I'm improving on is my bicycle rack, so, I'm fabricating a swing-out bicycle rack that will go into the towbar reciever at the back.... When I'm done, I'll post a pic or three, but, those that have been there, would there be any point in actually taking a mountain bicycle with?
The idea behind that would be to be able to park in one place and just ride around on the bike, then move on and so on.... Also, I travel alone, and my if I become immobolised remote from assistance, my backup plan is my GBHB (which is a fully kitted hiking backpack that's strapped to a golf cart)....
If I combine the bicycle with the golf cart, I think have a much more mobile option, of getting back where I can get help, if something does go wrong, and I become immobolised.
Thoughts?





Was in April daar, en van…
Was in April daar, en van die paaie was sleg, was al n paar keer daar so ken dit darem. Gesien hoe n 4x4 Campervan amper op sy kant val omrede die pad vreeslik slote het, en dan pad ook nog na dieselfde kant oorleun. Sal dit gladnie waag met 2 wiel dryf nie, erens gaan jy k@k optel en dan moet jy sit en hoop iemand loop jou raak. So ruk gelede het n pa en dogter amper omgekom toe hul voertuig probleme gegee het, was daar na Kokerboomwoud se rigting.
Weet nie hoeveel van die plantegroei is oor nie, Kokerbome vrek in hulle honderde agv die droogte daar, Aalwyne is droee geraamtes, nie eers een Pagipodium gesien nie.
Dat die plek my hartsnare roer is so, maar sal wag vir n nat jaar voordat ek weer gaan.