Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Dis die gees, Len! Len gaan weer Kruger Wildtuin… Rona du Plessis -52 minutes ago
Jy is reg Geert............. Len gaan weer Kruger Wildtuin… Len Loader -1 hour ago
Korrek Wessel............. Len gaan weer Kruger Wildtuin… Len Loader -1 hour ago
Chris B Pad en roete inligting Wessel Strydom -6 hours ago
R71 Pad en roete inligting Chris Boucher -7 hours ago
Pietersburg na Phalaborwa hek. Pad en roete inligting Wessel Strydom -17 hours ago

Kruger Wildtuin in 2020 sneuwel

Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader
Submitted by Len Loader on
Forums

Ek is sommer lus om los te trek met 'n geselsie oor ons Wildtuin-trippie oor 138 dae in Mei 2020 !  (Bereken vanaf 12 Desember 2019)

.

Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Mon, 13/04/2020 - 15:31

NOUJA, die Covid-19 virus inperking het gewen.

Ek het nou maar ons bespreking vir Mei/Junie wat oor 13 dae sou begin, gekanselleer  -  groot teleurstelling.

Ek het dit nou vervang met 'n soortgelyke besoek vanaf 15 Augustus 2020 en hoop die volgende 123 dae is voldoende dat die inperking ons wel sal toelaat om Wildtuin toe te gaan.

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Mon, 13/04/2020 - 16:51

... ek het vir jou 'n e-pos gestuur. Loer bietjie daar asb.

0

Vir die res van die jaar gaan ons ook geen vaste planne maak om op vakansie te gaan nie, behalwe Ballotsbaai die einde van die jaar, hoop dit realiseer.

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Mon, 13/04/2020 - 22:18

Chris, het gesien  -  ek het geantwoord.

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Tue, 14/04/2020 - 08:53

Nou wat mag ons nie weet nie, ons ander se KNPark uitstappies is ook in-die-gedrang ?

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Tue, 14/04/2020 - 09:32

Willem, jy het die antwoord op my en Chris se "vertroulike" gesprek.  Ek weet nie hoekom gebruik jy haar nie en lol eerder met die kantoor in Pretoria. Jy behoort mos te weet Pretorianers kan nie "operate" soos ons Slapenaars nie.

 

0
Brits
Profile picture for user wessels

wessels

Tue, 14/04/2020 - 11:51

Middag Len en ander wat wildtuine toe wil gaan

Ek hou duimvas dat my middel Mei besoek aan Kalahari gaan gebeur.

Nou wonder ek net, 

1] die diere gaan totaal voertuig verskrik wees na die inperking

2] met maskers op ons gesigte, en reuk van alkohol;

wat is die kans dat mens diere te siene gaan kry.

Groete

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Tue, 14/04/2020 - 12:38

Wessel, dis juis hoekom ek maar toegegee het om maar na Aug/Sept te veskuif  -  ek wil nie in ontstelde diere vasloop nie.

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Tue, 14/04/2020 - 12:39

Ek het ook so pas skriftelike bevestiging gekry van my Mei-besprekings wat verskuif is tot November. Ek is bevrees dat selfs Aug/Sep dalk nog te vroeg is vir Corona se "kloue". Ek het besluit om niks te beplan voor Oktober nie. Hopelik is ek verkeerd.

0
pretoria

pieterc

Wed, 15/04/2020 - 18:12

Dalk is ons dom astrant of plein roekeloos, maar ons hoop nog om middel Mei Widltuin toe te gaan.

Soos reeds genoem woon my dogter van die begin van die jaar in Mbombela en is sy vir die eerste keer ooit nie met haar verjaarsdag by die huis nie. Met tyd sal ons dit seker gewoond raak daaraan, maar ons verlang baie…..

Om die vakansie datum verder aan te skuif verhoog die risiko net te veel aangesien die piek vir September voorspel word. As ons dit dan moet opdoen ( wat baie moontlik is aangesien my vrou en ek beide nog moet werk – waarvoor ons baie dankbaar is ) sou ek eerder as later verkies.

Dit lyk asof baie mense hulle Wildtuin besprekings gekanselleer het, ek sien dat daar baie plek in al die kampe beskikbaar is vanaf Mei. Ek dink dit behoort n taamlik unieke ervaring te wees om n “stil” Wildtuin te ervaar, veral die gewoonlik besige Suide. Ek kan egter nie help om te wonder hoe veilig dit sal wees as dit so stil is nie. Ons Slipstream kan mos nie behoorlik sluit soos n regte karavaan nie, n mens maak maar altyd staat dat baie beweging in die kamp die ongewenste besoekers ( ape ingesluit ) in toom sal hou.

Ons moet egter ook realisties wees en het reeds aanvaar dat die inperking moontlik nie onvoorwaardelik opgeskort sal word nie. Dit is baie moontlik dat daar steeds n beperking op reise tussen verskillende Provinsies kan wees en ons dus gedwing sal word om die vakansie te skuif of selfs te kanselleer.

Tyd sal leer…

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Wed, 15/04/2020 - 18:40

Pieter, jy het 'n geldige punt daar, ek sit ook op hete kole en wonder of ek nie dalk juis  nou moet kyk na Junie vir so besoek nie, ek dink dit gaan heerlik stil wees.

Wil ook net wag en kyk wat se verslapping daar gaan kom in die reels ivm inter provinsiale reise, en natuurlik wat die risiko teen daai tyd gaan wees. 

Ek wil graag gaan, maar wil niks vas maak, voor kort voor die tyd nie. 

 

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Wed, 15/04/2020 - 22:10

Ai Pieter, dit bly 'n moeilike situasie en vir jou onthalwe hou ek duim vas dat jou planne tog sal kan realiseer.

In my geval het ek ook maar tot op die nippertjie gewag (twee weke voor ons uit die Kaap sou vertrek) en het maar kleinkoppie getrek nadat die huidige inperking met nog twee weke verleng is.  Die ding wat die kameel se rug geknak het, is die aanbeveling van mediese kundiges om bejaardes steeds in te perk en ook om versigtig te wees met reise oor provinsies heen.

Ons bespreking is nou verskuif na middel Augustus tot middel September, ongelukkig nog steeds in die voorspelde piek van die pandemie, en selfs dit is nou ook in die weegskaal.

0
Secunda
Profile picture for user Sleep nou

Sleep nou

Thu, 16/04/2020 - 07:25

Die ding het n groter inpak as wat ek verwag het sterkte almal met julle rellings

0
Brits
Profile picture for user wessels

wessels

Mon, 20/04/2020 - 10:22

Môre vriende

Ek is bespreek in Balule einde Julie'20. Ek gaan dit so los in goeie geloof.

Ek hoop ook dat my middel Mei uittog Twee Riviere toe wel mag plaasvind. 

Ek wonder of SANPARKE eerstens die mense wat negatief beinvloed was, gaan plaas met besprekings in volgende jaar, voordat hulle nuwe besprekings aanvaar.

Groete  

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Sat, 02/05/2020 - 21:31

Ek het hierdie draad op 6 Augustus 2018 begin ter voorbereiding van ons Wildtuin-besoek in Mei 2019 wat ongelukkig nie kon realiseer nie as gevolg van my vrou se nood-rugoperasie in Maart 2019 en ons kampmaat wat sy been gebreek het in 'n bergfiets-ongeluk.  Ons Wildtuin-besoek is geherskuduleer vir Mei 2020 wat ook nie kon realiseer nie as gevolg van Covid-19.  Ons het dit nou uitgeskuif na September 2020, maar op hierdie stadium is die aanduiding dat dit ook gaan sneuwel.

Na 17 bladsye se gesels en 5642 "views" dink ek die tyd het aangebreek dat hierdie draad hiermee afgesluit word.

Dankie vir almal se saamgesels.

.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus