Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
losstaande raam... Hoe maak ek my ou rally tent… Wessel Strydom -4 hours ago
Neef Herman Braai met 'n Weber Geert -4 hours ago
Vordering met die Triber se Kamp-aanpassings Hoe maak ek my ou rally tent… Fanie Bekker -5 hours ago
Uit 'n ander hoek Hoe maak ek my ou rally tent… Fanie Bekker -5 hours ago
Dis hoe die rallytent twee… Hoe maak ek my ou rally tent… Fanie Bekker -5 hours ago
Triber se dakspore is baie swak Hoe maak ek my ou rally tent… Fanie Bekker -5 hours ago

Oktober 2021 - Mooiste maand, kom groet en drink koffie

Daspoort Pretoria
Submitted by Willem Brits on
Forums

👋 Môre sê Kampforum lede.

Lekker lees en saam gesels.

Geniet jou dag vouit.

Brackenfell

HennieBo

Mon, 11/10/2021 - 09:24

Is deur 'n hewige haelstorm net na Bloemfontein. Geen aftrek plek en heelwat skade later. My aanvanklike (virtual) skadebepaling is +- R17500. Gelukkig is geen ruite stukkend geslaan, alhoewel ons ‘n voertuig by Springfontein Engen Stop gekry het wat se windskerm ook daarmee heen is. Dit het letterlik soos bakstene op die voertuig geklink. Saterdag ook heelwat reën verder op die pad gekry, maar veilig by ons bestemming aangekom.

 

Ons is weer veilig terug in Roodepoort . Ek het vanoggend my voertuig gevat na ons plaaslike Dent Doctor en die kwotasie vir die herstel is slegs R4500. Nou vra ek myself af. Hoe werk hierdie versekerings maatskappye en assessors saam die paneelkloppers. Nodeloos om te se, het ek my eis gekanselleer.

Lekker dag vir almal

0
Heidelberg GP

StephanS

Mon, 11/10/2021 - 17:57

Middag forumiete.

Vandag so 'n lekker "round trip" gehad.

Heidelberg - Harrismith - Heidelberg - Potch - Heidelberg. Amper 750km.

Ek is 03h30 hier weg en was 13h00 terug

0
Centurion

Voortrekker

Fri, 15/10/2021 - 10:24

Goeiedag almal!   Hoop julle het 'n lekker Vrydag en naweek.  

Jammer dat ek so skaars is, maar tussen die werk wat my nou weer vreeslik besig hou hierdie  tyd van die jaar, het ek ook na meer as 20 jr weer my studies voortgesit wat omtrent 4 ure van my tyd uit elke dag vat.

Ek was darem vroeër die week by 'n kampeerplek wat ek binnekort sal gaan kamp-besoek smiley

Ek moet werk ook en geld verdien want daardie nuwe AT bande wat moet opkom is nogal duur laugh

0

Môre vriende

Brits is vreeslik warm, en ons sien uit na die voorspelde reen van volgende week. 

Ek het 'n ingeboude "heat protector", sodra die kwik oor 25 C beweeg, wil my lyf gladnie iets doen wat beweging verg nie. Deesdae is ek omtrent 'n "sloth".

 

0

Môre vriende

Ek sien ons gewilde wilde tuin word nou 'n gesondheidrisiko.

Behalwe vir Chris S se verhaal, lees ek nounet van die 36jarige dame wat haar 2 de hartaanval binne 'n paar weke, binne die wildtuin gehad het.

Dit raak nou netso gevaarlik as rolbalbane, blykbaar vind die meeste sport doodsaanvalle vir persone bo 70 juis daar plaas. Gelukkig speel ek nie rolbal nie.

0
Kleinmond

Chris Boucher

Sun, 17/10/2021 - 09:44

rolbalbane, blykbaar vind die meeste sport doodsaanvalle vir persone bo 70 juis daar plaas.

Ek het baie onlangs vir een van my mede-rolbalspelers gesê dat dit hier in Kleinmond die sportklub is (van al die sportsoorte wat hier beoefen word) waar die klubvlag die meeste halfmas hang. Maar ai, dit bly maar 'n lekker sosiale sport vir ons oumense. Ons gaan dit mis dié week, want ek en Ralie moet in my seun se winkel gaan instaan vir die dametjie wat daar werk, wat met verlof is.

En die Kaapse winter sukkel om ten einde te kom. Sedert Donderdag reën dit amper onverpoos hier op Kleinmond. Maar ons kla nie.

Ons is genooi vir middagete by Houwhoek Inn vanmiddag. Sien nogal uit daarna.

0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Sun, 17/10/2021 - 19:37

Ons is veilig tuis (17:00) na 'n baie lekker familie kuiet op die plaas daar kort duskant die Eiland.   Gister middag laat was ons op 'n "game drive" en pragtige wild gesien, sal kyk om môre dit van my foon af te laai dan dal ek paar deel.  Gisteraand so kort voor 24h00 het die wind erg begin waai en vanoggend bewolg na Saterdag se 40°C.  Het met George's Valley terug gery om te kyk hoe lyk die pad vir Desember se trip KNP toe, lekker mistig gewees en die pad is goed vir sleep.

.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus