Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Slange Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -27 minutes ago
Ek geniet ... November 2026 Chris Boucher -49 minutes ago
Wessel Len gaan weer Kruger Wildtuin… Rona du Plessis -1 hour ago
Koue in Sedgefield November 2026 Rona du Plessis -1 hour ago
Jan... November 2026 Wessel Strydom -1 hour ago
Geert ... Braai met 'n Weber Chris Boucher -2 hours ago

Augustus is hier! Koffie en groet.

Centurion
Profile picture for user Voortrekker
Submitted by Voortrekker on
Forums

En so lyk dit vir my  die ergste koue is nou gebreek? 

'n Geseënde Augustus vir almal en mag julle sommer lekker kamp ook. smiley

Vaalwater, Limpopo
Profile picture for user Josef Willem

Josef Willem

Wed, 04/08/2021 - 07:15

Goeie more kampeerders,

Voories, sal lekker wees dankie, swart koffie met 3 suiker, geen melk.

Steek daai vuurtjies aan vanmiddag, dit is mos klein Saterdag vandag, gaan weer n rooibok steak op die kole gooi!!!!

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Wed, 04/08/2021 - 10:00

Die bek mekanik het net 'n moerse klomp foto's geneem, Vrydag is die beging van die slagting. 😫

Geniet jou klein Saterdag. 👍

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Wed, 04/08/2021 - 16:14

Ek dink mens moet dalk die draad se naam verander na "Maand se algemene klets" wink

Goeie middag almal, ek sit nog heerlik hier by Buffelspoort en geniet dit erg.

Vandag nog 'n kaapenaar hier in gekom, die twee is nou al vier maande op die pad. Hulle was Kgalagadi toe, Namibia en is nou stadig terug op pad terug Langebaan toe. Ek beny sulke gelukkige mense wat net besluit, en doen. 

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Fri, 06/08/2021 - 06:30

Johann, julle moet veilig terug ry. 🙏

Vanoggend 7:30 die slagting by die tandarts. 😫

Geniet jou Vrydag.

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Fri, 06/08/2021 - 16:22

Middag vriend en vyand, geniet die lang naweek, die manne wat pad vat (gevat het) wees veilig en kamp 'n brak uit 'n tak.

Dankie Willem, ons is 10:00 daar weg en 13:00 by die huis gestop, klaar af gepak en skoon gemaak, reg vir volgende een.

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Sat, 07/08/2021 - 09:01

Hoop die bokke gaan soos laasweek hulle kant bring. 

Geniet julle kamp Anton en julle ander moet die dag veniet.

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Sat, 07/08/2021 - 09:55

Goeie môre almal, Anton en ander wat kamp, geniet dit.

Jan, my oudste dogter-hulle is die naweek daar in Knysa (hulle woon in Port Elizabeth). Hulle gaan stap roetes doen saam met vriende, en my kleinseun stap saam om die klomp ouer mense op te pas. Hoop hulle het warm goed saam gevat.

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Sat, 07/08/2021 - 17:54

Daar is hy, gestart vir die Bokke.

.

En wag vir Noddy. 👍🔥🥃🥩🎶

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Sun, 08/08/2021 - 09:09

Eish, nou wil ek nie eers meer groet nie, (na daai lelike groet van Voortrekker) ek sit by die huis, en sommige mense kampdevil

Goeie môre almal, geniet die Sondag, my "outlaw family" is hier, so ek sit en sulk maar eenkantwink

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Sun, 08/08/2021 - 10:20

Nou ja, die bokke het dit gemaak.

Anton geniet die kamp, lekker. 👍🏕🔥🥩

Ek is home alone vandag.

Geniet jou Sondag.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus