Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Wanneer om vlieg kaartjies te koop November 2026 Geert -4 minutes ago
Môre Rona November 2026 Geert -28 minutes ago
Goeie more Geert! November 2026 Rona du Plessis -41 minutes ago
Wessel November 2026 Geert -41 minutes ago
Hoedspruit November 2026 Geert -45 minutes ago
Voertuig huur, Hoedspruit November 2026 Rona du Plessis -45 minutes ago

Toyota en al sy probleme

Centurion
Profile picture for user Voortrekker
Submitted by Voortrekker on
Forums

Ek begin hierdie draad na aanleiding van die gesels versoeke rondom betroubaarheid van-  en probleme geassosieer met Toyota voertuie en veral ook hulle trokkies.

Ek kan nou ongelukkig nie veel hier saam praat nie, want ek het in 2007 my laaste Toyota ingeruil en ry nou Mahindra's

Laat ons hoor ......    smileywinkdevil

Brits
Profile picture for user wessels

wessels

Fri, 03/09/2021 - 09:19

Hello vriende

Daar is wel 'n verskil in wringkrag, maar klein. Die 2.8 enjin gee baie wringkrag [550Nm], maar dit het 'n ander ratkas en ewenaar, as die 2.4, wat slegs 400Nm lewer. Dit 2.4 se ewenaar het 'n groter verhouding, en dit bied 'n groter verhoging in sy wringkrag op die wiele. Daar is dus nie so 'n groot verskil op die wiele se wringkrag nie, slegs ongeveer 12% meer vir die 2.8   

Dit, en prys was die rede waarom ek 'n 2.4 bestel het. Ek boet egter ook so bietjie luukses in, maar sal leef daarsonder.

Josef: Die GD6 masjien kom darem al 'n rukkie, en ek het nog nie vars klagtes gehoor nie.

0
Vaalwater, Limpopo
Profile picture for user Josef Willem

Josef Willem

Fri, 03/09/2021 - 09:20

TOYOTA is BAAS 3

Wys my asb enige ander voertuig waar daar so toets gedoen islaugh

video
0
Brits
Profile picture for user wessels

wessels

Fri, 03/09/2021 - 09:26

Môre vriende

Ekskuus, ek het gou na my spreitabelle gaan kyk. Die 2.8 Hilux het ongeveer 30% meer wringrag op dy wiele as die 2.4 masjien.

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Fri, 03/09/2021 - 09:30

Ons weet almal dat daar 'n wêreld-skaarste aan mikroskyfies ("chips", nie slap-tjips nie) is.  Ek luister gister na 'n finansiële program waartydens gemeld word dat Toyota Suid-Afrika hul produksie met 40% moes terugsny weens 'n tekort aan hierdie mikroskyfies.  Dit verklaar seker hoekom Wessel so lank moet wag vir sy Hilux.

Ek glo dat die "just in time" gebruik om komponente in 'n vervaardigingsproses toe te pas eerder as om 'n groot hoeveelheid komponente in voorraad te hou, hierdie keer vir Toyota en ander ondernemings gebyt het.

0
Vaalwater, Limpopo
Profile picture for user Josef Willem

Josef Willem

Fri, 03/09/2021 - 09:45

Ons sou wel n probleem gehad het as jy nie iets gesleep het nie en net die bakkie gehad het om kerk toe en terug te rylaugh

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Fri, 03/09/2021 - 10:17

Kyk maar net na my karavaan wat ek sleep. 'n Ou met ego-probleem sal waaragtig nie vasklou aan sy 1993 Caravette 6B nie. Ek het nou weer gekyk hoe staan my ou waentjie uit soos 'n seer duim tussen al daai 'fancy' karavane by al die plekke waar ons was. Maar 'so what'? Hy's betaal, voldoen aan my behoeftes en nog (na my mening) in 'n goeie toestand.

Hoekom dan 'n 2.8 Hilux en nie 'n 2.4 nie? Ek hou van die "climate control" en die "speed control" wat die 2.8 bied. My seun se 4x4 is 'n 2.8, maar sy werksvoertuig is 'n 2.4. En jy voel min verskil tussen die twee op die pad.

Waarom Toyota en nie 'n ander fabrikaat nie? Ek het goeie diens vanaf die agentskap ontvang toe ek 2 agtereenvolgende Fords en 'n Mazda gery het. Maar sedert 2008 bevind ek myself in die Toyota-stal met my 4de Hilux. Met die diens wat ek van die voertuie kry sowel as die handelaar/agentskap (Hermanus Toyota) het ek geen rede om na 'n ander fabrikaat te kyk nie.

Dit geld vir bande ook. My Hilux bakkies het almal met Bridgestone bande uitgekom. Ek sal waarskynlik nét so gelukkig met 'n ander fabrikaat wees, maar ek lief my Bridgestones wat skitterende diens gee.

0
Vaalwater, Limpopo
Profile picture for user Josef Willem

Josef Willem

Fri, 03/09/2021 - 10:43

Wildehond, ek moes eers n draai gaan loop en mooi dink wat ek gaan sê en n bietjie navorsing gaan doen, ok so die aarde draai om die son, maar gelukkig kan Toyota's maan toe en terug ry met die selfde Enjin en Ratkas, km gewys natuurlik!

Skerpioen 

Ja daai Hilux is nou net reg vir n nuwe 2022 Model, gelukkig weet jy hulle het klaar al die toetse gedoen en sal alles kan weerstaan!wink

0
Brits
Profile picture for user wessels

wessels

Fri, 03/09/2021 - 11:55

Middag Chris S

Is jy doodseker van jou stelling, ek kon sweer.....devil

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Fri, 03/09/2021 - 13:11

Wessel, my twee afbetaalde karre is een ‘n Ford en die ander ‘n Toyota. Salomien het ook ‘n Toyota, maar nie een van die twee is ‘n Hilux nie. En dis mos maar Hilux eienaars waarvan sommiges so getrou aan die handelsmerk is dat hulle beledigend kan raak teenoor veral Ford eienaars.
 

Ek het lank terug ‘n 2.2 Hilux gehad, maar die ding was so dors soos ‘n wynplaas werker op ‘n Saterdagmiddag en het boonop bladvere voor ook gehad. Dit het so geskud dat dit jou nierskade gegee het. Intussen het ek ‘n Mitsubishi Colt, Audi 500SE en Ford Ranger gehad en die afgelope sewe en ‘n half jaar die Everest. Voor die Toyota het ek ‘n Datsun, Mazda en Nissan gehad en het ook al ‘n Hyundai besit.
 

Duidelik is ek nie baie getrou aan handelsmerke nie, so ek baklei of stry nie oor wat die beste is nie. Terloops; al die voertuie wat ek al besit het is elkeen binne ‘n jaar afbetaal en ek glo steeds dit is die beste soort voertuig...

0
Bloemfontein

Skerpioen

Fri, 03/09/2021 - 13:58

Ek is ook maar een wat maar rondval tussen handelsmerke.  Ek is 'n groot BMW en Audi man.  Al my voertuie het my regtigwaar nie probleme gegee nie.  My MB c250 het met sy draadwerk begin maar ek het hom ingeruil op 'n nuwe ranger.  My ou ranger 3.2 het 200 000km hom goed hanteer.  Hy het regtig hard gewerk en ek was nie sag op hom nie.    Ek het tans twee rangers en 'n fiesta waarmee ek baie tevrede is en sal by Ford so 'n bietjie vashak.  Bygesê jy moet goed bevriend wees met jou handelnaam se dienspersoneel.  Voor ek vra vir iets kry ek dit.  Hulle diens is tops.

My laaste toyota was die 1.6 gli Ecex twin camms.   Ek was mal oor hulle. 

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Fri, 03/09/2021 - 14:41

Dit is só waar wat jy sê t.o.v. jou handelsnaam se dienspersoneel. Met my 2 Fords (nog Couriers) en my Mazda het ek die wonderlikste diens van die Ford-agentskap in Somerset-Wes gekry. Omdat ek toe in Grabouw gewoon het en my voertuig inderwaarheid my kantoor was, was dit noodsaaklik dat ek 'n hoflikheidsmotor tot my beskikking het wanneer my voertuig in was vir 'n diens. My verhouding met hulle was sodanig dat die handelaarshoof onderneem het dat ek altyd 'n voertuig tot my beskikking sal hê.

Dit was in die dae toe ek nog maatskappy-voertuie gery het. Toe 'n kollega van my skielik sterf, het ons bestuurder my gevra of ek nie sy Mutsubishi Colt wil oorneem nie (toe nog 'n splinternuwe voertuig). Dan neem die nuwe aanstelling my Ford oor. My nuwe kollega het klaarblyklik een frustrasie na die ander beleef met die agentskap naaste hom (iewers in Pretoria-omgewing). Totaal die teenoorgestelde wat ek met die SomersetWes agentskap beleef het.

Maar ek het dieselfde swak diens van die Mitsubishi-handelaar gekry. Vandaar dat ek die besluit geneem het dat daar nie sommer weer 'n Mutsubishi-produk in my inrit sal staan nie.

Ek's terug na my Ford-mense toe, maar wel met 'n Mazda. En weereens so gelukkig soos die spreekwoordelike vark in Palestina.

Toe verhuis ek Kleinmond toe en dit was ietswat van 'n 'schlep' om elke keer Somerset-Wes toe gaan vir 'n diens. Hermanus is 25 minute se ry van ons af. Dit is toe 'n logiese keuse om eerder 'n geskikte handelaar in Hernanus te vind. En so beland ek toe by Hermanus Toyota en ry nou met my 4de Hilux.

Ek sou seker vanaf my eerste dubbelkajuit reeds 'n Hilux gery het, want na 4 Cressidas wat uitstekende diens gegee het, wou ek oorskakel na 'n dubbelkajuit. Maar op daardie stadium was dubbelkajuit Hiluxe nog net in 4x4 beskikbaar en my werkgewer wou nie vir 'n 4x4 val nie. Sodoende beland ek toe by Ford - my eerste dubbeljajuit was nog 'n 3-liter V6. En na 284k kilometer het ek besluit dit sal weer 'n Ford wees.

'n Neef van my was tot onlangs nog 'n verkoopsman by 'n Isuzu-agentskap. Hy het teenoor my genoem hoedat die betrokke werkswinkel inderwaarheid Isuzu se naam gat gemaak het. My kampbuurman by Eiland Spa vanjaar, was 'n uitgesproke Isuzu entoesias danksy die uitstekende diens wat hy vanaf sy handelaar ontvang.

Dus - sommiges is vas aan hulle handelsnaam danksy uitstekende diens en andere wil weer niks weet van die betrokke handelsnaam nie a.g.v. negatiewe ervarings.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus