Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Geniet jou video's... Kgalagadi Oktober 2026 Rona du Plessis -11 hours ago
Goeie hout... November 2026 Wessel Strydom -20 hours ago
ANC is soos.... November 2026 Wessel Strydom -1 day ago
Goeie hout... November 2026 Wessel Strydom -1 day ago
Einde van ANC? November 2026 Goeie Hout -1 day ago
Einde van ANC? November 2026 Geert -1 day ago

Weervoorspellings

Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps
Submitted by Frieps on
Forums

Ek weet nie of ek meer in weervoorspellings glo nie.  Die afgelope dae word daar baie reën en koue vir die Baai voorspel.  Dit was veronderstel om voordag vanoggend te begin en heeldag te reën, deur die nag en ook more.  80% kans!!

Vanoggend het die son geskyn en toe het dit weldra begin om meer bewolk te raak en ook kouer te word.     Twee-uur vanmiddag toe val daar druppels en ons dog hier is die reën nou.  Daarna het daar seker twee of drie keer weer net 'n bietjie druppels geval.   Die laaste reën wat hier geval het was seker so rondom 5 uur vanmiddag.

Die wind het nie eers gewaai nie, so ons kan ook nie sê dit het weggewaai nie.  

Ek weet darem nie, ek gaan my nie meer steur aan wat die weermense sê nie. 

Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Fri, 12/06/2020 - 11:53

Ons het die afgelope 48 uur 'n heerlike 64mm reën gehad  -  wonderlik !

0
Waar my wa staan
Profile picture for user Arie

Arie

Fri, 12/06/2020 - 12:16

Ek wens die vervlakste Kaapenaars wil hulle yskoue wind en weer vir hulself hou!!

Ek weet hul bedoel goed om so mededeelsaam te wees maar dit word so waar as vet niks waardeer nie, inteendeel!!!

0
Centurion
Profile picture for user Dusty

Dusty

Fri, 12/06/2020 - 14:15

N koue winter is a voorspeeling vana nat somer

Warren, dit is so waar. Dit is nog soos wat ek dit verstaan al die jare 

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Thu, 02/07/2020 - 10:12

Gister was toe heel lekker weer, glad nie die 15° wat voorspel was nie.  Hoop net dit hou so vol.

0
Brits
Profile picture for user wessels

wessels

Fri, 10/07/2020 - 12:31

Middag vriende

Dis nie die middag temperature wat pla nie, dis daai vroegoggend lae waardes wat die definisie van koud gee.

Ek merk dat die Kruger se dag temperature hier rondom 25-30 C is. Ai, sal ek darem nou graag daar wou wees.

Groete

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Sat, 11/07/2020 - 07:14

Ek sien Port Elizabeth, asook Wes kaap kry rowwe storms oor die volgende paar dae, met reen.

PE se wind gaan vandag 16 Km per uur daar daar waai.

By my lyk dit so.

Weer

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus