My droom om off grid te gaan kamp waar geen mauls geen krag en myle en myle se sand ,berge en bos is val stadig maar verseker in plek. Ek en Berdien besluit met die, gaan ons n voertuig aankoop wat ons nie bang, jammer gaan wees vir n krap of twee nie. Gaan die voertuig aanpas iets soos Segkok (Deon) Ek doen huiswerk al vir so 2 jaar en het toe op n Toyota Cruiser FJ 45 bakkie besluit hy kan die rowwe terein met n smile doen. My budget so R200000 meeste kamp toerusting wat ek nou het gaan ek gebruik vir normale kamp met caravan en ook off grid. Nou is dit vir die spaar van my droom dan hieja hieja hier kom die Mollers bos toe
Wessel dankie ek glo
Die Auto box is vir my n wenner kan nie wag om die swing te haak nie
Grootwind jy is
Out sureness my laat weet hoe risko moes ook tracker opsit wat ek persoonlik dink geld mors my 1400 een gehad gesteel en hulle kon bakkie nie opspoor nie ek sal die ou kontak baie dankie
My "re-deployed" Ranger het …
My "re-deployed" Ranger het 'n Netstar ingehad, die is sowat 300m vanaf die mall waar die tipper gesteel is langs die pad opgetel. Tipperkie is nou nog weg,...Nuwe ene het ook nou 'n Tracker in. Wat my opgeval het is dat Tracker meer as een eenheid ingesit het, en dat die ou wat die spul ingesit het 'n paar ure daaraan gewerk het. Die Netstar tegnikus het seker nie eers 30 minute gewerk nie, dalk nie veel moeite gedoen om die die eenheid te installeer nie. Hoe dit ook al sy as die tipper gesteel word wil mens hom eintlik nie weer terughe nie? Moet darem byvoeg outsureness het binne dae uitbetaal. Hou net in gedagte dat 'n opsporingseenheid niks doen om te verhoed hulle steel die tipper nie, die ander goed wat ek laat doen het verhoed dat die trokkie wegry...wat my voorkeur oplossing sou wees.
Saterdag Boksburg toe
Het saterdag wat verby was gou gaan draai by paar plekke die Ranger het nou 650 km op sy brandstof verbruik gemiddeld was 8.3 /100km = 12.04 km op n liter spoed 120 km ek weet die syfers gaan wel anders lyk sodra ek swing haak en sleep kan nie wag vir n kamp
Begin lekke spoed
My Ranger se extras vir ons off grit kamp begin nou momentum kry Bush Tech Canopy bestel ,my 300 watt solar panel se voetstukke word vandag gedoen dan kan ek panel lekke rondskuif agter son aan sonder om te warrie hy val om , Deltec deep cycle battery loop soos stroop , Snow master 60 l low profile ys /vrieskas gaan lings agter bakkie op n slide hardloop het ook 50 liter front runner water tenk bestel wat agter by canopy inkom en sy eie plek kry teen aan skuif ruit , die bush baby 20 liter mobile stort klaar gekry vir daai lekke stort innie bos voor jy gaan slaap Eazy awn RTT en 270 Bat awning is oppie horizon ek spaar nou geld om dit aan te koop kyk mense dis n paar rand maar as ons alles het glo ek gaan ons lekke toer
Dis nou lekker
Kampeer (veral as ‘n wyfie saamgaan) is ‘n plesier as mens goed ingerig is. Begin solank die plekke in die bos uitsnuffel waar daar nie geriewe is nie en waar mens sonder steurnis naby aan die natuur kan wees.
Krag vir yskas ligte en en
Het baie geleer gevra by n paar mense op 4x4 community forum en ja ons kamp forum ook bydra"s gekry en dankie Anton vir jou waardevolle inset daar gaan tye wees waar ons toer wat ons gaan ry om van punt A na punt B te kom en hoe hou jy jou yskas koud en jou battery vol en deur die nag sal n lig of twee ook brand en selfone en labtop moet ook gelaai wees n pap battery gaan die lewe swaar maak as jy off grit kamp so ek gaan Victron Orion-TR SMART DC-DC Charger isolated 12/12-18A (220W) gebruik En wanner ons stil staan en kamp vir twee dae of meer gaan ek my solar 300 w panel gebruik met n Victron Smart Solar MPPT 100/20 controller hy sal sorg dat yskas ligte labtops ens gelaai is tewyl ons nie ry nie
Wildehont net so
Berdien is net so opgewonde soos ek n ou moet maar mooi beplan nie blindelings ingaan in situation en dan brand jy jou vinngers daar is n paar plekke wat ons gaan draai om alles uit toets ons gaan na De Voetpadkloof boskamp en dan na Kyleu Bushcamp vandaar sal ons die lang pad aanpak kyk ons twee is opgewonde en dan ook kamp met ons Swing karavaan ons gaan wiltuin toer met Swing doen asook Eiland , Swadini, Natalia ![]()
My droom staan stil
Middag Shaun
Julle is omtrent besig met aankope en inrig. Ek wil liewer nie vra wat jou totale kapitale uitleg tot hede is nie. Ek dink dis baie duur om mens so veeldoelig, uiteenlopende manier van kampeer, in te rig. Julle moet dit net geniet.
Dalk is boskamp so lekker dat julle van die Swing ontslae raak.
Ek het Juliemaand in Balule langs 'n egpaar en dogter gestaan wat net met 'n bakkie, ingerigte kappie en 2 daktente kampeer het. Hulle het 'n los gazebo gehad vir eetkamer en kombuis. Dit het natuurlik sommer hulle staanplek gereserveer as hulle gaan ry het. Ek het my verstom hoe min werk dit is om die 2 daktente toe te maak vir rondry in dag, en dan weer oopmaak vir slaap.
Ek moes weer gaan raas by handelaar, my trokkie se aflewerdatum bly skuif, en natuurlik skuif die prys ook net een rigting
E
Goed toegerus en ingerig
Genade Shaun, julle is omtrent toegerus vir kamp met of sonder die Swing. Vir baie van ons bly dit wat julle nou doen maar net n droom, maar julle laat julle droom waar word!
Baie geluk en geniet dit.
pieterc dankie
More Pieter as jy nie jou droom na jaag nie gebeur niks vra maar vir my ek en Berdien is regtig opgewonde ek dank ons Vader wat voorsien in hierdie tyd wat dit maar sukkel gaan met so baie
Die Bushtech canopy
So lyk my bushtech canopy selfde kleur sy dra max gewig n aluminte 2500 kg nie dat ons dit ook naby aan sal kom om te laai nie![]()
Snorkel op order
Ek het hier by n plaaslike ou n snorkel bestel hy sit vir Toyota ,Ford en Izusu handelaars snorkels op vir hulle voertuie
My bynaam daarvoor....
Môre Shaun
...is 'n spoegkobra!. Kyk bietjie mooi, die ding staan so agteroor met 'n bakkop, net voor die groot spoeg.
Jy speel lekker nê?!![]()
Interessant...
Interessant Shaun !
Ons Nissans het gelukkig nie asemhaling probleme nie - g'n wonder jou kontak voorsien nie Nissans van snorkels nie !
Dalk kan....
....Nissans gladnie loop waar snorkels benodig word nie.
dis mos maar 'n kwessie van vraag en aanbod.
Dankie Warren
Warren thanks for all your inputs Len dit hang af waar jy ry as jy teerpad ry het jy hom nie nodig nie maar as jy baie grond pad ry help hy baie vir skoonlug net so wessel dis lekke





Maak 'n langnaweek
Hello Shaun
Sit 2 dae verlof in, maak 'n langnaweek en gaan kamp.
Lekker trokkie die 2.2 enkel turbo, ek hou van sy ratkas met die 5de rat wat nie 'n snelrat is nie. Jy gaan daai Swing uit lit uit trek met daai wa.