Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Lekker gelag, Geert,... Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -1 hour ago
Goeie Hout ... Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -3 hours ago
Laaste probeerslag - dit lol Rock View Lodge Nelspruit Rona du Plessis -3 hours ago
Lodge gedeelte Rock View Lodge Nelspruit Rona du Plessis -3 hours ago
Kleedkamers en opwas Rock View Lodge Nelspruit Rona du Plessis -3 hours ago
Dek vir almal se gebruik Rock View Lodge Nelspruit Rona du Plessis -4 hours ago

Karoo Nasionale park

Brits
Submitted by wessels on
Forums

Middag vriende

KNP se roetes is nou mooi stofgetrap/bespreek op die tersaaklike gesprekslyn. Nou moet julle wat al daar was ook hierdie ene begin bespreek, sommer met fotos.

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Sun, 26/09/2021 - 11:53

Wessel, in al die jare wat ek by Karoo NP kamp, het ek nog nooit 'n slang gesien nie.  Moontlik omdat ons meestal in die wintermaande daar draai met Septembermaand die naaste aan somer wat ons nog daar was.

ChrisB,  ons het nog nooit in die huisies gebly nie en jou terugvoer is puik, dankie daarvoor. Eendag, as ek nie meer kan kamp nie, sal ek daardie huisies (ingesluit gratis ontbyt !) op die proef gaan stel.  Nog iets, as ek in my volgende lewe kon kies, sal ek ook graag 'n gifsmous wil wees.  Soos jy vertel is dit darem heerlik om jou werk en plesier te kan meng en dan nog jou vrou saamneem ook !

0
Kleinmond

Chris Boucher

Sun, 26/09/2021 - 12:18

Soos jy vertel is dit darem heerlik om jou werk en plesier te kan meng en dan nog jou vrou saamneem ook !

.... dit was die dae. Ongelukkig is dit nou iets van die verlede - veral noudat ek sedert 1 Julie 'n opregte professionele leeglêer geword het.  

0
Vaalpark

Johann L

Sun, 26/09/2021 - 13:16

Chris, fotos kan mens mos gerus herhaal, veral van die natuur, dit is so mooi daar, en ek het ook al heelwat fotos meer as een keer gedeel.

Hierdie is vir die lekkerste tyd van my lewe.

ek sedert 1 Julie 'n opregte professionele leeglêer geword het.  

 Dan, as jy 'n foto wil uitvee, staan op die foto en klik twee keer (double click" dan klik jy op "Remove photo", dit behoort dan die foto uit te wis.

Jy kan ook in "edit mode" die foto uit haal deur die dubbel klik metode.

NB, as jy reeds die inset gepos het, sal jy in "Edit Mode" moet in gaan om te kan verander.

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Sun, 26/09/2021 - 13:35

noudat ek sedert 1 Julie 'n opregte professionele leeglêer geword het.  

Chris jy het nogal goed weggespring as professionele leeglêer met jou lang Wildtuin en Eiland gekamp en ook die rustige kuier-kuier terugtog  -  ons ander spulletjie kan jou nie veel leer nie. 

0
Kleinmond

Chris Boucher

Mon, 27/09/2021 - 11:06

Ek vind ongelukkig nie my foto's van die Klipspringerpas nie. Ek het etlike jare gelede foto's van die pas se boumetode geneem, maar ek kan ongelukkig nie my hand daarop lê nie. Dit is egter seker een van die beste stukkie pad-ingenieursvernuf wat Sanparke nog aan die dag gelê het. Die pas neem jou op tot by die middel-plato. Die boustyl is dieselfde wat die bekende Andrew en Thomas Baine gebruik het met menige van die ou Kaapse passe. Dit is 'n teerpad tot op die middel-plato, waarna dit 'n gruispad word.

Wanneer ons in die park is en besluit om die dag sommer net sleg te wees en niks te doen nie, gaan ry ons nogtans bykans daagliks die pas tot by die Rooivalle uitkykpunt en terug. En die wonderlike van die pas is dat dit selde is dat jy nie klipspringers daar vind nie. Soms kos dit fynkyk, maar Ralie se goeie oë vir ver kyk snuffel hulle gewoonlik uit. Vir ons is dit amper 'n uitdaging om hulle elke keer te vind.

Ek plaas 'n paar foto's van ons klipspringer "sightings".

Karoo

Karoo

Karoo

0
Kleinmond

Chris Boucher

Mon, 27/09/2021 - 14:01

Die hoeveelheid redelik algemene voëls wat in Karoo Nasionale Park gesien kan beloop naastenby 225 spesies. Nog enkele ander waarnemings wat al daar gesien is, maar wat gereken word dat dit eintlik uitsonderlik was, bring die totale lys op bykans 250 te staan.

Ons geniet die voëlkykery in die kampeerarea. Baie van hulle neem graag deel daaraan om jou braairooster van die vorige aand skoon te maak - soos hierdie Kaapse glasogie.

Karoo

Soms is jy gelukkig om een van die seldsamer voëls (vir die Karoo) te sien, soos hierdie kardinaalspeg wat 'n maaltyd op die stam van 'n soetdoringboom soek. Ons het ook al die grondspeg in die Klipspringerspas teengekom.

Maar ons is ook voortdurend op die uitkyk vir die meer raar spesies wat jy andersins in die veld kry. Ek is nie 'n fotograaf van formaat nie - as ek nie 'n voël binne "trefafstand" van my selfoonkamera kry nie, dan is dit maar ongelukkig so. 

Ons is voortdurend op die uitkyk vir die broeipaar witkruisarende in die omgewing van die Rooivalle. Ons sien hulle soms (amper net die silhoët) op groot rotse sit, maar was ook al gelukkig om 'n bykans volgroeide kuiken in 'n nes te sien. Die nes is vandag nog daar teen die bykans loodregte kranse bokant die Rooivalle, maar ek het die indruk gekry hulle gebruik dit nie meer nie. Op die volgende foto probeer ek aantoon waar die nes is - teen die regterkantste kranse as jy vanaf die uitkykpunt afkyk na die valle.

Karoo

Maar ons was ook al gelukkig om die broeipaar op 'n rotslys aan die teenoorgestelde kant van die valle te sien - ook by die uitkykpunt.

Karoo

Bleeksingvalke is nie so volop soos in Kgalagadi nie, maar word ook redelik algemeen gesien.

Karoo

Waar's die voëlkenners (ek dink aan Chris WH - as hy hier lees)? Is hierdie 'n onvolwasse bleeksingvalk of watse roofvoël is dit?

Karoo

0
Worcester

Wildehont

Mon, 27/09/2021 - 15:42

Is hierdie 'n onvolwasse bleeksingvalk of watse roofvoël is dit?

Ek dink dit is ‘n onvolwasse bleek singvalk yes 

 

A

0
Kleinmond

Chris Boucher

Mon, 27/09/2021 - 17:34

... Chris WH. As ek kyk na daardie prent wat jy geplaas het, is ek nou redelik oortuig dat dit wel 'n onvolwasse bleeksingvalk was.

0

Môre vriende

Ek gaan beslis my reis volgende jaar  Hermanus toe beplan rondom 'n besoek of twee aan die mooi park.

Chris S het ook my oortuig dat ek sommer met veiligheis in Onrus woonwapark kan gaan staan.  

0
Kleinmond

Chris Boucher

Tue, 28/09/2021 - 09:01

Ek gaan beslis my reis volgende jaar  Hermanus toe beplan rondom 'n besoek of twee aan die mooi park.

... dit sal ongetwyfeld 'n goeie roep wees. As dit enigsins moontlik is, moet jy poog om minstens 2-3 aande oor te bly ten einde die park ordentlik te verken.

0
Kleinmond

Chris Boucher

Tue, 28/09/2021 - 09:18

Meeste van die tyd bly ons vir 'n paar dae in die park. Dan het ons gewoonlik tyd om ons op die ou klein dingetjies, wat mooi en interressant is, toe te spits. Soos byvoorbeeld om die akrobatiese vermoëns van 'n streepmuis in 'n soetdoringboom waar te neem.

Karoo

Of om jouself te verwonder aan 'n kardinaalspeg wat op soek is na 'n maaltyd teen die stam van 'n boom.

Karoo

Ralie ('n Karoonooi uit Prins Albert se omgewing) het my bewus gemaak van vuurhoutjie-voëlent -'n parasitiese plant in die Karoo.

Karoo

Van nader bekyk kan jy sien waar kom die naam vandaan.

Karoo

Gee die swart punt (die vuurhoutjiekop) 'n ligte draai tussen jou vingers en eensklaps maak dit oop om die stamper en stuifmeeldrade ten toon te stel.

Karoo

Die Karoo-dwergverkleurmannetjie is nie volop nie. Maar as jy vir hom soek en na vele pogings vind, voel jy nogals "chuffed up" met jouself.

Karoo

0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Tue, 28/09/2021 - 09:29

2002-12

.

2008-02

.

.

2013-02

.

.

2013-12 (Skies lyk my die was in die Kruger NPark)

.

.

.

.

.

So paar kliks toe ons daar was.

0
Kleinmond

Chris Boucher

Tue, 28/09/2021 - 09:31

.... seker nie daardie laaste 5 foto's nie. Dit lyk soos wildtuinspesies???

0
Kleinmond

Chris Boucher

Tue, 28/09/2021 - 09:37

Ons was al sewe keer gelukkig om leeus in die park te sien. Vier van die kere was dit 'n "honeymoon couple". Twee van die kere kon ons die ou vuilbaarde vanuit die ruskamp bekyk. Ons het ook al die voorreg gehad om 'n (onsuksesvolle) jagpoging te aanskou. Maar ons het ook afgekom op 'n jagpoging wat tog suksesvol was. Ek plaas 'n paar foto's.

Karoo

Karoo

Karoo

En daar lê hulle prooi - en dit was teenaan die pad.

Karoo

Karoo

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Tue, 28/09/2021 - 09:38

Goeie môre Willem !

Nou glo ek ook jy was daar, nou wel jare gelede, maar darem.  Daardie braaier en in die agtergrond daar agter jou, is die "spike"-roller waarmee hulle die gras rol voor hulle kunsmis op strooi.

Ek twyfel egter of die fotos van ou ollie en ou buffie wel daar geneem is.

Dis tyd dat jy weer daar 'n draai kom gooi.

0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Tue, 28/09/2021 - 09:52

.... seker nie daardie laaste 5 foto's nie. Dit lyk soos wildtuinspesies???

Dankie Chris, lyk my ek het die "folder" verkeerd gehad met KNP ?
Het in die pos verskoning gemaak "2013-12 (Skies lyk my die was in die Kruger NPark)"

Ja Len, was lank terug daar, ons het baie keer ander roetes Kaap oorslaap gevat soos by;

  • Riverside Country Club - 2006-02
  • Orania - 2008-02
  • Urquhart Caravan Park - 2009-01
  • Forever Resort - Gariep - 2009-02
  • Reyneke Park (paar keer)
  • Steenbokkie - 2015-12
  • Riviera - 2016-01
  • Comdebo - 2017-12
  • Kleinplaas - 2017-12
0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Tue, 28/09/2021 - 10:01

ChrisB het reeds 'n foto op die vorige blad geplaas van die kampkombuis, maar so lyk dit binne :-

.

.

En die ablusie van buite :

.

En by die Doornpoort-uitkyk loop ek hierdie oulike wildkyk voertuig raak :-

.

 

0
Vaalpark

Johann L

Tue, 28/09/2021 - 11:46

Ek dink die eienaar het dit seker maar ook net daar gelos en verder geloop, ek souwink

En by die Doornpoort-uitkyk loop ek hierdie oulike wildkyk voertuig raak :-

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus