
Wie gaan saam ry? Ek en Lapskag het al ingeskryf en sal dan op Sondag 8 Maart die 109 km aandurf met ons 2 wiel trap masjiene. Lappies sê hierdie sal sy 11de keer wees wat hy deelneem en my eerste. Ek sal maar moet plan maak om saam met hom 'n oefen rit of 2 te doen sodat hy vir my 'n paar tips kan gee ![]()

Agter os kom ook in die…
Agter os kom ook in die kraal. Dankie julle ek was nie so vinnig soos Voorie nie maar het veilig klaar gemaak, 4 ure 39 min en kon laas jaar se tyd met 40 min verbeter.
Die pienk teddie is my klein…
Die pienk teddie is my klein dogter sin wat saam gery het as simbool vir al die mensies met kanker, en om as bewusmaking daarvan. My bydrae is maar min maar die gebede saam dit baie.
My dogter se vriendin, Sarie is ook so paar maande terug gediagnoseer met borskanker, die een bors is reeds verwyder. Die ene was dan speciaal vir haar en vir my vrou Nellie wat ook n melenoom op die linker been gekry het en dan nou genees is.
Ek het my kleindogter n nuwe ene belowe en die ene met die nommer gaan na Sarie toe om haar te motiveer op haar herstel pad vorentoe.
Lappies ek vermoed daardie…
Lappies ek vermoed daardie pienk teddie bied baie windweerstand? ![]()
Ek het vanoggend vroeg so met die son se opkom gou 'n 30km "recovery ride" gaan doen hier in Darling. Man dit was nou heerlik!

Daai windweerstand doen ek…
Daai windweerstand doen ek met 'n lied in my hart vir waarvoor dit gaan. Maar hy het die wind gebreek en ek het in sy slipstream gery die hele tyd wat lekker was. MY los maker is sommer heir klaar in die kantoor ![]()
Die man lyk baie gefokus…
Die man lyk baie gefokus langs daai see, gaan net vorentoe
. Lapskag wag om te hoor van werk. Sy huidige kontrak is nie hernu nie en is dus werkloos die einde van Maart. Maar hy sal graag nog wil ry en dalk iewerste saam Voorie wil ry. Tyd sal leer.






Geluk julle twee
Welgedaan aan julle twee