Nee wraggies mense, ons as gesoute kampeerders kan baie beter doen hier op die forum as om net soggens te groet en oor die weer te praat. Ek vind dit maar werklik "boring" om elke dag die moeite te doen om Kampforum oop te maak en dan net die ou vervelige gegroetery raak te loop (wat verdedig word deur ons ouers het ons grootgemaak met goeie maniere). Hier is net 'n paar ouens wat werklik probeer om interessante gesprekke te voer.
As die oer-oue argument dat "daar is tog net een manier hoe om 'n tentpen in te slaan" geldig sou wees, dan is daar geen doel om 'n forum-lid te wees nie. Ons sit hier met 'n foutlose, gebruikersvriendelike forum en gebruik dit nie as 'n platform om oor kampervaringe en kampeerplanne te gesels nie. En voor iemand nou die skuld gee vir Covid-19, dit behoort nie ons geesdrif vir die kamplewe in die wiele te ry nie.
As ek so om my kyk is daar soveel dinge om oor dankbaar te wees, die begroting was nie te "bad" nie, dit lyk of die virus vir die huidige onder beheer begin kom (ja goed ek weet daar is nog 'n golf of twee wat gaan kom), daar is nie beperkings op reis en kampering nie en so kan 'n mens die lys van positiewes nog langer maak.
Ek self het 'n jaar laas my wa gehaak, maar daar is tog die vooruitsig dat dit binnekort weer gaan gebeur. Kom ons gesels 'n bietjie daaroor of oor vorige kampervarings - kyk hoe lekker het ons gelees aan die twee Chrisse se vertellings ! Daar moet mos nog baie sulke gevalle wees.
Asseblief !
Serengeti
Oom Arie, ek was darem vyf keer in Serengeti toe ek toere gedoen het van Johannesburg na Nairobi. Dit was ‘n belewenis, maar ek sal eerder Mana poele toe wil gaan. Ek was in 1998 laas in die Serengeti, en dit was toe al vir my te besig. Die krater kon jy bv net tydens ‘n oggend of middag gleuf besoek, en die pad af het amper twee ongemaklike ure geneem, en weer so lank om uit te kom. In die Serengeti was daar met elke roofdier sighting baie meer Land Rovers en bussies as diere in my gesigsveld. Ons het wel ‘n jagluiperd vangs reg voor ons sien gebeur, en hoe die ma die bokkie laat gaan om haar twee kleintjies te leer jag. Na ‘n paar keer het sy die nekslag toegedien en het hulle gevreet.
Mana poele is meer my tipe omgewing. Die groot bome en die pragtige rivier hou vir my baie meer bekoring in as die grasvlaktes van die Serengeti. En die feit dat mens daar mag stap is ‘n groot pluspunt. Ek is baie lief daarvoor om te voet, op die grond in die natuur te wees sonder die geraas van ‘n voertuig. Ek het opleiding en heelwat stap ondervinding in gebiede met grootwild ook, so ek kan dit veilig doen sonder om bang te wees of dom kanse te vat. Ek sal sorg dat ek eendag daar uitkom as die Here my genoeg tyd gun.
Ek het tydens my werksjare…
Ek het tydens my werksjare die voorreg gehad om baie plekke en lande te besoek - was net nooit in Asië of Latyns-Amerika nie. Die Afrika-besoeke (uiteraard vir besigheid) het ek inderwaarheid verpes. Lusaka, Harare, Nairobi ens was nie my "cup of tea" nie. Maar tog is my aangenaamste herinneringe,waar werk en plesier 'n bietjie gemeng was, in Afrika-lande gewees. Maar die hoogtepunt van almal was 'n "houseboat safari" op Lake Kariba. Watter fees!!
Ek was bevoorreg om die wildebees-trek in die Masai Mara te sien, op 'n 'dow' vaart by Mombasa te gaan, ens, ens. Maar nie een (en dit sluit besoeke aan Europese lande en die VSA in) kon kers vashou by Lake Kariba se "houseboat safari" nie.
Ag nee julle het my verkeerd…
Ag nee julle het my verkeerd verstaan , 'n persoonlike ou grappie van Arie wat so maer is en nie van die bed af kan rol nie ![]()
maar laat ek liewer nie verder daarop dwaal nie - oumense en kinders lees ook hier
Ai tog, die hele storie mooi…
Ai tog, die hele storie mooi getik en toe is dit weg.
Sal maar die verkorte weergawe gee!
Eendag jare terug drink ek ń dop in die MOTH club.
Sal ń oubaas daar vir my sê, ek lyk seker soos ń erdwurm wat se handbriek opgetrek is as ek in die oggend wakker word!
Ek kon nie anders as om maar saam te lag!
Ek en die oom het later groot vriende geword.
Ek het die storie vir Alta vertel, na Anton gister daarvan gepeaat het.
Vroeh vanoggend toe ons wakker word, lig sy die laken op en sê "Daai oom was toe reg!!"
Ek kon eers glad nie dink waarvan sy praat nie!!!
MAAR............ weet julle hoe lekker dit is as iemand daai handbriek laat sak!!!!!!!!!!!!
Ai man....... sê maar verder niks!![]()
Hier is Altatjie, sy is nog…
Hier is Altatjie, sy is nog so jonk ek iem haar maar Altatjie! Ek is die heel tyd bang mense dink ek is ń pedofiel.
Soos my skoondogter sê, sy voel snaaks, Alta is maar net ń bietjie ouer as sy!!
Nee wat ek kom nie reg om ń…
Nee wat ek kom nie reg om ń foro op die foon te laai nie!
Het dit select en alles maar niks gebeur nie, Anton het die foto dalk sal hy dit laai?
Wou nou brag, nou kan ek nie?![]()
Alta Klein begin en groot geeindig

Arie ek hoop nie jy gee om as ek die foto plaas nie
Nee glad nie, ek kry dit nie…
Nee glad nie, ek kry dit nie geplaas nie!
Dankie!
Mooi man Arie. Net op die …
Mooi man Arie. Net op die "looks" het jy 'n mooi vissie gevang. Ek wens julle net mooi dinge toe!
Dankie Chris, ja ek dink ook…
Dankie Chris, ja ek dink ook nogal so!!
Ek is so bly, dit lyk of ek…
Ek is so bly, dit lyk of ek darem op my oudag nog goeie smaak het!!?![]()
Dis lekker om oom Arie se…
Dis lekker om oom Arie se sêgoed weer raak te lees en te sien dit gaan goed![]()
Ek trek net die erdwurm se been
Ek los maar die handbriek vir sy nuwe bestuurder.
Ek sien die opskrif en wou…
Ek sien die opskrif en wou net jou waarsku, toe ek sien jy is darem versigtig. Kyk dinge kan lelik lol as almal die hand rem begin trek!!! Veral ander mans!!!!!!!!!!
Arriewarrie! Die bosveld…
Arriewarrie!
Die bosveld is weer Hollands!
Soos jy sê, die Hollandse…
Soos jy sê, die Hollandse Bosveldklong is weer in sy noppies!!





Dankie Willem. Ja ek het al…
Dankie Willem. Ja ek het al vergeet van daai trip!!
Ek het ń huisboot gehuur vir 7 dae en 12 kliente saar onthaal!
Lekker, allea op Absa se koste!!!
Ja ek is maar sleg met die foto ding!!! Sal maar probeer!!
Wildehond, jy mis ongelooflik baie met Mana, as ek reg onthou was ek al 20 keer, elke keer vir 3 weke daar.
Was ook bevooreg pm twee keee by Serengeti te wees. Een keer het ek en Petra van Pretoria met sie Pajero soontoe gery, met aldie agter paaidjies, lekker verby!!
In my opinie is Mana enige tyd net si lekker as Serengiti.