6 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Simpel antwoord Oktober 2026 saam gesels Geert -41 seconds ago
Wyse besluit.... Kgalagadi Oktober 2026 Rona du Plessis -4 minutes ago
Swart span Springbok rugby Geert -17 minutes ago
8 Oktober Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -1 hour ago
Verblyfplanne Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -2 hours ago
URC Springbok rugby Geert -3 hours ago

Water stoor en hoeveelheid

Secunda
Submitted by Sleep nou on
As ek reg is kan twee persone met so 5liter water n dag oor die weg kom vir drink en kos maak dus as ek 60 liter saam ry kan ek vir 12 dae regkom en hoeveel water dra n mens saam vir so tydperk van 12 dae om te was en daar is nerens n water punt vir volmaak nie wat sal julle se sal genoeg wees my argument is water is exsta gewig so beplanning is belangrik as jy daar innie boendoes is met geen water tot jou beskiking nie behalwe die wat jy saam jou vervoer gee asb jou seining sal waardeur word
Centurion

Voortrekker

Wed, 28/10/2020 - 12:55

Ek het een van hierdie, 20L, hy het 'n bracket op die roofrack.  Dis maar eintlik 'n waterkan om by die kampplek te gebruik aangesien ons altyd 'n kan met 'n kraantjie gebruiik en volmaak en in die kombuis tent sit. 

As one moet toer sal ek hom maar heeltemaal volmaak net ingeval daar water tekort of noodgeval is, of dalk 'n nag se oorstaan by plek waar nie water is nie.

c

0
Secunda

Sleep nou

Thu, 29/10/2020 - 07:58

Wessel op n wildsplaas buite gravelote daar is wel n dam maar stil staande water met baie waterhonde ons sal maar dalk daai water gebruik vir lyf was die bush baby stort is toe 20l en nie 15 soos ek gese het nie hom getoets en ons het reg gekom met die 20 liter water maar daar is nie tyd vir ginne gaap nie was soos in weermag Anton daai kan wat bo op voertuig kan werk maar as hy los is breek daai kraan vining af as hy n paar stampe het

0

Middag Shaun

Die tyd van die jaar, moet jy vir daardie omgewing baie drinkgoed saamry.

Wat jy spaar in water, gaan jy moet meer vat in bier. laugh

0
Worcester

Wildehont

Thu, 29/10/2020 - 11:20

Moet net nie in die dam swem of bad nie, en soek ‘n oop plek om water te gaan haal. Krokodille stap ver om nuwe voedselbronne te kry. Die dam kan vir jare krokodilvry wees en dan trek daar skielik een in. Vra maar vir Christiaan Bakkes. 

0
Secunda

Sleep nou

Fri, 27/08/2021 - 19:27

Front runner het n 55 liter water tenk wat ek gaan installer net voor agter as van bakkie teen aan cab dan het ek nou twee 10 liter water kanne wat ook plek het agter bakkie wil so min moontlik op dak pak swaartegewig is soms nie jou maat so val alles nou so stuk stuk in plek dankie vir almal se inset smileyyes

0

Môre Shaun

Ek het gou deur die draad gelees, en hier het jy nog nie 'n goeie antwoord op jou vraag gekry nie. Moontlik het ouens op 'n ander forum jou 'n goeie aanduiding gegee.

Die manne wat so gaan kampeer in Botswana-- waar niks is nie, moet hier raad gee.

As jy NIE water drink nie, het jy meer vir was van lyf en skottelgoed. laughDie vorige eienaar van my Kavango het 'n water limietskakelaar ingebou. Daarmee kon mens stel hoeveel water jy per dag uit die tenk tap. As ek reg onthou was dit gestel op 20l vir hom, sy vrou en 2 kleuters, maar ek weet nie of hy apart drinkwater ook saamgery het nie.

0
Secunda

Sleep nou

Sat, 28/08/2021 - 09:53

Die 20 liter Bush baby solar water sak, kan ek en  Berdien in die aand vir twee aande stort  dan was jy soos in weermag dae ons het die proefloop klaar gedoen ook die solar sak maak ek reeds vol voor ek vertrek dit gee my met die 75 liter water so 7 dae se stort dan het ek twee 10 liter kanne water en n Additional 20 liter water kan wat ek by builders nou gekry het dit gee jou totaal van 40 liter water vir drink dit is so 4 tot 5 dae se drink water ek oorweeg ook om water fillter systeem te kry waar jy uit dam , rivier water kan trek skoon maak en reg vir was van skottelgoed , stort asook purify pille kry wat jy ook ingooi om die gefilteerde water ook veilig te maak vir drink ja die konsep gaan ons toets by De voetpadkloof se boskamp om te sien of dit so sal uit speel 

0

Middag Shaun

Moet daar 'n gaatjie in jou nuwe kappie gemaak word om die water uit die ingeboude tenk tot buite te kry?

Of sit die tenk onder die bakkie se laaibak, teenaan die kajuit?

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Sat, 28/08/2021 - 10:49

Ek moet my eintlik uit hierdie gesprek hou want ek het nie 'n boswa nie en kamp nooit só diep in die bos waar daar absoluut geen geriewe of water is nie.   Maar, uit 'n meer praktiese (en miskien ook finansiële) oogpunt sal my raad wees : pasop vir oorboord gaan met toerusting soos water-voorsiening terwyl 'n mens miskien (indien ooit) een of tweekeer per jaar so 'n rit aanpak. 

Vriende van ons en hulle drie kinders met hulle gesinne, elk met 'n boswa, gaan kamp elke tweede jaar waar daar absoluut geen geriewe is nie en hulle heeltemal selfversogend moet wees.  Hulle sorg dat elke boswa se watertenk vol is plus 'n paar 20 liter plastiek houers. Wanneer die plastiek houers leeg is, ry een van die gesinne met al die houers na die naaste plek waar water beskikbaar is en vul die houers. Die hele famielie van 15 siele hou heerlik so vakansie vir 3 weke.

My raad is dus, as jy net een of tweekeer per jaar 100% selfversorgend moet wees, wees versigtig vir oorboordgaan met toerusting.

0

Goeie môre my vriend Len

Is Brits en Brackenfell dan nie 'n uur uitmekaar wat tydsones betref nie??laugh

0

Hello Shaun

Julle moet nou nie skelm wees by de Voetplaat nie. Julle mag geen water uit krane en/of ablusie gebruik nie, anders is julle toets nie verteenwoordigend nie. Weermag was is dus julle beide se voorland, moet net nie dat dit hande uitruk nie.wink

Slegs as alles op is, mag julle aanvul. 

0
Centurion

Voortrekker

Sat, 28/08/2021 - 16:08

Ja Willem.  Daardie sommetjies klink nie vir my reg nie

40 liter water vir drink dit is so 4 tot 5 dae se drink

 Teen 300ml / glas gee dit vir my 133 glase water.  Dit is 26 glase water per dag.     13 glase per persoon per dag.    

Dalk drink hulle soos visse?

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Sat, 28/08/2021 - 17:07

Omdat ons reënwater in ons huiswater-sisteem gebruik, koop ons drink-en kookwater.  Vir ons twee, ons huishulp, kinders en kleinkinders asook gaste wat hier inloer, gebruik ons maksimum 30 liter water per week.

0
Secunda

Sleep nou

Sat, 28/08/2021 - 20:51

Wessel die 55 liter tank kom binne laaibak teen aan kajuit net so Len Anton  ons gaan water nodig he nie net vir drink en stort nie maar vir kos maak ook so gewig is n faktor en jy vat net wat jy nodig het nee ons sal nie kroek met toetsloop nie Wessel Willem ek sal maar meer wyn moet saam vat en minder water drink    yessmiley

0
Vaalpark

Johann L

Sun, 29/08/2021 - 08:42

Shaun ons gebruik so 30 liter water 'n 5 dag week, dit is vir drink, kos en die ys masjien. Sluit nie stort en skottelgoed in nie. Vir stort en skottelgoed gebruik ons oord water.

Goed, toe gegee, ek is nie lief vir groente nie, dus kook my vrou bitter min, net pap of rys en so bietjie vir potjiewink

0
Worcester

Wildehont

Mon, 30/08/2021 - 10:13

Toe ons verlede maand by Shingwedzi was, het ‘n pastoor van Mosselbaai en sy gesin met hulle Exclusive langs ons gestaan vir twee aande. Die een middag kry ek hom by die naaste kraan toe ek stortwater gaan haal vir die Kavango. Die kraan was so ver dat ek moes water aandra. Ek het dus elke dag sommer met leë 5l waterbottels die ongeveer 40l aangedra wat ons per dag gebruik vir stort, die kinders bad en skottelgoed was en kook. 
 

In elk geval; die pastoor het toe so houtkis met ‘n kraantjie bo-op waaraan hy die tuinslang van die wildtuin kraan af koppel. Hy maak dan sy waterbottels vol met die kontrepsie se kraantjie. Toe ek hom uitvra sê hy dat hy ‘n drie fase filtreer stelsel in die houtkis ingebou het wat hy gebruik waar hulle ookal kampeer. Ek dink dit sal voldoende wees om een van daardie onder die toonbank stelsels met die twee filters en die kraantjie bo-op te gebruik om so iets te bou. Ons het so een in ons kombuis vir drinkwater (ek drink baie water) en ek vervang die filters net een keer ‘n jaar. 
 

Ons drinkwater kom uit die DuToitskloof berge anderkant Rawsonville. Daar bly niks mense nie, so dis berg water wat mooi skoon is. Daar word egter chloor bygevoeg, en ek haat daardie reuk in drinkwater. Daar is ook veral in die winter wanneer dit lekker gereën het bietjie organiese materiaal in die water, wat dit ‘n effense bruin kleur gee. Dis hoekom ek ons water fitreer - om die chloor en kleur uit te haal. Die filtreer stelsel sal egter kieme ook uithaal as daar iets in is. 
 

Ek stem egter saam met Oom Len. Hoe gereeld gaan kampeer mens waar jy nie drinkwater kan koop as dit wat jy saamneem opraak nie? So filtreer stelsel is swaar ook. Ons vat 25l van die gefiltreerde kraanwater saam op elke toer vir drink, en koop nog as ons lank genoeg weg is dat dit te min raak. Waswater kry ons uit die Kavango se 120l tenk, en daar was nog altyd iewers om dit op te vul. Ek gooi Milton by vir die wis en die onwis.  

0

…. dat ek die begeerte kry, en dan ook die ooreenkomstige sleepvoertuig, om plekke te besoek waar die verkryging van water problematies is.

Ek ry ook gekoopte behandelde boorgatwater saam vir drinkdoeleindes, bloot omdat ons deesdae wantrouig is teenoor plekke se kraanwater. So ry ons water saam KNP toe, en koop maar ten duurste daar. Juliemaand ongeveer R25 vir 5liter betaal. Heel moontlik kan mens dalk KNP se kraanwater drink.

 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus