Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Frankryk Springbok rugby Geert -1 hour ago
Frankryk of Engeland Springbok rugby Rona du Plessis -9 hours ago
Finaal Springbok rugby Geert -9 hours ago
Noordelike spanne Springbok rugby Geert -10 hours ago
Ja Springbok rugby Goeie Hout -11 hours ago
Kort net n bonus punt Springbok rugby Geert -13 hours ago

Stabiliseerder

Durbanville
Submitted by Jeanne Jones on
Forums

More almal. Wie gebruik nog stabiliseerders. Ek het gevind die Tourer SW is so stabiel selfs in erge wind en reen terug van Mosselbaai dat die vraag by my opgekom het. Dankie

Brits
Profile picture for user wessels

wessels

Sun, 23/05/2021 - 12:10

Middag Jeanne

Ek het nog nooit 'n stabiliseerder gebruik nie. Die afgelope 2 weke omtrent 2500km gesleep en nooit enige swaai ervaar nie. My neusgewig is omtrent 150kg.

Ek weet dat menige mjense dit wel gebruik, dus moet elke persoon sy kombinasie evalueer en besluit.

Maak net seker dat jou gewig voor op die sleephak genoegsaam is, dan behoort jy nie probleme te kry nie. Die duimreel is so 10% van jou wa se bruto gewig. 

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Sun, 23/05/2021 - 13:02

Elke ou soen sy vrou soos hy goed dink, ek sleep nie sonder 'n stabiliseeder nie. Vir my gaan dit oor net daai slag wat jy dit nie verwag nie, swaai uit vir 'n pothole of enige iets, en dan bring daai stabiliseerder sy kant.

Dit is soos 'n spaar wiel, ry dit vir jare saam, maar AS iets gebeur, is jy dankbaar vir daai las.

0
Irene
Profile picture for user Grootwind

Grootwind

Mon, 24/05/2021 - 08:07

My Ranger het elektroniese stabiliteitsbeheer wat heel goed werk. Ten spyte daarvan gebruik ek steeds my Tando. Al het niks ooit gebeur wat swaai aanbetref nie beskou ek die spul soos my voertuig se veiligheids gordels en lugsakke...ek bestuur nie sonder veilighidsgordels nie, die dag as iets verkeerd gaan het ek albei nodig, Selle met 'n stabiliseerder? Dalk gebeur niks ooit nie...dalk gaan iets wel verkeerd, dan help daai ekstra versekering darem?

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Mon, 24/05/2021 - 08:33

Dit is nogal interesant, ek sleep al vir 40 jaar met 'n stabiliseerder. Ek moes so jaar of wat, my karavaan Vereeniging toe vat vir 'n herseël, omdat dit net 20 kilos van my is, het ek besluit om sommer net so te sleep en die heel pad is ek bewus daarvan, dat ek nie 'n stabiliseerder het nie.

My kar het ook elektroniese stabiliseerders, maar wat my betref, elektroniese goed kan ook faal, en dit kom ook eers in werking as daar reeds 'n swaai is. Die meganiese stabiliseerders begin voor die fout reeds om dit teen te werk?

Ek het al vergeet om die Yellow Blade te sluit en dit nie eers agter gekom nie, maar, dank Vader, niks het verkeerd gegaan nie.

Nouse dae begin ek ook al meer en meer staat maak op my "check" lysie want ek het ook al vergeet om die wa se bal te haakblushsurprise

0
Groenkloof, Pretoria

Paul Mulder

Tue, 25/05/2021 - 12:57

Elke persoon se besluit.

As ek lang pad sleep dan sit ek hom op maar dit is maar omdat ek hom het. Ek het al vergeet om die straight liner te engage en dit maak nie veel verskil met my dubble as Exclusive nie.

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Tue, 25/05/2021 - 14:28

Paul, ek dink die dubbel as waens het nie werklik 'n stabiliseerder nodig nie,  maar dit is tog 'n ekstra "versekering"?

Kan niks veroorsaak deur een by te sit nie.

0
Irene
Profile picture for user Grootwind

Grootwind

Tue, 25/05/2021 - 15:26

Dis soos 'n hartaanval! Vir 40, 50 jaar is mens heel dollies. Dan eendag op 'n reëndag skop daai aanval in....dis wanneer jy dankbaar is vir daai duur mediese fonds en Ma wat so kerm oor mens se dieet :) 

0
Centurion
Profile picture for user Dusty

Dusty

Wed, 26/05/2021 - 03:42

Dit is soos wat dit hier reeds genoem is. Ek sit myne maar elke keer aan. Ek dink ook dat dit net sal werk on 'n noodgeval. Ek glo dat voorkoming beter is as genesing. Dit bly maar elkeen se keuse.

Toe ek nog met die 3.0L ford bakkie gesleep het het ek met 'n trapezium gesleep. Ek het gesien op winderige dae was my eenheid redelik stabiel terwyl ander met geen stabiliseerder nie baie swaai ondervind het

 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus