Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Maurits Oktober 2026 saam gesels Jan Meyer -5 minutes ago
Veilig tuis ??? Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -29 minutes ago
Triton -Honda- Nissan Alternatiewe sleepvoertuie Wessel Strydom -1 hour ago
Goeie nuus Verskoning Rona du Plessis -2 hours ago
Vir Maurits Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -3 hours ago
Dankie......... Verskoning Len Loader -3 hours ago

Vriendelike debat voering.

Vaalpark
Profile picture for user Johann L
Submitted by Johann L on

Ek begin hierdie draad met die hoofdoel, vriendelike debat voering sonder om beledigend te wees of persoonlike aanvalle te loots.

1. Die onlangse geweld in die land:

Mense kla dat die polisie nie vinnig genoeg, of hard genoeg op getree het nie;

Sou die polisie wel begin arresteer het, in ag genome die geweldige meerderheid waarteen hulle moes op tree, wat sou dan gebeur het?

Hulle mag nie hulself verdedig nie, dit "skep swak publisiteit in sekere mense se siening"

Die "mob" veroordeel die weermag se betrokkenheid, al het die weermag net as ondersteuning op getree.

Die publiek, wat nie hul wapens neer gelê het nie, het gaan bystand lewer. Ons land is besig om te vereenig....?

Ons wat nie ons wapen gaan indien het nie word veroordeel?

2. Inenting:

Blykbaar 'n sensitiewe saak.

Ek gaan nie vir die ent nie, bloot omdat ek glo dit is nog nie bewys nie, en geen ander rede nie.

Die mense wat wel gegaan het, ek wens julle alle voorspoed toe, mag dit suksesvol wees.

My probleme met die vir en teen is die aanvalle, mense wat nie will gaan nie word as "no brainers" "selfsugtig" aangeval.

My vraag is, as jy wat ge-ent is dan nou nie meer "aansteeklik" nie, maw, jy kry nogsteeds covid, maar kan nie iemand anders aansteek nie?

Ek veroordeel nie die mense wat gaan vir die ent nie, inteendeel, my seun is ge-ent, ons pastoor is ge-ent, en ek bid dat hulle gesond sal bly.

In die oos kaap is meer 50 gesondheids werkers wat ge-ent is in die hospitaal met covid.

Ek ken mense wat dood is van covid, ek het gister 'n familid aan die dood af gestaan, hy was ge-ent.

Sterkte aan elkeen wat ge-ent is, ek respekteer julle guts, maar, ek gaan nou ook sommer hier noem.

Die aanvalle op mense wat nie soos jyself dink nie, hou maar jou opinie (aanval) vir jouself.

Ek ken hele paar lede op ons forum wat reeds hier weg is omdat somige mense hulself as enigste regdenkende persoon beskou.

Ek het self oorweeg om maar pad te vat, hierdie beskou ek as my laaste poging om te kyk of ek wil voort gaan op die forum, en of ek ook maar soos baie ander, liewer moet gaan.  (Geen dreigement nie, net dood eenvoudig my gevoel oor verdere deelname))

 

Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Fri, 24/09/2021 - 21:17

Die spoedbeperking op ‘n bepaalde pad is 100km/h maar jy het ‘n duur ryding wat jy glo so goed ontwerp is dat jy veilig 140km/h kan ry. Is jy besig om jouself en die mense wat saam met jou die pad gebruik veiliger te hou of verhoog jy almal se risiko?

Die bepaling is dat jy jou moet laat inent teen COVID-19 maar jy glo dis onnodig want jy is gesond genoeg dat jou immuniteit infeksie met die virus sal oorkom. Is jy besig om jouself en die mense wat saam met jou die land bewoon veiliger te hou of verhoog jy almal se risiko?

0
Centurion
Profile picture for user Voortrekker

Voortrekker

Sat, 25/09/2021 - 05:30

Soos ek verstaan is dit gewoonlik die ouens wat stadig ry en nie kyk wat om hulle aangaan wat ongelukke veroorsaak. Dalk is dit beter as hulle by die huis bly?

As die spoed beperking 100 km / hr is en jy ry 140km/hr is die aantuiging dat die spoed wet oortree word.     Met die nuwer vinniger voertuig kan 'n mens binne die spoed grens bly.  Jou argument hierbo is nie van toepassing nie want mense wat nie laat ent nie,  oortree nie die "spoed" wet nie.

Dalk is dit beter om 'n vergelyking te tref tussen 'n ou voertuig wat nie meer lekker werk nie en sy remme stop nie vinnig genoeg nie en suspensie hou hom nie lekker op die pad nie  vs. 'n nuwer voertuig wat 100% werk?  

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Sat, 25/09/2021 - 06:45

Ek stem saam met almal om die masker te dra en hande te saniteer, maar wat baat dit in werklikheid as om net "bo langs" higienies te wees. Almal "santieer hande" as hulle by die winkel in stap, maar krap sy gesig, arms ens en vat aan alles. Daai sg ontsmette hande druk die knoppies op die geld masjientjie by die toonbank. 

Sit die virus net op hande, monde en neuse?

Is die saniteer van jou hande vir 'n uur "skoon"?

Groet jy iemand met die elmboë, is die virus nie ook daar nie?

Geweldig baie mense dra die masker om die mond of selfs net om die ken, nog meer mense spuit saniteer middel op die hande (net omdat hul in die winkel in gaan) en stap net aan, onsmet glad nie die hande nie.

0
Sedgefield
Profile picture for user Jan Meyer

Jan Meyer

Sat, 25/09/2021 - 09:32

Die dra van maskers is vir my 'n ergenis maar dat die dra daarvan help in my mening is beslis waar. Nie een van ons onmiddellike familie het die laaste twee jaar griep of selfs 'n verkoue  gekry nie. Dit is siektes wat deur inaseming begin en die dra van maskers verhoed dit. 

Met die Covid 19 het ons maar aangepas met hande was nie aan die gesig vat nie. Het nou maar'n lewenswyse geword.

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Sat, 25/09/2021 - 12:31

Dalk is dit beter as hulle by die huis bly?

Dalk is dit waar van ongeëntes ook? 

0
Waar my wa staan
Profile picture for user Arie

Arie

Sat, 25/09/2021 - 14:35

Sit ek nou op my stoep en suig aan my pyp met ņ lang glas rum 3n coje in my hand?

Kan toe nie help om te wonder---- dit gaan seker baie traumaties vir die anti vaxers, wees as hulle eendag in ń oomblik van insig bessef dat die wêreld toe nie plat is nie!

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Sat, 25/09/2021 - 17:04

Vriende moet mekaar reghelp :-

Ek lê nou die dag iewers in die nag en dink oor my absurde voorbeeld (Donderdag hierbo) om in "reverse" Wildtuin toe te sleep.  'n Baie beter voorbeeld sou wees as ek met my Exclusive oppad Wildtuin toe is en besluit het om my Dometic-yskas op gas aan te skakel en met die brandende vlammetjie Wildtuin toe te sleep, sou dit tog die verantwoordelike ding wees vir my vriende om nie my stupid besluit te repekteer nie en my daarop te wys dat ek my eie, my gesin en ander padgebruikers se lewens ingevaar stel.

Die punt wat ek probeer maak het dit is tog nie verkeerd om nie te alle tye 'n vriend se standpunt te respekteer nie, sy besluit kan soms fataal wees en 'n ware vriend sal aanhou probeer om die fouterende ou reg te help.

0
Centurion
Profile picture for user Voortrekker

Voortrekker

Sat, 25/09/2021 - 17:07

Dit is juis hoekom ek nie ophou om reg te stel nie.   Ek gee net om vir my vriende.

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Sat, 25/09/2021 - 18:59

Lag of veroordeel my maar.  Ek het met my eerste karavaan (Gypsey 4) in die laat '80s so gesleep van Pretoria, Durban toe.

Exclusive oppad Wildtuin toe is en besluit het om my Dometic-yskas op gas aan te skakel en met die brandende vlammetjie Wildtuin toe te sleep, sou

 

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Sat, 25/09/2021 - 19:45

Willem, destyds het heelwat mense dit wel gedoen  -  jy was dus nie die enigste een nie !

0
Brits
Profile picture for user wessels

wessels

Sun, 26/09/2021 - 07:44

....gee op!!!

Julle ouens kan maar netnie wegkom van hierdie bekgeveg nie. 

Ek het nou-al met 'n gesprek begin oor politieke twakpraat, maar julle trek alles terug na die medisyne onderwerp.

Moenie dat dit julle te veel pla nie, wat maak dit saak dat vir sommige die aarde plat is, my eseltjie is maar te bly en wiskundig is dit "korrek", afhangende van die grootte van die koordsegment.devil

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Sun, 26/09/2021 - 10:56

My wêreld is plat, om rond te kyk, sien ek 7 jaar in die toekoms inwink

Onthou, ek bly in die plat Vrystaat, en tog glo dit vry,  hier is ook lieflike plekke.

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Sun, 26/09/2021 - 11:36

Wessel, ek glo nie ek is meer skuldig aan hierdie medisyne bekgeveg nie  -  ek het probeer om die gesprek te draai hoe vriende mekaar moet ondersteun ingeval een van die twee die pot mis sit.  Johann se standpunt is dat jy 'n vriend se besluit MOET respekteer, ongeag of hy nou reg of verkeerd is.  Hiermee het ek nie saamgestem nie want ek voel 'n ware vriend sal sy vriend se hopelose, gevaarlike besluit nie net ignoreer nie maar eerder poog om hom reg te help. (Natuurlik het ek nooit na anti-vaxers verwys nie !)

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus