Niks afgehaal nie, net die…
Niks afgehaal nie, net die oortreksel/sak afgehaal. Dit pas asof dit gemaak is vir die wa. Nou moet Eerste Minister Zuma net kampeer wettig, inter-provinsiale reis toelaat en die winter moet verbykom.
Inpas van yskas
Môre Chris
Daar verdwyn jou bekommernisse sommer netso. Nou moet jy net vir oefenlopie laat werk op jou 12V stelsel.
Laat staan wa in die son, sonpanele doen die laaiwerk, en laat kas werk. Dan kan jy gou vasstel of jou sonpanele, battery en laaistelsel mans genoeg is om jou aan die gang te hou vir 'n aantal dae. Met ander woorde--- bly jou batterye voldoende gelaai, of verloor jy kapasiteit met verloop van dae.
Lekker speel.
Wessel, dis nie so…
Wessel, dis nie so eenvoudige oefening in terme van logistieke op my erf nie. Ek sal maar eers ‘n teoretiese oefening doen en vergelyk tussen die Engel en die Snomaster se verbruik. Met die Engel was my stelsel heeltemal volhoubaar solank dit nie bewolk was nie.
Sonpanele en skadu
Hello Chris
Gister weer gespeel met myne. Vroegoggend staan die panele in volskadu van ons kompleks, en die gelewerde stroom is basies nul. Soos die son oor die panele inskuif, gaan die stroom op tot 16amp sodra die 320watt panele ten volle belig is.
Ek twyfel of sonpanele werklik effektief sal werk met die gefilterde lig wat deur 'n skadunet sal skyn. Sommige ouens beweer dat dit wel werk.
Mens sal moet oplet dat daar nie volskadu oor mens se panele is nie, want dan boet mens effektiwiteit in.
Groete
Ja, dis maar ‘n gelol…
Ja, dis maar ‘n gelol wanneer mens kampeer en moet kies tussen skadu vir ‘n koeler wa en son vir krag vir koue bier. Gelukkig pla dit net waar geen krag beskikbaar is nie.
Kan nie glo my snomaster…
Kan nie glo my snomaster staan nou al 7 jaar se ouderdom toe nie. Hy loop nog mooi en hardloop 24/7
Ek het eergister vir my nog een aangeskaf, 'n 35L plastiese ene wat baie kompak en lig is. Die dual 60 in die stainless kas is eintlik te "bulky" vir 1 dag en naweek avonture.
Ek het hom natuurlik die afgelope 2 dae mooi getoets en daar is nie moeilikheid vir die outjie om dinge op -22 grade te hou nie. Die kas is lekker ruim binne.

Netjies hulle loop
Ek het n 60 liter snowmaster so drie maande terug gekoop hy werk soos n bom
Minder gelukkig
Lees op die draad van my minder gelukkige ervaring met my Snomaster, wat nie eers 6 maande oud is nie.
Weereens puik diens vannaf…
Weereens puik diens vannaf snowmaster - direk met hulle tak in Isando. Ek het my 35L yskas nou al 6 maande en alhoewel hy uitstekend werk, tel ek 'n klop geluid vanuit die kompressor op wanneer die pad (stampe) bietjie rowwer raak. 'n Mens wil nie die verte inry en afhanklik wees van iets soos 'n yskas en dan pak die ding dalk op nie - so vir my eie gemoedsrus wou ek die klop geluidjie laat nagaan.
Ek het hom Dinsdagoggend 11am ingeneem en 24 hr later het ek 'n epos ontvang wat sê ek kan my yskas kom haal. Hulle het onder andere 'n foutiewe kompressor met 'n nuwe een vervang asook 'n nuwe filter drier + skoonmaak en re-gas alles onder waarborg.
24 hr! ongelooflik...
puik diens ...
Dit is altyd goed om van sulke goeie diens te hoor 👍
Dit is wat 'n besigheid 'n…
Dit is wat 'n besigheid 'n goeie of slegte naam gee, die naverkoop diens.





Mooi man, het jy die…
Mooi man, het jy die handvatsels aan gelos?