Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Wessel November 2026 Rona du Plessis -1 hour ago
Anton Voortrekker November 2026 Wessel Strydom -2 hours ago
Dinokeng camp and Leisure November 2026 Wessel Strydom -2 hours ago
Johann, November 2026 Rona du Plessis -2 hours ago
Wessel November 2026 Johann L -4 hours ago
Brits reënval November 2026 Wessel Strydom -5 hours ago

Welkom terug Oom Len!

Worcester
Profile picture for user Wildehont
Submitted by Wildehont on

Ek het die titel van die draad verander aangesien ons nou weet dat Oom Len na ‘n paar operasies aan die herstel is, en weer gereeld van hom laat hoor hier al sterk hy nog aan. 

Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Sun, 06/09/2020 - 15:03

Ek sal aan jou dink more, Len.  En ek bid vir volkome en spoedige herstel.   Teen die tyd wat jy moet wildtuin toe, is jy heeltemal gesond   Groete.

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Sun, 06/09/2020 - 15:08

Dankie Chris & Johann.  Ten spyte daarvan dat dit my tweede kennismaking met neuroendokriene kanker in my sysverteringstelsel is en dat dit ook buite my dikderm in my buik na die limfstelsel versprei het, is ek vol vertroue dat die operasie 'n sukses sal wees.  Gelukkig ken my chirurg my binnegoed die afgelope 9 jaar binneste buite en ek glo hy weet wat hy moet doen.

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Sun, 06/09/2020 - 15:16

Freda en Herman en al die ander goeie wense, baie dankie dat julle ook aan my dink.

Ek gaan nou maar uitlog.

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Sun, 06/09/2020 - 18:49

Glo als gaan goed verloop, ons bid vir spoedige herstel.

0
Pretoria
Profile picture for user Slowstrike

Slowstrike

Sun, 06/09/2020 - 22:14

Hi oom Len

Sterkte daar ek hoop alles loop goed af. As iemand wat self met daai groot K worstel weet ek nou dat `n positiewe ingesteldheid die wêreld se verskil maak. Onthou die wildtuin wag vir julle.....

Groetnis

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Wed, 09/09/2020 - 09:28

Hy het gevra ek moet hom afhaal van my WhatsApp groep want sy vrou gaan sy foon hou.  Het met WhatApp gevra maar dit wad nie gelees nie.  Het nie Annatjie se nommer nie.

0
Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Wed, 09/09/2020 - 13:42

Ek het nou spesiaal kom kyk om te sien of iemand al iets weet oor hoe dit met Len gaan.   Hyself sal  nie nou al hier kan lees en antwoord nie.   Ons vertrou "no news is good news" en glo dit gaan goed met hom.   

0
Nelspruit
Profile picture for user Koos Mol

Koos Mol

Wed, 09/09/2020 - 17:00

Len het gisteraand 'n terugslag gehad en hy is terug teater toe. Hy is nou nog in intensief.

Ons moet hom en Annetjie met al sy geliefdes in ons gebede hou. 

 

0
Nelspruit
Profile picture for user Koos Mol

Koos Mol

Wed, 09/09/2020 - 20:07

Len het nog baie pyn. Hy is op morfien en kry bloed. Alles lyk goed en geen bekommernisse op die oomblik.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus