Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Frankryk Springbok rugby Geert -11 hours ago
Frankryk of Engeland Springbok rugby Rona du Plessis -19 hours ago
Finaal Springbok rugby Geert -19 hours ago
Noordelike spanne Springbok rugby Geert -20 hours ago
Ja Springbok rugby Goeie Hout -21 hours ago
Kort net n bonus punt Springbok rugby Geert -23 hours ago

Montering van kappies

Brits
Profile picture for user wessels
Submitted by wessels on
Forums

Middag vriende

Om nie Shaun se "droom word waar" gesprekslyn verder te kaap nie, begin ek die ene. Ek het uit nuuskierigheid so 'n rukkie onder my trokkie gaan rus. Dit is nogal heel insiggewend hoe die onderkant van 'n laaibak lyk, en hoe dit vasgesit is aan die leer-onderstel. Eerstens is daar etlike dwars latte wat die hele breedte dek, en dit is elkeen met stewige koppelstukke gebout[of gesweis aan die leer onderstel. Dit blyk dat die sykante van die laaibak dan hang aan die laaibak se vloer, en nie rus, of gekoppel is aan die leeronderstel nie.  Ek oorweeg dit nie om iets op my kappie te laai nie, maar sal tog poog om meer te leer by RhinoCab as ek myne laat opsit

Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Fri, 24/09/2021 - 16:49

Middag Wessel, asb verduidelik tog vir my, wat is 'n leer-onderstel, en hoe swys jy aan leer. Soos ek dit verstaan is leer mos iets wat 'n dier toe hou, of te wete sy vel?

Skuus vir my onkunde, maar ek vra liewer, as wat onkundig blyblush

0
Brits
Profile picture for user wessels

wessels

Sat, 25/09/2021 - 11:03

Môre Johann

Ek glo jy verstaan wel nou die begrip. Indien nie, 'n bakkie se onderstel lyk rerig soos 'n trapleer. Twee bene met dwars sporte. Die kajuit en bak word afsonderlik daaraan geheg. Suspensie, en enjin word ook daaraan gemonteer. 

Die onderstel is dus baie rigied en die groot voordeel is dat al die bakpanele nie verwring as die bakkie deur slote ensovoorts beweeg nie. 

Jare gelede was daar 'n bekende foto van 'n Isuzu wat geknak het agter sy kajuit. Daar was lang dispute tussen eienaar en Delta, maar ek kan nie onthou wie het bes gegee nie. Die bespiegeling was dat die eienaar wederregtelik aan die onderstel gesweis het, en die hitte het natuurlik die materiaal versag, wat tot die knak gelei het.

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Sat, 25/09/2021 - 12:08

Dit is ook hoekom mens nie mag nuwe gate in die onderstel mag boor nie.

Die bespiegeling was dat die eienaar wederregtelik aan die onderstel gesweis het,

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus