Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Wessel Oktober 2026 saam gesels Geert -1 hour ago
Exclusive hoogte Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -1 hour ago
Klipdraai in die mark Klipdraai Geert -1 hour ago
Simpel antwoord Oktober 2026 saam gesels Geert -1 hour ago
Wyse besluit.... Kgalagadi Oktober 2026 Rona du Plessis -1 hour ago
Swart span Springbok rugby Geert -1 hour ago

Is enige iemand n lid by Honey Nest?

Bloemfontein
Submitted by Irene on
Forums

Haai daar,

Ek het n week of so trug by n werklike nice plek gekamp met n paar kliente. Dit was so lekker still en privaat dat ek vir myself gese het dat ek my familie daarto will vat. Wat ek nie geweet het nie is dat Honey Nest n "Membership Only" plek is. Die kliente waarme ek daar was het die hele ding geboek so ek het eers dae na die tyd die brokkie informasie ontdek.

Van wat ek kon uitfind Honey Nest werk op n "Referral System".  As jy nie n lid is nie, moet n lid jou aanwys vir jou om n booking te maak. Is enige iemand hier n lid? As jy is, maar jy will nie net a vreemdeling aanwys nie, kan jy asseblief net vir my hulle website password gee sodat ek hulle kan kontak.

Ek hoop julle almal het n lekker dag.

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Tue, 10/03/2020 - 17:48

Baie welkom na 'n maand op die Kampforum jou eerste pos.

Ek het nog nie op ons Forum van die naam gehoor nie.

Kan jy nie by die een kliënt wat julle daar bespreek het die inligting kry nie ?

Hoop jy gaan ons meer vertel van julle kamp daar en ook ander, asb.

0
Secunda

Sleep nou

Wed, 11/03/2020 - 07:02

More lekke om van jou te hoor ken nie die oord nie maar klink na puik plek

0

Môre vriende

Ek het dit prober opspoor op internet, daar is baie skakels, maar nie prober om dit oop te maak nie.

Met so 'n naam, en so eksklusief, met streng beheer, wonder ek of dit dalk ook 'n nudiste kamp is.devil

Groete

0
Pretoria

Slowstrike

Wed, 11/03/2020 - 12:32

Kamp Staanplekke 11 Persone Per Staanplek 4 Troeteldiervriendelik Nee Visvang Nee Swemplek Kouewater swembad Grondbedeking Gras/grond Skaduwee Gedeeltelik Toeganklikheid Grondpad Selfoon Ontvangs Swak
0

Middag alle soettande

Ek het gou gaan loer na die skakel hierbo, dit lyk na 'n lekker plek.

Ek hou van die min staanplekke, met slegs 4persone/plek. Die groot voordeel van so 'n uitgelese/verkose groep gaste, is dat mens moontlik 95% verseker kan wees van 'n lekker wegbreek tussen kampeerders met dieselfde ingesteldheid.

Groete

0

Om eerlik te wees die eerste ding waaraan ek gedink het was om die klient te vra. Maar hulle is a baie groot bydraer by die plek waar ek werk en ek was te vrek bang hulle sal dink ek is onprofessioneel indecision

 

Dankie vir die warm welkom. In verband met hoe die kamp was... vrek lekker. Maar ek moet nou se dat ek how daarvan as dit net ek en die bos is. Geen elektrisiteit, geen karre, geen geraas. Honey Nest is nog die beste plek soos dit waarby ek gekamp het. Gewoontlik plekke soos dit dink dat dit beteken dat hulle net vir jou a kol in die bos moet wys en dit is dit. Honey Nest was nie so nie, buite behalwe dat die plek mooi netjies en skoon was, kon ek agter kom dat die eienaars lief is vir die tipe kamp wat ek van hou. Elke staan plek het sy eie braai en water punt gehaat met genoeg spasie dat jy nie boeop n ander kampeerder voel nie. Daar was ook lieflike storte met warm water en n klein swembadjie waar jy in kan kuier. Ek is nie regtig goed met beskrywings nie, maar ek het vinnig verlief geraak op die plek. Ek will definitief kyk of ek nie n lid kan word nie, ek hoop net dit is nie te duur nie.

0

Middag Irene

Hou ons ander asb op hoogte oor wat jy uitgevind het. Byvoorbeeld, as iemand jou nie aanbeveel [ingesleep het] nie, wat is die kriteria om aan te sluit.

Groete

 

 

0
Bloemfontein

Irene

Wed, 11/03/2020 - 15:32

Ek het n lid geword! Ag dankie julle almal vir all die hulp. Gelukig toe ek bel onthou die oom my smiley Vir die wat geinterseer is, lat ek julle a bietjie vertel hoe dit als werk (ek het baie vra gevra).

 

Eerstens, daar is net twee maniere om n booking te maak. Jy moet of a lid wees, of a lid moet jou "Refer". As jy daar al gekamp het omdat iemand jou ge-refer het dan kan jy aansoek doen om a lid te word. Dit is nie duur om a lid to word nie, net R200 n jaar. As ek reg tussen die lyne gelees het, klink dit my dat hulle die "membership" ding doen sodat hulle nie mense kry wat die plek verniel nie. Dis hoehom jy kan eers aansoek kan doen om a lid te word waneer jy daar al was. En as a lid iemand aanbeveel what dan a morsjors is, kan daai lid sy membership verloor. So dit klink my hulle het n gemeenskap gebou want lief is vir kamp en hulle brei net dit uit duur aanbevellings.

 

Hulle website honeynest.club het all die inlighting baie mooi uigele, maar die website is "password protected". As enige van julle will gaan koekeloer stuur my a bootskap en ek sal vir jou die password stuur. As ek reg verstaan verander hulle die password gereeld so ek dink nie ek sal in te erg moelikheid kom nie cheeky 

0

Hello Irene

Ek hoop nou dat jy ook die nuwe ooms in jou vriendekring sal onthoulaugh

Ek sal nie verder bespiegel oor daai stelling nie!!!

Groete

0

Middag Irene

Ek hoop dis tong in die kies, want dit gaan nou by die beterhelfte se posbus afgelewer word.

Groete 

0
Oudtshoorn

neef Herman

Thu, 12/03/2020 - 12:30

Wessel, daar het jy  dit nou. En probeer verduidelik, raak die probleme net al hoe erger ..... Ek meen Honey nest... geheime kodes.... van Irene af.... bly ek dra nie jou skoene vandag nie.

0

Middag neef Herman

En dan is Voortrekker ook betrokke!!!

Ek onderneem plegtig om nooit weer stuitig te wees, en aweregse opmerkings oor ;

enige kampeerplek

enige voertuig

en ander se voorkeure op die forum te maak nie.

Wel, ek sal probeer.

Groete

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus