Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Dankie Neef Herman Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -4 hours ago
 Daar is n veld, wat so… Oktober 2026 saam gesels neef Herman -5 hours ago
....  wel natuurlik die… Toep wat aflyn kan wys waar… Voortrekker -6 hours ago
Johann jy sit my nou aan die… Toep wat aflyn kan wys waar… Voortrekker -6 hours ago
Iphone Toep wat aflyn kan wys waar… Johann L -6 hours ago
Handig Toep wat aflyn kan wys waar… Geert -6 hours ago

Strydoms in Kalaghadi

Brits
Submitted by wessels on
Forums
Middag vriende , binnekort[10 Mei] vertrek ons vir ons 1ste besoek aan die park. Dit is nogal 'n vreemde ervaring omrede dit 'n totale onbekende omgewing en park vir ons is. Ons bly 2 aande oor by Red Sands, dan skuif ons aan Augrabies toe ook vir 2 aande, en dan beweeg ons Twee Rivieren toe. Ons daar bespreek vir 6 aande, en dan weer die langpad terug huistoe. Dit onderbreek ons weer met 'n enkele aand se oorslaap by Red Sands. Het enige van julle onlangs die N14 oor Vryburg en Kuruman gery? Almal praat my bang vir steel van goedere by verkeersligte, deure word dlo sommer oopgepluk ensovoorts. Sommiges bevel aan dat mens gladnie daar moet stop nie. Ongelukkig moet mens stop vir brandstof.

Naand vriende

Sommer 2fotos om te wys ons is in die Kalahari, 1ste dag sommer leeus en cheetah

0
Worcester

Wildehont

Sun, 16/05/2021 - 06:38

Jou wa staan mooi in die skadu en dit lyk nie of julle teen die teerpad se kant staan nie. Die kamp lyk egter redelik vol. Julle is ook gelukkig met die wild, doen so voort!

0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Sun, 16/05/2021 - 11:23

Wessel dit lyk nou lekker en rustig, geniet dit voluit. 🏕👍

0

Naand vriende

Die sein bly vrot. Ons het reeds luiperd, leeus, en cheetahs gesien. ek vind die park en karavaan park heerlik.

Ons het boom gegryp net soos mens indraai links, in middel ry voor ablusieblok. 

 

Ek sal meer breedvoerig verslag doen as tuis is. 

0
Vaalpark

Johann L

Sun, 16/05/2021 - 20:14

Wessel, hel julle is gelukkig. 

Poog tog om ons op hoogte hou met swak sein en al, ek geniet die reise so saam met die gelukkige kampeerdersyes

0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Mon, 17/05/2021 - 08:05

Ek dink dit is meer as net geluk om 

reeds luiperd, leeus, en cheetahs gesien

dit is eerder 'n groot SPOG !

Julle moet verder spog, hou ons asb. ophoogte al is dit net met iets kleins.

0
Worcester

Wildehont

Mon, 17/05/2021 - 08:19

ek vind die park en karavaan park heerlik.

Maak solank besprekings vir julle volgende besoek. Ek glo teen die tyd weet jy dat jou kombinasie sonder probleme na Nossob en Mata-Mata ook sal kan sleep. Eersgenoemde veral sal jy gate uit geniet as jy van Twee Rivieren hou.  

0
Nelspruit

Koos Mol

Sat, 22/05/2021 - 14:28

Julle moet die Kgalagadi geniet. Ons was nog net een keer daar vir 8 dae en die plek is weer op my emmerlys.

Tweerivieren Oktober 2018.

 

0

Middag vriende

Ons is veilig tuis. Ek moet julle vertel van my Vryburg ervaring gister. Oppad soheentoe stop ek langs die pad om my pistool uit wa te haal en by my voete te sit. So vergeet ek om my deur te sluit. So oppad uit Vryburg sukkel ek om verkeersligte groen te kry, en kruip in 1ste rat deur straat. Staan stil en wag vir groenlig, sien ek die knaap op my trokkie afstorm. Gelukkig het ek die wa se handrem vasgeketting, en kappie is gesluit. Pluk die man mos my deur oop, en kyk vas in die pistool, hy het vinnig deur gelos,en gehol. Mens skrik jou eintlik boeglam. Ons het ook seker gemaak dat daar niks op agtersitplek was nie.

So stop ons in Sannieshof om petrol in te gooi, en voor ek kan keer, tap die blanke bestuurder sommer 20 liter diesel in. Nodeloos om te se, daar staan ek 2 ure sodat hulle die tenk kan leeg pomp, deur die pypie na die enjin. Die ou moes toe maar 80liter petrol intap, waarvan ek net 40l betaal het.

Die fotos sal met verdrag kom, hou net moed. 

 

0

Middag vriende

Soos genoem was ons 2 aande by Augrabies voordat ons  Kalaghadi toe was. Ek heg so paar fotos aan vir bewys. Enige hulp met die uitken van die slang sal waardeer word.

Ek los toe my trokkie se ruit oop en binne 5 minute sit aap se kind en vreet nartjies op my sitplek. Wat 'n gesukkel om hom uit te kry.

Die landskap is BAR. Mens moet rondry in park om die impak van die rivier skeur te beleef.

Vir 'n lekkerder koelte staanplek kon ek nie gehoop het nie.

0

Middag vriende

Ek plaas so paar fotos van die wild wat ons raakgeskiet het. Die pad van Augrabies, via Upington oor Askham is in 'n puik toestand. Dit is egter nie plat nie en eseltjie het gebrul oor die sandduine. 

Stilhouplekke is beskikbaar waar mens kan stop om innerlike te versterk. Nee---ek het nie die stoeltjie raakgery nie!!!

Twee Rivieren se kampeerterrein is toe nie soos ek dit voorgestel het nie. Dis klein, sanderig tot klippers en van die plekke is erg skuins. Die "sonder krag" staanplekke is veral skuins. Ek kon 'n boom annekseer, bloot omdat ek 'n lang elektriese koord, tuinslang, braaier en eie asblik saamry. Ablusieblok is netjies, en alles werk. Lekker wasmasjien en tuimeldroer om klere te was. 

Die staanplekke is swak gemerk en mens weet nie presies waar die grense is nie. Krane is effe versprei tussen die staanplekke. 

Die winkel voorsien in basiese behoeftes, maar tipies SANPARKE baie duur. 

0

Middag vriende

Ek moet noem dat die paaie heel rybaar was. Veral die gedeeltes vanaf Twee Rivieren was amper elke 2de dag gesleep met bande om die sinkplaat uit te vee. Blykbaar is die pad van Melkvlei op na Nossob eintlik sleg, want die Nossob manne vee nie so ywerig hulle pad gedeelte nie. Dit help beslis om jou bande af te blaas na 1.6bar. 

Die park was toegegroei onder gras, mens kon amper geen rooiduin sien nie. Die wild kom meestal in die rivier lope, waar mens ry, voor. 

Terwyl ons daar was het 'n luiperd in die mans toilet by Melkvlei. Die hek het van sy spoor gewees en die knaap is toe vasgekeer. Gelukkig was dit op 'n dag wat ons nie daar aangedoen het nie.

0
Worcester

Wildehont

Sun, 23/05/2021 - 13:11

Enige hulp met die uitken van die slang sal waardeer word.

Dit lyk vir my na die outjie hier onder. Die gevleulde nek sê vir my dis ‘n kobra en die area en die habitat stem ooreen.  
 

A

0

Middag vriende

Ek moet erken, ek het nie so baie roofvoëls, en ander tipes verwag nie. Arende en valke is volop, selfs 'n uil in die kampeerterrein raakgeloop. 'n oggend oppad ablusie toe.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus