Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Slaap - wat's dit? Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -2 hours ago
ogies toe Oktober 2026 saam gesels Voortrekker -3 hours ago
Hallo Deon Help met kamp beddens en… Rona du Plessis -4 hours ago
Len?? Verskoning Rona du Plessis -5 hours ago
Een dood Oktober 2026 saam gesels Johann L -5 hours ago
Geelvis Padlangs deur die RSA - Dis… Wessel Strydom -5 hours ago

Willem se (kinders) Gypsey 3B

Daspoort Pretoria
Submitted by Willem Brits on
Forums

Hier is die kinders se Gypsey 3B toe ek hom gekoop het.

Ek sal hier 'n paar foto's plaas van wat ek als gedoen het.

.

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Fri, 18/06/2021 - 12:15

Kom ek begin voor soos toe ek hom gekoop het. 

Foto's van mense by wie ek hom gekoop het.

.

.

.

.

.

Gelukkig het hy reeds 'n groot yskas in gehad.

.

Die breekgoed is nog die oorspronklike.

.

0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Fri, 18/06/2021 - 12:54

Ek het besluit om die skokbrekers te vervang, gelukkig. 

.

.

.

.

.

Die onderstel het ek met so teer soort geverf.

.

.

.

Ek het besluit om die "rims" ook te vervang.

.

Ek kon nie die skokbrekers los kry nie en het toe die stel gekoop.  Dit is die swaar diens "coils" dit is dikker en kan beter vrag dra.

.

.

.

Intussen het ek doppie laat maak want ek kon nie te koop kry nie.

.

0
Vaalpark

Johann L

Fri, 18/06/2021 - 13:50

Willem, ek dink nie jy gaan die Exclusive lank mis nie, die Gybsey 3B is enige tyd net so lekker wa om te hê, ek hou dop vir die opvolg fotos, kan so vaag weg onthou, en dit was indrukwekkendyes

0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Fri, 18/06/2021 - 13:55

Bo op die 2de foto is die ou neuskas wat gebreek was en ek wou die spaarwiel ook daar in sit.

.

'n Vriend het vir my 'n nuwe een gemaak soos ek hom wou hê.

.

.

.

.

Die krag punt is ook aan die anderkant van die neuskas.

.

0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Fri, 18/06/2021 - 13:58

ek dink nie jy gaan die Exclusive lank mis nie

Ek sal hom/haar altyd mis want dit was my droom. sadangry

0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Fri, 18/06/2021 - 14:10

Ek het die water verander.

Ek wil nou 'n meganiese "float level valve" in die water drom sit dan het ek nie nodig om om kort-kort vol te maak nie.

.

.

Dit is die punt waar die wasbak inprop.

.

.

Die afloop pyp loop ook als na een punt.

.

.

.

.

.

0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Fri, 18/06/2021 - 14:19

Ek het 'n strook buite teen die kant gesit waar 'n balk is om die buite blad aan te hak.

.

.

.

Vir die onderste stutte het ek versterking aan die agterkant ingesit.

.

0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Fri, 18/06/2021 - 14:25

Ek het die stoof plate en oond (wat nooit gebruik was nie) uit gehaal en hom so gemaak dat hy steeds gebruik kan word.  My vriend het ook vir my dié aluminium kas gemaak.

.

.

Die wind skerm is los en word afgehaal en vou mooi plat.

.

0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Fri, 18/06/2021 - 14:40

Die tent en rally is nog oorspronklik en is in 'n besonderse goeie kondisie, die kante hak met hakkie aan die dak gedeeltes.

.

Die lig bo saam met die skokbrekers is wat hier buite aan is.

.

.

Dit is die ingang wat so stoepie het.

.

.

.

Hier kan y sien die wasbak staan binne daarom die afloop pyp wat anderkant toe wegloop.

.

.

0
Worcester

Wildehont

Fri, 18/06/2021 - 14:55

Dis altyd lekker om die vernuf te sien wat forumlede aan die dag lê 

0
Kleinmond

Chris Boucher

Fri, 18/06/2021 - 16:32

.... jy's ooglopend 'n yster as dit kom by sulke dinge. Ek bewonder jou vernuf.

0
Vaalpark

Johann L

Fri, 18/06/2021 - 17:39

Willem dit is nou netjies, jy mag maaryes

Ek het ook die Penta se drein pyp van middel onder die wa, na regs agter verander. Sukkel net nog met "down flow" die pyp maak 'n ligte kinkel waar die water nie gaan leeg dreineer nie. Ek het van daai deurskynende plastiek pyp gebruik, sien jy het harde PVC gebruik, baie slim.

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Fri, 18/06/2021 - 18:15

Willem, met hierdie fotos bring jy ou herinneringe terug.  Ons het dieselfde reeks Gypsey gehad, maar 'n Gypsey 2.  Die tentseile was presies dieselfde en die donkergroen streep op die karavaan self, ook.

Jy het pragtige veranderinge aangebring en ek is oortuig daarvan julle gaan netso lekker kamp.  Julle gaan beslis aandag trek van die ouer garde daar  by Tshipise.

Ns.  My onlangse buurman in Shingwedzi het gekamp in sy Gypsey Caravette 6 wat 30 jaar oud is  -  pragtig man !  ChrisB se Caravette 6B is ek dink 28 jaar oud en hulle kamp steeds 'n hond uit 'n bos !

0
Vaalpark

Johann L

Fri, 18/06/2021 - 19:16

'n Karavaan word nie regtig oud nie, as dit op gepas word natuurlik.

Ons het met ons ou Sport vir baie jare gekamp, en die dag toe ek dit verkoop was my vrou glad ni in haar noppies nie, ek hoor nou nog (na amper 20 jaar) van hoe lekker daai karavaan was.

Ek glo egter as ek van die Penta moet ontslae raak, sal ek ook soos Willem voel. Die eerste keer wat ek 8n 'n Penta was, het ek vir Bennanta gesê, voor ek dood gaan, gaan ek een besit.

Wie kan onthou hoe mooi was GerhardM se ou Jurgens, kan nie onthou wat dit was nie, maar almal het gaan inloer.

0

More Willem

Ek kyk so na die fotos, veral die ene waar die Gypsey en Exclusive saam sydelings afgeneem is, en dit lyk of die Gypsey omtrent net so lank as die Exclusive is. Hoe vergelyk die twee in gewig en afmetings.

Ek wil voorstel dat jy so gou moontlik daai wa hak, en die kombinasie toets. Jy moet darem sielkundig reg wees vir die sleep Tshpise toe!!smiley

0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Sat, 19/06/2021 - 17:06

Wessel, op die oog af lyk die 3B net so hoog soos die Exclusive, maar die 3B se vloer is heelwat hoër van die grond af.  Hy is ook nie so lank nie want sy groot bed is agter en kan nie in 'n eiland bed omskep word nie want die kas en enkel bed is in die pad.  Die gewig kan nie vergelyk word nie.  Ek glo ook nie die gewig is reg nie want ons weet die oues se gewig was baie verdag.

.

0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Wed, 07/07/2021 - 14:53

Ek het die opwasbak, stoof en oond uitgehaal.  Ek het ook 'n eenstuk blad ingesit.

.

.

.

Die opwasbak was regs en die stoot en aparte oond was in die middel gewees.

.

Hier kan julle die blad mooi sien.

.

Ek moes ook 'n nuwe deur laat maak vir waar die oond en stoof was want ek kon nie een kry wat die selfde was nie, ek het oog rakkies ingesit.

.

Ek het ook besluit om LED strook liggie met mikro skakelaars in die kaste se een kant in te sit net om so effe te help sonder om die ligte bo aan te sit.

.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus