Ek begin hierdie draad na aanleiding van die gesels versoeke rondom betroubaarheid van- en probleme geassosieer met Toyota voertuie en veral ook hulle trokkies.
Ek kan nou ongelukkig nie veel hier saam praat nie, want ek het in 2007 my laaste Toyota ingeruil en ry nou Mahindra's
Laat ons hoor ...... ![]()
![]()
![]()
Voortrekker jy was een van…
Voortrekker jy was een van die baie slim Toyota eienaars wat ge Upgrade het na Mahindra. Baie geluk.
Van 2007 slaap jy soos 'n baba en kry nie nag merries oor olie lekke en ratkas probleme nie.
Na 2007 het eers Volkswagens…
Na 2007 het eers Volkswagens gery - 2 TDi Caddies van 2007 tot 2020 en laasjaar 2 Mahindra's aangeskaf.
My Toyota vriende wil nou nie meer saam met my uithang nie.
Duitse fabrikate is nog op…
Duitse fabrikate is nog op die bal. Jy is verskoon.
Jou toyota vriende sien jy het uitgestuig bo die res.
Het ook vroeër Toyota gery,…
Het ook vroeër Toyota gery, toe 'n kombi en Polo en nou ook my 2de Mahindra SUV 500. So ek eintlik uit voeling met Toyota en al sy dinge. Net te duur geword vir my sak.
Betrou baar maar
Ek glo Toyota is betroubaar hom al bewys innie mark maar jy sal hier en daar probleem kry maar soos by enige fabrikant is daar n probleem of twee die Hilux het net regtig duur geword maar bly gewildste bakkie / trok as jy kyk na verkope
Op 'n ernstiger noot. Baie…
Op 'n ernstiger noot. Baie van my boer vriende het oorgeslaan na Mahindra oor 'n paar redes.
Prys is die eerste groot faktor. Minder elektriese goeters wat probleme gee en duur geld kos. Parte is ook bekostigbaar. My een vriend doen pompe (ook by myne) en ry die hele land vol. Hy ry die bakkie totdat hy nuwe bande kort en dan ruil hy hom in op 'n nuwe jaar model. So hou hy sy vloot nuut en kry hy die beste inruiling op sy bakkies. Mihindra kyk mooi na hom.
Op die kamp gebied sien jy verseker meer Mahindra's. Hulle is mooi bakkies en doen sy ding. Ek dink baie keer Toyota en Ford is overrated in baie gevalle en ons as 'n volkie is amper al gebreinspoel oor bakkies.
Julle manne is besig om te krap
Nou ja, Voories, was ek nie saam jou by Kruger Ranch nie, het ek nie beplan om saam met jou by Zaagkuilsdrift te gaan kamp nie!![]()
Al ry jy jou Mahindra en ek my Toyota, maar daar gelos, kom ons kyk na n klomp feite, my 3.0D4d het tans 160k op die klok, is 8 jaar oud en sal nog R225K vir hom kry as ek hom nou verkoop, ek het hom gekoop vir R354k, dit is n verlies van R129k.
Het my nog nooit langs die pad laat staan nie.
Skerpioen, die olie kolle waarvan jy praat is seker die Ford Eienaars, want hulle kry nou Colour Coded olies vir hulle voertuie om aan te pas by hulle 'driveways" sodat jy nie die kolle kan sien nie.![]()
Net soos Voories glo aan sy Mahindra en die ander manne aan hulle Ford, so glo ek aan my Toyota, kry mens na regte nog n slegte voertuig!
Ag wat, julle kan maar sê wat julle wil, ek moet net n bietjie 'Stir" lekker dag vir almal en is vir niemand kwaad nie![]()
Ek gaan verseker hier lekker saam praat, julle hoef nie daaroor te komkommer nie.
Ja wat, ek sal swyg,
Nadat ek Voories se Mahindra gesien het en sowat 3 weke terug in die Karoo S10 gery het, het ek daaraan gedink om maar die Hilux ook In te trade op die S10 Karoo, dubbel kajuit. Maar ja daar moet nog baie water onder die brug deur loop, sal heel moontlik volgende jaar maar vir my ook enetjie aanskaf.
Ek moet regstel. Al my…
Ek moet regstel. Al my Toyota vriende behalwe een. Maar ek vermoed daardie een vriend wil met my uithang want hy wil ook vir homself "een" koop ![]()
![]()
Net soos Voories glo aan sy…
Net soos Voories glo aan sy Mahindra en die ander manne aan hulle Ford, so glo ek aan my Toyota, kry mens na regte nog n slegte voertuig!
Nee ek glo nog nie aan my Mahindra's nie - 1 jaar en 25 000km is nie genoeg om al volle vertroue te bied nie. My laaste volksie was 10 jaar en 200 000 km en in die VW caddy het ek vertroue (wel die 1.9tdi)
Kom ons kyk na 4 jaar en 100 000 km wat doen die Mahindra - dan praat ons weer
But, so far baie goed en lekker ...
Julle gaan sukkel....
Môre vriende
....om interaksie/insette op forum te verhoog deur te hoop dat 'n draad oor "TOYOTA probleme, dit gaan aanvuur. Ek twyfel want;
1] hulle het tans net 1 probleem, mens kry geen nuwes te koop uit die fabriek nie.
2] ons voel oor ons trokkies soos 'n broer in die tronk, ons praat nie daaroor nie![]()
Ek sal tog die draad dophou, en my verkneukel.
Wessel ek hoor hulle breek…
Wessel ek hoor hulle breek al in die fabriek - dis hoekom daar so 'n tekort aan nuwes is.
Nee wat
Dan sal ek maar die Hilux vir nog 3 jaar ry en wag vir die terugvoering van Voories af, totdat hy nie 100% tevrede is nie, gaan ek nie een aanskaf nie.![]()
![]()
Gelukkig weet ek met my Toyota kan ek 250,000km ry sonder enige probleme want hy het homself al bewys oor die jare, maar dan by gêse, ek glo aan die 3.0 d4d, die GD6 moet ook homself nog bewys.
Maar dit is waar wat julle manne praat, as ek nou n nuwe 2.4GD6 wil ry, moet ek met n inruil nog R400k opdok vir n nuwe voertuig, ek kan my Hilux hou en met R400k n nuwe Mahindra van die vloer aftrek, Toyota en Ford het net te duur geraak!
Ek lees juis gister 'n…
Ek lees juis gister 'n artikel oor die nuwe GD6 - tussen die 2.4 en die 2.8. Opinie is dat alhoewel daar op paier 'n redelike verskil in krag is, die verskil op die pad en in alledaagse gebruik nie so groot is nie. Die ouens koop maar die 2.8 waar hulle kan want dit gaan meer oor die badge wat op die voertuig is en om te wys jy het die "beter en groter" een.
Die beste voertuig
Toyota is nie die beste voertuig nie. Ook nie VW, Ford, Mahindra, Mercedes of watookal nie. Die beste voertuig is een waarop jy niks skuld nie. Ek het gelukkig twee sulkes.
Ons moet hierdie draad…
Ons moet hierdie draad toemaak. Toe ons begin het was daar 13 aanlyn en nou net 11.
Die ander twee is seker oppad Mahindra toe.![]()
Wildehont ek het ook altyd…
Wildehont ek het ook altyd so gesê. Maar nou verskil ek weer van opinie. Gelukkig is my een Mahindra darem afbetaal.





Nuwe draad op versoek ...
Nuwe draad op versoek ...