More vriende
Ek begin die draad om nie die Mahindra draad verder te veredel met stories van ander fabrikate nie.
Ek wag nou-al vanaf middel Maart vir my Hilux. Blykbaar is Toyota gekniehalter met uitset weens 'n tekort aan mikroskyfies. Word die ander, soos Ranger, Isuzu en Mahindra ook so erg geraak?
Kry joune vinnig
Blykbaar is Toyota gekniehalter met uitset weens 'n tekort aan mikroskyfies. Word die ander, soos Ranger, Isuzu en Mahindra ook so erg geraak?
Laat weet vir die handelaar Ford het vir jou ‘n bakkie met dieselfde werkverrigting maar beter spesifikasies teen bietjie goedkoper en vra of jy dit maar moet vat want jy ry eersdaags wildtuin toe.
Tekort
Daar is blykbaar n tipe silicone vloeistof wat hulle gebruik in skyfies wat groot tekort is op die oomblik. Dis hoekom 2de handse pryse so die hoog in skiet. Jy sal baie hoor van mense wat byvoorbeeld laas jaar hul bakkies nuut gekoop het, tans dit vir meer kan verkoop as wat hul laasjaar daarvoor betaal het. Dus dieselfde produk wat hulle in Playstations en Xbox gebruik....die tekort aan diè 2 is net so groot....dis hoekom mense bereid is om mal pryse van tot oor R20k vir fit te betaal, net omdat dit skaars is. Blykbaar gaan tekort nog voortduur tot ten minste middel volgende jaar. As jy nou n bakkie wil verkoop, dink ek dis goeie tyd. Ek behin daaraan dink om my Ranger te verkoop....ek kan tans vir hom R30k minder kry as wat ek 2015 vir hom betaal het.....maar om te koop sit jy weer in dieselfde bootjie....moet top doller betaal
Gebruikte voertuigpryse
More Geert
Ek het ook die week opgelet dat gebruikte bakkies by 'n bekende naam handelaar tot kR30 duurder kos, as dieselfde ene nuut. Dan staan dit daar met 200km op die klok. Ek wonder net oor die vreeslike lae kilos van sommige gebruikte bakkies.
Afspeel werk nie
More Chris S
Weet jy, daai taktiek werk nie. Ek bel nou die dag 'n handelaar en die beweer hy kan binne 2 weke my trokkie kry. Ek bel toe die handelaar by wie ek my bestelling geplaas het, en vra hom hoe is dit moontlik.
Sy antwoord/vraag was--- moet ek jou naan afhaal van my lys. Kan jy dit glo. Natuurlik gaan ek slegs my naam van 'n waglys afhaal, as ek reeds 'n nuwe het. Ek vra hom toe, as ek ene in byvoorbeeld Thabazimbie opspoor, of hulle dit sal bekom en ek koop steeds by hom. Sy antwoord--- nou wat van die ouens voor my op die lys.
Ek bel nou maar so bietjie rond, vind ek ene op 'n vloer, koop ek dadelik. Ek vermoed dat ek netsowel wors in 'n hondehok kan soek.
Lees die volgende artikel…
Lees die volgende artikel....dit gee 'n redelike verduideliking waarom daar 'n probleem is.
Lyk asof die probleem tot in 2023 kan voortduur. Soos wat 2de handse pryse ook nou sterk styg sou ek vermoed dat die "mark waarde" van gesteelde voertuie en dus aanvraag daarvoor ook vinnig sal toeneem. So sluit maar daai trokkies toe!
Versekerings uitbetalings
Iemand met wie ek onlangs gesels het, het sy bakkie verseker teen herverkoopwaarde. Hy het n 2019 Hilux DC gehad.....sy herverkoopwaarde wat versekering uitbetaal het was R351k. Nou gaan soek hy dieselfde bakkie 2dehands daarbuite....hy sě hy kry nie onder R460k nie.
Het dieselfde ervaar toe my…
Het dieselfde ervaar toe my Ranger op 1 Desember 2018 in Centurion gesteel word. Verseker vir markwaarde (die hoër ene van die twee boekiewaardes). Net voor Kersfees 2018 begin soek na 'n ander trokkie, 2de handse modelle ouer as my gesteelde ene en met baie kilo's op (my gesteelde ene was 'n 2015 model met slegs iets soos 48000 oppie klok) was duurder as wat ek uitgekry het vir die gesteelde een. Lazarus Ford in Centurion het toe 'n spesiale aanbod gehad op die 2.2 Outo (nuut) wat ek darem kon bekostig....Mitsubishi kon nie eers vir my 'n demo gee om te toetsbestuur nie, sou 3 weke moes wag om ene te kan toetsbestuur en Toy het plein nie belang gestel om besigheid te doen nie (3de keer in 10 jaar wat ek dit met hulle ervaar het). Isuzu se verkoopsmense het nie eers hulle lui agterente opgelig uit hulle stoele nie om my te help toe ek op hulle vloer rondloop nie. Terug na Ford net om te hoor dat daar geen 2.2 Ranger specials meer beskikbaar is nie, alles uitverkoop. Verkoopsdame bel toe die bestuurder aangesien die nuwe trokkie my 5de Ford by hulle sou wees, bestuurder bied my toe 'n nuwe 3.2 Outo XLT (dieselfde model as my oue) teen kosprys aanbied....'n hele R15000 of so duurder as die 2.2 wat op special was. Nie veel nodig gewees om daai som in my guns te kry nie (hulle het bak se rubberizing asook venster S&G ook verniet ingesluit asook kappie teen 'n goeie afslag). Kort en lank, koop waar jy 'n goeie prys kry en waar die mense moeite doen...luigat verkoopsmense kry nie my besigheid nie....ongeag die handelsnaam. En verseker betaal ek nie meer vir 'n gebruikte voertuig as 'n nuwe ene nie.
Lui verkoopsmense
luigat verkoopsmense kry nie my besigheid nie
Wessel se ondervinding met die Toyota handelaar klink vir my ook maar na luiheid, of dalk eerder arrogansie. Afgesien van die helse wins op die verkoop prys kry hulle lekker vet kickbacks van die finansiering af, waarskynlik omtrent 10% van die koop prys.
"Kickback" ?
Goeie griet, as ek dus sommer kontant betaal, beteken dit dat ek 'n 10% afslag behoort te kan beding!!
Die enigste rede waarom ek verkies om op onse dorpie besigheid te doen, is dat indien ek in waarborg tyd ontevrede met iets is, ek dit sonder veel moeite kan aanspreek.
Luigat en/of arrogant---ek het lankal agtergekom dat verkoopspersoneel blykbaar nie uiters behulpsaam is nie. Dalk omdat ons nie meer die oorgrote koopkrag in die land het nie.
Ek sit ook so tussen
So ek sit so tussen die boom ennie bas soos die spreukwoord se ek en Berdien gaan volgende jaar n 4x4 koop sal n demo wees of nie ouer as twee jaar nie ek met baie ouens gepraat op 4x4 community forum en op ons forum ook daar is wel plekke wat ek nie n 4x4 nodig het nie maar wel plekke waar ons wil gaan verseker so my keuse is of die Ford Ranger 2.2 diesel XLT of XLS en Dan die Hilux 2,4 diesel 4x4 ek gaan bly by auto box net soveel lekkerder![]()
Laat jy my....
More Shaun
….. nou weer twyfel oor my besluit. Ek het baie lank gewik en weeg, en op die ou ent het twee redes my besluit oordonder;
1] die min gebruik van 'n 4x4, vir daai ekstra ongeveer kR110
2] my persoonlikheid en die feit dat my vrou gladnie belangstel om sulke ongebaande wee en gepaardgaande gebrekkige ablusie te verken nie.
Ek sal maar julle ouens se stories, fotos en wedervaringe verslind, as julle dit hier kom deel. Net so tussen ons twee
, ek dink jy kyk na die regte bakkies!!
Bakkie vergelyk
Middag Shaun
Sommer so bietjie tegniese info om jou keuse te be-invloed
Toyota 2.4 auto Ford 2.2
Rat Verhouding Wringkrag Verhouding Wringkrag
1 3.6 5904 5.44 6599
2 2.09 3428 2.839 3443
3 1.488 2440 1.721 2087
4 1 1640 1.223 1483
5 .687 1127 1.0 1213
6 .58 951 .794 963
Diff 4.1 3.15
Enjin 400 385
Ek dink die 5de rat van die Ranger, met verhouding 1 is 'n groot voordeel vir sleep doeleindes.
Die Hilux het dus 2 ratte [kleiner as 1] vir spoed en brandstofverbruik, maar ek sal nie berg op daarin sleep nie.
Geniet
Shaun sien epos
Hello Shaun
Die info lyk skeef onleesbaar. Ek het vir jou die spreitabel ge-epos. Daarin kan jy lekker speel met bakkie inligting.
Wessel, ek het twee Jeeps…
Wessel, ek het twee Jeeps gehad, 'n Grand Cherokee (handrat) en daarna 'n Cherokee (Outo). Toe ek in die mark was om die Cherokee te vervang was my oog op die Territory AWD, tot ek besef het dat daai twee Jeeps eintlik nooit erens was waar ek 4x4 nodig gehad het nie, en boonop is my karavaan 'n padmodel. Dis toe ek ook besef hoeveel ekstra daai 4x4's kos en dan is hulle boonop swaarder op brandstof en het meer (en duurder) goed wat kan breek. Daarna was die Territory 'n TX , nie AWD nie. So ook die twee Rangers albei 4x2. Snaaks genoeg nog nooit 'n vreeslike behofte gehad om in die bos te gaan 4x4 nie....definitief nie met 'n half miljoen Rand se trokkie nie!
Klaar bestel
Middag Grootwind
Gelukkig het ek alreeds in Maart bestel, en ek sal beslis nie nou my bestelling wysig nie. Ek staan nou by my keuse van slegs 'n 4x2, maar outomaties.
Ek sien hulle verkoop 4x4…
Ek sien hulle verkoop 4x4 chrome badges hier by die China mall vir R39 stuk.
Boeremark???
Middag Voortrekker
Ek sou dalk dit oorweeg het, maar slegs as dit by die boeremark beskikbaar was.![]()
Met my selfbeeld het ek dit elkgeval nie nodig nie![]()





Ek kan ongelukkig nie jou…
Ek kan ongelukkig nie jou vraag beantwoord nie Wessel, maar ek sien Nissan se Navara gaan voortaan net in Suid-Afrika vervaardig word. Voorheen is dit in Europa vervaardig en volgens Nissan koop Europiërs nie eintlik bakkies nie - foeitog !