Môre vriende,
Ek gaan probeer om dié Jors se Kampstories gereeld hier te plaas ?
Hier is die fb skakel.
Jors se Kampstories op fb ...
Dagsê vriende,
Met die wat ek en ou Speedo toe nou pêlle geraak het,was dit so asof daar n vrede oor die kamp gesak het.
Dalk nou nie by die ander kampeerders so aanvoelbaar nie maar vir my wat nie eintlik vat aan die maergat kon kry nie, definitief.Dit was so asof ek nou vrede met die man en sy houding kon maak.
Na ontbyt is hy toe daar weg.Vertel ek vir Ann van hierdie gewaarwording, ook in my gemoed.
Sy wat maar te goed weet waarmee ek alles geworstel het oor die mannetjie,sy speedo, bruin gebrande seningrige lyf en houding, is ook dankbaar dat ek nou so daaroor voel.
Wat het hul dit nou weer genoem in my army dae.Dit was n groot do as die plaaslike weermag die"Vryheid van die stad" of so iets gekry het.
Nou dit het vir my so gevoel toe sy sê,my skat, geniet jy net jou kamp,so asof ek nou die vryheid van die kamp kry.
So het ons maar rustig daar gesit en lees.Stap die mense daar in die paadjie voor ons kamp verby,groet ons.
Erken nogal n paar wat vroeër by die swembad was.Dit is al vir my asof van die vrouens my nou met ander oë aankyk.
Selfs by die man's bespeur ek nou so n ietwatse jaloesie.
Later sê Ann sy gaan so n bietjie lê.Ek sê nee ek gaan nie, ek gaan n bietjie opstap daar na Speedoman toe.
Sy is in die karavaan in en ek vat die pap li-lo en stap in die pad op.
Daar aangekom,sê ek "Speedoman,het jy nog die li-lo se repair kid."Gelukkig het hy.
Help hy my dat ek die gaatjies weer mooi patch.Wil nogal so ewe weet wat voer ek nou in die mou.Weet jy Speedoman,met die wat my koshie nie meer toutjies het nie,en jy nou n nuwe een gekoop het, kan ek miskien jou speedo n bietjie leen, sêvra ek.Net tot ek n ander een gekoop het.
Reken hy my,toe hy hom aangee,hy weet darem nie of die ding my gaan pas nie.
Ek gaan gou kyk sê ek en stap ablusieblokke toe.Was nogal n storie maar met n paar spronge, lyf draai trekke opwaarts aan die speedo het ek darem alles in gekry.Trek my broek bo-oor aan en stap terug na Speedoman toe.
Hoe lyk dit vra hy.Effens knap maar hy is aan sê ek.
Stap saam dan gaan toets ons die li-lo, sê ek.So is Speedoman en undercover "Speedoman II" dit is nou ekke swembad toe.
Daar aangekom omtrent my longe uitgeplaas om die li-lo opgeblaas te kry.Speedoman is egter al in die water met sy nuwe swembroek.
Pluk ek my broek af en stap met geleende Speedo swembad toe, li-lo so onder die arm vasgeknyp.
Moet nogal erken dat die knap speedo omtrent voel dat hy jou bors uitdruk en jou spiere laat bult.
Dit was nogal vir my snaaks dat dit so stil raak daar by die swembad hier rondom my.
In die water is dit n storie,hoe kom jy op die bleddie ding.Ek spook en ek spartel.Speedoman staan met n groepie vrouens in die swembad en gesels, so ek kan hom nie vra nie.
Kom ek met n gesukkel bo-op hom so op my maag, lê hom omtrent onder die water in, probeer jy omdraai,neuk jy af.
Wat ek nie geweet het nie, Ann het intussentyd wakker geword en vir Willie,van ou Pollie, oorkant ons gevra of hy my nie gesien het nie en hy het haar toe swembad toe beduie.
Toe sy nou daar aankom was ek weer net mooi besig op op die bloemen ding te kom op my maag.
Sy roep my sagies nader, met my so op my maag op die li-lo roei ek wal toe.
Wat maak jy nou weer, klim af van die ding af,jy maak n bespotting van jouself,reken sy my.
Sy gee my broek aan en sê trek die aan, jy klim nie so daar uit nie.Doen toe maar so.
So is ons daar weg maar in die wegstap voel ek die speedo voel nou nie meer so lekker soos vroeër nie.Met my gespartel met di li-lo het ek nie gevoel die ding raak nou n G-string nie.
Al trekkende so deur die broek soos wat ek hom probeer vasvat om uit die vallei uit te trek het ons by die karavaan aangekom.
Met n "n mens kan jou ook nie alleen los nie" het sy vir ons begin koffie maak.
Was dit nou n gespook om daai ding van my lyf af te kry.My middellyf was laas so seer van hoelahoep swaai.
Vreugde en vrede vir julle.
Jors se Kampstories op fb ...
Dagsê vriende,
Vanoggend praat ek n bietjie met almal van ons.Of liewer van almal van ons.
Dikwels hoor n mens iemand sê, sy lyftaal spreek anders. Of ek kan aan sy lyftaal so en so sien.
Ek wil n bietjie oor lywe praat. Die slim ouens het name vir sekere tiepes lywe.
Ek noem hul, dit is nou die verskillende lywe, sommer soos ek hul sien.
Jy kry, kort en lank, dit is nou maklik en ek hoef seker nie die verskil te verduidelik nie.
Dan kry jy rond en vet,of liewer rond en gesond, moenie vir my kwaad word nie, julle praat mos so. Lank en maer is nog een.
Jy dink omdat jy groot is jy kan maak en breek, of andersins, hy ly aan kort mannetjie sindroom.
Dan kry jy die wat seningrig is,nie n krieseltjie vet nie.Hulle kan ook eet wat hul wil, hul word nie vet nie.
Ek moet net kos sien dan word ek al vet.
Jy kry ook die uurglas ouens, dit is gewoonlik hulle wat reg eet en oefen.
Plomp mense sien jy ook. Wat is plomp of hoe verduidelik jy n ou wat plomp is.
Ons het n wonderlike taal. Met die boekskrywery wat julle my ingedruk het, kry ek gister die eerste eksemplaar om te proeflees.
Nou het hy klaar sy draai gaan maak by n taalkundige wat gekyk het vir taalfoute en tik of spelfoute.
Nou jul ken my, ek maak hul baie.Nogal so liggies oor die vingers getik gevoel omdat ek baie engelse woorde gebruik in my skryfstyl.
Hy het dit egter so gelos omdat hy gesien het die ouens hou van die stories net soos hul is.
Maar ek dwaal af.Waar was ek nou weer. O ja,lywe.
O ja, n is nie reg so nie, dit moet wees ń,ek weet, weet jul hoe lank moet ek daai n inhou op n selfoon se knoppie voor dat hy die ' op die n sit. Ek gaan nooit die storie klaar kry nie.Ag, maar ek weet jul kan n ding "reglees". Daar gaan ek al weer.
Lywe.Party van ons lyk mos soos n miershoop, ander weer vooruitstrewend met die boepense. Ander lyk weer of hul agterbaks kan wees met die agterstewes.
Jy kry ook baie groterige ronde mense met vuurhoutjies vir bene. Dit lyk altyd vir my na n gevaarlike bou.Lyk so of jy enige kant toe kan oorneuk.
Sien ook baie ouens met bak bene, dikwels weens mediese redes, veral as hul ouer is.
So kry jy nog seker baie verskillende lywe, maar weet julle wat, so is ons almal uniek, en nêrens maar n nêrens gaan jy nog so iemand soos jy kry nie.Geen twee diamante lyk presies dieselfde nie.Selfs by identiese tweelinge is daar verskille as jy dieper as die vlees gaan en jy gaan siele toe.
Sit gister by die Mall in die kar (voertuig) en wag vir die vrou.Skuins voor die ingang. Dan is dit my kyk en dinktyd.
Kom daar n oom en tannie uit, stap moeilik en stadig met hul karige inkopies in n trollie, na hul ou motortjie toe wat geparkeer staan by die gestremde parkering.
Was aan die uitklim om te gaan help toe ek sien die karwag gaan help.
Met hul aankope gelaai en n fooitjie vir die karwag het hul moeisaam ingeklim en weggery.
Kom ons wees dankbaar vir wat ons ookal het, vet lywe, maer lywe, maak nie saak nie.Wees dankbaar vir watse goeie gesondheid jy nog oorhet saam met al jou slegte gesondheid.
Jy leef nog, leef voluit.
Vreugde en vrede vir julle.
Jors se Kampstories op fb ...
Dagsê vriende,
Man is dit nou lekker om vanoggend met jul te gesels. Dit was nou so hittete of jul het nie ń storie gehad vanoggend nie.
Ek was saam ń toergroep in Amerika met ń klomp boere. Daar het ons gisteraand ń braai gehou op ń ou se plaas.
Toe ons ons oë uitvee is die Amerikaanse weermag en doane op en om ons, ten volle gewapen.
Soek ons paspoorte en dokumente.n Vriend van my het waaragtig n sak kunsmis en ń kettie in sy bagasie saamgebring.
Wat hy met dit daar wil gaan maak weet net hy.Moes ons nou mooipraat maar na ń vet boete is hul daar weg.Darem net oor die kunsmis, nie oor die kettie nie.
Skrik ek nou wakker hier in my eie bed. Ook maar goed so, as ek nou eers moes terug vlieg van Amerika af het jul nie ń storie gehad nie.
Was gelukkig toe maar net ń droom.
Is dit nie snaaks nie, party drome kan jy tot in die fynste detail onthou, ander glad nie.
Jy weet jy het gedroom maar kan nie onthou waaroor nie.
Party oggende sal ek wakker skrik, vra Ann, waaroor het jy gedroom, dan weet ek nie dat ek gedroom het nie. Nee, sal sy sê, jy het verskriklik tekere gegaan.
Dan kry jy mos daai drome wat jy so in vervolgverhale droom, tussenin word jy so half wakker en dan droom jy weer verder.
Party is nagmerries ander is lekker drome.Partykeer is jy besig met n lekker droom dan skrik jy wakker en probeer weer slaap met die hoop dat jy sal aangaan met die lekker droom. Pure verniet.
Nagmerries is die slegste van drome.Hou nie van hulle nie.Hoogtes,kranse,vuur, moordenaars en wat ookal is gewoonlik by ń nagmerrie betrokke.
Wie ken nie daai weghardloop sonder dat jy kan wegkom. Jy bly net op een plek staan. Of jy skreeu sonder dat daar n geluid uitkom.
Nee, dan is dit maar beter om wakker te skrik.
Hulle sê mos, ryk ouens word wakker arm ouens skrik wakker. Ek sal seker maar altyd wakker skrik.
Vrede en vrede vir julle.
NS. Jaag daai drome.
Jors se Kampstories op fb ...
Dagsê vriende,
Het ek darem nou gister lekker gelag.Piet Nienaber stuur vir my ń fototjie wat hy in Phuket geneem het van ń Speedoman.
Dit is nie dié Speedoman nie, die een wat ons ken het meer van ń knopgat, as jul sal verstaan wat ek meen.
Ek het jul al vertel van die einste Piet wat in ń struik weggekruip het vir die kinders met n speletjies, toe ń Duitse dametjie, wat oorkant hul gekamp het, besluit om agter dieselfde struik te ontklee en haar bikini aan te trek.
Ou Piet se hy kan boeke daaroor skryf. Hy vertel dat hy die volgende oggend oppad badkamer toe dieselfde dametjie raakgeloop het toe sy skuins teen die terras afkom en hy besig is om op te gaan teen dieselfde terras.
Hy vertel dat dit ń tipiese Lady Di fototjie sou gemaak het met die son so agter haar.
Blykbaar het sy kop toe vinniger voerentoe beweeg as sy voete, en het hy daar teen die wal neergeslaan ten aanskoue van sy medekampeerders en sy vrou.
Sy vrou wou haar doodlag.
Hy sê hy glo dat sy heupprobleme hier op sy oudag, kom van daai dag se val.
Die ander fototjie het iemand op die groep vir my gestuur van sy vrou wat histeries aan de lag gegaan het oor die storie van ons vriendin wat deur n brander omgeslaan is, en toe deur die branders, soos n tolbos rondgerol word in die vlak water.Jy kan mos op die fototjie sien sy vroutjie skaterlag.
Dit is vir my lekker om vir jul te skryf en sulke terugvoering te kry.
Daar is nogal n paar lede in die buiteland en dit is goed om te weet dat ons afrikaanse humor ook daar voortbestaan.
Ek glo dat elkeen van ons net ń klein bietjie humoristiese tyd van Bo ontvang, vir elke dag.
Ons moet oppas dat ons dit nie mis deur n besige en n gejaagde lewe nie.Verder glo ek dat, deur dit te benut, skep jy n gebalanseerde lewe en ontlaai jy n bietjie.
Ons is nou 1138 lede op die groep.Nooi jul vriende ook om aan te sluit en gesels saam.En moenie die komiese stories vir jouself hou nie, stuur dit vir my op messenger dan skryf ek daaroor.
Jy kan die link, copy en paste en aanstuur vir familie en vriende wat jy weet dit ook sal geniet.
https://www.facebook.com…
Vreugde en vrede vir julle.
Jors se Kampstories op fb ...
Dagsê vriende,
Johannes 13:14
As Ek, wat julle Here en julle Leermeester is, dan julle voete gewas het, behoort julle ook mekaar se voete te was.
Gebed.
Baie dankie Here, vir n nuwe dag. Dankie vir hierdie gedeelte uit U Woord.
Here Jesus, wat ń voorbeeld het ons nie in U en U handelinge nie.
U wat U dissipels se voete was. U wat nie terugdeins om selfs Petrus die verloënaar en Judas Iskariot die verraaier se voete te was nie.
Jesus U wat nie eens terugdeins vanaf n kruisdood nie. En dit alles vir ons,nietige sondige mense.
Vergewe ons Vader waar ons dikwels nie ander se voete wil was en of vergeef nie. Vergewe ons ons sondes.
Here, ons kom opnuut in hierdie oggend en gee onself aan U oor. Neem my Here, vorm my, maak met my volgens U wil.
By U is ek veilig.
Amen.
Vergewe mekaar in opregtheid, soos Hy ons vergewe. Doen dit en jy sal sien dat die Here jou las ligter maak.
Mag jul vandag Sy Vreugde, Vrede en Liefde ervaar.
Jors se Kampstories op fb ...
Dagsê vriende,
Vanoggend gaan ek net so klein bietjie met jul kan gesels.
Kom ek vertel jul hoekom.
Ek moet ingaan vir toetse hospitaal toe. Wat ek nie lekker verstaan van die dinge nie, is dit.
So drie weke terug stuur my Dr. my vir bloedtoetse en n EKG.
Hoekom moet ek betaal as hy my stuur. As ek iemand sê nou maar Koöperasie toe stuur, dan gee ek geld daarvoor.
Nee, nie hulle nie. Nou stuur hy my vir verdere toetse en wragies moes ek klaar n bybetaling maak laas week toe ek ń "Pre-admission“ doen.
Alles is mos deeske dae Pre-watookal.
Nou kry ek n voorskrif en n klomp moets en moenies vir die dag voor die tyd.
Ek gaan in vir n gastroskopie en n kolonoskopie.
Gisteroggend, tienuur in die kerk drink ek my senakot pilletjies volgens hul instruksies.Bied die ouens na kerk aan om my n ete te stick soos wat my maag toe daar aant gromme gaan.
Helder vloeistowwe vir n vleisvreter help nie veel om n ou op n leë maag deur die dag te kry nie.
Dan is dit net allerhande prep goeters.Eers Picoprep en toe Klean-Prep.
Alles goed wat jou laat hardloop.
Vroeër jare met Prep geskeer, weet nie waar kom hul nou aan al hierdie preppe nie.
Nou wag, nou dat ek ge-preprep is, beter ons ry.Julle ken my, gelukkig is ek nie vol dinges nie, sal dit maar gaan doen. Vertel jul môre verder.
Vreugde en vrede vir julle.
Jors se Kampstories op fb ...
Dagsê vriende,
Moet eers baie dankie sê vir almal se beterskapwense en boodskappe gister.
Die Dr. is tevrede.Maar net medikasie verander en ander bygegee en wil my weer oor ses maande sien om net n gastroskopie te doen. Baie dankbaar vir positiewe resultate.
Maar kom ek jul nou eers alles vertel.Sesuur toe daar by hospitaal aangekom en ingeboek.
Vyf van ons,drie man's en twee vrouens.
Sommer dadelik kry ons weer elkeen n liter van daai aaklige watertjies. En daar wag nog drie sulke bottels vir ons elkeen.
Ou broer, laat ek jou nou vertel, daai purgasie werk. Ek het hoeka my hardloopskoene aangetrek vir die okasie.
Aanvangklik was almal so half skamerig maar die ys was gebreek toe ek my glas so lig en hardop sê, "Cheers" En n groot sluk vat.
Toe is dit of die kroeg oopmaak.
Daar sit die vyf van ons nou daar in die hospitaal se kroeg en suie.Die Suster/kroegdame hou die bottels vol.
Sal sweer ons drink bier soos wat ons kort kort n draai moet hardloop.
Shame, daar was wel n ouer tannetjie wat baie angstig en op haar senuwees was, maar sy was darem toe oraait gewees.
Naderhand word jy soos n bokser gemeet en geweeg,dan kry jy so spesiale blou jassie, so rokkerige ding om aan te trek. Onder hom is jy eintlik kaal, behalwe n broekerigheid.
As jy hom so voor jou vashou lyk dit soos n bal met drie gate. As jy hom aantrek weet jy nie watter een is vir wat nie.
In die prosedurekamer aangekom het jy nog baie tyd nadat hul jou daar aan n drup gekoppel het.
Ons wag mos nou vir die dokter. Nou kan jy rustig lê en kyk wat se goed is daar alles.
Bokant jou kop is daar n moewiese groot TV. Die Suster sê ek gaan op TV wees. As ek nou my foon by my gehad het, het ek almal laat weet.
Dan hang daar n halfduim, een en n halwe meter lange, hosepype gedoente hier neffens my kop, dit is nou blykbaar die kamaratjie wat almal na verwys wat jy kamstig gaan sluk.
Nou hoe jy daai ding gaan sluk weet ek nie, nee ou boet, al hoe hy in jou pens gaan kan kom is met geweld.
Kyk ek onder toe is daar nog n dikker hose pype, my vir n oomblik laat dink aan die ou sewerage lorries wat die dreine leeg gesuig het op kleiner plekkies.
Aan die stomp kant van die pyp is daar sulke knopperige goed met kontrole knoppies, lyk nogal baie soos n helikopter se stuurstok. Daar kan die Dr. nou die spotlights aansit en hom laat draai in watter rigting ookal hy wil, en lug inblaas sou hy wou.
Dit alles net om die lugruim te vergroot as hy tussen klowe moet deur vlieg hier in my dinges op.
Arriveer die mannetjie toe ek nog besig was om my omgewing te verken.Na n paar vrae en ek wat hom dreig met die dood as ek iets voel, spuit hy iets in my keel, en nog ń spuit. Kom staan so ewe hier langs my met n spuit by die drip. Sê, kom ons kyk of die goed oom ka uit....
Hulle het toe gewerk, ek weet niks van die vlugte wat hy van bo en onder af onderneem het nie.
Ook maar goed so. Ek wil nou nie die mannetjie in die hospitaal laat land nie, dit sou nou weer n ander vlug wees.
Vreugde en vrede vir julle.
Jors se Kampstories op fb ...
Dagsê vriende,
Moet ek nou gister gaan vir ń nuwe foon. Dit is nou ń ding waarvan ek nie veel weet nie. Almal lyk maar vir my net dieselfde en my gevoel is ook dat almal min of meer dieselfde kan doen.
Op ons jare is dit nogal belangrik dat sy skrif groter moet kan maak en hy moet oordentlik kan lui dat ons hom kan hoor.
Terwyl ek daar is kom daar ń omie in met ń rystoel,sy een been is geamputeer. As ek so iets sien besef ek maar net hoe dankbaar ń ou moet wees vir jou gesondheid.
Hy sukkel met sy foontjie, verstaan nie lekker hoe die nuwe een werk nie, hoe bel ń mens met die ding, waar sit jy hom aan en waar soek ek die nommers, wil hy weet.
Hy het sy been in ń ongeluk verloor.Wat my ook van hom getref het is toe hy erken aan die outjie dat hy dom is met die foon.Maar weet jy ou Seun, ek is dankbaar dat ek kan praat en vra hoe hy werk, ander ouens kan nie praat nie. Boonop kan ek nog sien ook hoe ek met hom moet werk.
Met n baie dankie dat jy my so mooi gehelp het, het hy homself uitgerol uit die winkel uit.
Daar is altyd mense waarmee dit baie slegter gaan as met my. Kyk maar net om jou of gaan maak n draai by die hospitaal.
My oorlede moeder het gesterf op 86jarige ouderdom.Sou jy haar bel tot nog kort voor haar dood en vra, hoe gaan dit ma, het sy altyd geantwoord, dit gaan goed my kind, elke pyn is op sy plek.
Sy was ook lief om te sê, julle moet dankbaar wees vir jul gesondheid. As jy jou gesondheid het, het jy alles, vir die res kan jy werk.
Die oumense het darem baie wysheid, selfs op my gevorderde jare kan ek maar luister na die wat ouer is.
Maar kom ek vertel jul gou met die wat ons so dom is met die nuutste tegnologie.
My oorlede skoonmoeder het in n aaftreeoord gebly.
Menigmaal bel sy en sê haar TV wil nie werk nie.Kom jy daar dan sit sy met die verkeerde afstandbeheerder.
Ma, jy het net die dekodeerder se remote nodig sê ek, en ek bêre die TV sin in ń laai.
Nee boetie, sy gaan haal hom maar net weer uit.
Een aand kom ons van haar af en was skaars in die huis, bel sy, die TV wil nie werk nie.
Daar aangekom sit sy met die regte remote.
Druk hom, niks nie. Kyk na die onderkant van die TV waar die dekodeerder staan. Staan n stapel boeke voor hom. Hy sal nie opvang nie ma, die remote kan nie deur die boeke sy sein stuur nie, hoekom sit ma die boeke nou daar neer.
My kind, die rooi liggies skyn in my oë, dit is hoekom.
Vreugde en vrede vir julle.
Jors se Kampstories op fb ...
Dagsê vriende,
O dit gaan stadig gaan vanoggend met hìerdie nuwe fountjie.
As ek net kan agterkom waar alles stel.
Elke foon het nuwe tricks. Baie opens (ouens) sal sê, stel net sy auto correct. Bo so gelos net om jul te wys.
Nous ensaignants, nous constatons ces faits au quotidien.
Ja ek voel ook so daaroor.
En sou julle dit nie gelles kry nie kan ons mor were probed.
Nee, ek skeer nou maar net die gek, maar dit is hoe hy maak, ek moet maar net oplet waar hy woorde maak soos hy wil.
Gister weer terug na die diensteverskaffer, nadat die nuwe foon oornag gelaai het, hy moes toe nou alles van die ou foon af oorbring na die nuwe een toe. Inligting, foto's, e-mails, sim en ek weet nie wat alles nie.
Lyk darem of alles nou hier is.
Dan moet jy bank toe om n sekuriteitskode te kry om jou nuwe foon op die bank se app te kan oopmaak.
Nee, om n nuwe foon te kry is nie speletjies nie.
Gelukkig is dit n baie geduldige en behulpsame outjie daar by die winkel.
Terwyl my fone daar lê en met maar lê en gesels, help hy solank n ander ouer dame. Daai tannie is seker maklik tagtig.
Sy sit met n boekie en pen hier langs my by die outjie se lessenaar.
Hy verduidelik vir haar hoe werk haar nuwe foon. Sy maak aantekeninge. Sommer dadelik kon ek sien sy gaan vinnig regkom met haar foon want sy skryf ook in tale.
En boonop skryf sy vinnig. Vra ek haar hoe kry sy dit reg.
Sy vertel toe vir my sy het al die jare vir prokureurs gewerk en dit wat ek daar in haar boekie sien is wat hul noem snelskrif.
Sy vertel vir my sy kan skype met die kinders oorsee, sy is op FB, e-mails stuur, man sy kan alles doen.
Kom ek vertel jul nog van iemand hier in Bethlehem.
Ek glo hul sal my vergewe as ek hul name noem.
Dit is nou regtig n merkwaardige paartjie wat so n mooi voorbeeld stel. Jul sal wat ek jul nou van gaan vertel nie glo nie. Ek het al van my eie familie en vriende aan hul gaan voorstel.
Oom Hennie en tannie Flo. Die oom is nou 91 en die tannie 90. As jy hul sien, sal jy dit nooit sê nie. Albei kiertsregop.
Hul besit n juwelierswinkel Morris & Son hier in Bethlehem.
Agtuur in die oggend sluit hul oop tot vyfuur, elke dag.
Ek wens ek kan hul op TV kry, ek glo nie jy gaan dit in die res van die wêreld kry nie. Nie maklik nie.
Voorwaar n paartjie waarna ek met bewondering opkyk.
Sou jy daar instap sal die personeel jou as Mnr. en Mev. aanspreek. Sou jy vra vir oom Hennie sal hul sê, net n oomblik, ek sê vir Meneer dat u hom wil sien.
As jul my nie glo nie, kom kuier, dan gaan wys ek julle.
Vreugde en vrede vir julle.
Jors se Kampstories op fb ...
Dagsê vriende,
Lekker om weer vanoggend met jul te gesels hier vanuit Kimberley.Hierdie wêreld is mos ryk aan geskiedenis.Museums om elke hoek en draai.
Huise wat uit die ryke geskiedenis dateer.Argitektuur wat voortbestaan en in stand gehou word vir die nageslag.Maar so is daar ook pragtige plekke wat agteruitgaan en seker eendag in n rommelhoop sal opeindig.
Maar so is dit ook maar met karavane.As ek n ou karavaan sien is dit so goed jy trek my handrem vas.Ek steek net daar vas om hom te bewonder.
Party pragtig en nog splinternuut, stokoud,ander pragtig gerestoreur na hul ou glorie.Ander weer verwaarloos en afgerem in voorkoms.
Klim ek in so n ou wa kan ek maar net die vakmanskap van daardie jare bewonder.Jy kan sommer sien die ouens was nog trots op hul werk.
Vir verskaffers van daardie waens het dit nog gegaan oor, om die beste te wees, in wat hul lewer.
Terwyl ek dan binne so n wa is vat dit my terug in tyd en ek sien die gesinne wat met hierdie wa vakansie gaan hou het.
Ek sien die groot ou motor met hul V8 of "straight six" enjin soos osse ingespan voor die ou dame van n karavaan.
Ek hoor die opgewonde kinders voor in die tent en ek sien die groot koekblik op die Jurgens se landkaart tafel staan.
Ek ruik die varsgebroude moerkoffie wat die pa nou met die swartgebrande koffiepot op n houtplank bo op die tafel kom staanmaak.
Die koekblik word oopgemaak,propvol uitgedroogte anysbeskuit.Beskuit wat so lekker koffie opsuig as jy hom in jou koppie indruk.
Vir daai wyle terwyl ek my verkyk het aan die binnekant van die karavaan, was ek saam op n kort vakansie.
Maar dan kom ek by die waens wat, was.Word ek hartseer om te sien dat sy tyd uitgeloop het.Dat niemand meer kans sien om hom te herstel nie.Miskien omdat dit net te duur gaan wees om hom weer reg te maak.
Klim ek in hom net om te besef dat dit eintlik verby is vir hom,dat soos hy tot niet gaan,ook die stemme en sy stories sal wegraak.
Alles gesteel,gesteel deur die tyd.Ook vir hom het die tyd ingehaal en sy uurglas het leeggeloop.
Vreugde en vrede vir julle.
Jors se Kampstories op fb ...
Dagsê vriende,
Stryende Kampeerders.
Het ons Salomo se wysheid. Baie keer dink ons,ons is so wys,net om agter te kom ons is nie.Ons dink miskien ons ken motors, karavane en alles wat met kamp gepaard gaan, net om agter te kom dat ons eintlik niks weet nie.
Dat dit wat ons uitdink so n goeie uitvindsel is, dan is hy al tien keer beter gemaak deur iemand anders.
Stap maar n bietjie in n kamp rond en kyk hoe ander ouens dinge doen. Net miskien sukkel jy nog die heeltyd verniet met hierdie goeie plan of "gadget" van jou.
Nou kom ons by geloof.Ou broer nou glo ons aan hierdie kamstige wysheid. Ons tweede geheime name is mos nie verniet Salomo nie.
Dan begin ons stry, myne is beter en mooier as joune. Dadelik sien ek in my geestesoog weer toe ons nog jong seuntjies was met ons kaalvoetjies, kort broekies en hempies. Wie se pa se goed die beste was. My pa sin is beter, mooier en groter as jou pa sin. Haha.
Dan wonder ons waar kom dit vandaan.
Ons het so groot geraak.
Ons stry oor motors,karavane,kampe,jy noem dit, ons stry oor alles.Deesdae stry ons selfs oor veiligheid.
Ek het al op groepe gesien dat ouens stry oor iets wat eintlik veronderstel is om dinge glad te laat verloop. Ja, julle het reg geraai, oor ghries.
Net oor een ou vra waarmee pak jy jou wiellaers.
Menings is goed, maar om dan die ander ouens te probeer oortuig om jou siening aan te neem as hul eie, dien geen doel nie. Jy gaan dit so min regkry soos wat hy jou gaan kan oortuig om syne aan te neem as jou eie.
Gun elke ou sy twee sent. Twee sent is in elk geval niks meer werd nie.😀😀
Sit bietjie vir ons nog n stompie daar op ons kampvuurtjie dat ons daai koffiewater nou aant kook kry. Ek is nou lus vir kondensmelk koffie en beskuit.
Vreugde en vrede vir julle.
Jors se Kampstories op fb ...
Dagsê vriende,
Dit is darem snaaks waar name en byname vandaan kom.Kom ons dink sommer vinnig aan ons eie name en of byname.
As voornemende ouers begin die pa en ma,voor die geboorte al aan n naam of name dink.
Ouboet van Orkney Snork Nie moes die dag sy kind gaan registreer en n paar goed gaan doen in die dorp. Onder andere moes hy "wingnuts" koop.
In sy deurmekaargeit het hy sy kind registreer as Wingnut van Tonder"
Met name en byname het ek n rededelike pad gestap.
Gebôre in Ventersdorp, gedoop Jacob Philippus van Heerden. Dan is dit ook snaaks dat as jy n bynaam kry hoe hy aan jou kan vasklou.
My oudste broer, wat in n motorongeluk dood is op 19 jarige ouderdom het my Jorsie begin noem toe ek nog bitter klein was, volgens my ma-hulle.
Soos wat ek groter geword het, het dit Jors geword. So, hier en daar was daar familie wat my Jacob bly noem het,maar eintlik maar in die minderheid.
Standerd ses gaan ek koshuis toe in Coligny. My koshuisvader herdoop my na Vennies,my ouer broer wat toe in matriek was is ook Vennies. Vir daai jaar dra ons dieselfde naam. Vennies,omdat ons van Ventersdorp af kom.
Speel ek toe rugby word ek herdoop na Burgarelle,daai jare n bekende oorsese rugbyspeler. Af van die veld is ek Vennies,op die veld Burgarelle.
In my weermag dae, oppad Grahamstad toe op die troeptrein word ek weereens herdoop deur n outjie in die kompartement,China.
Die naam het saamgeloop deur die weermag,uit die weermag na Klerksdorp waar ek begin werk het. Van die weermag outjies het saam my gewerk.
Speel vir Vaal Reefs rugby as China van Heerden. Klink nogal snaaks.
Verhuis ons na Bethlehem en tot vandag toe nog is hier en daar nog ouens wat my as China ken hier in Bethlehem.
Dat ek nie aan een of ander identiteitskrisis gely het nie is n wonderwerk.
Dit het sy voordele om so baie name te hê. Sou die foon lui en iemand vra in n engelse aksent om met Jacob van Heerden te praat, weet ek dadelik die ou ken my glad nie. Dit is n telesales verkoopman, sorry dan is ek Jors.
Spel hom sommer ook vir hulle J..O..R..S en lui dan af.
Maar dan het die naam ook sy nadele veral as ek myself aan n engelse persoon moet voorstel.
Good morning,I am Jors. Nou hoor hulle mos "yours" Party vrouens neem dit nogal ernstig op dan moet ek bontstaan.Dan moet ek maar weer spel J..O..R..S.
Mans sal my weer verbaas skeef aankyk asof ek skeef is, val ek maar weer terug na die spelling toe J..O..R..S..
Ag wat,dan lag ons te lekker.
Vreugde en vrede vir julle.
Jors se Kampstories op fb ...
Dagsê vriende,
Nou n lekker koffietjie gemaak en praat sommer so rondom n koffietjie verder met julle oor name.
Ja,dit is soos julle daar sê.Baie ouens word n naam gedoop maar dit nooit genoem nie.My broerskind is Willie gedoop toe word hy Boeta.
Ek het n oom gehad,ook Boeta.Ek weet nie eers of hy n ander naam gehad het nie.My suster is Elize,tot vandag toe is sy Sus.
Dan ken ek ook twee Tiny's.Hulle is nie so gedoop nie,laat ek jul vertel hul is altwee alles behalwe "tiny". Hul sou eerder kon deurgaan vir "Simson" of iets dergeliks.
Dan het ek jul al vertel van " Bacon and Eggs" twee anafskeidbare vriende.
Daar was ouens wat vroeër jare saam my gewerk en rugby gespeel het.Almal Piete.Piet van Deventer,bekende rugbyspeler van daai jare,hy het darem net so gebly.
Piet Eenoog,Piet Alkoholis,Piet Ses (big six en sesesilinder Honda gery),Piet Varke (varkboer),Piet Peanuts (ander ouens het hom Piet Po... genoem,hy het permanent peanuts ge-eet)
Hier in ons geweste is weer n Piet Vlieg,hy het n vliegtuig gehad voor hy te oud geword het,en hom verkoop het.Nou bly die naam egter by en saam hom.
Nee,so n naam kan saamsleep vir baie jare.n Ou hoor baie keer die mense sê,die wêreld is klein.Kom ek jul vertel hoe klein.
Dertig jaar gelede word daar by my ingebreek.Nogal n traumatiese gebeurtenis gewees.Die ondersoekbeampte en sy reservis vrou is op die toneel asook verskeie ander polisiebeamptes.
Gister vertel ek jul van al my byname,waarvan een China was.Die bynaam kom van 1975 af.Verhuis in 1988 na Bethlehem.Hier en daar het die ouens my hier ook China genoem maar meestal Jors.
Iemand op die groep messenger my gisteraand,hulle ken my goed.Toe hul die naam China hoor het hul besef,hierdie ou ken ons.Vra vir my nommer en sommer dadelik bel die dame my.
Gesels te heerlik,niemand anders as die ondersoekbeampte en sy reservis vrou van destyds nie.Kort daarna is hul verplaas.Dertig jaar is n lang tyd,en hul sê hul onthou dit tot vandag toe.
Jors,aliasVennies, alias Burgarelle, alias China,gebôre Jacob Philippus van Heerden.Hoop nie ek het een vergeet nie.
Dit wys jou net hoe skerp ons oudpolisie manne en vroue was.Een naam toe bring hul die stringe bymekaar en raak nie verstrengel daarin nie.
Vreugde en vrede vir julle.
Jors se Kampstories op fb ...
Dagsê vriende,
Het jy al n koffietjie gehad? Kom ons praat n bietjie oor standaarde. Of eerder oor die gebrek aan standaarde.
Begin n bietjie aan iets werk en kyk as jy iets moet vervang of jy sommer net die oue kan uithaal en n nuwe kan insit.
So besluit die karavaan se mikrogolfoond om die gees te gee. Nou het ek al gehoor die ouens se,vergeet van regmaak,sit n nuwe een in.
Makliker gesê as gedaan,laat ek jou sê. Het jy al gaan inkopies doen met n lysie in die een hand en n maatband in die ander hand. Op hierdie lysie is nie n rits goed neergeskryf nie. Nee, op hom staan net n naam, Defy, hoogte 255mm, breedte 460mm, diepte 350mm.
Kom jy by die winkel en die verkoopman vra of hy kan help is jou eerste vraag, het jy vir my n Defy mikrogolfoond wat so groot is, en jy gee die mates.
Defy se oonde is nie een meer op daai mates gemaak nie. Nee hul verkoop hul nou in liters.Amper soos n Drie liter Cortina.
Jy kry nou die regte liters maar nie die regte mates nie. Nou begin jy na ander make kyk. Jy meet omtrent al die mikrogolfoonde op. Die vekoopman staar jou aan. Sê nogal ek is die eerste ou wat hy sien wat n mikrogolf met n maatband koop.
Begin ek n ander een opmeet vertel hy vir my, wat kan daai een alles doen. Naderhand sê ek, ou seun, oom gee nie om wat hy alles kan doen nie, hy moet net in die gat kan pas waar die oue uitkom.
Kry naderhand een of ander ding daar, "Something Hobss". Op sy hoogte is hy 5mm te hoog, breedte 20mm kleiner en diepte dieselle.
Seker nie te erg nie, dit gee jou maar 2.5mm bo en 2.5mm onder wat ek sal moet steel op die mates. Op die kante sal ek toemaak met iets.Koop hom,die verkoopmannetjie het nogal heel verlig gelyk dat hy my kon help. Wou nogal eers wys hoe hy werk, maar ek is daar uit met ń, ek is nogal haastig.
After all,moet die ding nog gefit word.
By die huis gekom is ek in die karafaan in met die nuwe oondjie. Dit lyk al soos n werkswinkel met alles wat ek gebruik het om die oue mee uit te haal.
Nou kom daar n saag of twee by, n elektriese skaafmasjien en nog n hordes ander gereedskap.
Vyf millimeter is toe nie so min nie. Ek kan nie boontoe nie, die karavaan se dak is net bokant daai kassie wat die oondjie huisves. Ek moet onder toe.
So gesien so gedoen. Hoekom sit verskaffers eers die mikrogolf in en dan bou hul die karafaan rondom daai oondjie. Alles is net mooi rondom hom ingedruk. Naderhand gewonder of dit nie makliker sal wees en sny n gat in die vloer en sak die hele kas 5 milimeter onder toe nie. Dan kon ek eerder 5 mm steel na die opwipdak se kant toe.
Toe ek omtrent alles klaar het, dink ek, ek was nou wragties dom. Ek het nooit die oondjie getoets nie. Sê nou net ek het n stukkende oondjie hier vasgebou, dan moet ek nou weer die hele karavaan afbreek.
Toets hom dadelik,hy werk gelukkig.
Man nou sal ons darem weer lekker kan gaan kamp.
Vreugde en vrede vir julle.
Jors se Kampstories op fb ...
Dagsê vriende,
n Naweek is darem n lekker ding. Met die wat die nuwe mikrogolf nou klaar ingebou is in die karavaan kan ons nou weer begin beplan aan n kamp. En volgende naweek klink vir my goed op die oor.
Hier in Bethlehem het die bome al middel Februarie begin om hul somerkombersies af te gooi. Hulle gaan mos elke winter naak in.
Kyk hier is ons tuff. Kamp sommer in die winter ook. Dit is ook half snaaks,let n bietjie op,die raasgatte is nie lief om dan saam te kamp nie.
Dit is so asof die koue n demper plaas op hul patytjielus. Hul braafgeit in die kiem gesmoor.
Maar laat ons liewer nou nie praat van kieme nie,dit is nou n wêreldwye probleem en op almal se tonge.
Kuier ons gisteraand saam met vriende. Vertel die vroutjie ons van haar oorlede moeder.Hul het op n plaas gebly en grootgeword.
Sy het geveg teen kanker. Op die plaas het hul n familiebegrafplaas. Moeder besef dat haar uurglas besig is om uit te loop. Sy sê vir haar man sy soek van die arbeiders.
So vreemd as wat dit klink, sy het haar eie graf gegrawe. Sy en die werkers het dae in die klipgrond gekap en gegrou. Netjies het hul hom uitgebou en gemessel soos n kelder onder die oumies se toesig.
Vra hul vir wie die graf is, sê sy dit is vir my. Ek kan net dink dat hul seker maar n bietjie skrikkerig vir die oumies moes wees.
Intussen het sy dapper voortgeveg terwyl sy haarself voorberei het vir die onafwendbare.
Dit wat sy kon reël vir haar begrafnis het sy gereël tot in die fynste detail. Alles was in plek, sy het nog net nie n vaste datum gehad nie.
Later toe sy al baie swak was, is sy gehospitaliseer. Selfs daar was sy toe besig met die finale reëlings en het vir haar dogter gesê om Avbob toe te gaan en foto's van hul kiste te gaan neem en vir haar te bring sodat sy haar kis kon kies.
Ons vriendin het toe egter vasgeskop daarteen. Die uiteinde van die saak was dat die begrafnisondernemer haar toe moes kom sien om die saak te kom beklink.
Sy was toe tevrede dat alles nou reg was vir haar begrafnis. Haar wense was toe ook later vervul en sy is op die plaas begrawe, alles net soos wat sy dit dit wou gehad het.
Vreugde en vrede vir julle

Jors se Kampstories op fb ...
Dagsê vriende,
Ry ons gistermiddag so bietjie uit na ń plaas toe. Die vrouens wil gaan granate pluk. Vriende van ons se dogter trou, en die granate gaan dien as versiering op die tafels.
Terwyl ons daar is pluk ons sommer kwepers en suurappels. Met die kwepers wil hul kweperjellie maak.
Ken jul nog suurappels. Die oumense het mos gesê as jy hom eet haal jy jou valstande uit. Jy sny hom in skyfies, en dan suig jy sy sap uit,dit is hoe jy hom eet.
As jy nie jou valstande uithaal nie, sit jy met stukkende tande soos wat jou gesig inmekaar getrek het van die suurgeit en jou tande dan gebreek het.
Ou broer,daai goed is suur,maar hul bly darem lekker.
Ewenwel,daar is n ou verlate opstal waar mense vroeër jare gebly het. Is altyd vir my so hartseer om dit te sien op plase. Om te dink dat daar geslagte lank mense daar gewoon het. Kinders is daar grootgemaak,en ook hul het daar voort geboer.
Daardie jare kon mense nog op plase boer wat in nou se taal drie of vierhonderd hektaar groot was.Dink die moeilikheid het begin toe hul die morge hektare gemaak het en die ponde het hul mos staan en maak na rande toe.
Gallons word liters en gewig word in kilogramme geweeg.Myle word kilometers.
Plaasmelk word dorpsmelk, die kinders weet nie eers waar kom dit vandaan nie.
Hatseer man,hartseer sê ek jou.
So het die tye maar verander.
Ry ons daar by die graansuiers verby en ek dare die mannetjie wat gaan trou om bo op hom te gaan loop.
Nee,sê hy oom, ek wil nog graag trou. Nou moet ek darem net vir die kind wys ek sal dit doen. Ek dog die vrouens gooi my met n kweper so vies is hulle.
Met hulle gemoan nog in my ore is ek toe daar weg en teen die suiers op. Stap ek soos n wafferste sirkus akrobaat op die balk uit. Dog die vrouens kry n oorval daar onder my.
ń Neef van my vertel vir my dat n tannie daar in Vredefort se wêreld altyd van n nikswerd gesê het "hy is poppoe werd" Nou, n pop het nie poe nie, dan is jy seker n nikswerd.
Kyk ek het darem lelik gebewe toe ek by daai balkie kom, ek kon darem nou nie soos n poppoe mannetjie omdraai nie, almal staan dan nou vir my en kyk.
Nogal n tricky storie om op n 100mm balk te stap,ek is seker vier duim was breër toe ek nog n kind was. Die uitstap was nog maklik,toe hou die balk op, net so afgekyk en besluit dat die sementblad onder nie n opsie is nie.
Ek moes omdraai, op my ouderdom sukkel ek deesdae om met n kar om te draai, wat nog van op daai smal balkie.
Ek het dit darem toe weer terug gemaak. Net net.
Nou toe,nou dat ek jul mooi wakker het met die spekskiet toertjie, gaan maak n bietjie koffie.
Vreugde en vrede vir julle.
NS.Dit is n staalmannetjie op die balk wat sommer net vir die snaaksigheid daar opgesit is.

Jors se Kampstories op fb ...
Dagsê vriende,
Vandag is ek lus om sommer net so ń bietjie terug te gaan in tyd.Kom ons speel n speletjie en dan sê jul my of jy dit kon regkry.
As jy nou nog nie so oud is nie,trek in elk geval daardie jare wat op jou van toepassing is,se ou filmpie daar uit jou argiewe uit en speel hom saam met my.
My filmpie trek ek uit,op hom staan,"Laerskooljare 1962-1969"
Ek sien myself weer in my eerste skoolklere,Jors gaan skool toe.Ek onthou hoe alles reg gekry geword het daarvoor.My bruin skooltassie, met sy twee blink skarniere en een toeknip sluit slotjie.My goedjies in hom gepak.
Ek onthou hoe ons by die skool aankom,my hand in ma se hand,hoe ons afstap in die lang oop skoolgang na die graad een's en twee's se klaskamer's wat op die verste punt van die skoolterrein gebou was.
Die groot kinders was daardie deel verbied,hul was seker maar bang die groter kinders maak ons seer.
Ek onthou die groet en my ma se kus toe sy afskeid neem,die trane vlak in ons albei se oë.Ander kinders en ma's huil openlik.
Ek sien nog die klaskamer met sy klein skoolbankies.Party een sitplek,ander tweesitplek bankies.Die sitplekke wat so agtertoe opslaan.
Ek lê weer my arms op die skuinste van die blad met die gleufie waarin jou pen en potloot of vetkryt kon lê.In Die boonste hoek van die blad is die gat met die porseleinpotjie vir die ink.
Die potjies verskil in kleur,wittes,maar die meeste al verkleur van die ink van jare se gebruik.
Ek voel weer die bang,maar ook die opgewondenheid in my gemoed.Die skaam en die teruggetrokenheid.Die trane wat vlak lê oor hierdie nuwe,onbekende wêreld.
Ek onthou die kamerverlaat na die badkamer wat aangrensend aan die klaskamers was.
Ek sien die klein toiletjies en die wasbakkies teen die muur.Elkeen met n spieël.Die blinkgepoetste vloere en ek ruik die Cobra politoer.
Weer terug in die klaskamer,sien ek hoe juffrou van die kinders troos.Ek ruik die vetkryt wat sy uitgedeel het,ek ruik selfs die papier waarop ons nou gaan teken.
Ek hoor die pouseklok lui.Ek sien weer hoe ons, tot geleer word deur die juffrou wat om in pousetyd te doen.
Elkeen met sy kospakkie of blikkie.Die tamatie of kaasbroodjies in kwarte gesny,netjies toegevou in waspapier.Ek proe die nattigheid van die tamatie broodjie en vat n slukkie van die Oros uit n botteltjie.
Met die geraas en gespeel in my ore lui die klok weer om die einde van die pouse aan te kondig.
Ek sien die prentjies wat met duk vetkryt strepe geteken is,party mooi, ander kan seker abstrakte sketse genoem word.Vanmiddag kan ons dit vir pa en ma gaan wys.
Vinnig is die skooldag verby en ek hoor die opgewondenheid en die kinderstemme wat in alle rigtings verdof.
Moeder wat vra hoe was die skool,en ek hoor my kinderstem wat vertel wat ons alles gedoen het en van die nuwe maatjies.
Ek sien weer my pa en ma en hul gesigte wat spreek van trots met die besef dat hul kind groot word.
Môre wandel ons nog n bietjie in die argiewe se gange rond.
Vreugde en vrede vir julle.
Jors se Kampstories op fb ...
Dagsê vriende,
So het die skoolklok elke oggend n nuwe skooldag afgekondig. Jaar in en jaar uit.
Elke dag nuwe verwagtinge met n propvol program. Haarfyn uitgewerk volgens onderwysers se leerplan.
Kinders wat leergierig inneem, ander wat soos steeks donkies vassteek.
Jy kry mos n liedjie wat gaan, "Tussen stasies" .Iemand moet een skryf, "Tussen Pouses"
Pouses,man dit was darem n lekker tyd op skool. Ek onthou die Bok in n (die) hok. Vissie met albasters, my yster ghoen waarmee menige allies uitgeskiet is. Bok bok staan styf. Kennetjie.Rugby. Wegkruipertjie,n menigte speletjies, te veel om op te noem.
Maandae en Vrydae was saal. Ek sien die rye en rye stoele, die fluweelrooi gordyne. Ek ruik die skoolsaal, sy houtvloer reuk lê vlak op my neusvleuls.
Op die verhoog sit die onderwysers met die skoolhoof in die middel.Almal netjies aangetrek. Menere se uitrustings met baadjies en das afgerond. Juffrouens met hul netjiese rokke.
Agter teen die muur sien ek die gate van die projektor, die wit doek laat sak op die verhoog. Ek hoor die opgewondenheid van n vol skoolsaal met kinders. Graad eentjies heel voor,met die grade wat agtertoe vol raak. Die standerd vyf's,heel agter.
Ek sien die ligte van die saal afgaan en die ligbaan van die projektor wat deur die donkerte klief tot op die skerm. Ek hoor die grrrr van die projektor. Die 7......6.......5.......4......3.....2....1 op die skerm met die kinders wat dit saam aftel. Die leeu wat kopdraaiend brul wat so kenmerkend van films was.
By ander geleenthede sien ek ons op die verhoog, besig om te oefen vir die konsert, weke lank oefen, oefen, oefen.
Ek onthou die groot swart blinkgepoetste vleulklavier en hoe swaar hy was. Breek die dag aan, word die stoele netjies geskuif in hul genommerde rye. Ek onthou die opgewondenheid. Die lawaai in die klaskamers met die onderwysers wat spook om die kinders stil te kry.
Daar wag jy tot jy in n ry in die regte volgorde ingeneem word na die saal. Op die verhoog soek jou oë na waar pa, ma en ouma-hulle sit. Wat n onbegonne taak,almal waai asof hul die enigstes daar is. Hoe kry jy hul met verhoogligte wat in jou oë skyn.
Ek onthou die inoefen vir sport, die opdeel van spanne. Die sit op die paviljoene, die skreeu van die spanne. Die klap van die afsitter se pistool. Ek sien die baanbeamptes met hul wit drag en breërand wit hoedens.
Die ander sit regoor die wenstreep op hul mini paviljoentjie. Ek hoor die meneer wat die wenners afkondig oor die klankstelsel.
Ek ruik weer atletiek kerrie en rys, jaffels en pannekoek. Ek ruik die gasvlam en primusstofies wat brand en ek sien die tannies wat spook om voor te bly.
Ek ry weer in die skoolbus vir sportgeleenthede na naburige dorpe. Ons busse het nog neuse gehad met n enjinkap, groot ronde ligte. Met ronde vensters op die hoeke, vier rye banke in die lengte van die bus. Twee,rug aan rug. Ons busse het ook nog na n bus geruik. Vandag se busse ruik na plastiek. Daai het na enjin, leer, rubber en, man die ding het net na n bus geruik, verstaan jul dan nie.
Ek hoor ons sing uit volle bors, liedjie vir liedjie word ons besig gehou. Ek sing weer saam, "Omie trap die petrol dat ons vinniger kan ry"
Vreugde en vrede vir julle.



Jors se Kampstories op fb ...
Dagsê vriende,
Argitektuur.
Julle wonder seker waar gaan ek vandag heen met ons geselsie. Ek blaai sommer so deur my album saam met julle.
Ou geboue en murasies spreek vir my boekdele. Hul vertel vir my stories. Elkeen n ander een. Dan wonder ek oor baie dinge. Hoeveel beplanning en werk daarin gesit is.
Hoeveel sweet daar op die grond geval het. Hoeveel keer dinge vasgehaak het soos n platespeler wat op een plek bly haak. Hoeveel nuwe planne gemaak moes word om te kan aangaan.
Sandsteengeboue fassineer my. Kyk maar net na n kerktoring en na n kasteel. Elke steen teen sekere hoeke en rondings gekap. Van die een laag na die volgende laag stene nie een dieselfde nie.
Alles met die hand gedoen. Elke steen uit die berge of koppies gekap, afgesleep met n slee en daarna aangery met ossewaens na die bouperseel.
Hul kon nie soos bakstene aangegooi word deur die helpers na die bouer toe, soos met bakstene nie. Elkeen moes opgehys word tot op die regte hoogte en dan presies op sy plek laat sak word.
Ek kan in verwondering staar na sulke geboue. Gebou deur n bouer en sy span wat nog trots was op hul werk. Wat nie kort paaie gevat het nie.
By ons was blykbaar so n bouaannemer wat menige kerke gebou het. Hul vertel dat sou die skrynwerker iets moes gaan opmeet by die kerk, het jy net met n maatband gegaan. Sou jy met n winkelhaak gaan om te kyk of die hoek reghoekig is, het hy jou blykbaar weggejaag van die perseel af, met "my goed is square"
Van skrynwerkers gepraat. Gaan in so n gebou in en jy verkyk jou aan die houtwerk. Die ou kerke se banke, preekstoel en balkonne, alles met duursame hout gemaak.
Elke bank gemaak teen sekere rondings. Van die langste banke heel agter, tot die kortste een heel voor. Vakmanskap op sy beste.
In my geestesoog sien ek hierdie mense uitgeput en moeg by die huis kom laatmiddag. Die tannie wat haar man inwag by die onderdeur van die kombuis. Groet met n kus en sê "Middag my skat, stap deur, ek het vir jou water in die waskom gegooi, vir jou hande en gesig. Ek het vir jou lekker koffie gemaak".
Op die Welcome Dover staan nog koffie en prut. Die aandete geure wat swaar in die lug hang.
Ek sien hom terugkom in die kombuis, moeg gaan sit hy langs sy blikbeker wat op die kombuistafel staan.
Met sy hande vol eelte tel hy sy blikbeker op en sê "Dankie vrou,dit gaan nou lekker wees"
Vreugde en vrede vir julle.





Jors se Kampstories op fb ...
Môre vriende,
Ek het jul laas nog vertel hoe ek Speedoman se li-lo met hom bo-op gaan saboteur het.Toe het ek mos in n oomblik van onbesonnenheid met n swembroek sonder toutjies n duik probeer uitvoer,wat volgens omstanders blykbaar meer n bom was.Die het die tannies in die swembad se mooi haartjies in sliertes oor hul voorkoppe laat hang.
As jy nou n klomp oumense de dinges in wil maak by n warmwaterswembad, dan maak jy n bom.
Met die moes ek vlug, hulle was lus vir my en land ek met die uitkomslag kaalgat,gat in die lug op die kant van die swembad,al skoppende om te probeer wegkom.
Ek kon myself dit net indink hoe dit vir die ouens in die swembad moes wees, hul ooghoogte is nou mos walhoogte. Laat ek jul verder vertel.
So is ek en Ann daar weg by die swembad. Ek nog steeds toegedraai met Speedoman se pap en nat li-lotjie.n Handoek om die middellyf kom nie meer so lekker by nie,en ek wil tog nou nie skandes maak met die terugstap karavaan toe nie.
Onthou julle nog toe ons nog kinders was hoe ons ouers ons so aan die oor gevat het as ons stout was en dan badkamer toe getrek het aan die oor terwyl daar gesê word " Hetttt.... Jyyyy.... Dannnn.... Nie.... Oreêêê... Nie!!!!"
By die karavaan aangekom het dit kompleet so vir my gevoel alhoewel dit nie fisies so gebeur het nie.
Daar is so ysige stilte,eintlik so n bedekte seën met hierdie wêreld wat so warm kan raak dink ek so by myself.Kyk,die vrou is witwarm ontsteld.My oorlede skoonma was n nooi Cockerell van Kroonstad se wêreld. Nou as ek haar nou bietjie wou opcharge het ek gesê sy is van die Cockroatches van Kroonstad,was daai engelsman darem dan opgewerk.
Edith Ann is nou op daardie plek.Erg de hel in.Terwyl ek besig is om te "ontli-lo" en n broek aan te trek, sê sy net, "nou het ek alles gesien" sê ek "hulle ook" verwysend na almal by die swembad.Bars my ou vroutjie daar uit van die lag, ons skaterlag, kry nie opgehou nie.
Later sit ons voor die karavaan,sê ek,weet jy vrou, ek is vir jou lief, ek is nie vir jou kwaad nie.Jy is nie vir my kwaad nie sê sy,en het net geglimlag en haar kop so aanhoudend in n links regs rigting ge- skut en gesê, ek ook nie vir jou nie.
So n halfuur later kom Speedoman daar aangestap met my swembroek wat hy uitgeduik het in die swembad.Raak ons daar om n koeldrankie aan die gesels. Dit blyk toe te wees dat ek my swembroek al met die induikslag verloor het.Hy sê dat ek al kaalgat was toe ek traai uitkom het uit die swembad.Vra nogal hoekom het ek nie maar eerder net in die water terug geval nie, blykbaar het ek myself baie meer ontbloot met die opkom en wegkruipslag.Merk ek so droogweg op, liewers n verleentheid as n lyk.
Ann sê Arrie moet bly vir ontbyt en vra ons moet vir haar brood en melk gaan koop. Nou,ek het al geleer op my ouderdom,as jy dinge face dan oorkom jy jou skaamheid en vrese.Ek stap selfversekerd,effens windgat deur die kamp saam winkel toe.
Vertel ek so met die wegstap vir hom sy naam is eintlik Speedoman.Hy lag te lekker. Daar gekom sien ek die winkel het identiese li-lo's.(blykbaar het hy syne ook daar gekoop).Vat toe een terwyl ons daar rondstaan. Hy het ook daar ietsie raakgevat van die klererak af en so wag ons ons beurt af by die kassiere.Toe ek wil betaal haal hy die li-lo uit by my aankope en sit n oordentlike swembroek op die toonbank neer en stop die geldwaardeverskil in my hand.Met n,ek het die goed nie meer nodig nie,sit hy die li-lo terug op die rak.
Terug by die karavaan sit ons aan vir ontbyt, merk ek hy skep nie bacon en kaasworsies op nie. Vra toe wil hy nie hê nie,nee dankie sê hy,hy is n vegetariër.Dadelik weet ek hoe hy en Pollie n aanknopingspunt gekry het.Hy is ook n peul/neut en blaarvreter soos Pollie.
Sê ek dit is geen wonder hy is so n maergat nie. Hy reken, eerder n maergat as n kaalgat dikgat op n swembadkant.Toe weet ek,ek en hy sal n pad kan loop.Lag ons te lekker vir mekaar en oor alles wat gebeur het.
Vreugde en vrede vir elkeen van julle.