Ek het die titel van die draad verander aangesien ons nou weet dat Oom Len na ‘n paar operasies aan die herstel is, en weer gereeld van hom laat hoor hier al sterk hy nog aan.
Sterkte Len
Ek sal aan jou dink more, Len. En ek bid vir volkome en spoedige herstel. Teen die tyd wat jy moet wildtuin toe, is jy heeltemal gesond Groete.
Dankie
Dankie Chris & Johann. Ten spyte daarvan dat dit my tweede kennismaking met neuroendokriene kanker in my sysverteringstelsel is en dat dit ook buite my dikderm in my buik na die limfstelsel versprei het, is ek vol vertroue dat die operasie 'n sukses sal wees. Gelukkig ken my chirurg my binnegoed die afgelope 9 jaar binneste buite en ek glo hy weet wat hy moet doen.
Ou Lennie, jy is n tawwe ou…
Ou Lennie, jy is n tawwe ou bokker, en die is net n klein " wobble" op jou pad. Voorspoed, en ek hoop jy gesels sommer gou weer met ons.
Freda en...
Freda en Herman en al die ander goeie wense, baie dankie dat julle ook aan my dink.
Ek gaan nou maar uitlog.
Hi oom Len Sterkte daar ek…
Hi oom Len
Sterkte daar ek hoop alles loop goed af. As iemand wat self met daai groot K worstel weet ek nou dat `n positiewe ingesteldheid die wêreld se verskil maak. Onthou die wildtuin wag vir julle.....
Groetnis
Sterkte daar oom Len
Sterkte vir jou oom Len vertrou alles sal goed afloop
Weet iemand hoe dit gaan met…
Weet iemand hoe dit gaan met Oom Len?
Wonder self. Dis nie net `n…
Wonder self. Dis nie net `n klein operasie nie hierdie is ernstig.
Ons kan maar net bid en vertrou vir sy genesing.
Groetnis
Wonder self …
Hy het gevra ek moet hom afhaal van my WhatsApp groep want sy vrou gaan sy foon hou. Het met WhatApp gevra maar dit wad nie gelees nie. Het nie Annatjie se nommer nie.
Ek het nou spesiaal kom kyk…
Ek het nou spesiaal kom kyk om te sien of iemand al iets weet oor hoe dit met Len gaan. Hyself sal nie nou al hier kan lees en antwoord nie. Ons vertrou "no news is good news" en glo dit gaan goed met hom.
Koos dankie vir die laat…
Koos dankie vir die laat weer, ons bid vir Len, Annetjie en geliefdes.





Len, baie sterkte môre, ons…
Len, baie sterkte môre, ons dink aan jou en dra jou op aan ons Hemelse Vader, Hy bring genesing, ons moet net Sy plan aanvaar en vertrou.