Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Smokey Joe Braai met 'n Weber Geert -2 hours ago
Tyd tot Junie'27..... Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -12 hours ago
Mata Mata Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -13 hours ago
Afrikaanse Forum Afrikaanseforum.co.za Maria Lock -17 hours ago
Jou gelukkige dag Neef Herman Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -1 day ago
Herman... Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -1 day ago

Mabalingwe, Alta en ek.

Waar my wa staan
Profile picture for user Arie
Submitted by Arie on
Forums

Kyk ek was Des/Jan in die Wes Kaap. Lekker getoer en ja dis mooi!

Maar in my hart us ek maar ń bosveld klong, dawr is vir my niks wat by die natuur tonele in die bosveld nie!

Ek is weer heel in my element hiet by Mabalingwe, in my opinie seker een van die top kampeeroorde in die land!

As hulle my sal toelaat om permanent hiet te staan gaan haal ek nou my wa! Rig myself lekker in hiet en gebruik dit as basis om van hier  te gaan tent kamp!

Ek sal volgende week as ek terug is by my wa, so storietjie skryf oor ons wedervaringe en mishaps hier. Sal fotos ook plaas.

My laptop is by die huis, ek kom glad nierwg om can die foon af fotos te plaas nie! Ek sukkel ook om te tik op die foon, my vingers is tedik. Op die laptop kan ek weer glad nie lees tekens insit nie, so vetgewe maar asb die ou bok net die jong blaar!

 

Brits
Profile picture for user wessels

wessels

Tue, 09/03/2021 - 15:27

Middag ou Arie

Wie het nouweer gesing van "die ou bokke like mos die ou blare".

Geniet julle wildkyk in Mabalingwe, ek was nie baie gelukkig daarmee toe ons daar was nie.

Ek stem wel saam dat dit 'n voortreflike oord is.

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Tue, 09/03/2021 - 15:37

Sal vie jou die Excel stuur wat meeste in het.

Ek vergeet ook die kodes want op die Tablet hou jy mos net die letter in om die ander te kan sien.  

0
Waar my wa staan
Profile picture for user Arie

Arie

Tue, 09/03/2021 - 15:59

Wessel ja jy is reg, dit was Chris. Met die opskeif sinspeel ek ook op ń  liedjie, " My ryperd, my brakkie en ek"

Dankie Willem, maar sallie vir my werk nie! As ek skryf hardloop ek die storie ver vooruit in my kop. My vingers jan skaars by bly net die tik.

As ek moet stop om op ń lys te kyk en dan shift if wat ookal druk en nog iets gaan ek die draad heeltemaal verloor!

Sodra ek die storie in my kop stop kan ek glad nie meer aangaan nie.

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Tue, 09/03/2021 - 16:26

Dit kom met ouderdomwink

Sodra ek die storie in my kop stop kan ek glad nie meer aangaan nie.

Grappies op 'n stokkie, geniet Mabalingwe, regtig 'n puik oord.

0
Waar my wa staan
Profile picture for user Arie

Arie

Tue, 09/03/2021 - 19:46

Johann nee ons geniet dit erg!!

Ek het juid nou lekker braai aartappels in foelie en baie botter in die kole, met so twee kg  vark rib met ń sticky marinade en basting sous op die rooster!

Gaan net nou ons vingers afeet!!!

0
Waar my wa staan
Profile picture for user Arie

Arie

Tue, 09/03/2021 - 19:50

So terloops, ek het fotos vir my jare lang vriend Nick en sy vrou Agnes gestuur; van ons kamp opset.

Laat weet hy, hy sien ń dubbel bed in die tent, so hy neem aan dit is ons honey moon?

Agnes sal glo vir ons ń baby shower reel ip voorwaarde dat hy peet pa mag wees!?indecision

Ek het maar nie ge-antwoord nie!devil

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Wed, 10/03/2021 - 07:53

Dit kan 'n neukery afgee wink.

Ek het gedink Alta het ook 'n karavaan, dan het julle een as permanente plek en fie ander een vir rond slaap. 

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Wed, 10/03/2021 - 07:57

Na Arie se opmerking van "baby shower",

Agnes sal glo vir ons ń baby shower reel ip voorwaarde dat hy peet pa mag wees!?indecision

en nou die een van Willem.......

ander een vir rond slaap. 

Eish, dit klnik rof pappa. 

0
Waar my wa staan
Profile picture for user Arie

Arie

Wed, 10/03/2021 - 08:48

Ja kyk die bosveld kom in ń man se bloed!

Sal nooit vergeet wat Frik eendag gesê het, hy moet so nou en dan ń bisveld boom omhels om weer mens te word!

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Wed, 10/03/2021 - 08:56

Ek is van geboorte af elke jaar in die bosveld gewees tot verlede jaar toe Cyril en Kopdoek ‘n stokkie daarvoor gesteek het. Eintlik het ek op die rand van die bosveld grootgeword teen die noordelike hange van die Magaliesberg. Dit was dus met ‘n effe swaar hart wat ek Wes-Kaap toe getrek het in 2014, aangesien dit so ver van die bosveld af is. My hart trek met ‘n lang punt bosveld toe, so ek hoop nie daar kom nou weer ‘n dekselse inperking voordat ons Julie wildtuin toe sleep vir 15 aande nie. 

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Wed, 10/03/2021 - 12:45

Ek is 'n gebore en getoë Bolander - maar ai, ek kan nie genoeg van die boswêreld kry nie. Ons het nog net een keer by Mabalingwe vir 'n aand oorgestaan (Mei 2006).

Mabalingwe

Mabalingwe

Uiteraard kan jy nie werklik 'n oordeel vel na slegs een aand nie, maar ons was heel beïndruk met Mabalingwe. Sedertdien dreig ek om weer daar te gaan kamp (dalk 'n bietjie langer) maar om een of ander rede beland ek elke keer weer by Klein-Kariba.

Toe ons destyds (1980) Tzaneen toe verhuis het, was ek so opgewonde soos 'n kind om só naby die wildtuin te gaan woon. Ons het aanvanklik naweek na naweek in die wildtuin "geboer". Maar kort voor lank toe verlang ons om darem net 'n slaggie vir 'n naweek by die see te kan kom. Na drie-en-'n-half jaar word ek toe terug Kaaptoe verplaas (Grabouw). Ons het middae na werk gou oor die berg gery en met die kinders by Gordonsbaai gaan swem. Maar gou-gou was hierdie snaaksigheid ook weg en het ons weer wildtuin toe verlang.

Ai - ons ou rondekop-gediertes is darem maar snaakse goed. Hunker altyd na iets anders. Ek moet sê - as ek so vier maande in die Laeveld gekuier het (soos wat eersdaags weer voorlê) is dit darem maar lekker om weer terug te wees in die Boland.

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Wed, 10/03/2021 - 12:55

Oos, Wes, Tuis bes, was die gesegde mos.

Chris dit is tog so. Jou tuiste bly maar lekker om na te kan terug keer. Selfs ek hier in die plat Vrystaat verlang om tog maar terug te wees.

In aĺle eerlikheid, as ek kon, so ek in 'n oogwink bosveld toe, my 2de keuse sou ongetwyfeld wes kaap wees.

0
Waar my wa staan
Profile picture for user Arie

Arie

Wed, 10/03/2021 - 13:08

Ek kom nou al vir 12 jaar gereeld hiernatoe. Het die plek sien groei onder die bekwame hande van Hannes en Vera.

Ons het so paar jaar terug vir 7 maande hier gekamp, alhoewel dit nie uit eie jeuse was nie maar omdat Petra twee keer ń maand by Little Company of Mary in Pta moesbehandeling kry.

Ons het deur die jare al ń baie goeie vriendskap opgebou met die eienaars!

Uiteraard boek ek altyd deur die Kantoor, alhoewel Vera elke keer insist ek moet haar bel as ek wil kom. Sal dit nooit doen, ek haat dit om vriende te misbruik, hulle bedryf ń baie groot besigheid hier (die karavaan park is maar net ń baie klein deeltjie van hulle belange hier) so ek volg die normale prosedure ad hier bespreek.

Wat wel lekker is, Maandag ry Vera toevalig ba die winkel in die karevaan park, sien my en kom gee my dadelik ņ drukkie en verwelkom my.

0
Waar my wa staan
Profile picture for user Arie

Arie

Thu, 11/03/2021 - 16:12

Ja so kom alle goeie dinge ook weer tot ń einde!!!

More op pak en dan die laaang pad huis toe, hele 35 km!!

Ek oorweeg sterk of ons nie erens moet oorslaap nie!?

Ek het die bacon storie oordoen aan die begin van die week, 5 pakke saamgebring en daar gebruik ek toe gisteroggend die laaste pakkie! Kon nerens hier te koop kry nie, krap toe vanoggend in die crieskas en vind nog 4 varktjops! Besluit ek vark is mos maar bacon, gooi die tjops op my lekker groot stainless steel skottel, toe hulle amper gaar is breek ek ses eiers op die skottel twee tamties in skywe gesny en sit brood op die skottel om te toast.

Man was dit nou ń ontbyd duisend, nog niks weer ge-eet vandag. Vanaand braai ek sommer my tuisgemaakte patties, met lekker dun gesnyde geelvet biltong in, dan maak ek lekker hamburgers!

Skaars klaar ge-eet vanoggend toe kom ń trop muis hondjies by ons kuier!

Alta het nog nooit gesien hoe hulle ń hoender eier na ń boom dra en dan tussen hulle agterpote stukkend gooi teen ń boom.

Nou ja, binne 5 min is ń dossyn eiers daarmee heen!

Nou isdaar wragtag niks vir more se ontbyd, so Peet se Padstal sal maar moet regstaan met ń lekker kaing en pap ontbyd vir ons more op pad huis toe!

Ja darem heelwat wild gesien, twee pragtige renosters, ń hengse groot bul, ek skat hom so by 2100 kg en sy koei. Reg langs die pad.

Ek sal volgende week bietjie meer verslag doen oor die week! Sal dan fotos ook plaas! Dink nou bet dalk eers bietjie later, nogal ń besig week en naweek voor, en dan moet ń man nog sy huiswerk ook doen. Op my ouderdom begin dit al meer na werk voel!

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Thu, 11/03/2021 - 17:41

Hemel Arie, jy is baie geseënd om so te mag eet !  Feitlik alles wat jy te ete gehad het is 'n "no go" vir my, miskien eenkeer elke 14 dae en dan ook nie alles gelyk of kort namekaar nie !

Maar ek is bly jy geniet jou etes  -  laat waai terwyl jy nog kan.

0
Waar my wa staan
Profile picture for user Arie

Arie

Thu, 11/03/2021 - 18:35

Len ja, ek leef mos net op protiene, sit nie my mond aan groente en sulke goed nie!

Ek bessef ek is geseend met die etery!

Kom wel agter soos ek ouer word eet ek al minder, dink my wurm het dalk gevrek!

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Thu, 11/03/2021 - 18:52

Ek is ook 'n vleis-eter, maar ek eet darem groente en vrugte ook. Inderwaarheid baie lief vir vrugte.

Maar ek kyk tans 'n baie interessante dokumentêr op You Tube. Van die wêreld se top-sportmanne en -vroue is vegetariërs.

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Thu, 11/03/2021 - 20:17

Arie, jy is n legende.

Rook, drink, eet net vleis en het die libido van n 18 jarige....en jy is al verby 3 score and 10.

Jou ou yster.!!!!

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus