Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Morganbaai en Yellow sands Oos Kaap oorde Wessel Strydom -3 hours ago
Wessel, Yellowsands is… Oos Kaap oorde Herman Goossens -3 hours ago
Herman G Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -4 hours ago
Johann.... Oos Kaap oorde Wessel Strydom -4 hours ago
VSA Oos Kaap oorde Johann L -4 hours ago
Ja, ons geniet die somerweer… Vakansiebeplanning 2026/27 Herman Goossens -5 hours ago

Kruger Wildtuin in 2020 sneuwel

Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader
Submitted by Len Loader on
Forums

Ek is sommer lus om los te trek met 'n geselsie oor ons Wildtuin-trippie oor 138 dae in Mei 2020 !  (Bereken vanaf 12 Desember 2019)

.

pretoria

pieterc

Tue, 04/02/2020 - 21:37

Ja Oom (10 jaar reel) Len, ek sien ons is sommer n paar lede wat op pad Wildtuin toe is, of graag daar vakansie hou.

Baie mense skiet die suidelike kampe af as te besig en nog wat, maar dit is nie vir ons n probleem nie en daar is werklik baie roetes om te ry.

Toeka se dae toe ons as kinders nog saam met my ouers daar vakansie gehou het was dit meestal in die sentrale deel, Satara, Letaba en Olifants kampe.  My vrou is nie baie lief vir wildtuin vakansies nie en die kompromie was maar chalet vakansies naby die wildtuin met 1 of 2 dagbesoeke, of n nag in die wildtuin tydens die chalet vakansies. RCI het redelik baie oorde in die Witrivier en Hazyview omgewing en so het ons maar gewoond geraak aan die suidelike kampe, maar sal tog ook die sentrale en noordelike dele wil verken.

In 2014 kon ek my vrou oorreed dat ons vir n week in die wildtuin gaan kamp met die belofte dat ons nie soos met ons dagbesoeke die hele dag sal rondry nie. Vroeg-oggend rit en dan terug kamp toe vir n laat ontbyt en in die kamp ontspan. Later weer n middag rit en dan rustig aandete voorberei, hetsy dit nou braai of iets op die stoof of in die oond is (n mens kan mos nie elke aand braai nie). Dit was toe een van ons (vroulief, ek en ons dogter) lekkerste vakansies ooit. Heerlike koel weer vir Oktober en baie goeie besigtigings – veral die groep bromvoëls wat n slang doodmaak en dit toe vir die kleintjie voer was vir ons baie spesiaal.

Intussen het ons dogter klaar studeer, in Januarie getrou en woon nou in Mbombela (Nelspruit). Dit was dus baie maklik om vroulief weer om te praat vir n kampvakansie in die wildtuin, veral omdat die kinders dan sommer vir die naweek kan kom kuier………

En dit is my lang storie waarom ons ook uitsien na kamp in Kruger in Mei 2020.

Nou vir al die lysies en beplanning en voorbereiding wat net so deel is van die vakansie.

Terloops, ek sien die bobbejaan met die leeuwelpie is nou oral groot nuus!

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Tue, 04/02/2020 - 22:31

Pieter, ek het verneem daardie leeuwelpie wat die bobbejaan vasgehou het, is toe dood.

Ek het jou insette nou driekeer deurgelees en het my verbeel jy het gesê julle kamp met 'n Slipstream.  Ek kry dit nou wraggies nie, maar indien dit wel julle is, moet jy 'n bietjie meer hiervan vertel  Dit was uiters gewilde "opvou"-karavane en deesdae soek ouens dit met 'n seer hart.

My annerhelfte was ook nie mal oor die Wildtuin nie veral oor die baie ryery.  Ek het dit voortdurend ingedagte gehou en deesdae is dit vir haar ook 'n wonderlike plek.  Julle kan gerus oorweeg om na van die piekniekplekke te ry en daar 'n ontbyt te gaan aanmekaar slaan.  So 'n uitstappie is heerlik.  Jy kan haar ook uitneem na Skukuza Golfklub vir 'n heerlike ete  -  dis iets anders.  My vrou was ook gekant teen Balule en Tsendze sonder krag, maar so stelselmatig is ek besig om te wen.  Deesdae vertel sy vir almal hoe 'n wonderlike kampie Balule is.

'n Man werk mos met 'n plan en so stelselmatig wen jy, maar daardie heeldag rondryery is 'n resep om iemand permanent te vervreem van 'n Wildtuin-besoek.

0
pretoria

pieterc

Tue, 04/02/2020 - 22:52

Ha-ha, ja dit is ons. Ek het dit op Wildehont se onderwerp oor beste kampplekke in die Wildtuin genoem.

Baie lekker, ligte karavaan / tent vir sleep maar redelik ruim as hy heeltemal oopgevou is. Ons sleep met n 2003 3.0 diesel Toyota  wat in elkgeval so swaar op brandstof is dat dit omtrent nie n verskil maak as ons die slipstream sleep nie.

Hier is 2 fotos wat ek verlede jaar sommer by die huis geneem het toe ek daaraan gedink het om te verkoop omdat ons so min kamp.

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Wed, 05/02/2020 - 05:57

Len, jammer ons vrystaat nou die draad, maar daai Slipstream IS die idiale  antwoord op baie mense se ry bewys kodes probleem ,  Pieter  sover ek weet is dit GVM onder 750Kg?

Weet nou nie of ek reg is nie?

0
pretoria

pieterc

Wed, 05/02/2020 - 07:10

More almal

Johann, ongelukkig nie. BVM is 850 of 960 kg en het jy dus n EB lisensie nodig

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Wed, 05/02/2020 - 12:11

Pieter, ek is bly jy het tot jou sinne gekom en besluit om eerder te kamp as te verkoop, andersins sou ek sielkundige hulp aangebied het.  Die tent-kleure en die fênsie streep op die kant van die wa is tipies ou-Jurgens-kwaliteit.  As ek na die tent kyk, lyk dit vir my bitter min gebruik  -  glad nie verbleik nie.  Jy moet mettertyd vir ons fotos stuur van die binnekant.  Het die Slipstream 'n werkende gas-yskas en hoe werk die ligte binne-in - het dit 12V batteryligte ?  Ek vra want ek is besig om jou te help met die oorreding vir 'n lekker paar dae in Balule sonder krag  -  selfs vir die dames wat 'n haar-droër as vereiste stel.  Jy moet ook LED- beligting vir die badkamer beskikbaar hê want die parafien-lantêrens sit die vrouens af.

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Wed, 05/02/2020 - 12:21

Johann, dit het my 'n tydjie geneem om jou  "Vrystaat" in plaas van "kaap" opmerking hierbo te verstaan.

Moet sê, skerp, baie skerp !

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Wed, 05/02/2020 - 16:25

Pieter, julle beplande Skukuza kamp gaan heerlik wees.

Vyftig jaar gelede ry ons van Skukuza af in die rigting van Ondersabie met my blink-nuwe Anglia.  So 'n entjie buite Skukuza spring 'n groot bobbejaan voorop my nuwe karretjie en loer hier deur die voorruit na binne vir iets om te gryp.  Hy hou vas aan die windskerm-vieëer om nie af te val nie terwyl ons ry.  Op die ingewing van die oomblik skakel ek die vieër aan hom te verwilder. Met die dat die vieër sy arm en hand oplig skrik hy so groot en betjorts die enjinkap voor hy afspring.

Hieronder sit die meneer op ons kar.

Ek is seker julle gaan talle interessante gebeure ervaar.

.

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Wed, 05/02/2020 - 17:37

Dit is al wat ek kan sê Len (Oom)

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Wed, 05/02/2020 - 22:11

So 'n entjie buite Skukuza spring 'n groot bobbejaan voorop my nuwe karretjie

Ek onthou daar was jare gelede 'n makker wat so heen en weer geryloop het tussen Tshokwane en die hoogwaterbrug oor die Sabierivier. 

Ek onthou ook toe ek 'n jong tiener was, het ek en my ouers een dag daar naby sit en kyk na 'n trop bobbejane langs die pad. Hulle is mos maar altyd komieklik en pret om dop te hou. My pa het altyd die motor afgeskakel as ons na iets kyk (ek doen dit ook, en vind dit jammer dat baie besoekers met toe vensters en lugversorging aan hulle motors aanhoudend laat loop en lawaai).

'n Groot mannetjie bobbejaan het reg langs ons Kombi (wat spesifiek ingerig was en net gebruik is vir die jaarlikse toer wildtuin toe) gesit met sy arms wat op sy knieë rus (soos hulle maar sit). 'n Wyfie het haar agterent in sy gesig kom druk (om te adverteer dat sy gereed is om te paar - weet ek nou maar ek het nie toe nie) en dit het gemaak dat sy vyfde been so paar keer regop gespring het en weer gaan hang het. Dit was natuurlik reeds skaam komies vir die jong tienerseun, maar toe dit weer spring het die bobbejaan afgekyk daarna en dit toe beetgekry met die regterhand. My pa het sonder 'n woord die Kombi aangsluit en weggery. Daardie dae was sulke onderwerpe mos nie so openlik bespreek soos vandag nie en ek weet nie wie die skaamste gekry het nie. Definitief nie die bobbejaan nie. 

0
pretoria

pieterc

Sat, 08/02/2020 - 01:44

Len ( sonder die Oom, maar met respek ), jammer ek reageer nie op jou vrae oor die Slipstream nie. Ek wou n nuwe draad begin met meer fotos en detail van die slipstream, maar kan glad nie fotos plaas nie en my hele inset is net een sin na die ander, geen paragrawe nie…..

Dit kan nie settings op my rekenaar wees nie aangesien ek geen probleme ondervind wanneer ek "reply" nie.

Sal maar n eerder roofkyker wees.

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Sat, 08/02/2020 - 11:13

Ai tog, dis baie jammer.  Dankie vir die probeer in elk geval.

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Mon, 10/02/2020 - 15:45

Ons Kapenaars hou mos van braai met hout, veral as dit rooikrans of sekelbos is.  Ek neem altyd 'n vraggie daarvan saam om te help met die eerste klompie braaie.  Dan koop ons net buite die Pafuri-hek 'n klomp sakke heerlike groot mopani braaihout by 'n ou meidjie so 5km buite Pafuri-hek. (Sy verpak dit in half-oop plastiek sakke wat sommer daar naby haar hut in die veld lê.  Ek het dikwels gewonder wat ek sal doen in die middel van die Wildtuin as daar 'n slang uit een van die sakke hout in die Pathfinder uitseil !

Hierdie keer gaan ons eers na twee weke daarbo uitkom om braaihout daar te koop.  Ek het pas oor die radio gehoor van SANParke se hernude beroep om tog nie hout van ander dele van die land die Wildtuin in te bring nie vir vrese van daardie dodelike stompkop-kewer wat bome wat maklik 60 jaar of ouer is, in 'n ommesientjie vernietig.

Ek wil tog nie 'n aandeel in daardie vernietiging hê nie en gaan dus maar tog hierdie keer met houtskool braai.  Dit klink nie lekker nie, maar ek dink dis die regte ding om te doen.  Dit het die verdere voordeel dat daar nie 'n sak is waaruit 'n slang binne-in die kar te voorskyn kan kom nie !

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Mon, 10/02/2020 - 17:25

Len, koop buite Phalaborwa se hek vir jou dan hout, by daai kamp waar jy oorslaap het hulle mooi sakke, ek het laas daar gekoop en geen probleem gehad om dit in te vat nie.

Van die ander ouens het amper 'n bakkie vol gekoop.

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Wed, 12/02/2020 - 09:37

Ek het ook gesien  -  hordes fotos en video-clips op sosiale media van riviere en spruite in vloed  -  selfs Punda waarheen ons oppad is se kampterrein is onder water en kampeerders moes hoër-op hervestig word.  Die hoof-teerpad tussen Punda en Singwedzi was gister ook onder water.

Jammer vir die ongerief van huidige kampeerders daar, maar boeta, in Mei gaan daardie wêreld darem mooierr as 'n lushof wees.

Kyk hieronder hou lyk dit eergister voor die groot reën by Orpen  -  pragtig !

Ns. Ek wil nie die indruk skep dat ek niks anders het om te doen nie, daarom tel ek nie meer die dae af nie.  Maar ek weet dit moet 'n paar dae (ek skat so twee weke) minder as 89 wees toe ek wel laas gekyk het !

.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus