6 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Toer alte lekker saam Kgalagadi Oktober 2026 Rona du Plessis -12 minutes ago
6 Oktober Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -1 hour ago
Swak sein Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -1 hour ago
Op n ander blad gelees..copy en paste Bestuurderslisensie Geert -3 hours ago
Selfde 'topic'..... Kruger 2026 Rona du Plessis -3 hours ago
Piekniek plekke Kruger 2026 Wessel Strydom -5 hours ago

Lae strek ratkas

Brits
Submitted by wessels on
Middag vriende Ek wil sommer hoor wat julle indrukke is van [a] 'n deeltydse 4x4 met lae strek soos 'n Hilux teenoor [b] heeltyds 4x4 sonder lae strek, soos 'n Amarok. As mens nou nie in slote,modderpoele en sandduine wil speel nie, maar slegs met gemoedsrus Richtersveld, Baviaanskloof en Botswana toe wil ry, met 'n Kavango op sleep, het mens 'n 4x4 met lae strek nodig, of is 'n Amarok-tipe voldoende? Die twee genoende voertuie is bloot as voorbeeld gekies. Ek sien uit na die kommentare. Groete
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Wed, 24/06/2020 - 17:00

Wessel, ek behoort eintlik nie te antwoord nie, want my P/F het wel 'n volle 4x4 met laestrek, wat ek omtrent nooit gebruik nie !  Ek het 'n vriend wat sy boswa met 'n Amarok sleep en dan ook twee vriende met Prados wat permanent 4x4 is.

Ek glo nie jy het 'n volwaardige 4x4 met laestrek nodig vir Richtersveld en Botswana toere nie, maar kom ons hoor wat sê die slimmer mense.

Worcester

Wildehont

Wed, 24/06/2020 - 20:18

Dis soos biltong. Meeste slaghuise het ‘n kerwer en dan is jou knipmes oorbodig, maar as jy iewers op ‘n klein dorpie in Namibië ’n heel stuk koop omdat die slaghuis nie ‘n kerwer het nie, gaan jy daardie knipmes mis as jy hom nie het nie...

Oudtshoorn

neef Herman

Wed, 24/06/2020 - 20:55

Goed opgesom Willehont, en soos daar gesê word " Horses for courses". Jy kan ry van hier tot Kairo met n Taz, op goeie paaie. Of jy kies die agterpad waar laestrek, asartikulasie, 8 laag bande ñ verstandige keuse is. Vir my is daar net twee karegorieë, softroader van n van  Fiat Panda 4x4 tot n Porche Cayene, wat bitter vêr gaan kom, en in 90% van normale behoeftes voorsien. Die volgende klomp, is die wat n Libie of Algerie gebruik word om troepedraers of "gun ships"  te wees. Wie van ons het werklik so bekwame voertuig nodig. Keuse is joune, of soos hulle sê, " taking a knife to a gunfight".

Môre neef Herman, Chris, Len

Dankie vir julle pittige beskouings.

Daar is natuurlik die gatkrul faktor--- soms trek iets mens mos net soos 'n magneet. Mens kan hake inkap, maar getrek word jy. Die huismoles is dat die beterhelfte nie 'n troep wil wees nie.

Nou sal ek graag wil sien hoe die 4x4 manne hulle voertuie indeel volgens neef Herman se kategorië, "sagte"  en "troepedraers" of dan harde 4x4's.

Groete 

Vaalpark

Johann L

Thu, 25/06/2020 - 08:25

Môre Wessel, ek kan ook geen waarde tot 'n antwoord op jou vraag toe voeg nie,  net maar noem wat ek self ervaar het.

Ek het 'n Isuzu Trooper gehad (fantastiese voertuig, maar kon nie sleep nie) ons het so keer of twee in die Soutpans berge gaan ry, en dit was al waar ek 4 x 4 lae strek nodig gehad het. 

"In hide site"  vir my, was dit 'n onodige luukse.

Waar my wa staan

Arie

Thu, 25/06/2020 - 08:26

Die amptelike definiese is;

4x4sonder laestrek is ń softrider.

Met laestrek kan mens dan oorboord gaan met diff locks, spesiale suspensie en nog amper oneindige toerusting.

Persoonlik glo ek dat die meeste "harde" 4x4's koop mense onodig. Meeste plekke kan mens bereik met ń 2x4 wat genoeg grond vry hoogte het en dalk ook ń diff lock, en dit ia maar net nodig waneer jy "cross axle" kry.

Die een groot ding wat mens wel in aanmerking moet neem is jou gesindheid teenoor die natuur.

Met ń 4x4 rig jy baie minder skade aan die pad, omdat wiel tol grootliks uitgesny is.

Lae strek is ń nice to have, maar dit is baie selde wat jy dit regtig nodig het, maar dit is baie lekker as jy die voertuig in lae strek sit en so lekker rustig kan idle in die pad.

Worcester

Wildehont

Thu, 25/06/2020 - 09:02

Wat ek probeer sê het met my biltong vergelyking is dat dit beter is om ‘n funksie/stuk gereedskap te hê en dit nie nodig te kry nie, as om dit nodig te kry en dit nie te hê nie. Dis my filosofie.
Dan moet jy jouself ook afvra waarom jy ‘n 4-wiel aangedrewe voertuig wil koop. Is dit omdat jy 4x4 roetes wil gaan ry? Dit gaan jy nie sonder laestrek regkry nie. Is dit omdat jy Botswana toe wil gaan? Die Westelike 2/3 van Botswana is op die Kalahari sand geleë. Dit is in plekke tot 500m diep. Ek sal nie daarheen gaan sonder laestrek nie, veral nie met ‘n 1 200kg anker wat ek agter my aansleep nie. Wil jy net beter padhouvermoë hê op grondpaaie? Dan het jy nie laestrek nodig nie. Maar netnou raak jy lus om Mosambiek of Botswana toe te gaan...

Omtrent alle bakkies het deesdae ewenaarslotte, selfs die 4x2’s. As jy ‘n permanente 4x4 koop en in sand wil ry sou ek een koop wat ‘n ewenaarslot tussen die voor- en agteras ook het. Nie-permanente 4x4’s met laestrek is deesdae (eintlik al lank) almal heeltemal goed genoeg soos hulle standaard toegerus is en het allerhande ander elektroniese tierlantyntjies wat van die pret uit 4x4 ry uithaal maar dit nog makliker maak om veilig te gebruik. 

Ek stem saam met Arie, 99%van ordentlike 4x4 sien bitter min slegte terrein.

Ek vat nou soos my Hilux wat al die bells en whistles het wat 4x4 aanbetref. Ek dink ek was Januarie 20corona op n grondpad, met die pad karavaan!

So nou en dan dan sal ek sommer op n reguit stuk teerpad die 4x4 hoestrek aansit want dit is na bewering goed vir die ratkas olie of so iets dergeliks.

Maar, jy het al daai handige hulpmiddels die dag as jy dit regtig nodig kry!

It is beneficial if you need to cross very rough terrain at very slow speeds (crawl speed) such as was the case on most of the 10 ECO passes I did in December.

Some places are restricted if you don’t have low range.

I sometimes engage low range, even though I may not actually need it, to ease the stress on the car when off road.

It does give one an added ability to go elsewhere, with peace of mind, where, without it you might be uncomfortable or unwilling to go if you don’t have it.

I totally agree, most places, one will get by with just a diff-lock..... Just don’t go through mud at speed with only a diff lock, you will spin-out and have to get out and walk out in the mud..

What I will not get again is a winch....

Vereeniging

Harry Du Randt

Thu, 25/06/2020 - 13:54

My Hilux bakkie is n 4x2 met 'n "diff lock".

Ek het nou al heelwat slegte grondpaaie in die berge gery met hom en ek het nog nooit sy "diff-lock" knoppie gebruik nie. Het hom al 14 jaar en amper 100k km gedoen. Dink ek moet net eendag daai knoppie druk en kyk of die "diff-lock" werk smiley Dalk was hy foutief van dag een. Dit was nie n vereiste toe ek hom gekoop het nie en was standaard op bakkie.

My klein Suzuki Grand Vitara SWB 1.6 is darem 4x4 maar het nie n "diff-lock" nie. Het al heelwat sy lae bestek gebruik en hy het my beindruk waar ek al kon ry met hom. Wat baie vir hom tel, is sy ligte gewig. Jammer ek kan nie al Yvonne se onnodige "bollie" in hom laai smiley. Al slaan ek sy agterste sitplekke af. (Ry deesdae so afgeslaan, as ons inkopies wil doen)

Ek dink ook 'n regte 4x4 voertuie moet 'n "low ratio" ratkas en 'n "ladder" onderstel, met voldoende vryhoogte hê.

Ek sleep deesdae die klein Suzuki saam, agter Froggy, as ek gaan kamp en dan het ek die regte voertuig as ek wil gaan speel op slegte paaie, met n kamp naweek, of n vakansie.

 

Middag Harry

Ek het ook 'n 4x2 met die standard ewenaarslot. Nou dat jy dit noem, ek het ook nog nooit daai knoppie probeer nie. Dalk moet ek ook dit toets.

'n Vriend vertel nounet vir my hoe hy sy 4x4 wou toets 'n slag, by ons werk in 'n gruis stuitbedding. Daar werk sy koppeling nie, tot groot verleentheid vir hom en genot van al sy kollegas. Een of ander solenoid wou nie sy werk doen nie.

As ek 'n pad woonwa gehad het, sou my stert seker nie so gejuk het vir 'n 4x4  nie, want dan het die grondpaaie na die mooi afgesonderde plekke dit nie moontlik gemaak nie. Nou het ek egter 'n Kavango, wat dalk sulke toere kan oorleef, maar my moed begeef my, om dit te waag met my 4x2.

Groete

Oudtshoorn

neef Herman

Thu, 25/06/2020 - 17:40

Wessel, daar waar ñ mens laestrek, ewenaargrendel ens. nodig het, gaan jy  met n Kavango agter kan jy  probleme kry. Ry liefs met n tent agter in, of dit is wat ek doen met my troepedraer. Ja daar was al sulke sleepsels by Van Zylspas in Namibië af, en feitlik heeldag se padbou en vingernaels afvreet gewees. Neef se trip daar was net pret en fotos neem van Toyota met n been in die lug.

Worcester

Wildehont

Thu, 25/06/2020 - 19:52

Botswana sal ek my Kavango saamvat. As die grense Desember oop is sommer dan al Mabuasehube toe na Kgalagadi. Ek sal dit egter nie in daardie warm sand probeer doen sonder my Fordjie se laestrek 4x4 nie. Klippe ry was ek nog nooit lief voor nie. Dit beskadig net jou bande en soms jou voertuig ook. 

Môre Chris,neef Herman

Dankie vir julle praktiese raad wat duidelik uit ervaring spreek.

Ek is geneig om saam te stem, sekere roetes is net nie geskik vir 'n kombinasie van sleepvoertuig en bos-woonwa nie. Mens sal steeds gesonde oordeel aan die dag moet lê.

Om terug te kom na die oorspronklike vraag, as ek so lees, is daar tog voordele aan lae strek beskikbaarheid, in vergeleke met sagte 4x4 [of dan all wheel drive].

Op die einde gaan my beursie se grootte bepaal wat ek kan/gaan aanskaf. Daarvolgens sal my roetes en vakansies beplan word. Daar waar ek nie kan kom nie, sal ek maar na julle fotos kyk.

Groete 

 

Worcester

Wildehont

Tue, 25/08/2020 - 10:00

Wessel, terwyl jy in die mark is vir ‘n nuwe ryding; hier is ‘n goeie video om te kyk. Die ou staan bekend as die David Attenborough van 4x4. Hy is van hier, maar woon nou in Australië en is seker die mees ervare 4x4 joernalis. Hy is afgedank by Leisure Wheels omdat hy te eerlik was, en doen sedertdien sy eie onafhanklike ding omdat hy nie wil voorgeskryf word oor handelsname soos die geval by Leisure Wheels was nie. 

Vereeniging

Harry Du Randt

Tue, 25/08/2020 - 15:33

Het die Amarok nie baie ratte nie, iets soos agt ?

Ek dink sy eerste twee ratte het n lae rat verhouding soos n voertuig met lae bestek nie.

Dit is dalk hoe hy werk, Dalk kan jy in 3 de weg trek en dit is soos n gewone 4x4 in High 1 ste rat

Ek dink nou maar net hard op. Want ek is seker sy eerte rat moet baie sterker wees vir 4x4 ry.

Dalk weet die slim mense wat hulle al gery het,

Middag Harry

die Amorok het 8 ratte, en die laer ratte is sekerlik effe laag.

Ek het gaan navraag doen oor die Hilux as voorbeeld. As jy die lae strek rat koppel, maw van 4x4 H na 4x4L oorgaan, dan skakel jy in wese n ekstra rat in.

Daardie rat sit inlyn, en dus vermenigvuldig jy elke normale rat met 'n faktor 2.51. Dus gaan jou wringkrag met die faktor op, in elke rat. Dienooreenkomstig gaan jou snelheid in die gekose rat met die faktor af, vir dieselfde enjin omwentelinge.

Dit is waarom mens in 4x4L omtrent kan kruip oor klippe, 

Ek glo nie die lae ratte van 'n Amarok is so laag gerat nie, maar ek sal ook graag wil hoor van Amarok eienaars.

Groete 

Oudtshoorn

neef Herman

Tue, 25/08/2020 - 18:28

Jis ou Wessel, hierdie maal en deel som floor my. Die ou series Landy's het so plaatjie gehad waar hulle sê " don't use wide throttle openings in 1st and 2nd low range" Seker al daai Torque wat die side shafts afdraai.   As ek die nuwe 8 spoed ratkaste verstaan, is dit om  in die enjin se mees doeltreffende rpm reeks te bly. Veral met die klein enjins wat so baie krag lewer, maar sonder oemph is. Ek onthou nog van die ou Amerikaanse v8 karre wat net n tweespoed ratkas gehad het. Soos hulle graag sê, " There is no replacement for displacement"

Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus