Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Sterkte vir Daan (en vir jou… Oktober 2026 saam gesels Chris Boucher -2 hours ago
"Opgevang" Kgalagadi Oktober 2026 Rona du Plessis -3 hours ago
Tuis Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -3 hours ago
Donker Lag 'n slag Voortrekker -5 hours ago
14 Oktober Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -5 hours ago
13 Oktober - nm Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -16 hours ago

Augustus 2020 met of sonder koffie

Centurion
Submitted by Voortrekker on
Forums

Kan ek dalk vir iemand 'n heerlike beker tee aanbied?  Ek hoor van Augustus af gaan die drink van koffie nou sterk verban word? wink

Geniet die Augustus maand - ons het die jaar darem al sovêr oorleef en oor 'maand is dit alweer lente!   Dan gaan ons lekker kamp! 

Vereeniging

Harry Du Randt

Sun, 09/08/2020 - 12:15

Dankie vir die inloer Frieps, maak meer gereeld so, ons mis jou.

Om terug te kom na die shad vangste. As die Shad loop, loop hy. Hy kom en gaan. Gewoonlik as die gety draai en dit word hoogwater, kom hulle verby in sy groepies. Klein skoolkies. Gewoonlik as jy n byt gehad het en "gekap" het en hy is nie aan nie, kan jy maar jou aas uittrek want dit is af. As hulle so wild is, kan jy hom amper op n sigaret stompie vang. Ek het slim geraak en n blink stukkie lint langs hoek gesit, as jy hom mis en jy moet uittrek, jaag hy daai lint en jy het n tweede kans. smiley Dit is soos op met n lepel te vang.

In ons tyd was dit max 5 per persoon en hulle moes 300mm lank gewees het. Ons het al op so 9 dae, tussen ons 190 vis gevang. Gewoonlik eerste aand stop ons vis op met uie en tamatie en bak op vuur toe gedraai in foil. Elkeen met sy eie vis.

Ons is elke keer as ons van strand af ry ge "check" deur parke raad. Tot al die coolerboxes is deur soek. Omdat dit so lekker gegaan het, het ons besluit om die kans te waag en vis te "steel" Onder die drywer se sit plek is n groot "bin" vir al die olie en parte vir Landy.Ons "line" die "bin" met swart sakke en gaan vis daar wegsteek. Hulle gaan mos nie daar "check" nie. So gedoen eb ons is oppad Cape Videl. Kan julle glo, van daai dag af, het ons nie n enkel vis gevang. Seker maar Karma. Alles vir Zero vis smiley

 

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Sun, 09/08/2020 - 12:18

Ai, dit was nou 'n lekker verrassing om weer van jou te hoor en ek is bly dit gaan in die omstandighede goed. Ons hoor oor die nuus die stof wil maar net nie gaan lê in PE met die ouens wat veronderstel is om dienste aan inwoners te lewer nie.  En as natuurlike waterbronne laag loop, soveel te meer om die bietjie beskikbare water sinvol te gebruik en nie deur waterlekke te verloor nie.  Jou watertenk, is dit gekoppel aan 'n pomp of loop die water maar net vry uit ?

Geniet die kuier by jou broer !

0
Vaalpark

Johann L

Sun, 09/08/2020 - 14:30

Goeie middag vriende, geniet wat oor is van die lang naweek, behalwe vir die Augustus  (wat noodsaaklik is) wind, is dit 'n heerlike naweek.

Frieps, baie lekker om weer van jou te lees hier, ek dink baie dae aan jou👍

0
Tussen hemel en hêl

GeesWatWandel

Sun, 09/08/2020 - 16:15

Middag al die die mense,

Ja swaar, vandag 23 jaar getroud, vroutjie verdien voorwaar `n medalje.

En wat is KWV Shiraz nogal, ek ken van KWV 5 jaar brandewyn!

0
Kleinmond

Chris Boucher

Sun, 09/08/2020 - 16:29

... jy meen jy ken net een soort wyn en dit is "brande" wyn. 

0
Tussen hemel en hêl

GeesWatWandel

Sun, 09/08/2020 - 16:51

Hehehe oom Chris ek ken hom so goed dat ek so ver as moontlik, myle en myle van hom af wegbly. Brandewyn is vir my regtig baie baie lekker en as ek dit drink, drink ek ek dit soos stroop, gewoonlik met komiese gevolge vir ander en waarvan ek die volgende oggend dan  niks weet nie en tot my groot ontsteltenis.

As ek reg onthou het ek seker drie jaar of langer laas brandewyn ge drink. As gevolg van bogenoemde bly ek maar eerder op die bier. Gelukkig proe whiskey vir my soos piepie.

Hehehe, het nog nie piepie gedrink nie, maar dink dit sal soos whiskey proe.

 

0
Tussen hemel en hêl

GeesWatWandel

Sun, 09/08/2020 - 17:03

Miskien moet ek Kaap toe trek en begin wyn drink. Wonder met watter geur sal ek begin, miskien rooiprop. devil 

Lig mens, mens se pinkie as mens wyn drink, soos tee?, wat terloops die maand aanbeveel word.

0
Port Elizabeth

Frieps

Sun, 09/08/2020 - 17:08

Len, gelukkig is die tenk behoorlik installeer met 'n pomp en dit spuit sterk uit vanaf die tuinslang.  Ek het nie wat jy het, dat ek die tenkwater kan oorplaas na die huis nie, maar dit pla my nie veel nie.  Aangesien ek net een tenk het, glo ek die water gaan langer hou as ek dit nie sommer so maklik in die huis kan kry vanaf die kraan nie.   Ons water was so 3 weke gelede vir 7 dae aan en af.  Julle sal tog te lekker lag as jul moet sien, ek bring die tuinslang binne in die huis in, maak 'n houer in die stort vol, nog 'n houer  vir die toilet en een in die kombuis.  Maklik, nie nodig om houers water rond te dra nie.   Dan gebruik ek my mini geza om die water warm te maak in my stort en in die kombuis. 

Nou het ek bietjie swak nuus om met julle te deel.  Ek en Arie is gereeld in kontak en ongelukkig het Petra verlede week teëspoed opgetel en is Donderdag opgeneem in die hospitaal.   Sy het erge bloeding weens 'n binne aar wat gebars het, die bloeding dan druk opbou in haar buik en stoot uit by die swak plek in haar lies waar sy 'n tyd gelede 'n operasie ondergaan het.   Tot dusver sukkel hulle om die bloeding te stop en sy moet bloedoortappings kry.   Sy is ook op sterk pynmedikasie.  Sy gaan nou oorgeplaas word na 'n ander hospitaal waar 'n meer professionele persoon gaan probeer help.   Soos gewoonlik, en soos ons Arie ken, klink hy positief en glo "my pragtige vroutjie is 'n fighter en is een van die dae terug by my".   Ongelukkig mag hy haar nie in die hospitaal besoek nie, en soos ek kan getuig, is dit baie swaar.   Ek glo almal sal vir Petra en Arie bid.

0
Tussen hemel en hêl

GeesWatWandel

Sun, 09/08/2020 - 17:17

Hi tannie Freda, toe ek so begin lees aan tannie se inset hierbo, toe sien ek al klaar `n ou tannie wat haarself staan en kaalgat afspuit in die tuin. Sjoe, gelukkig het dit nie so uitgedraai nie en probeer nou baie hard om my eerste gevolgtrekking te ontsien. smiley

Dankie vir die nuus oor tannie Petra en oom Arie, ek dink aan hulle.

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Sun, 09/08/2020 - 17:57

Dankie Freda, ek is bly jy kom reg met die waterskaarste  -  te danke aan Colin wat die nodige voorsiening gemaak het.

Ai tog, ek wonder wat gaan Petra nog tref, maar ek dink die ergste is daardie eensaamheid vir die pasiënt en vir die geliefde wat moet sit en wag.  Dankie dat jy ons op hoogte hou.

0
Waar my wa staan

Arie

Sun, 09/08/2020 - 20:45

Dankie vir almal se mooi wense.

Ek is baie skaars hier, toegegooi van die werk! Snaaks almal kla oor die inperking hulle inkomste beinvloed maar tog kry die banke niemand om vir hulle werk te doen nie? Dan is ek nog tussen deur besig met SARS maar lyk my dit is nou opgelos met nie te erg bedrag wat ek moet inbetaal nie.

Dan is my gemoed maar baie laag met Petra se probleme, sy ly ontsetend erg met erg pyn en dan natuurlik die ongemak. Hulle moet hasr bed so 4 keer op ń dag skoon oortrek met al die bloeding.

Daar is blykbaar ń "Vein and Artery" spesialis in Pta wat moontlik sal kan help? Dan moet hulle nog probeer om erens plek in ń hospitaal in Pta te kry!

Die groot probleem is dat sy bestraling gehad het waar die aar gebars het. Blykbaar word die are bros van die bestraling wat dit bykans onmoontlik maak om te heg. Die wwefsel het ook verhard met die bestraling wat dit dan moeilik maak om die aar heeltemaal oop te kry. Ek is ń leek maar dit is maar hoe ek verstaan van die dr af.

Petra is ook heeltemaal deurmekaar, baie moeilik om ń gespeek net haar te voer, en doe deurmekaar is blykbaar as gevolg van die pyn medikasie en die groot bloedverlies.

Vandag is die eerste keer in die 53 jaar wat ek haar ken dat sy nie positief is nie. Sy sê sy wil nie meer veg nie, sy is moeg en wil "huis toe gaan na haar Vader toe".

Ek kan haar nie kwalik neem nie, wat sy die laaste 10 jaar moes deurmaak wrns ek nie my grootste vuand toe nie.

Len en soos jy noem, ek mag nie haar hand gaan vashou of haar ń drukkie gaan gee nie, dit is pure hel.

Gelukug is die hispitaaltjie waar sy is baie goed met hul versorging. Dot is ń klein Katolieke hospitaal. Ek is baie dankbaar dat ons haar daar kpn inkry en dat sy nie na die lokale staats hospitaal hoef te gegaan het nie!

0
Secunda

Sleep nou

Mon, 10/08/2020 - 06:27

More almal skink daai koffie Arie sterkte daar ons vertrou alles sal vir ten goete uitwerk lekke om weer van Freda te hoor  julle moet n gatskop dag he vrede

0
Vereeniging

Harry Du Randt

Mon, 10/08/2020 - 07:35

Oom Arie julle moet moed hou. heart

Ek lê nog in die kooi met my iPad in die hand en sien op die CCTV kameras die manne het kom werk vandag.

Julle moet julle dag geniet en wees veilig.

Lyk na n braai dag vir my.

 

0
Port Elizabeth

Frieps

Mon, 10/08/2020 - 08:36

Ek het skoon vergeet dit is 'n vakansiedag vandag.  Staan op met die gedagte en wil dokter se spreekkamer bel en afspraak maak vir later vandag.   So, vir die van julle vir wie dit werklik 'n vakansiedag is omdat julle nie hoef te gaan werk nie, geniet dit.

Jul moet asb vir Arie en Petra in jul gebede hou in hierdie tyd.   Colin was 16 dae in die hospitaal en ek mag hom nooit gesien of besoek het nie.   Dit het geweldig tot my hartseer bygedra na hy oorlede is.  Die feit dat ek hom nie weer kon aanraak nie, 'n drukkie of soentjie gee en, die ergste van alles, kon groet nie.   Dit vreet my nog nog party dae op!!    Asb. ek sê nie Petra gaan nie gesond word nie, ek bid sy sal.   Maar ek besef hoe swaar dit vir Arie moet wees om nie by haar uit te kom nie.  En nie net vir hom nie, soveel te meer vir Petra.   Gelukkig, as sy Pretoria toe oorgesplaas word, sal hy by sy kinders kan bly.   Dit sal darem help.   

Dit laat mens net besef hoeveel mense tans in die hospitale lê met Covid-19 en geen geliefde mag naby hulle kom nie.  Ons wat in ons huise kan bly en sodoende onsself veilig hou, kla maar soms daaroor, ek is skuldig daaraan.   

Arie, ek hoop hul kry sommer vandag nog 'n bed vir Petra daar in Pretoria, dat sy spoedig opereer kan word.  Sterkte aan jou met alles wat daarmee gepaard gaan.  Mag die Heer jul albei se hande sterk vashou op die pad wat julle nou stap.

Lekker dag vir almal op die forum!  Liefdegroete.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus