Haai daar,
Ek het n week of so trug by n werklike nice plek gekamp met n paar kliente. Dit was so lekker still en privaat dat ek vir myself gese het dat ek my familie daarto will vat. Wat ek nie geweet het nie is dat Honey Nest n "Membership Only" plek is. Die kliente waarme ek daar was het die hele ding geboek so ek het eers dae na die tyd die brokkie informasie ontdek.
Van wat ek kon uitfind Honey Nest werk op n "Referral System". As jy nie n lid is nie, moet n lid jou aanwys vir jou om n booking te maak. Is enige iemand hier n lid? As jy is, maar jy will nie net a vreemdeling aanwys nie, kan jy asseblief net vir my hulle website password gee sodat ek hulle kan kontak.
Ek hoop julle almal het n lekker dag.
More Irene
More lekke om van jou te hoor ken nie die oord nie maar klink na puik plek
Honey nest
Môre vriende
Ek het dit prober opspoor op internet, daar is baie skakels, maar nie prober om dit oop te maak nie.
Met so 'n naam, en so eksklusief, met streng beheer, wonder ek of dit dalk ook 'n nudiste kamp is.![]()
Groete
Kontak persoon Die…
Kamp Staanplekke 11 …
Honey nest
Middag alle soettande
Ek het gou gaan loer na die skakel hierbo, dit lyk na 'n lekker plek.
Ek hou van die min staanplekke, met slegs 4persone/plek. Die groot voordeel van so 'n uitgelese/verkose groep gaste, is dat mens moontlik 95% verseker kan wees van 'n lekker wegbreek tussen kampeerders met dieselfde ingesteldheid.
Groete
Om eerlik te wees die eerste…
Om eerlik te wees die eerste ding waaraan ek gedink het was om die klient te vra. Maar hulle is a baie groot bydraer by die plek waar ek werk en ek was te vrek bang hulle sal dink ek is onprofessioneel ![]()
Dankie vir die warm welkom. In verband met hoe die kamp was... vrek lekker. Maar ek moet nou se dat ek how daarvan as dit net ek en die bos is. Geen elektrisiteit, geen karre, geen geraas. Honey Nest is nog die beste plek soos dit waarby ek gekamp het. Gewoontlik plekke soos dit dink dat dit beteken dat hulle net vir jou a kol in die bos moet wys en dit is dit. Honey Nest was nie so nie, buite behalwe dat die plek mooi netjies en skoon was, kon ek agter kom dat die eienaars lief is vir die tipe kamp wat ek van hou. Elke staan plek het sy eie braai en water punt gehaat met genoeg spasie dat jy nie boeop n ander kampeerder voel nie. Daar was ook lieflike storte met warm water en n klein swembadjie waar jy in kan kuier. Ek is nie regtig goed met beskrywings nie, maar ek het vinnig verlief geraak op die plek. Ek will definitief kyk of ek nie n lid kan word nie, ek hoop net dit is nie te duur nie.
Baie dankie Slowstrike! Ek…
Baie dankie Slowstrike! Ek sal die nommer bel end kyk hoe vorder ek.
Honey nest
Middag Irene
Hou ons ander asb op hoogte oor wat jy uitgevind het. Byvoorbeeld, as iemand jou nie aanbeveel [ingesleep het] nie, wat is die kriteria om aan te sluit.
Groete
Nee, daai swinger klub is…
Nee, daai swinger klub is nie vir die Frikadel Clan nie, ons is 5 mense in die gesin.
Ek het n lid geword! Ag…
Ek het n lid geword! Ag dankie julle almal vir all die hulp. Gelukig toe ek bel onthou die oom my
Vir die wat geinterseer is, lat ek julle a bietjie vertel hoe dit als werk (ek het baie vra gevra).
Eerstens, daar is net twee maniere om n booking te maak. Jy moet of a lid wees, of a lid moet jou "Refer". As jy daar al gekamp het omdat iemand jou ge-refer het dan kan jy aansoek doen om a lid te word. Dit is nie duur om a lid to word nie, net R200 n jaar. As ek reg tussen die lyne gelees het, klink dit my dat hulle die "membership" ding doen sodat hulle nie mense kry wat die plek verniel nie. Dis hoehom jy kan eers aansoek kan doen om a lid te word waneer jy daar al was. En as a lid iemand aanbeveel what dan a morsjors is, kan daai lid sy membership verloor. So dit klink my hulle het n gemeenskap gebou want lief is vir kamp en hulle brei net dit uit duur aanbevellings.
Hulle website honeynest.club het all die inlighting baie mooi uigele, maar die website is "password protected". As enige van julle will gaan koekeloer stuur my a bootskap en ek sal vir jou die password stuur. As ek reg verstaan verander hulle die password gereeld so ek dink nie ek sal in te erg moelikheid kom nie
Toe onthou die oom my
Hello Irene
Ek hoop nou dat jy ook die nuwe ooms in jou vriendekring sal onthou![]()
Ek sal nie verder bespiegel oor daai stelling nie!!!
Groete
So wat nou? Is honey Nest …
So wat nou? Is honey Nest 'n nudiste kamp of nie? Ek is te bang om vir die password te vra - netnou kom ek in die moeilikheid ![]()
![]()
Wessels en Voortrekker ek…
Wessels en Voortrekker ek het vir julle n geheime bootskap gestuur ![]()
Wessel, daar het jy dit nou…
Wessel, daar het jy dit nou. En probeer verduidelik, raak die probleme net al hoe erger ..... Ek meen Honey nest... geheime kodes.... van Irene af.... bly ek dra nie jou skoene vandag nie.
Dankie Irene! Ek het die…
Dankie Irene! Ek het die boodskap gekry.





Honey Nest
Baie welkom na 'n maand op die Kampforum jou eerste pos.
Ek het nog nie op ons Forum van die naam gehoor nie.
Kan jy nie by die een kliënt wat julle daar bespreek het die inligting kry nie ?
Hoop jy gaan ons meer vertel van julle kamp daar en ook ander, asb.