Ek weet nie of ek meer in weervoorspellings glo nie. Die afgelope dae word daar baie reën en koue vir die Baai voorspel. Dit was veronderstel om voordag vanoggend te begin en heeldag te reën, deur die nag en ook more. 80% kans!!
Vanoggend het die son geskyn en toe het dit weldra begin om meer bewolk te raak en ook kouer te word. Twee-uur vanmiddag toe val daar druppels en ons dog hier is die reën nou. Daarna het daar seker twee of drie keer weer net 'n bietjie druppels geval. Die laaste reën wat hier geval het was seker so rondom 5 uur vanmiddag.
Die wind het nie eers gewaai nie, so ons kan ook nie sê dit het weggewaai nie.
Ek weet darem nie, ek gaan my nie meer steur aan wat die weermense sê nie.
Anton, ek kan nie voorbly om…
Anton, ek kan nie voorbly om te bewe nie.
Daai voorspelling is in die…
Daai voorspelling is in die kol !!!!!
Ons het....
Ons het die afgelope 48 uur 'n heerlike 64mm reën gehad - wonderlik !
Ek wens die vervlakste…
Ek wens die vervlakste Kaapenaars wil hulle yskoue wind en weer vir hulself hou!!
Ek weet hul bedoel goed om so mededeelsaam te wees maar dit word so waar as vet niks waardeer nie, inteendeel!!!
Toeka se wysheid se....
N koue winter is a voorspeeling vana nat somer
N koue winter is a…
N koue winter is a voorspeeling vana nat somer
Warren, dit is so waar. Dit is nog soos wat ek dit verstaan al die jare
Arie ek het nie geweet dat…
Arie ek het nie geweet dat jy kan koud kry nie? Jy dra seker nou 2 onderbroeke?
Vandag twee maar gister was…
Vandag twee maar gister was vrek koud, toe sommer drie aangetrek!
Die Weer Pretoria
Ek sien volgende naweek gaan ook koud wees hier in Pta.
Willem, 14º beskou ons nie…
Willem, 14º beskou ons nie juis as koud nie ! Lekker gematigde weer sou ek sê.
Minimum temperature
Middag vriende
Dis nie die middag temperature wat pla nie, dis daai vroegoggend lae waardes wat die definisie van koud gee.
Ek merk dat die Kruger se dag temperature hier rondom 25-30 C is. Ai, sal ek darem nou graag daar wou wees.
Groete
Ek sien Port Elizabeth,…
Ek sien Port Elizabeth, asook Wes kaap kry rowwe storms oor die volgende paar dae, met reen.
PE se wind gaan vandag 16 Km per uur daar daar waai.
By my lyk dit so.









die weervoorspelling…
die weervoorspelling vanooggend is brrrrrrrr