Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Donker Lag 'n slag Voortrekker -55 minutes ago
14 Oktober Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -1 hour ago
13 Oktober - nm Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -11 hours ago
Lapskag dit is foto's wat ek… Uitsig Agri Voortrekker -21 hours ago
Baie mooi fotos Anton,… Uitsig Agri Lapskag -21 hours ago
Johann en lede.  Ek het die… Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -1 day ago

Karoo Nasionale park

Brits
Submitted by wessels on
Forums

Middag vriende

KNP se roetes is nou mooi stofgetrap/bespreek op die tersaaklike gesprekslyn. Nou moet julle wat al daar was ook hierdie ene begin bespreek, sommer met fotos.

Kleinmond

Chris Boucher

Tue, 28/09/2021 - 13:25

Die Karoo Nasionale Park se ablusies en kampkombuis (soos op Len se foto's) is ongetwyfeld van die netjieste wat jy 'n Nasionale Park kan vind. 10 uit 10 vir Sanet wat al vir jare die skoonmaakster daar is.

Maar wat my verstom is hoedat sommige kampeerders dié fasiliteite kan bemors. Sanet het al menige keer vir ons gesê dat sy skud maar net haar kop as sy sommige oggende haar skof moet begin.

0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Tue, 28/09/2021 - 14:10

Ja Chris en baie keer hoor jy dit is kinders (seker maar GROOT kinders) kyk maar daar waar die groot winter kampe saam drom.  Baie gehoor "maar ek betaal mos" ???

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Tue, 28/09/2021 - 15:01

Nog 'n paar fotos van die netheid van Karoo Nasionale Park se kampeerterrein :

Krane word hier nog met Braso blinkgevryf ! (Dit wys jou as jy nog trots is op jou werk) :-

.

.

So lyk die binnekant van die ablusie  -  pynlik netjies :-

.

.

0

.....dat kamp/park netheid en bedryfsgereedheid bloot 'n funksie is van die betrokke kamp se personeel en bestuur.

Die omgekeerde is natuurlik net so waar. Ek wonder hoe verduidelik SANPARKE sulke skreiende teenstrydighede. Werp dit 'n refleksie op die personeel se bevolkingsgroep? 

0
Worcester

Wildehont

Tue, 26/10/2021 - 10:43

My werk wil my nou weer dwing om verlof te vat tussen Kersfees en Nuwejaar. Ons is bespreek by Dwarswegstrand van 14 tot 28 Desember, so dis drie dae se ekstra verlof. Ek is mos maar lief vir skuur, so my kop staan dadelik na ekstra bestemming aanhaak toe. Oorde by die kus werk natuurlik met blokbesprekings, en ons kan nie langer by Dwarswegstrand staan nie - ek het reeds uitgevind. 
 

Ek kyk toe by SANPARKE, en die kampplekke op die Tuinroete het nie plek vir al die dae wat ek wil hê nie. Karoo NP het wel. Dis 252km van Dwarswegstrand en dus heel doenbaar. Ek wou die park ook al lank besoek en het nog nie daarby uitgekom nie. Ja, ek weet dis warm in Desember maar onthou ons was verlede Desember in Kgalagadi en bly in Worcester. Die verblyf gaan my net minder as R2 000 kos vir die vyf aande. 
 

Ek is baie lus om te gaan, en kort net bietjie aanmoediging. Is vyf aande te lank? 

0

Middag Chris S

Die manne wat gereeld gaan, moet maar antwoord. Ek wil volgende jaar daar gaan staan, maar ek dink net aan 4 aande.

Dalk moet jy eers die kat uit die boomgaan kyk, vir 'n paar [<5]aande. As dit jou geval, kan jy met geluk dit verleng kry. Dit is so naby aan jou tuisdorp, dat julle op 'n latere koeler geleentheid weer kan gaan.

0
Kleinmond

Chris Boucher

Tue, 26/10/2021 - 12:36

Jy kan nie 'n fout maak met Karoo Nas Park oor genoemde tydperk nie. En as dit baie warm is? Daar is 'n uitstekende swembad.

Ek sou dieselfde tyd daar wees (22 Des - 3 Jan), maar moes ongelukkig my planne aanpas. My bespreking is nou verskuif en verander na Ebb & Flow - 7 tot 20 Maart 2022.

0
Worcester

Wildehont

Tue, 26/10/2021 - 13:11

Ek moes vir ‘n ruk weggaan van my rekenaar af, en toe ek terugkom is die 28ste nie meer beskikbaar nie angry

Ek het nou maar bespreek vir 29 Des tot 2 Jan. As daar nie plek oopgaan vir 28 Desember nie, sal ek maar iewers tussen Dwarswegstrand en Karoo NP oorslaap plek kry vir die een aand. 

0
Kleinmond

Chris Boucher

Tue, 26/10/2021 - 14:21

.... dat alles in plek gaan vir jou Des/Jan besoek aan hierdie wonderlike plek - dat die aand van 28 Des ook moontlik sal wees. I.p.v. om die Sanparks-web alleen dop te hou vir 'n kansellasie kan jy ook praat met die 'girls' by Ezi Bookings. Hulle het al talle kere vir my gehelp danksy 'n kansellasie voordat ek self 'n "gap" op die internet kon sien.

0
Worcester

Wildehont

Tue, 26/10/2021 - 14:41

kan jy ook praat met die 'girls' by Ezi Bookings

Baie dankie vir die wenk. Ek het hulle gekontak. Dit wil egter voorkom asof baie mense gedwing word om dieselfde tyd verlof te vat as ek kyk hoe die beskikbaarheid afneem op SANPARKE se aanlyn bespreking stelsel. Ek hoop net nie daar gaan oujaar iemand wees wat hulle feesvieringe in die kampterrein wil kom pleeg nie.  

0
Kleinmond

Chris Boucher

Tue, 26/10/2021 - 14:49

Die enigste keer wat ek nog daar oor die Groot Dae gekamp het, was die algemene gees in die kampeerarea baie rustig, ten spyte daarvan dat dit elke aand tjok-en-blok vol was. Ek dink die ouens wat op Oujaar grotendeels teruggekeer het van die see af, en net een aand oorgeslaap het, se gô was uitgekuier by die see.

0
Worcester

Wildehont

Tue, 26/10/2021 - 15:15

Ek dink die ouens wat op Oujaar grotendeels teruggekeer het van die see af, en net een aand oorgeslaap het

Daar is seker baie sulkes, en hulle sal nie wil fuif of laat wakker bly nie. Dit pas my soos ‘n handskoen. Die laaste ding waarna ek in ‘n nasionale park wil luister is bokkie-sokkie doef-doef en harde dronkpraatjies 

0
Pretoria

Geert

Tue, 28/02/2023 - 14:09

Dankie vir al die lekker info en fotos op hierdie draad. Ons beplan om einde die jaar Kaap toe te gaan. Ons het Karoo Nasionale Park op ons lys om te gaan inloer. Het oorspronklik gedink aan 2x nagte, maar klink of mens gerus nog dae kan byvoeg. 

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 28/02/2023 - 15:22

Geert en ander lesers

Ons beplan om vir die 2de keer te gaan die jaar.

Moenie dit net vir 'n oornagplek gebruik nie. Ek sal julle aanraai om ten minste 2 vol dae te oornag. 

Bespreek net, die plek is/bly gewild as oornagplek. 

0
Kleinmond

Chris Boucher

Tue, 28/02/2023 - 16:20

.... vir die Krugerwildtuin - alhoewel ek die gevoel kry my dae van 5 - 6 weke (en korter) in daardie paradys mag dalk iets van die verlede wees. Ek hou van Bontebokpark en Ebb & Flow (Tuinroete Nasionale Park). Mokala, waar ek menige kere gebly het as ek by Modderrivier gaan werk het, maar nooit gekamp het nie, is iets besonders. Kgalagadi, waar ek lanklaas was, is 'n wonderlike bestemming. Maar Karoo Nasionale Park ... ai, wat kan ek sê. My hart se punt!!

Dus sien ek baie uit na ons 3 nagte gedurende Mei (13 - 15) en die 14 aande in September (8 - 21). Laasgenoemde is gewoonlik een van jou beste maande om dié park te besoek. Die winterkoue is grootliks verby en die somerhitte het nog nie sy kloue ingeslaan nie.

Jy kan gerus maar langer kuier Geert.

0
Pretoria

Geert

Wed, 01/03/2023 - 19:09

Ek sien op Sanparks se website is 2x verskillende opsies vir kampering.....gewone staanplek en dan is daar gravel stands. Watter een is aanbeveelbaar?

0
Brits

Wessel Strydom

Wed, 01/03/2023 - 19:32

Naand Geert

Die vraag is, wat is die normale staanplek. As ek reg onthou, het ek beide kere op 'n staanplek met 'n plaveisel blok gestaan. Dalk is dit die normale omdat die ander spesifiek genoem word "gruis.

Die voordeel van die blok plaveisel is, jy kan so trek dat jou sytent daarop is, en as dit reen, is jou goed moontlik uit die water. 

Chris B en Len moet ook hulle gedagtes laat gaan.

neef Herman: Jy is mos nou daar, ry tog 'n patrollie en gaan koer asb na die verskillende staanplek oppervlakke.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus