Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Smokey Joe Braai met 'n Weber Geert -1 hour ago
Tyd tot Junie'27..... Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -11 hours ago
Mata Mata Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -12 hours ago
Afrikaanse Forum Afrikaanseforum.co.za Maria Lock -16 hours ago
Jou gelukkige dag Neef Herman Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -1 day ago
Herman... Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -1 day ago

Toyota en al sy probleme

Centurion
Profile picture for user Voortrekker
Submitted by Voortrekker on
Forums

Ek begin hierdie draad na aanleiding van die gesels versoeke rondom betroubaarheid van-  en probleme geassosieer met Toyota voertuie en veral ook hulle trokkies.

Ek kan nou ongelukkig nie veel hier saam praat nie, want ek het in 2007 my laaste Toyota ingeruil en ry nou Mahindra's

Laat ons hoor ......    smileywinkdevil

Bloemfontein

Skerpioen

Tue, 07/09/2021 - 09:45

Ek dink weer al die manne kla oor hulle voertuie van verskillende fabrikate veral as hulle onder waarborg is.  Jy betaal baie vir die produk en dis jou reg om probleme te opper indien nodig. 

Nie al die voertuie wat by 'n handelaar staan word gediens nie.  Daar is 'n groot presentasie met breuke en probleme wat aandag moet kry.  As almal daar was vir dienste wat dit nie nodig om miljoene rande se parte aan te hou nie. 

Ek spot altyd my vriende by Toyota dat hulle tegnikuste stupid is.  Hulle het net 'n toolbox met 'n 10 en 13 sleutels en twee skroewedraaiers om dienste te kan doen.  Gou hoor jy van hulle dat hulle dit en dat daagliks doen.  Probeer dit gerus by ander fabriekate se tegnikuste en dan sal jy vinnig hoor wat alles in die werkswinkel daagliks gebeur.  

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Tue, 07/09/2021 - 10:04

Enige ding met bewegende dele moet onderhou word en het ‘n beperkte leeftyd. As jy dit nie onderhou nie verkort jy ook die leeftyd. ‘n Ander bepalende faktor is hoe jy die ding gebruik. ‘n Verkoopsverteenwoordiger in die platteland wat baie kilometers op die oop pad deurbring se bakkie gaan baie verder hou as die kantoorwerker wat vyf dae ‘n week stop/ry in spitsverkeer. Die mense wat vertel hoe hulle voertuie gebreek het vertel nie altyd vir jou hoe goed hulle die voertuie onderhou het (of nie) en hoe hulle die voertuig misbruik het nie. Tegnologie is wonderlik en maak die lewe makliker, maar ek wonder ook hoeveel hedendaagse werktuigkundiges by agente hulle sout werd is. 

0
Centurion
Profile picture for user Voortrekker

Voortrekker

Wed, 08/09/2021 - 07:41

Ek het die ander dag 'n video gekyk van 'n 4x4 voertuig wat bietjie opgraddeer is om die meer uitdagende roetes makliker aan te durf.  Ek dink dit was 'n Toy (maar dit is nie punt nie)   Die Video het gewys hoe wonderlik die voertuig is en hoe goed hy deur al die modder en hoogtes en dinge kon ry - maar waaroor die vidseo eintlik gegaan het was die "aftermath"  en diens en herstelwerk wat aangebring moes word.   Daar was heelwat parte en dinge wat vervang moes word om hom weer reg te kry vir die volgende keer.

Ons sien altyd hoe sterk en goed van die voertuie is as hulle so deur harde terrein gery word ens.  Maar daar word nooit gewys wat na die tyd gebeur en wat die eintlike kostes wat  verbonde is aan onderhoud nie.

0
Brits
Profile picture for user wessels

wessels

Wed, 08/09/2021 - 08:11

Môre Anton

Ek stem volkome saam.

Ek het ook al 'n inset gesien oor die voorbereiding van die Voetspore span se, kom ons noem dit op die naam, Land Cruisers. Dit is verstommend hoeveel veranderinge aangebring word, selfs aan die suspensie.

Ek het net besef, moenie 'n voertuig op sy baadjie [romp] takseer nie. Daai LC is baie vêr van standaard. Nou kom die algemene vraag--- hoeveel Jan allemanne hou in gedagte die ekstra gewig wat hulle laai as hulle "off the road" gaan. Bring hulle die nodige veranderinge aan.?? Uiteraard geld my vraag vir alle fabrikate.

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Wed, 08/09/2021 - 09:03

hoeveel Jan allemanne hou in gedagte die ekstra gewig wat hulle laai as hulle "off the road" gaan. Bring hulle die nodige veranderinge aan.??

Ja, bakkies word deesdae gesertifiseer om belaglike gewigte soos 3 000kg te sleep. Ek laat my nie vertel dat as jy so swaar sou sleep vir die meerderheid kilometers wat ‘n bakkie aflê, dit nie aansienlik meer slytasie sal hê as een wat die helfte se gewig (of glad nie) sleep nie. 

0

Wildehond jy praat die waarheid.  My boot is ongeveer 3ton as hy gelaai is.  Van Bloem na Richardsbaai is ver om swaar te sleep.  Alles word bogemiddeld warm tydens die sleep.  Die onderstel, body, ratkas, engine en remme.  Al wat goed werk is on gereeld lank genoeg te stop. Goeie onderhoud is die antwoord. 

0
Centurion
Profile picture for user Voortrekker

Voortrekker

Wed, 08/09/2021 - 09:25

Wessel doodreg -  dit is hoekom ek selfs 'n excel spreadsheet hou van hoeveel alles weeg wat ek gebruik en laai vir my "kamnp sonder sleep" toere om seker te maak ek oorlaai nie bo spesifikasie nie.    Dit sluit gewig in van ons gesin en brandstof en water en battery en ALLES!    Dit is hoekom ek ligte buigbare sonpanele gebruik wat slegs 2 kg weeg en nie 12kg nie.  

As 'n jy 1 ton bakkie ry , dubbel kajuit vir 'n gesin van 4, en jy wil 'n canopy opsit ens en water tenk en al die ektra's  en tente en daktent en watookal, moet mens mooi kop hou.   Daardie 1 ton sluit ook net 10L brandstof in.   So as jy 'n 75 L tenk het en nog 2 jerry kanne brandstof wil saamry + 100L water -  dan het jy alreeds  20% van jou gewig gebruik en nog nie eens vir mamma en al haar eetgoed gelaai nie!  

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Wed, 08/09/2021 - 10:20

Nou gaan ek stroom op oor kom, ek glo hoegenaamd glad daarin om 'n voertuig wat deur 'n ingeneer ontwerp is, te loop verander nie. Daardie manne met coke bodem lense het die ding vir maksimum "performance" ontwerp.

Maak nie my engin warm nie, chip nie, sit geen geite by wat kastig brandstof verbeter nie. Ry hom soos ek dit gekoop het.

0

Johann, ek het my vorige 3.2 Ranger gemap.  Die krag het drasties verhoog.  Dit het baie gehelp met die sleep maar jy moet heeltyd met jou kop ry.  Die voertuig het baie krag en saam met die baie krag is hitte jou grootste probleem.  Hoe harder hy werk hoe warmer word alles.  Die voertuig engine word ontwerp om 'n sekere uitset te gee.  Dis nou jou verkoellerstelsel en water poorte binne jou blok.   As jy die werksverrigting aanjaag moet jy einlik ook iets doen om jou voertuig kouer te hou.  Ek dink dis waar 99% van die manne wat chip en map opslip.

Sal ek dit weer map ?  Nee        Ek sleep tans met die 2L Ranger en hy is mans genieg vir die sleep.  daai ratkas verander hom in 'n klein monster.  

0
Brits

Wessel Strydom

Wed, 25/01/2023 - 09:50

.....daai uitlaatgasse wat 'n katalisator benodig. Pure bio-gas.

Brandstofverbruik is uitstekend, dorp toe en tereug op koppie hawer en gars/lusern.

Ene in die foto is nog 4x4 ooklaugh

 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus