Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Toe word ons dors Kruger 2026 Rona du Plessis -10 minutes ago
Steeds lekker vooruitsigte - vir Chris Vakansiebeplanning 2026/27 Rona du Plessis -34 minutes ago
Meiringspoort status Pad en roete inligting Wessel Strydom -41 minutes ago
Sterkte Chris Vakansiebeplanning 2026/27 Geert -1 hour ago
Chris B Vakansiebeplanning 2026/27 Wessel Strydom -2 hours ago
Chris Kanselleer Vakansiebeplanning 2026/27 Chris Boucher -2 hours ago

Jors se Kampstories op fb ...

Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits
Submitted by Willem Brits on

Môre vriende,

Ek gaan probeer om dié Jors se Kampstories gereeld hier te plaas ?

Hier is die fb skakel.

 

Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Thu, 03/09/2020 - 10:13

Dagsê vriende,
 
        BOERVROU TREE AF IN STAD.
   Wel nou het ek jul darem uitgeboul met die een, gewoonlik vlug die ouens uit die stad uit as hul aftree. Ek het jul gister vertel van Alta (skuilnaam) se storie waar sy haar bakkie bo van die jack afgery het, neus in die grasperk in. Alta het toe later jare so half en half afgetree, n pragtige gastehuis met n "trouvenue" aan die buitewyke van Johannesburg bekom, wat sy saam haar kinders bedryf. Eintlik seker maar om naby die kinders te wees. Ander kinders weer,  is oorsee, wat sy ook dikwels voor gaan kuier. 
  Sy vertel dat n gastehuis nou n plek is waaroor jy boeke kan skryf. Daar kan nou vir jou snaakse dinge gebeur. Op n keer bespreek n paartjie die venue vir hul troue, sy moes eintlik toe al haar bedenkinge gehad het. Kom daar aan met een hangse groot bike. Die man met sulke bruin rasta dreadlocks en die vrou met pers gekleurde hare. Jy kan aan hul jare al sien dat dit lyk of hul al n paar huwelike deurgewerk het. Die tatoos wat hul op hul lywe het maak jy nie in n jaar of twee bymekaar nie.
   Hulle weet egter presies wat hul wil hê. Haar plek sal ek nou sê, is so n bietjie upper class. Sy noem die deposito wat vooruitbetaalbaar is, miskien skrik dit hul af. Geen probleem nie se die man en pluk n goue kaart daar uit. Enige iets vir my aanstaande bruid, sê hy so ewe. 
  Dit gaan n biker troue wees. Kom die tyd nader. Die volle rekening is betaal en die fynere detail van die reëlings word gereël.
Een ding waarop hul die heeltyd uitwys is dat die sjampagne half nege op die tafels moet wees. Half nege, belowe sy. Twee bottels per tafel.15 Tafels, agt gaste per tafel. 120 Gaste. 30 Bottels in totaal.
   Die dag met die troue, drie uur, is almal daar. Die skoonma, ingevlieg van Ingland af, n stokoud fosiel, dié se tatoos sleep omtrent al op die grond, soos wat alles afgesak het. 
    Die res van die gaste lyk nie veel beter nie. Honderd en twintig van hulle. Waar hul aan die preëkant (predikant) gekom het, weet sy nie. Die lyk eerder na die duiwel in die Kinderbybel. Na die seremonie in die kapel vaar die bikers daar in die twee betaalkroë in. Die beursies is oop. Die bier kap hul sommer so uit die bottels uit. Daar was tot n ou wat kom vra het of verkoop hul dan nie Quarts nie. Vir die wat nie weet nie, dit is nou n bier in n 750ml bottel. Ek dink hul word gemaak vir ouens wat kan drink. 
  Die ouens is naderhand goed ge-kite. Sy sê sy het gesien hier kom n lang nag. Maar sy het ook die geld in die kroeë se kasregister in haar geestesoog gesien.  Kwart oor agt word die yskoue sjampagne uitgevat na die tafels. Op die kop half is dit heildronktyd. Daai manne laat die sjampagne proppe skiet. Die volgende oomblik toe skud hul daai bottels soos wafferse grand prix wenners op n podium. Hulle bespuit daai saal en mekaar met die bruisende shampagne. Alles is taai en besmeer. Sy het gly gly na die bruidegom toe gestap en gesê "dié party" is verby en hom en sy gaste n uur gegee om die perseel te verlaat. Dit was darem nie deel van hul deal nie. Daai nag het hul tot drie uur die oggend geskrop om alles skoon te kry. Die goue kandelare en plafonne, alles was taai en besmeer van die sjampagne.
    Nee my vriend, ek kan jou n paar dinge van n trouvenue en gastehuise vertel.

Vreugde en vrede vir julle.
CHEERS🍺🍺🥂🥂
Foto vanaf google geleen.

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Fri, 04/09/2020 - 08:55

Dagsê vriende.

               BROEKSPYP SKANDES. 
 Vanoggend vertel ek jul verder van Alta (skuilnaam) en die dinge wat sy my vertel het. Sy is eintllik n plaasvrou wat toe n stadsvrou en besigheids eienaar in die stad geword het. Het jul gister vertel van die biker troue en al hul mannewalisse. 
  Met die gastehuis en trouvenue is een van die groot verpligtinge die instandhouding van die tuine. Haar tuine is n lushof. Dit moet so wees want die bruilof fotos word altyd daar geneem met troues. 
    Uit die aard van die saak is sy lief daarvoor om tuin te maak, so is ook baie van haar vriendinne. 
  Om nou mooi te verstaan wat ek van gaan vertel moet jul nou mooi saamspeel. Dit is einlik n storie wat beduie moet word. Ek gaan probeer om mooi te beduie. As jy n vrou is sal dit redelik maklik wees, die mans moet nou maar vir die duur van die storie die prentjies probeer sien.
   Sy vertel verder. Haar een vriendin is ook baie lief om tuin te maak en werk die dag in haar tuin. Sy het haar tuin klere aan , n los toppie, n short en dan ook n paar bootse. En dan natuurlik die nodige onderklere en n paar handskoene om haar stadshandjies te beskerm. Jul verstaan mos nou, die naels en sulke dinge.
   Nou, ek weet darem nie of dit heeltemal my skuld is nie. Alta het haar vertel van Jors se Kampvuurstories wat beskikbaar is en sy het een bestel by my. Die het ek vir haar gestuur, Postnet na Postnet. 
  Nou weer terug tuin toe. Werskaf sy daar tussen die blommetjies en struike. Trek dooies uit. Sit nuwe saailinge in. Knip hier en daar n takkie terug op die struike, naderhand is daar n sweetdruppel of twee op die voorkop wat sy met n sakdoekie droog pat en sommer hier bo by haar bra indruk waar hy maklik bekombaar is. 
    Die selfoon is so agter in die gatsak van haar shorts ingedruk, sou iemand dalk bel.
    Is sy op n staduim daar op haar knië besig en hier begin haar foon lui in die gatsak. Die broekie span nou styf hier oor die sitvlak en sy is verplig om op te staan om hom te kan uithaal. Doen ook so en antwoord. Goeiemôre, is u so en so, ja ek is, mevrou u pakkie is hier en u kan hom kom afhaal. Baie dankie, ek sal hom kom haal. Ag jul weet mos hoe gaan daai gesprekke.  
    Baie opgewonde dat my boek nou gearriveer het vee sy weer n paar sweet druppels af, nou ek weet nie of het sy hom toe misgedruk hier by die bra nie, moet my nie vra nie, ek was nie daar nie. 
 Sy besluit sy gaan sommer gou ry en haar pakkie gaan afhaal, maar sy kan darem nie so ry nie.
   Stap in huis toe, trek die bootse uit, af kom die shorts, aan kom n losserige jean en plakkies en daar gaan sy. Uit die motor uit in die parkeerarea by die Shopping Centre stap sy Postnet toe. Voel sy hier is iets nie reg in hierdie broek nie. Iets is los.  hoe nader sy stap hoe meer skuif die los ding in haar broekspyp af. Seker maar my sakdoekie, dink sy. Nou staan sy by daai Covid merkers in Postnet, hulle is besig. Sy is so agste in die ry, tree sy vorentoe, voel sy hoe skuif die sakdoekie of wat ookal laer. Sy dog, laat hy dan nou maar uitval as hy wil.
  Nou begin sy diè been so n bietjie lig en skop skop so onopsigtelik as moontlik om die ding uit te skut. 
  Skuif sy kort kort vorentoe, hy trek nou al op die knie. Naderhand staan sy derde, met n hele string mense agter haar. Hy is nou so waar haar kuit op hul breedste is en sy gee so n harde trap. Vryval die ding die laaste paar sentimeters tot op haar plakkie.Toe sy afkyk, daar lê haar pienk G-string netjies oor die een voet. Sy het vinnig afgebuk, hom uitgetrek oor haar voet en hom in haar handsak gedruk. Die ouens agter haar wat dit gesien het, het lekker gelag. Sy is toe rooi in die gesig met haar pakkie daar uit.
   In haar haas moes sy haar broekie saam met die shorts uitgepluk het en so met n eenbeen G-string in haar jean ingespring het.
   Dit was toe nooit haar sakdoekie wat so afgesak het nie.

Vreugde en vrede vir julle.
NS. Maak seker alles is waar hul hoort.

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Sat, 05/09/2020 - 09:00

Dagsê vriende, 
       Word ek nou vanoggend wakker op n plaas met hoenders, beeste en skape wat wedywer om die dag te begroet. Die een meer opgewonde as die ander. 
   Kuier ons gisteraand so om 'n braaivleivuurtjie, nou praat ons boerdery sake, koringaanplantings, reënval, geldsake en sulke dinge. Wat geld alles kan doen. Hoe mense  toelaat dat geld na hul koppe toe gaan. Ons kuier by famile. Die een seun, sê n waar ding.Maar laat ek jul eers net n bietjie iets van hom vertel. Hy is in standerd vyf. n Regte boertjie in wording. Die plaas is sy lewe.
     Skoolgaan is vir hom n straf. Hier in standerd twee rond het hy eendag by die skool prontuit vir die onderwyser op n reguit manier met n minder mooi woordeskat gesê,  " julle mors my d..... se tyd hier" ek wil gaan boer. 
   Op koshuis het hy n pêl, ook n boertjie. Saam kan hulle baie droog maak. Die pêl was in een of ander ongeluk, sy been is met penne aanmekaargesit. Hy loop eintlik met krukke. Besluit die twee die aand om uit te slip. Hy besluit om sonderkrukke te slip. Hinke pinke is hul daar weg. Buite die gronde loop hul in n meneer vas wat kinders van n toergroep af gebring het en pas gearriveer het. Hulle laat spaander terug koshuis toe. Oom Jors ,sê vra hy, het jy al n ou met n af been sien hardloop. Wat n gesig. 
    Hulle is later goed oor die kole gehaal oor hul slip. Bel die onnie die ma, sy sê as sy nou al die man se stem hoor, vra sy klaar, wat het Henning nou al weer gedoen. Sy glo dat haar nommer by die onnie op speed dail is. So reguit soos wat sy is, sal sy sê " nou donner hom" dan.
   Dinge het darem baie verander. Ek weet regtig nie hoe onderwysers kinders kan leer sonder daai lat nie. Ek weet nie. Wat n taak, oumaat.Wat n taak. 
   Ewenwel, terug na sy wyse woorde wat hy gisteraand gesê het. " Money makes you funny" Baie, baie waar ou seun, baie mense tree snaaks op sodra hul geld het.

Vreugde en vrede vir julle.

 

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Mon, 07/09/2020 - 16:01

Dagsê vriende, 

          DIE SON SAK OP DIE PLAAS.
                          (Deal done)
    
   Dit bly darem lekker op n plaas. Die stilte op n Sondag en snags praat mos met jou. Dit is ook hier waar n ou die son kan sien opkom en sien sak, waar jy sommer net kan rustig raak. 
   Word ek vanoggend vyf oor drie wakker met  die hoenderhane wat hier buite ons grasdak rondawel wedywer om eerste n nuwe dag aan te kondig.
    Maar as jy ander dae hier kom, is dit n gewerskaf boetie. Dan gebeur die dinge. Enige iets van vieruur die oggend af begin daar opgestaan word. Die werk van die dag word beplan. Die boer se brein werk oortyd so vroeg in die oggend. Finansies word aan gedink, aksies word aan rand en sent gekoppel. Moet ek nie eerder so of so maak nie, word by omtrent alle besluite gevra.
   Die boervrou spook met haar eie dinge. Kinders, huishouding en haar verpligtinge op die plaas. Dan bedryf sy nog ook n klerefabriek saam met alles, gaan google maar Lollie - B.
 Dit is eintlik van haar wat ek jul wil vertel. Besluit sy die dag dat sy n bietjie aandag moet gee aan haar lewens assuransies. 
 Nou vertel ou Kobus, haar man my die storie. Op n plaas is die voordeur nou nie juis n deur wat baie gebruik word nie. Die agterdeur word meestal gebruik. Die voordeur en gewoonlik ook die sitkamer is eintlik net daar vir broer dominee as hy besoek aflê op die plaas. 
    Hy vertel dat sy die oggend, ou Visagie kontak en n afspraak reël. Nou vertel hy dat hy die dag in die land langs die plaas se ingangshek gewerk het. Kom Visagie daar aan, reik oor na die passasier sitplek en druk n rooi roos so in sy mond wat hy tussen sy tande vasbyt toe hy deur die hek ry na die plaasopstal so n honderd meter verder. 
   Daar sien ou Kobus van die lande af hoe word Visagie by die voordeur ontvang en ingelaat, roos in die bek. Ou Visagie is toe later weer daar met n groot smile op sy gevreet by die hek uit. Ou Visagie het glo die dag n vet polis verkoop. Die roos was die deurslag, lag ou Kobus. 
   Dan sê Dienie, ag Kobus,  jy praat nonsens.
   Vreugde en vrede vir julle.
Foto: Sonsondergang oor turksvy laning.

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Tue, 08/09/2020 - 07:43

Dagsê vriende, 
        Vanoggend plaas ek n storie van n anonieme lid van Jors se Kampvuurstories.

Jors ons het so lanklaas van die manne in die Kruger gehoor ek dog ek stuur die storie vir jou .

Groete

  Baie van ons ouens was seker in die Weermag as n troepie. Die Sersant is n baie belangrike persoon wat tussenganger is tussen  die Offisiere en die manskappe so hy deel die “orders”uit wat van bo af kom. Dit het my nou laat dink……. Wat van n spul bobbejane ( ekskuus Oom Kaspaas ), hulle het ook  mos n rang orde met die hoof bobbejaan, of sal ek sê Sersant wat die troepe onder beheer moet hou. So hier gaat ons, my verbeelding loop op hol.
    
Sersant Bobby “Okay manne tree aan “.Die troep bobbejane tree aan en Bobby sê “Kom op aandag “, die troepe doen so.
“Right op die plek rus” en die troepe maak so.
   Bobby “Soos julle weet is ons woonhuis (Die Kruger) weer beskikbaar vir die mense daar buite en daarom het ons vir die laaste 2 weke hard ge-oefen om weer paraat te wees. Ons het laas week die kampeer terrein 2 keer gestroop en was baie suksesvol maar onthou van volgende week af sal daar mense wees,  so daar gaan slagoffers en gewondes wees .
     Ek wil net vir julle almal sê dat julle die kurses geslaag het, net Kesie wat laas week van die krans af gevoeter het toe hy geskrik het vir n slang en Knertsie wat te veel gesuip het en nie die saggies beweeg deur die bos kon voltooi nie. Hulle sal ons nie op die rooftog mee maak nie want Kesie kan nie sonder sy “stroller”loop nie en Knertsie is in die DB
      Verder wil ek net noem dat die “mating rites “Vrydag aand gekanseleer is as gevolg van n koue front wat opkom .
     Dan na die rooftog word alle oorlewendes vriendelik uitgenooi na die Kamp Kommandant se “Welkom Tuis" vieringe.
     En asseblief dra julle “loin cloth “korrek hierdie keer onthou die breë kant kom voor, nie soos laas week toe Boggom syne verkeerd om aangehad het nie. En hom self n bespotting onder almal genaak het nie.
    Laastens na die rooftog as enige iemand dalk ornamente of iets dergliks geroof het handig dit in by die “miscellaneous “tent sodat ons dit kan ruil vir kos by die veldwagters. En manne die veldwagters se huise en karre is Off Limits het julle dit .
     Okay sien julle volgende week by die Kommandant se funksie.
 
Fall out .
Vreugde en vrede vir julle.

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Wed, 09/09/2020 - 09:24

Dagsê vriende, 
            KLIM NET UIT MY HARE UIT.
     Waar sou dit sy oorsprong gekry het het. As n ou deesdae dinge so kyk , veral op TV dan voel ek lus en sê dit vir n paar mense. 
      Daar is baie ouens wat ek graag sou wou ontmoet het. Maar drie staan uit.  Einstein, oom Jan en oom Paul.
    Dit is nou drie manne wat ons n paar goed sou kon vertel het.
    Einlik wil ek oor hare praat. En nie oor nou se hare nie, oor toe ons kinders was se hare.
   Word jy gestuur om jou hare te gaan sny by oom van der Merwe daar in Ventersdorp. Voor die winkel by die deur is die rooi en wit ronde tol meganisme, wat al in die ronde draai en lyk of die tollende strepe geen begin of eindpunt het nie. Kyk, n haarkapper besigheid was daai jare n netjiese besigheid. Hy was altyd netjies aangetrek, donker broek, blink skoene, met n spierwit jassie aan. Elke haar op sy plek. Daar staan n lang ry stoele, vir die ouens wat wag vir hul beurt. 
  Blink gepoleerde teel vloere. Dan die pragtige haarkapperstoel voor n groot spieël teen die oorkantste muur. n Paar Landbouweekblaaie en n Huisgenoot of twee lê netjies opmekaar gestapel op n klein tafeltjie.
   Daar was ook nie so iets soos n afspraak maak nie, jy wag jou beurt af. Daar was altyd mense, veral na n vakansie. Dan het die kinders sy plek volgesit.
   As dit jou beurt is en hy sê "Volgende", klim jy op daai voetrus en gebruik hom om jou kort lyfie op hierdie hoë stoel op te wip. Klap klap hy nog steeds die wit doek so om die hare uit te skud en vee skoon om die stoel.
  Nou word jou skouers en klere toegegooi met die doek en hy word styf om jou nek gesit en vasgeknip met so n blink knip. Met n sproeibotteltjie word jou hare klam gespuit. n Hand haarknipper word net gebruik om die onderste hare van jou kop kort en netjies te knip.Verder word jou hare met n kam en skêr gesny. Knip....knip....knip hoor jy nou die skêr so om jou kop. So nou en dan sit hy sy hand op jou kop en manupileer jou kop in n nuwe posisie, waar jy hom dan doodstil hou tot hy hom weer verstel, sou hy wou.
  So ver as wat hy sny kyk hy ook in die spieël om te sien hoe jou hare daar lyk. So skuinskop met jou oë opwaarts gerig hou jy hom dop. Angstig en op jou senuwees kyk jy as hy so hier om jou ore knip...knip...knip met daai vlymskerp skêr. Jou hande is klam inmekaar geklem onder die doek op jou skoot. Wanneer val jou oor op jou skoot, vrees jy.
  Klaar geknip, spuit hy so n poeier op n kwas en met vee bewegings vee hy die los hare uit jou nek. Jou hare word met n olie wat hy in sy hande gedrup het gevryf en dan netjies gekam. Sou daar nog steeds iets uit plek wees, word die skêr en kammetjie weer ingespan. 
   Nou klap hy n langlem mes oop, met n sloep ....sloep...sloep.... maak hy hom skerp teen so n leerbelt gedoente wat aan die rugleuning van die stoel hang. 
   In jou enigheid dink en belowe jy stilweg jy sal nooit weer gaan vrugte steel by hom nie. Druk hy twee vingers in so n bakkie met seperige water en smeer dit aan jou nek. Nou bid jy dat dit tog maar net vinnig en pynloos moet wees. Genadiglik krap... krap ...krap hy so ligweg met die mes die nekhare af.
 Met n handoek vee hy die klam nek droog en die los haartjies af, dan vat hy n los spieël wat hy agter jou kop kom hou en sal dan vra, hoe lyk jou hare nou. Mooi oom kom dit verlig van jou.
 Haal hy die doek af en skud die hare een kant toe uit. n Sjieling, sê hy en vat die geld toe jy dit gee. Totsiens oom groet jy en in die uitstap hoor jy net, "Volgende"

Vreugde en vrede vir julle. 
Fotos vanaf google geleen.

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Thu, 10/09/2020 - 09:45

Dagsê vriende,

              DIE HARE GAAN WAAI !
 
    Gister n bietjie gepraat van n haarsny vroeêr jare. Praat ek gisteraand met oom Kaspaas daar in die Kruger. 
   Nee, het hy te vertelle, hy het my storie gelees en die ander bobbejane daarvan vertel.  Ou Poenskop het glo al laas week besluit dit is n goeie tyd om n haarkapper salon oop te maak vir al die bobbejane in die wildtuin. Hy ken net een styl en dit is poenskop. Hy reken hy gaan nou die gestryery stopsit van ek is tog mooier as jy, en my hare is mooier versorg as joune.
   Almal gaan nou poenskop dra. Terwyl ons so praat sê oom Kaspaas, wag ek gee die foon vir hom, ek sit hoeka hier in sy stoel. "Poenskop, praat hier met Jors"
    Die volgende oomblik groet hy en sê, wag laat ek net die ou phonetjie op speakerphone sit, dan kan almal lekker gesels en ek kan aanhou sny. Knip.....knip....knip hoor ek sy skêr toe hy aangaan.
 Nou vertel hy opgewonde verder van sy salon. Hy glo net aan een haarproduk, vertel hy. Ek dog, hier kom dit nou, "STRESSPASS" sê hy.
  Vandat hulle dit gebruik voel hulle vere oor ander se hare. 
   Wag sê hy, ek moet gaan. Hier is baie wat wag. Die ouens hitchhike van heinde en verre om hier te kom. Toe hoor ek net hoe klap....klap....klap hy die doek soos hy oom Kaspaas se hare uitskud en hy roep "VOLGENDE"

Vreugde en vrede vir julle.

.

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Fri, 11/09/2020 - 10:40

Dagsê vriende, 

                         HARE KLOOF. 
(Tong in die kies en dan ook n ernstige stukkie)

    Met die wat hare so baie in die nuus is lyk dit vir my of dit na baie ouens se kop toe gegaan het. Hierdie week het ek op van die kampgroepe gemerk hoe die ouens mekaar die hare invlieg, en dit oor pensionafslag by karavaan parke 
     Dikwels kan die ouens vir ure hare kloof, baie keer oor nietighede. Met van die opmerkings moet jy wragties hare op jou tande hê om nie self die hoenders in te raak nie. Dit is mos so asof iemand nou jou eie hare kom deurmekaar krap.
   Dan sal die ouens mekaar nou goed besig hou oor hul verskille, nie asof enige een hond haaraf gemaak het nie. So van honde gepraat, O wee, en as die ouens mekaar tackle oor die langhaar diere, katte en honde se saam of nie saam kamp nie. Dan is dit nou vir jou n harige gedoente. Veral as jy n langhaar kampeerder se hondekinders se regte aantas. Dan is daai tannie kwaad. Was hul mekaar se koppe vir ure todat n admin as skeidsregter inspring en die bekgeveg kom stop. Genadiglik man, genadiglik sê ek jou.
   Nou vir die meer ernstige. Gister plaas iemand n stukkie op n kampgroep en n persoon wat haar wil bemoedig plaas die volgende. Dit was vir my so mooi ek het haar gekontak en gevra of ek dit mag gebruik en sy het my toestemming gegee. Sy is ook nie skaam om haar naam genoem te hê nie, en sê, gebruik hom.

                        BEMOEDIGING.
Lindie Ferreira skryf aan die persoon.

 Sterkte vir elke dag, volgens baie spesialiste is daar niks wat my gesond kan maak nie...meeste organe werk nie reg nie...ek voel ook soms waarom sukkel ek nog om deur elke dag te kom met soveel pyn ,te min suurstof ,diabetes, lewerdisfunksie,  asma ,kardio vaskulere probleme, kolitis vd dikderm,skildklier probleme, fibriomalgie, en gewasse wat asemhaling baie moeilik maak.
Maar tog wil ek nog graag gaan kamp, al sit ek net en kyk vir die see...ek sal alles ruil om net soms een uur sonder pyn te wees...my oe swel op, ek lyk deesdae soos n blaasoppie en het min selfvertroue...was eens mooi....kamp kan ons almal se lewens makliker maak en mooier ...

    Dankie Lindie vir hierdie stukkie. Ek dink jy het tot baie gespreek. Sterkte op jou lewenspad.

Vreugde en vrede vir julle.

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Sat, 12/09/2020 - 10:22

Dagsê vriende.

           VERTEL MY VAN JOU SEER.
   
   Jul gister vertel van iemand wat baie siek is. Wat wens vir een uur sonder pyn. Ek het jul ook al van Wille Willem vertel.Dit is n skuilnaam wat ek hom gegee het omdat hy anoniem wil bly. Soms stuur hy vir my n storie wat ek dan weer oorvertel en ek het hom in n skrywe opnuut daarvoor bedank.
    Kry ek nou die dag die skrywe van hom.

Goeie middag Jors,
Die stories stuur is vir  my n plesier my vriend. In die swaar tye is lag maar die beste. Ek moet ook vir jou baie dankie sê dat jy hulle op jou webwerf sit. Ek is net bang jy dink ek probeer jou stories oorvat, so jy moet maar sê as ek moet shuttup lol.
 
Op n meer ernstige noot, my oë is besig om my te faal, ek moet gaan vir n lens inplanting, my sig is so swak dat ek bang is om te bestuur so my vrou ry my nou rond.Tweedens is ek so doof soos n kwartel, ek het gehoorstukke maar kan glad nie regkom met hulle nie,  dus praat ek nie op n foon behalwe op FB dan gebruik ek daai funksie waar ek oorfone kan gebruik. 
    Dankbaar sien ek die inter travel is nou opgehef, maar is maar ligtig vir te gou Kruger toe te gaan, my vrou stem saam. So, dit lyk vir my ons Kruger sal eers volgende jaar geskied. As ek moet raai  is jul net so lief vir daai stuk bosveld, oom Paul se plaas. Wie weet dalk kamp ons saam eendag, ek is die ou met die witstok en Labrador (wonder of hulle gidshonde gaan toelaat in die Kruger).
  Mooi loop.
Wille Willem.
   Kuier ons n bietjie by ons kinders die naweek. Ons kleinseun is met n oogdefek gebore en sy ogies is baie swak. Praat ek en hy gister so en ek vra, as jy sonder jou brilletjie na oupa kyk, wat sien jy?  Hy haal sy bril af en trek sy oë op skrefies en sê, " ek sien twee oupas". 
    Met sy probleem en al is dit die seuntjie met die sterkste persoonlikheid wat ek in n lang tyd gesien het.
   Nou ja, dit is sulke dinge wat n ou opnuut dankbaar maak. Soos jul weet is ek lief vir die komiese.
   Maar ek het my voorgeneem om meer vir mense te vra, "vertel my van jou seer"
  
Vreugde en vrede vir julle.

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Thu, 17/09/2020 - 10:05

Dagsê vriende, 

           OOM ABIE EN TANT HESSIE.

   Nou ja, ek is nog besig om jul van die twee te vertel. Met die wat die voorsang in die kerk in n redelike fiasko ge-eindig het die Sondag, wou tant Hessie mos hê die kerk moet oom Abie onder sensuur sit. Broer dominee moes net keer dat dinge nie handuit ruk nie.
   Almal is toe later daar weg. Die Maandag oggend vroeg lui die herder se foon, dit is broer Abie. Hy wil die dominee kom sien. So gereël kom hy die middag daar aan.  
  Dominee, ek het gedog ek kom sê jou maar net, so kan dit nie aangaan nie. Ek gaan vir ou Hessie hof toe vat oor hierdie treitering. Gin mens kan so aangaan nie, vir wat kan ek nou nie my nikkerballs in die kerk suig nie. En as sy my dan nou al so in die gesig vat deur te sê ek kan nie sing nie. Nee broer, sy is nou besig om my die dinges in te maak. Dan slaan sy my ook nog met die Bybel oor die kop, en dit ten aanskoue van die hele gemeente, en dit broer, dit in die kerk. En buitendien, die storie van n muskiet wat op my kop kom sit het, die glo ek niet. 
  Van wanner af kom die kerklike tug haar toe....wag nou broer Abie,  jy moet nou nie te haastig wees nie probeer die dominee nou keer. Raak nou net eers rustig dat ons die ding mooi kan uitpraat. 
   Dominee, jy kan nou maar net sê wat jy wil, dink jy haar poging om die gemeente aan die sing te kry was goed, nee broer, sy het geklink soos n vark wat ter slagting gelei word. My ou ore is nie meer wat hul was nie, maar wragtig, gister het hul, hul finale knou gekry. 
  Kom ek jou nou sê, as die ou vrou nog geleef het, was ou Hessie nou dood en het jy wat dominus is, haar die week begrawe, verbeel jou, om my voor getuies so aan te rand. Dan was sy sommer ook nou by haar oorle man. Gin wonder hy is so vroeg dood nie, sy het hom seker in sy se graf in gedryf.
   Broer Abie, probeer die dominee weer. Ek wil darem nou nie hê die ding moet in die hof loop draai nie, ek gaan vra dat die dagbestuur dringend moet vergader. Hou oom nou net n bietjie terug, ek is seker ons kan hierdie saak beredder. Ek meen, as leier ouderling gaan oom mos nou insae hê met die dagbestuur se vergadering en besluite.
   Oom Abie is toe daar weg nadat hy deur die dominee oorreed is tot n tydelike skietstilstand. So het die dagbestuur toe vergader die Woensdag en daar is besluit dat broer Abie en suster Hessie nou in die toekoms saam die voorsang gaan lei. Broer Abie het half teësinnig ingestem tot die akkoord. Dominee het dit ook met tant Hessie gaan bespreek. Saam met daai man sing, in my dagske lewens nooit nie dominee, sê sy. Sy het vasgeskop soos n steeks perd maar tog later ingestem. 
  Die dominee het dit toe ook met die orrelis bespreek, die tannie het net haar kop vasgegryp en gesê, hoe op deeske aarde gaan ons die mense aant singe kry.
  Die dominee het net geweet, hierdie saak moet hy uit die howe uit hou.Tant Hessie en oom Abie se kinders en hul se orrelpyp nageslag is almal in die gemeente. Hierdie kan n groot ding raak.
  Môre vertel ek verder.

Vreugde en vrede vir julle.

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Fri, 18/09/2020 - 08:21

Dagsê vriende,

BROER ABIE EN SUSTER HESSIE KRY   SANGLESSE.
 
     Ek is nog besig om jul te vertel van die dominee wat probeer red wat te redde is met die onmin tussen dié twee kerkraadslede.
   Broer Abie en tant Hessie het haaks geraak oor die voorsang voor die eredienste. Eintlik het dit met nikkerballs begin. As julle uitgemis het moet jul dit dalk eers gaan lees op Jors se Kampvuur Stories.
  Ewenwel, daar is nou ooreengekom om albei die twee beswaardes te betrek by die voorsang. Die orrelis, besluit om die twee eers n bietjie touwys te maak en reël n tyd om die stukke in te oefen.
  Sy weer kon, soos ek al gesê het, n kerkorrel speel dat hy klink soos n van meleë se traporrel. Taamlik trekkerig. Glad nie vloeiend nie, inteendeel, dikwels met redelike stiltes tussen strofes. Tipies soos wat orrels in die vyftiger jare bespeel was. Sy is as tant Baby bekend in die gemeente. Naas oom Abie is sy die tweede langste in die gemeente. 
 Hul kom toe die Donderdag bymekaar, die dominee is ook daar om darem nou toe te sien dat die twee beswaardes mekaar nie sommer met die eerste bymekaarkomslag al takel nie. 
    Ek dink die groot fout wat tant Baby gemaak het was om vir die twee te sê hul gaan met die " Do-Re-Mi" begin. Nou kyk, dit sê jy nie vir twee oumense wat glo hul kan sing nie. Sommer dadelik was hul opgewerk. Oom Abie dreig dat hy gaan loop en tante Hessie sê, ons is nie kinders nie.
    Broer dominee het sy hande vol gehad om die twee te laat bedaar. Toe vra tant Baby, kan julle musiek lees. Vir wat vra oom Abie, ek is nie hier om nou op my ouderdom te leer lees nie, ek kan lankal lees. Tant Baby moes toe nou eers mooi verduidelik van note lees. Nee, hul kon nie, maar ons kan sing, sê albei gelyk. 
   Na n uur kon hul dit darem regkry om gelyk in te val. Vrydag en Saterdag het hul weer vir n uur elk geoefen. So ook Sondag direk voor die diens. Toe die mense begin aankom, raai wie kom ook daar aan, die rondloper hond van laas Sondag wat begin tjank het met die voorsang. Weer het hy daar voor die deur gaan lê. Toe die gemeentesang begin het hy met n tjank opgevlieg so asof iemand op sy stert getrap het en die hasepad gevat, straataf. Selfs die duiwe in die kerktoring is met n gefladder daar uit die toring uit. Ek dink hul het ander broeiplek gaan soek. Vir hierdie gemeentesang het selfs die duiwe nie meer kans gesien nie.
    Wat n storie, dan het oom Abie die noot, dan tant Hessie. Dan los sy hom weer en die gemeente vat hom oor, kompleet soos met n aflos. Die arme orrelis se kop draai nou omtrent reg in die ronde soos wat sy probeer byhou met waar die stemme vandaan kom en watter is op en watter is af van die noot af.
  Selfs sy druk ook nou en dan n vals noot, so deurmekaar is sy nou al.
    Van die ouer gemeentelede met gehoorstukkies sit hul af. Die kerke van daai tyd het banke gehad met so n handletjie en n klein speakertjie wat die hardhorendes so teen die beste oor gedruk het, die was dan met n draad verbind na die mikrofoon op die preekstoel. Nou, daardie oumense het sommer hul oorstukke weer terug gehang aan hul hakkies. Net om nie hierdie sang te hoor nie. Hoe harder oom Abie en ant Hessie sing, hoe harder speel die orrelis die orreltjie.
 So het dit vir n paar weke aangegaan, hy, Hessie en tant Baby oefen deur die week en naweke sing hulle. Toe roep broer Abie halt, hy en Hessie sal nou eerder sonder die orreltjie oefen, miskien kom hul beter reg. Dan kan Baby Sondag maar net by hul inval met die orrel. Hulle is mos daar om te ly.
  Nou het hul sommer by een van hul se huise begin oefen. Aanvanklik het dit half en half  beter gewerk. Dit was tog asof daar n geringe verbetering in die voorsang was. Na n maand of twee kom sien hul vir dominus omtrent die voorsang. Dit werk nie, sê oom Abie. Hulle wil nou uit. 
   Oom Abie sê, dominee as jy nie n plan maak nie, vat ek vir Hessie hof toe. So kan dit nie aangaan nie. 
 Broer dominee sien klaar dat sy plan om dié twee eerder te laat saamsing met die voorsang toe nie gewerk het nie. Ag nee broer Abie, nee man, jy kan dit nie doen nie. Dominee, dan beter jy n plan maak, sê oom Abie. Hoe bedoel jy nou broer Abie, vra die dominee. Toe kom oom Abie met die hele sak patats te voorskyn. Dominee, as jy ons nie trou nie, vat ek haar hof toe, maar trou gaan ons trou. Jy kon die predikant met n veertjie omtik. Hy was uit die veld geslaan.
   Dominee het hul toe later getrou, hy was maar te bly dat hy die saak so kon beredder. 
    En die voorsang? Met dit het dit toe ook beter gegaan, tant Baby het afgetree en n jonger orrelis het oorgeneem. Oom Abie en tant Hessie se kleinkinders doen nou die voorsang. Oupa en ouma is so trots op hulle. Het die kinders nou vir jou mooi stemme, sê hulle. 
  Met die eerste kerkraadsvergadering het oom Abie en tant Hessie as getroude paarjie hand aan hand daar aangekom en aangekondig dat hul wil bedank, hul is nou oud, sê oom Abie. Die jongeres moet nou oorvat. 

Vreugde en vrede vir julle.

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Sat, 19/09/2020 - 10:25

Môre vriende.

                           NAGMAAL.

    Nou kyk ons ou nasie is lief vir lag. Lag en braaivleis is so eie aan ons. ń Kerk se lag is ook anders as ń ander normale lag. Gebeur daar iets snaaks en jy raak aan die lag is dit n ding, jy mag nie lag nie, maar hoe hou jy dit in. Kry jy opgehou lag, is jy naderhand rooi in die gesig van asemnood soos jy asem ophou, net om nie weer te begin lag nie. Daai knyp en ń ander knyp is omtrent ewe erg. Nou sit jy hier voor jou op die grond en staar, net om nie die mense wat die konsternasie veroorsaak het raak te sien nie. Jy bedaar, maar o wee, kyk jy op en sien hulle, begin jy weer lag. Dan kyk jy af om maar weer te probeer ophou. En jy het net een ou nodig om te lag dan lag almal weer saam.

Ja, in n kerk is dit  ń moeilike storie as jy aant lag gaan. So was dit ook die Sondag.

Vertel iemand my nou die dag van wat met hul gebeur het in hul Kerk. Dit is Nagmaalsondag, so daar is baie mense. Ek gaan probeer om reg te laat geskied aan sy vertelling. So ek wil hê jul moet die prentjies sien, so trek jul kerkklere aan en gaan saam met ons almal nagmaal toe.
    In hul Kerk is dit hul gebruik om met nagmaal elkeen afsonderlik bedien te word met nagmaal.
   Wat dan gebeur is dat die kerkgangers bloksgewys in familie verband na die nagmaal tafel beweeg, waar hul dan met brood en wyn bedien word.
    Hy vertel dat dit toe naderhand hom en sy vrou se beurt is.
     Hy is maar korterig en skralerig gebou, met n boepensie, en die het hy nou nie juis van nagmaalwyn nie. Albei van hul is in hul sewentiger jare, dit is iets wat mans maar met tyd kry,sê hy. Waar sy vrou weer groterig en maar redelik baie oorgewig is. In hul Kerk loop die blokke se gange soos n koek se skywe skerper in die rigting van die preekstoel. Voor die preekstoel is die nagmaaltafel gedek met drie stoele. Twee ouderlinge weerskante van die dominee.
   Die ouer manne sittende en die dominee staande. Hulle het redelik agter in die Kerk gesit en word vorentoe genooi. Soos wat dit n heer betaam wag hy in die gangetjie vir sy vrou om uit te kom uit die banke uit, en laat hy haar voor stap.
    Die gange is teen n helling gebou vir goeie sig op die preekstoel. Hy sê hy weet nie wat gebeur het nie, hy weet net hy het haar al menigmaal vertel om haar voete op te tel. n Paar banke voor die nagmaaltafel struikel sy oor haar eie voete en raak sy daar aant hardloop.
  Al vinniger en vinniger in die smal afdraande paadjie af,rigting, nagmaaltafel. Hy vertel dat die gang te smal is om verby te gaan en haar te probeer keer. As hy haar platduik gaan sy dalk seerkry teen die banke langsaan en hoe sal dit dan nou ook lyk as hy sy vrou in die kerk platduik. 
     So paar tree voor die nagmaaltafel het hy net gesien die twee ouderlinge vlieg verdwaas op en die dominee lyk of hy die seën so met sy hande na vorentoe wil uitspreek, maar blykbaar het hy net probeer keer. Hy kry sy vrou se rokspante in die hande net voor sy die nagmaaltafel teen volspoed tref. Sy val die nagmaaltafel plat met die dominee en sy twee ouderlinge weerskante van hom. Met haar wat nou tot stilstand gekom het en hy wat breekdele van n sekonde volspoed agter haar was, duik hy bo-oor sy vrou met haar rokspante nog steeds in sy hande vasgeklem.
    Hy vertel dat as dit nie vir sy vrou se rok was wat hom teruggeruk het na die ongelukstoneel agter hom nie was hy kop eerste binne in die preekstoel vas.  
    Daar lê hul toe almal plat voor die preekstoel. Almal vol brood en wyn, met die vrou se rok bo-oor haar kop met haar agterstewe oop voor die hele gemeente.Toe hy opstaan, staan hy met die twee geskeurde stukke rokmateriaal steeds in sy hande vasgeklem en sy "toupee" wat veronderstel is om sy bles toe te maak hang sy skewe bril se een lens toe. Al wat nog regop gestaan het was die twee A-raam bokkies waarop die tafelblad gelê het.
   Die gemeente skaterlag maar help almal op. Die tannie het haar skouer seergemaak. Hy is toe daar uit met haar na die ongevalle by die hospitaal. Hulle lyk naar, klere bevlek van die nagmaalwyn. Daai wit kerkhemp kan jy maar weggooi so is hy bevlek van die wyn.
    Daar aangekom wil die dokter weet wat met hulle gebeur het dat hulle so lyk en dat hul soos n shebeen ruik, klere geskeur en wynbevlek, die "toupee"het hy net so skuinsweg terug gedruk dat hy darem deur sy skeef gebuigde bril kan sien.
     Toe hy sê hulle was nagmaal toe wou niemand hulle glo nie, die doktertjie het maar net in ongeloof sy kop geskud, en begin lag.
      Sê nogal so ewe " Ek het al baie stories gehoor maar julle sin vat die koek, haha, Nagmaal toe ". Lag hy
       Dog so by myself, doktertjie glo jy maar net wat jy wil, ons ken die waarheid.

  Vreugde en vrede vir julle.

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Mon, 21/09/2020 - 08:07

Dagsé vriende.

                   SLAAPKAMERSAKE.

Vandag wil ek gesels oor dinge wat in die slaapkamer gebeur …………… Nee , nee kalmeer mense ……. Moenie die storie vooruit loop nie ek praat van snork. Weet julle wat?, dit is gewoonlik die wat so snork wat so maklik en vinnig aan die slaap raak en dan moet die ander helfte soos Tant Stienie altyd gesê het “So suffer “  Ek is een van daai wat so snork en mamma het al gedreig met geweld. Een oggend na so sessie word ek wakker en nadat mamma al die meubels weer herrangskik het na die snorkery sê sy vir my, Wille Willem, ek lees nou die dag dat n 80 jarige vrou haar 85 jarige man geskiet het oor sy gesnorkery. Nou hoekom dink jy  het sy het dit gedoen wil ek weet. Ek weet die vraag was eintlik op my gemik maar hou my dom.  Vroulief se armpies is te maer en swak om my te verwurg, so ek vat maar my kanse. Right se mamma, ek weet tant Ralie sukkel net so met Oom Apie se gesnorkery, daarom het ons julle by een van daai slaap klinieke ingeboek om te sien wat die oorsaak is en hulp te kry voor iemand hier rerig baie seer gaan kry. Ai vrou sê ek, is dit nou nodig, jy weet ek verpes hospitale en klinieke. Ja sê sy,  terwille van jou gesondheid sal jy gaan, jy is baie gelukkig dat dit so lank vat om n wapen lisensie te kry in die land .
   Vieruur daai Saterdag middag klok ek en Oom Apie by die kliniek in, ek met die teddie onder die arm en Oom Apie met sy nag masker, daar maak hulle ons lê in n kamer, man ons is bedraad erger as onwettige elektriese bedrading in Soweto. Glo nou om ons asemhaling en wie weet wat alles te monitor. Oom Apie lê op die bed langs my en sê, Willem, nou het Ralie darem te ver gegaan en ek knik my kop, die vrouens het geen skaamte om ons soos Guinea pigs te gebruik nie, sê hy. Later die aand loer n sustertjie in om op ons te check. Ek vra, is die drade regtig nodig. Ja sê sy, julle is aan n computor gekoppel en dié record elke dingetjie. Regtig vra ek, selfs daai hmmmmm……….. ander geluide. Ohh ja se sy ALLES. En daar raak ek aan die slaap, ek droom ek en Oom Apie het n kontrak by Sappi gekry om bome af te saag, maar Oom Apie het gekroek, hy het sy elektriese saag en ek het daai groot Diesel ketting saag. Dit gaan te lekker, ek saag hulle af en hy saag hulle op. Net voor ek die grootste boom in die bos wil afsaag skud die nursie my wakker. Sy sê, Meneer, jy snork so, die computer het nou opgepak. Ek dink jy moet maar huistoe gaan, ons kan niks vir jou doen. Ek sien Oom Apie se bed is leeg, nou waar is die ou siel heen vra ek ? Meneer hy is al ure gelede hier weg hy kon ook nie jou gesnork vat nie. Al die ander sale is ook al leeg, ons gaan nou opsluit.
  By die huis gekom sê mamma, en toe !     Vertel ek haar die storie van die computertjie toe die foon lui. Dit is die sustertjie by die kliniek. Sy vra hoe kan hul die bed stil kry, hy staan nog steeds en bewe en laat die alarm afgaan en hulle wil nou huistoe gaan. Die vrou ken van meubels rearrange en sê vir haar, dra hom buitentoe, dit is al wat jul kan doen.
  So n week later, een aand voor bedtyd gee liefie my Spiderman slaap kleertjies en op die rug van die hemp het sy 3 tennis balle vasgewerk en sê, klim in die bed Willem,  hierdie is n ou boere raad wat ek by Tant Miems gekry het en laat ek nou net een snork geluidjie van jou kant af hoor. Ek het gister by die GYM aangesluit om die voorarmpies van my lekker sterk te maak. Nou hoe de drommel veg jy teen sulke wetenskaplike bewyse.
  En oom Apie? Hy het glo opgehou snork, blykbaar van skok.
   PS. weet iemand waar kan ek sterk slaap pille koop, ek is nou so bang vir my vrou ek sit regop en slaap. O ja, en die slaappille is vir haar, dan kan ek darem in veiligheid snork.

Vreugde en vrede vir julle.
Spotprent vanaf google geleen.

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Tue, 22/09/2020 - 07:20

Dagsê vriende,
  
                  SLAAPKAMERSAKE.
  
  Ek weet ek beweeg op gevaarlike terrein.  Gister so bietjie oor snork gepraat. Man,  het ek toe darem n interessante ding gesien. Weet julle hoeveel vrouens het by die opmerkings hul mans "getag" dat hul moet lees van snork. So asof hul iets moet byleer. Asof hul nie al genoeg daarvan gehoor het nie. 
  Vanoggend wil ek oor iets anders praat wat in n slaapkamer gebeur. Ag, en jul moet my tog nou nie wil skiet omdat ek so uit die slaapkamer praat nie. Dan moet jul my ook nie verkwalik dat ek vra of dit ook party keer met julle gebeur, dat dit toe eintlik nie lekker was nie, ek meen nou, om te slaap.
    Hoe het julle geweet ek wil oor SLAAPLOOSHEID (insomnia) praat? Dit is nou twee uur in die oggend. Kyk, dit is nou vir jou n nare ding as n slaapkamer n wakkerbly kamer word. En my vrou snork nie juis dat ek haar kan verkwalik nie. 
  Word jy wakker en kan jy om de dood net nie weer aan die slaap raak nie. Naderhand het jy rondom gerol. Daar is nou nie meer n kant waarop jy nou nog nie gelê het nie. Jy het tot al die fetus posisie getraai, pure verniet, hulle vertel dit werk. Die slaap bly jou egter ontwyk. 
   As jy my vrou vra, gaan sy sê, dit is oor jou stories dat jy nie kan slaap nie. Ewenwel, dan lê jy nou en luister na die stilte en vroulief se rustige asemhaling hier neffens jou. 
   Jou brein werk oortyd. Dan sal jy nou lê en top oor finansies en die slegte ekonomie. Ander kere oor die kinders en die kleinkinders en hoe hul toekoms daaruit gaan sien. Miskien is jy opgewonde oor iets, dalk n vakansie of n kuier wat voorlê en waarna jy uitsien.
  Party keer wonder jy of jy nie maar moet opstaan nie. Dan bly jy maar eerder net lê, netnou word jy nog wakkerder. Wat kan jy tog doen dat jy net weer kan vaak raak en weer kan slaap.
  Wel, net om met jul te kon gesels hier in die nagtelike ure het al gehelp, maar nou moet jul my verskoon, ek gaan nou weer probeer slaap.
 Vreugde en vrede vir julle.
Spotprente vanaf google geleen.

.

.

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Wed, 23/09/2020 - 09:21

Dagsê vriende,
  Wilie Willem stuur die en sê ek moet jul die een vertel. Miskien kan jul hom nog onthou.
  
               SLAAP SONDER RUS.

Ek leen hierdie storie van Nico Nel

Wie van julle kan nog die storie onthou van die stomme man wat net so gesukkel het om te slaap. Die kêrel het by n ingenieurs firma gewerk waar hy n passer en draaier was. Nou vertel hy die storie aan n vriend in n kroeg. Hy sê, jong in die aand net as ek aan die slaap raak droom ek van n Rooi Oshkosh met 2 waens vol skape wat ek na die slagpale toe moet vat in Cato Ridge in Natal. Hy sê, ek ry en laai die skape af en net soos ek by die hek by die huis intrek gaan die wekker af en ek moet opstaan. Hy sê, dit gaan nou al vir n maand aan en ek kan nie meer nie, by die werk kan ek skaars wakker bly. Sy vriend sê vir hom, jong ek ken n goeie sielkundige, ek dink jy moet hom gaan sien. So gemaak so gedoen, die man vertel die sielkundige sy storie en die sê, ek het die perfekte oplossing vir jou. Kom vat jy nou die lorrie tot die halfpad merk, dan laai jy my op en jy kan lekker agter lê en slaap ek sal die skape gaan aflaai. Dan terug by die halfpad merk neem jy die trok oor en sodoende kry jy genoeg slaap in. Die man stem in en elke aand vat hy die trok, ry tot by die halfpad merk en wragties, daar wag die sielkundige vir hom, die sielkundige neem oor. Dit werk te lekker sy probleem is opgelos.
    Een aand sit hy by die kroeg en sy ander pêl sit ook daar, maar ai die man kan skaars op sy stoel sit so moeg is hy. Die vriend vra hom, en nou my maat wat gaan aan. Hy vertel en sê, jy sal my nie glo nie maar elke aand net soos ek aan die slaap raak kom daar 20 meisies wat liefde by my soek en so vry ek hulle die heel nag en net soos ek die laaste een groet dan gaan my wekker af. Die vriend sê, my magtig man ek het net die raad vir jou, gaan sien my sielkundige, hy het my met so groot slaap probleem gehelp. Hy gee die die man die sielkundige se nommer. Die mater is daar in by die sielkundige en vertel hom van sy storie. Hmmm sê die sielkundige, jong ek help reeds n ander persoon maar kom ek sê jou wat doen ons. Ek moet  n lorrie kry om middernag en na Cato Ridge toe vat met skape op, nou as jy daar wag dan vat jy die lorrie oor by my en ek gaan sien die meisies reg, so kry jy rus en dus is jou probleem opgelos. So gemaak so gedoen en dit gaan lekker, die passer en draaier ry tot die halfpad merk en dan vat die man met die meisie probleem die lorrie oor en die Sielkundige vat weer by die meisies oor .
     Een aand sit die 2 weer in die kroeg en gesels en die ou vra sy pel. En toe hoe het die afspraak met die sielkundige toe gegaan. Man baie lekker, dankie vir die hulp en hy vertel hom wat se plan die sielkundige hom gegee het. Die ander ou raak so bleek en sê. Luister, as jy agter in daai kajuit kyk en jy sien n ou daar lê en slaap, moet hom asseblief nie wakker maak nie. Dis ekke wat daar slaap.

Vreugde en vrede vir julle.

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Fri, 25/09/2020 - 09:22

Dagsê vriende,

                         COMMENTS.
 
  Het ek nou gister lekker gelag vir van die ouens se opmerkings oor my plasing oor die dame wat n handvol koffiesakkies gevat het toe sy gaan bloedskenk het. Ek plaas die stories op verskeie groepe en lag te lekker vir julle.Hier is n paar.
    Iemand daar van Sasol sê hy was al by n  werkspartytjies waar borde vol vleis in n handsak wat met plastiek uitgelê onder die tafel in verdwyn. En dit ten aanskoue van mense wat laer op n terras gesit het wat alles sien.
    Iemand anders vertel van jare gelede van die gesin wat Saterdae vir hul uitgevat het en dan n kerk gesoek het waar n troue is en dan by die onthaal gaan aansluit het waar hul, hul dan knuppeldik ge-eet het. Almal het gedink hul is van die nuwe familie.
     Dan vertel n ouerige dame van die dag wat sy by n hospitaal gesit het en gesien het hoe vat mens bokse vol snees doekies. Dit was vir haar vreemd en sy gaan vra vir die jongerige dame of sy ook n boks kan kry. Die jongerige dametjie het haar half verbaas aangekyk en vra, gebruik tannie baie? Ja sê sy, nou so op my ouderdom hou n boks my nie eers n  week nie. Nog meer verbaas het die dametjie omgedraai en vir die tannie ook n boks gaan haal en vir haar kom gee. 
  Die dame het weer haar sitplek in die wagkamer gaan inneem. Vol smiles oor haar geluk. Naderhand wil sy n snesie uithaal en maak die boks oop. Hier sit sy ten aanskoue van almal met n box vol kondome op haar skoot. Sy weet nie waar om haar kop in te druk nie. Nog steeds rooigesig is sy met die boks daar weg. Sy kan darem seker nie nou vir die meisietjie gaan sê sy gebruik nou minder nie.
   Sy is toe met haar boks daar uit. Sy vertel dit is goed vir plooie, het sy later uitgevind. Sy eksperimenteer nou met allerhande dinge waarvoor sy dit wel kan gebruik. n Boks n week. Haha, lag ek nou weer te lekker. 

Vreugde en vrede vir julle.

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Mon, 28/09/2020 - 09:13

Dagsê vriende,
     
                             COVID 19

   Is daar nog iets oor dit te sê? Ja daar is, gister weer van iemand gehoor wat aan ons bekend is wat daaraan afgesterf het. Ook van n vriendin wat opgeneem is in hospitaal met covid. In ons eie familie het ons ook geliefdes afgestaan aan die dood a.g.v. covid.
   Die slim ouens reken dat hy weer gaan "spike" soos hul sê. Ek glo ook hy gaan, veral as ek sien hoe ouens saamdrom by winkels, met maskers wat halfhartig halfpad van die gesig afhang. Ouens wat by die spuitbotteltjies wat jy so trap verbystap asof hul onaantasbaar is. 
   Eendag hierdie bakkie daar in Vanderbijl gesien. Hy maak jou eintlik bang met die kis so bo op n rak vasgemaak. Alles op en aan hom is geroes. 
    So is die lewe ook, ons elkeen is besig om stadigaan weg te roes. Maar daar is middele wat dit kan vertraag. In staal se geval, roesweermiddel en verf. In ons geval nou met covid, al die voorkomingsmaatreëls. 
   Ons weet almal dat ons moet maskers dra, hande was, sosiale afstand moet handhaaf, plekke van samedromming moet vermy, kom ons doen dit. Waarom met jou eie lewe speel. 
 Dog ek sê maar net.

Vreugde en vrede vir julle

.

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Wed, 30/09/2020 - 08:08

Dagsê vriende,
                 
                     OMKOOPGELD.
   
    Gister het iets gebeur wat iemand vertel.  Die persoon vertel sy gaan na n Mall toe daar in Sandton. Dit is waar ryk vrouens rondhang en inkopies doen. By haar aankoms het sy al n bietjie uit gevoel. In die onderdakarea waar sy parkeer staan die pragtigste karre. Net die grootste en beste motors. Selfs n pienk Lamborghini, die staan sommer so oor n geel geen parkering geparkeer. Naas hom staan n veiligheidswag. By my navraag verduidelik hy dat die dame net gesê het sy is haastig en gaan vinnig wees. Ek merk op dat hy n goue Rolex horlosie dra en dog hy moet goeie geld maak met sy fooitjies by die parkeerarea.
  Ewenwel, sy is toe daar in en koop haar aankope by n bekende kettingwinkel wat lekker voorbereide kos verkoop. Met die terugstap sien sy in n boetiek se venster n kledingstuk wat haar aandag trek. Sy bewonder die stuk en besluit om in te gaan, sy laat haar aankope by die sekuriteit. Binne is dit nogaĺ besig. Die personeel help almal fluks. Vir elke kliënt is daar omtrent n verkoopsdame. Net die beste diens. Sy sê sy het vir daai eerste ruk soos n koningin gevoel. Blykbaar kon n ou aan die pryse op die kledingstukke sien waarvoor jy ook betaal. Sy besluit om haarself te bederf en staan by die betaalpunt om te betaal vir die bloesie. 
   Voor haar staan n dame wat lyk of sy uit n modeboek gestap het. Diamant halsnoere, die toetie. Die volgende oomblik wil sy haar beursie uit haar sak haal en kom agter haar selfoon is weg. Met my gewone huisvrou kleertjies reg agter haar word ek onmiddelik beskuldig waar ek met my homemade goingsak oor my skouer staan. Hoe meer sy beskuldig hoe meer ontken ek. Wat n verleentheid, ek is bloedrooi van skaamte en sy ook, van woede. Almal staar ons aan 
  Gelukkig stap daar n polisiedame in en ons is naderhand daar in na die bestuurderes se kantoor om die probleem op te los. 
  Diè vra toe vir haar nommer en skakel hom, die foon lui, maar nie in my sak nie. Naderhand antwoord n dame, dit is die vrou se dogter wat sê haar ma het die foon by die huis vergeet. Hul lui af. Die vrou haal n dik rol R200 note uit haar sak. Seker om my om te koop, dink ek, dat ek nie n saak moet maak teen haar nie. 
  Sy vra omverskoning met die note in haar hand. Ek aarsel, dit is mos nou omkoopgeld, dink ek. Ek is in trane. Die volgende oomblik skud iemand my, en ek word wakker met my man wat vra, hoekom lê jy nou so en huil? Wat n nagmerrie! Dink jul ek moes die geld gevat het?

Vreugde en vrede vir julle.

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Thu, 01/10/2020 - 08:01

Dagsê vriende, 
  
            VERWARRING MET DIE AUNTIE.
 
     Daar is nogal n paar dames wat omgekrap kan raak as jy hul tannie noem. Dan natuurlik is mense lief om bv. te praat van Tannie Kopdoek, of van Tannie Google. Op my ouderdom, lankal n oom, lees ek n ding raak toe ek n email stuur en ander emails lees. 
   Sien toe daar staan Antivirus. Dog dit is nou weer een van die Anties wat nou slim gestaan raak het en nou n teenvoeter gekry het vir die Corona virus. 
   Sommer gou raadpleeg ek Tannie Google, ja wragtig daar is so vir n ding. Antivirus, wit op swart staan dit in vet letters op die screen. Sien ook n telefoon nommer, die is ook in ekstra swart letters, en ek bel. Plaas dat ek verder gelees het. n Dame antwoord met so n bewerige draende stem, sy klinķ soos n auntie en ek sê ook sommer, middag  Auntie. Man, dit is asof ek lewe in die ou vroutjie ingeblaas het. Dadelik vertel sy my, met n veel wakkerder stem, sy is nie met my oom getroud nie. 
  Met die wat ons nou klaar familie uitgelê het vra ek om met iemand te praat oor die Antivirus ding. Sommer met haar sê sy, ek sê vir haar sy moet vir my n maand se voorraad stuur, vir my en die vrou. Net daar is ek nie meer Mnr. nie en word oom.
   Nee, vertel sy, oom moet dit self aflaai. Natuurlik sê ek, die goed kan seker nie te swaar wees nie, stuur net die bleddie goed dat ons dit kan begin drink,en terwyl ek dit dan nou self moet aflaai, moet sy sommer vir my vir die ses kinders en sewe kleinkinders ook stuur. Ook n maand se voorraad
   Het die dametjie nou mooi verduidelik dat sy nie tyd het vir grappies nie en afgelui.
   Bel dadelik my Prof. swaer in Kaapstad. Die raai my aan om verder te lees.
 Sou ek sien toe ek verder lees op Tannie Google dat ek dit wragties self moet aflaai. Was toe die heeltyd nie wat ek gedink het dit is nie.
   Ai, die ouderdom.
  
Vreugde en vrede vir julle.
NS. Julle moenie altyd alles glo wat ek jul vertel nie. Gister het van die ouens so kwaad geraak oor die ryk upstairs dame. Hulle het skoon mis gelees dat dit n nagmerrie (droom) was. Morê vertel ek jul n ware verhaal van die dominee se Babelse verwarring met die Auntie.

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Fri, 02/10/2020 - 08:03

Dagsê vriende, 
    
   Vanoggend se storie is n ware verhaal.

        DIE TANNIE EN DIE DOMINEE.

   Hierdie het so n klompie jare gelede gebeur. Ons behoort aan n baie meëlewende gemeente. Op daai staduim dien ek op die kerkraad en julle ouens sal nou weet van die lief en die leed afkondiging. 
   My ou vroutjie moet ingaan vir n operasie wat hul sommer in die dagteater gaan doen die Maandag en sy word sterkte toegewens vanaf die kansel.
   Vanaf die aand tienuur, nie meer kos en water nie. Julle ken mos die storie. Die volgende oggend sewe uur is ons daar en die opnames word gedoen. In haar saal is daar vier beddens, waar ander pasiënte nou hul beurt afwag. Regoor haar lê n 88 jarige tannie van n ander dorp. Haar dogter is saam met haar. My vrou ken die dogter en raak aan die gesels. So word die normale, waarvoor is jy hier en na n antwoord die teenvraag, waarvoor is jou ma hier, gevra. 
 Nou moet jul die prentjies begin sien van die ou boeretannie in die bed, anders gaan jul nie die werklike impak van die storie kan volg nie.
   Sy is werklik olik. Die jare van swaarkry lê uitge-ets op haar plooierige gesig. Die wit lakentjie is tot onder haar skouers opgetrek. Die ou moë arms wat kan getuig van harde plaaswerk lê bo op die lakens. Die krom gerimpelde rumatiek deurtrekte hande lê ringloos langs haar heupe. Van n horlosie is daar ook niks te bespeur nie, die mag sy nie dra nie. Dit is nou vir die operasie, geen juwele nie.
   Haar kop is toegedraai met n klein handoekie met hier en daar n paar grys haartjies wat uitsteek. Dadelik dink ek aan my oorle ouma, sy het ook met so n doekerigheid geslaap om haar kop. Net die gesig steek uit. 
  So is een pasiënt in teater toe, later uit in die herstelkamer en die volgende een word ingestoot. Nou is dit net vroutjie en die tannie in die kamer met ons wat hul kom ondersteun. Die tannie is volgende en sy is nou al lekker lomerig van die pre-op medikasie. 
   In stap die dominee wat gou vir Ann n gebed kom doen. Na sy groet doen hy n gebed met sy stem wat goed dra, ek is oortuig almal in die dagteater kon hoor. Amen sê hy, en met sy groet beweeg hy weg van Ann se bed en steek vas by die dame en haar ma. Van waar is julle, vra hy? Van Petrus Steyn sê die dogter. Kan ek maar vir julle ook bid, sê vra hy. Ja sê die dogter en die ou tannie het haar kop so bedwelmd geknik.
 Val ou Ds Piet weer daar weg met sy harde stem en vra dat die Liewe Vader asseblief met die oom sal gaan, waar hy al bejaard is. Dat Hy vir die oom sal bewaar en die werk van die dokters sal seën. Dat Hy sal gee dat die oom spoedig sal herstel. Na die gebed en die gebruiklike Amen het die dogter nou self bleek in die gesig, dankie gesê. Ek en hy is toe daar uit waar ek hom buite gaan afsien. Ek sê, jong dominee, daai oom waarvoor jy nou net gebid het, is eintlik n tannie. Regtig, vra hy? Ek lag en kry net n kopknik gemaak tussen die lagbuie deur. Nou lag hy saam en sê ag ou Jors, die Here sal weet dit is n tannie.
   Na die tyd het ek gewonder of die ou tannie wat half bedwelmd was nie gedink het dat sy klaar geopereer is en dalk n geslagsoperasie gekry het nie. Hoekom sal n predikant nou vir n oom bid as sy weet sy is of was n tannie.
 
Vreugde en vrede vir julle.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus