Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Len... Verskoning Wessel Strydom -2 minutes ago
Spur se Hot Rock Oktober 2026 saam gesels Geert -46 minutes ago
16 Oktober Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -56 minutes ago
Cordierite... Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -2 hours ago
"Hot Rock" steak Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -3 hours ago
Sluitingsdatum..... Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -3 hours ago

KOFFIE?

Submitted by Admin on
Forums

DUSTY:  3 April 2017 - Goeie more al die koffie drinkers en ook die wat tee drink. Die pad is redelik stil vanoggend. Het een karavaansleper op die pad gekry vanoggend. Seker is hy oppad kus toe. Lekker dag vir almal

FRANS PRETORIUS: 3 April 2017 - Goeie more, dankie Dusty, ons kry 'n sterke  koffie vanoggend. Ons deur redelike sterk aardskudding getref vanoggend so 05:10, dog ons neuk van die bed af, amper so erg as in 2014, sal hoor later oor nuusberigte wat sterkte was.

STEFAN:  3 April 2017  - Oom Google sê
An earthquake with magnitude 5.2 occurred 8km S of Stilfontein, South Africa at 03:08:51.13 UTC on Apr 3, 2017 ...
Stefan

FREDA: 3 April 2017 - Frans, jy sê jy was wakker geskud vanoggend? 

Lekker dag vir almal en sterkte aan Voortrekker wat vandag ons forum moet regkry.  Ten minste is daar nog insette, hierdie forumlede laat hulle nie afskrik deur 'n naam nie.

FRANS Pretorius: 3 April 2017 -Freda, ja, dit was ERG!!!!, sien jy jaag weer Stefan se tellertjie so bietjie aan!!!

Centurion

Voortrekker

Wed, 12/04/2017 - 10:45

Stefan

Matertjie ?

Is nou nuuskierig. Is die matertjie een met 2 wiele of 2 tieies? :)

 how baas

0
Centurion

Voortrekker

Thu, 13/04/2017 - 06:21

Goeie more!

Dit was nou lekker gewees.   Kan ek vir nog iemand enetjie skink?

0
Klerksdorp

Frans Pretorius

Thu, 13/04/2017 - 09:44

Voorie, ek kry sommer self een, my dag is onderstevoor, reën sedert 7 uur hier, moes vir tuin-ingenieur werk organiseer onder afdak vir die dag, besig om staal skoon te skuur om onderlaag te kan aanverf. Laaste voorbereidingswerk vir herstel van staal palisade heining wat ons in winter wil aanpak.

Gelukkig het en lekker 12x6m onderdak area waar daar lekker gewerk kan word. ons verwelkom die reën!!!

 

0
Klerksdorp

Frans Pretorius

Thu, 13/04/2017 - 10:08

Wat van VANDAG???

0
Klerksdorp

Frans Pretorius

Thu, 13/04/2017 - 10:12

Askies, Moresê!!! GROET!!  Dagsê!!!!

0
Vereeniging

Harry Du Randt

Fri, 14/04/2017 - 07:36

More more 

Dankie, een vir my ook.

0
Port Elizabeth

Frieps

Fri, 14/04/2017 - 07:38

More almal.    Geniet daai eerste koppie koffie!    Ek sit in die tent met 'n waaiverwarmertjie aan.   Hier waai 'n lekker koue wind by ons.   Gister was redelik ongure weer en ons het gehoor hier gaan 15 karavane inkom.   Net een camper het ingekom.   Nou weet ons nie of die ander afgeskrik is deur die weer nie of dalk kom hul vanogggend eers in.

Wat die weer ookal doen, ons is tevrede.  Solank dit reën bring vir die droogte en leë damme in die Kaap Provinsies.

0
Klerksdorp

Frans Pretorius

Fri, 14/04/2017 - 08:47

Goeie môre, ek kry ook enetjie, dankie!!

.

 

0
Centurion

Voortrekker

Sat, 15/04/2017 - 07:10

Goeie more almal!  Die ketel het gekook!  Dit lyk soos 'n heerlike oop sonskyn dag hier by ons.   My een goud vis is dood vanoggend.

0
Port Elizabeth

Frieps

Sat, 15/04/2017 - 07:45

Ek is al op koffie.  Dit beteken ek het al klaar my tee gehad. :-)  

Gister het die winter behoorlik by ons ingetree.  Winterklere en skoene, wat bietjie dieper weggepak is in die karavaan, vir later, moes uitgehaal word.  Die wind was koud en erg lastig.  Toe, so teen 6 uur, kom die reën.  Binne 'n halfuur het die water begin deursyfer onder die grondseil in die tent.  Ongelukkig lê die grondseil oor 'n stuk sanderige grond, so julle weet wat dit beteken.   Modderigheid wat deurslaan.   Ons gooi sommer ou handdoeke oor die kol en een binne in die deur na die karavaan.  Ons het al geleer om nie sonder ou handdoeke te kamp nie, vir sulke noodgevalle.  Daar is mos wasmasjiene.  :-)

Ons buurman het 'n duik binne in sy tent en het behoorlik water met 'n besem uitgevee.  By hulle is daar baie modder binne en hy het lus om vandag op te pak.  Deur die nag aan en af gereën, die son skyn hier en daar deur die wolke op die oomblik maar nog koud en ons weet nie eintlik wat vandag voorlê nie.

0
Klerksdorp

Frans Pretorius

Sat, 15/04/2017 - 08:09

Dankie, ek kry 'n bekertjie boeretroos.

.

Hier by ons amper winter!!!, KOUD!!! Eergister tot gister weer omtrent 20mm gereen.

Anton, sterkte met die vissie, hoop nie dis die kinders se troeteldingetjie nie, dit kan soms erge hartseer afgee!!! 

Freda, ja, daai reen en modder ken ons, baie met ons gebeur by die WARMBAD van ouds!!

Sterkte vir julle ook.

0
Centurion

Voortrekker

Sat, 15/04/2017 - 08:33

Ag nee wat Frans. Die vissies vrek mos maar so.  Hier by ons hou hulle so 'n jaar en dan een oggend le die ou dingetjie daar en word hy sommer gou in die toilet afgespoel.

Nou is daar enetjie oor.   Daar was 2.  Fokkie en Fakkie.   Fakkie het baie geeet en vreeslik groot geword.  Juis gister se ek my vrou : "die vissie is darem vet, lyk of hy gaan explode!"  En so waar, vanoggend le Fakkie op die bodem terwyl Fokkie lekker rond swem.

 

0
Port Elizabeth

Frieps

Sat, 15/04/2017 - 09:13

Siestog, Fakkie was seker opgeswel, nie vet nie.   Rest in peace, Fakkie.    Lyk darem nie of Fokkie baie hartseer is nie.  crying

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus