Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Dis die gees, Len! Len gaan weer Kruger Wildtuin… Rona du Plessis -52 minutes ago
Jy is reg Geert............. Len gaan weer Kruger Wildtuin… Len Loader -1 hour ago
Korrek Wessel............. Len gaan weer Kruger Wildtuin… Len Loader -1 hour ago
Chris B Pad en roete inligting Wessel Strydom -6 hours ago
R71 Pad en roete inligting Chris Boucher -7 hours ago
Pietersburg na Phalaborwa hek. Pad en roete inligting Wessel Strydom -17 hours ago

Kruger Wildtuin in 2020 sneuwel

Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader
Submitted by Len Loader on
Forums

Ek is sommer lus om los te trek met 'n geselsie oor ons Wildtuin-trippie oor 138 dae in Mei 2020 !  (Bereken vanaf 12 Desember 2019)

.

Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Sat, 15/02/2020 - 14:46

Al hierdie geselsery oor die wildtuin het 'n vuurtjie binne my aan die brand gesteek. Ek was regtig van plan om die wildtuin vanjaar 'n "skip" te gee en eerder 'n slaggie KZN-noordkus toe te gaan. Maar ek het al hoe meer begin besef dat ek in die wildtuin sal moet uitkom - die onttrekkingsimptome begin nou erg raak.  Daarom kanselleer ek my plek by Dolphin en gaan net vir 'n kort wegbrekie wildtuin toe (nie kamp nie).

Ek wil 8 Mei hier wegtrek en by Travalia (Drie Susters) oornag. Die volgende twee aande het ek by Mosu Lodge in Mokala Nas Park bespreek. Dan nog twee aande se oorslaap (wat nog gefinaliseer moet word) en 13 Mei in by Phalaborwa-hek. Ons vir vir een aand in Letaba bespreek en dan vir 8 aande in Shingwedzi. Die terugreis moet nog beplan word, maar ons sal waarskynlik bykans drie weke uit en tuis wees.

In Shingwedzi kry die gryskoppe selfs op die vaste akkommodasie 40% afslag (Sondae tot Donderdae). As ek Len se datums reg onthou, behoort ons mekaar in Shingwedzi raak te loop.

Ek voel nou weer soos 'n klein seuntjie wat 'n roomys belowe is.

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Sat, 15/02/2020 - 16:08

Chris, ek vra groot om verskoning vir my bydrae om jou KZN-noordkus vakansie te kelder  -  ek het dit nie regtig so bedoel nie.

Lyk vir my ons gaan miskien in die Wildtuin by mekaar verby ry. Ons is ongelukkig op 14/5 ons laaste dag in Shingwedzi en dan Punda 15/5 tot 19/5.  Vanaf 20/5 is ons in Letaba.

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Tue, 18/02/2020 - 08:53

... jy's vergewe.

Ek't intussen my beplanning (en bespreking) bietjie gewysig. Synde ek vanaf ATKV Klein Kariba ry na Phalaborwa-hek, voel ek dat ek bietjie later as wat ek graag wil by Letaba sal arriveer. Ek't nou die aand by Letaba gekanselleer en eerder 'n addisionele aand by Mopani (na ons 8 aande in Shingwedzi) bygevoeg. Ons sal eerder die voorafgaande aand in Phalaborwa oornag (waarskynlik Lekkeslaap-akkommodasie) en die volgende oggend (14 Mei) rustig kuier-kuier ry tot in Shingwedzi.

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Thu, 05/03/2020 - 17:51

Onder Sabie

Late night visitor to our Lower Sabie campsite Monday this week. Video courtesy of neighbour, Bob, with his 'trail cam" motion sensor.

video
0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Thu, 05/03/2020 - 22:34

Dankie Willem, ek het ook op FB gesien.

Ja, dit gebeur meermale dat veral hiënas en luiperds oornag in ruskampe opgemerk word en hierdie is 'n dodelike bewys dat dit wel gebeur.

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Sun, 08/03/2020 - 19:59

Verskoon tog dat ek pla, maar die saak raak nou kritiek  -  dis nog net 49 dae oor voor ons vertrek uit die Kaap.  Nog baie goed om te doen  -  daar's twee buisligte wat nog nie LED binnegoed gekry het nie en die wa moet gewas word, nog voor hierdie naweek se tussen-in kerk-kamp.

Maar ek moet sê, om onder druk te verkeer om te gaan kamp (veral in die Kruger Wildtuin) is nogal lekker !

O ja, ek wou nog sê, die swembad se tydskakelaar het besluit dis nou die regte tyd om die gees te gee  -  dus dit is nog ook op my lysie om dit te moet vervang.

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Sun, 08/03/2020 - 22:25

Ai Len, dat iemand met pension soveel dinge moet doen voor jy kan wegbreek, shoe, dit is moeilik om met pensioen te wees.

 

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Fri, 20/03/2020 - 14:48

Dis nog 37 dae voor ons vertrek Kruger Wildtuin toe en ek hoop nie iets gaan hierdie jaar voorval wat ons besoek weer gaan kelder nie.  Die Corona-virus situasie neem nou ernstige afmetings aan en dis net moontlik dat die Regering nog beperkende maatreëls kan instel.  As 'n reisverbod ingestel sou word (mag nie jou stad of dorp verlaat nie), is ons gesnoeker.

As dit so moet wees, sal ons maar moet uitstel, maar beslis nie afstel nie behalwe as een van ons twee met die virus siek sou word.  'n Viroloog het vandag op die radio gesê kinders se immunsisteem is sterk en hulle kan draers van die virus wees sonder om eintlik siek te wees.  Ouer mense (ons kategorie) is baie meer vatbaar vir die virus en word baie siek.  Daar is spesifiek gewaarsku teen kleinkinders wat grootouers kan aansteek en ons drie kleinkinders woon almal hier rondom ons.  Ai, dis moeilik om hierdie afstand met die kleintjies te handhaaf.

Wat die Exclusive betref, alle ligte, ook die twee buisligte, is nou 12V LED ligte en dié takie is dus afgehandel.  Die swembadpomp se tydskakelaar waarvan ek hierbo vertel het, is ook vervang.  Maggies maar dit was 'n gespook  -  die elektroniese skermpie is bitter klein met 'n horde klomp moontlikhede en die sleutelbordjie se knoppies is piepklein sodat jy per ongeluk druk wat jy nie moet druk nie !  Na 'n week uiteindelik reg ingestel gekry.

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Fri, 20/03/2020 - 15:37

... ek verstaan jou opgewondenheid t.o.v. die antisipatie na julle wildtuin-vakansie - veral omdat verlede jaar s'n deur die mat geval het. Ek vertrou vir julle onthalwe dat alles gaan realiseer soos beplan - ten spyte van Corona.

Ons sien self uit na ons kort wegbrekie wildtuin toe gedurende Mei en hoop ook maar dat daar nie 'n stokkie voor gesteek gaan word nie. Ek het juis 'n enkele minute gelede verneem dat die eerste geval van Corona in ons kleine Kleinmond bevestig is.

Maar op hierdie stadium bly ek positief. Ons beweeg intussen maar so min moontlik rond - alhoewel ek volgende naweek Noord-Kaap toe moet gaan vir werk. Synde dit by Modderrivier is waar ek in saadbehandelingsmasjien moet gaan kalibreer, kry ek darem die geleentheid om vir 2 aande in Mokala te gaan oorbly.

Geniet jou dae-tel. Voor jy jou oë uitvee vat julle die pad.

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Fri, 20/03/2020 - 19:50

Dankie Chris, ek waardeer jou "meelewing" !

We will survive !

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Sun, 22/03/2020 - 20:07

Daar is nog 35 dae oor voor ons Kruger Wildtuin toe vertrek.

Op ander sosiale media platforms word dit druk bespreek of 'n mens in die lig van die Corona-virus moet voortgaan om die Kruger Wildtuin te besoek.  Soos elders genoem, het ek ook ander geselsvriende en op onder andere FB waar talle geselsers eerder hulle besoek gekanselleer het, het ek weer (soos gewoonlik stroomop) 'n ander siening.  Verskoon tog die Engels, maar hieronder is min of meer my standpunt wat ek daar gestel het.

"I have a different view.  We are booked for camping at 6 camps during May and part of June.  I have decided not to cancel our holiday in Kruger because I believe we can "isolate" ourselves to a certain extent. Our caravan is equipped with our own bathroom and visits to the ablution and public toilets can be avoided to the bare minimum.  As we have to travel the 2 000km from Cape Town to Kruger, we will do overnight stops every 500km at reputable parks and use our on board facilities as far as possible.

The most important reason for our decision is an attempt to adhere to the plea by small businesses that are on the border of bankruptcy and the many job losses to follow, that they should not be forgotten.

My wife and I feel that with the right attitude and maximum precautionary measures, we can make our vacation possible without spreading or attracting this terrible disease.  Should the Government impose a travel ban, only then will we be forced to cancel our trip."

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Mon, 23/03/2020 - 06:48

Nog net 34 dae, dan is dit nie meer nodig om na Len se getellery (let op 2 x l's) te luister nie.......

Ten minste, dan kan ons fotos begin kyklaugh

Sien baie uit na jou terugvoer Len.

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Mon, 23/03/2020 - 21:06

Die "lock down" is vir 21 dae vanaf Donderdag 26/3, dws tot en met Donderdag 16/4  -  dit is 10 dae voor my beplande vertrek op 27/4.

Dit lyk dus vir my of ek met my Wildtuin-trippie sal kan voortgaan.

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Mon, 23/03/2020 - 21:33

Len, ek het nogal daaraan gedink toe dit bekend gemaak is,  wonder wat gaan van Chris Boucher se trip word, kan nie die datum nou onthou nie.

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Tue, 24/03/2020 - 06:53

Myne kan ook voort gaan.  Daar is wel iets wat my pla, die winter skoolvakansie gaan glo korter wees om dié verlore tyd in te haal.  Dit pas my as dit met die laaste week verkort, want ek ry die eerste week.

Moet net jy Serengeti een skuif na ? Oktober toe of so, wil hom nie in die winter doen nie.

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Tue, 24/03/2020 - 07:00

Ja - my datums val ook tans buite die gevaarsone, maar ek kan nie help om bevrees te wees dat dit dalk langer kan duur nie. En as die infeksie-syfers blyk om handuit te ruk (ten spyte van die "lockdown") sal ek seker maar vir ons eie veiligheid ons trippie kanselleer of uitstel.

Ek moet vandag reëlings tref t.o.v. eerskomende naweek se beplande vertrek Modderrivier toe. Dit blyk verseker van die baan te wees. My akkommodasie in Mosu Lodge in Mokala is reeds ten volle betaal vir Sondag- en Maandagaand. Ek bly ook 9 & 10 Mei daar oor (ook te volle betaal). Ek kan dus nie eersgenoemde bespreking se betaling oordra vir die volgende een nie. Sal maar vandag skakel en indien ek nie my geld kan terugkry nie, dit skuif na 'n later tyd en dalk selfs 'n ander park (Bontebok, Agulhas of ....).

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Tue, 24/03/2020 - 07:22

Willem, ek het gehoor dat die skole vroeër gaan begin Julie (week op die eind word verkort) om op te maak vir die tyd, dws die week gaan jou nie effekteer nie, ek kan verkeerd wees?

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Tue, 24/03/2020 - 09:03

Johann, die skole sou sluit 11 Junie - 6 Julie.

Ek ry 16 Junie en is terug 30 Junie.

Skoonsustet sê skole sluit eers 24 Junie.  Hoop nie so nie, sal dom wees want daar is 'n vakansie dag voor dit.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus