Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Goeie hout... November 2026 Wessel Strydom -7 hours ago
Olie prys en Jodiumpille November 2026 Wessel Strydom -1 day ago
Pretoria November 2026 Geert -1 day ago
Tydens ons 2de aand ... Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -1 day ago
Overstrand Munisipaliteit November 2026 Chris Boucher -1 day ago
Verkiesing effek November 2026 Wessel Strydom -1 day ago

Soek raad - Mahindra XUV 500

Heidelberg GP
Profile picture for user StephanS
Submitted by StephanS on
Forums

Middag almal.

Ons kyk daarna om 'n XUV 500 outomaties aan te skaf.

Sal hy 'n Gypsey Regal van 1400kg sleep?

Groete

Brits
Profile picture for user wessels

wessels

Mon, 18/10/2021 - 14:48

Middag Stephan

Daar is 2 goed verskuil in jou vraag;

1] krag----dit sal jy moet besluit oor hoeveel voldoende is

2] die wetlike aspek rakende gewigte van woonwa en sleepvoertuig. Die XUV500 se boekie behoort jou sy lisensie-, bruto- en gekombineerde gewig te gee. Die lisensiegewig moet net meer of gelyk wees aan 1400kg [bruto] vam woonwa

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Mon, 18/10/2021 - 16:26

Volgens dit wat ek kon kry lyk dit goed. 👍

Specifications

  • mHawk155 Diesel Engine, 6th Generation Electronically Controlled Variable Geometry Turbocharger (eVGT)
  • Cubic Capacity: 2179 cm3.
  • Max Gross Power: 114kW @ 3750 r/min.
  • Max Gross Torque: 360 Nm @1750-2800 r/min.
  • Gear Box: 6-Speed Synchromesh, Automatic: 6-speed transmission.

Inligting gekry by web.

Kerb Weight 1845 kg
0
Irene
Profile picture for user Grootwind

Grootwind

Mon, 18/10/2021 - 16:52

Solank jy nie te haastig is nie sal dit werk, daai 114kW lyk dalk effe aan die papperige kant, die NM lyk aanvaarbaar met 'n lekker wye sprei van omwentelinge. En natuurlik moenie eers probeer vergelyk met daai Territory van jou nielaugh

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Mon, 18/10/2021 - 17:02

Ek gee net inligting, stel nie belang om van die ST ontslae te raak nie. 🙂😉

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Mon, 18/10/2021 - 18:49

Ek glo hy sal lekker sleep. Ek sien sy krag specs is baie naby aan die 2.2 Ranger se specs.....hoor nie dat mense kla oor 2.2 se krag en sleep vermoë nie....so glo jy gaan genoeg krag hê met Mahindra 

0
Centurion
Profile picture for user Voortrekker

Voortrekker

Mon, 18/10/2021 - 19:01

Ek weet Nico (ski) sleep sy dubbel as met die Karoo wat dieselfde 2.2 MHawk in het -  maar die verskil hier is dat die Karoo se 2.2 getune is vir 103kW en 320 Nm's -  die XUV het dus omtrent 10% meer krag as die Karoo bakkie.

0
Heidelberg GP
Profile picture for user StephanS

StephanS

Mon, 18/10/2021 - 19:49

Dankie. Ja ek is maar 'n Ranger man maar ons kry 'n " offer not to be refused" op die XUV.

My vrou het die XUV 300 en ek het baie respek vir die karre gekry

0
Jeffreys baai
Profile picture for user Lapskag

Lapskag

Mon, 18/10/2021 - 21:29

Ek sleep ons Sprite Sprint soos 'n droom met my XUV 500. Was Maart Kaap langs gewees en kan nie kla, bergpasse was skaflik uit geery en brandstof was baie billike gewees.. Probeer gerus 'n toets rit as dit moontlik is. Binne is die SUV ook lekker ruim om mee rond te ry. Maar elke ou soen sy vrou op sy manier, koop is jou keuse. 

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Tue, 19/10/2021 - 06:14

daai 114kW lyk dalk effe aan die papperige kant, die NM lyk aanvaarbaar

My Fordjie lewer 115kW @ 3 200 rpm en 380Nm @ 1 800 rpm en is ook outomaties en weeg dieselfde droog en dit sleep die redelike swaar Kavango heel maklik. Ons het twee kleuters en laai die Everest se groot baggasieruim boonop propvol. 

0
Brits
Profile picture for user wessels

wessels

Tue, 19/10/2021 - 10:28

Môre Groot wind

Ai man, hoe moet ons minder bevoorregtes nou voel?

Die 2.4 Hilux-promise het ook net 110kw, maar lewer 400Nm uit masjien. Gekoppel aan sy ratkas en sterk ewenaar, gee dit baie wringkrag op die wiele.

Die vrae is;

1] soek ons wringkrag vir sleep

2] of kilowatt vir spoed

3] laastens- wat is voldoende, waar trek mens se beursie die streep. 

Waar is die dae toe die Isuzu 2.8td [1995] se 250Nm meer as genoeg was om 'n Exclusive te sleep.? My Territory het maar 380Nm gelewer,en daai kar kon sleep. As ek dus weer so 'n 400Nm uitset kan kry, is ek tevrede. 

0

Wessels jy laat my nou ver terugdink aan my ou Isuzu 2.8 td.  Dit was my eerste diesel bakkie wat my gemaklik oor die 10km/L gegee het.  Ek was gewoond aan die Colt Rodeo 3L 4x4 wat my so 6km/L gegee het.  By die sleep het die ou Isuzu 2.8 maar gesukkel met my eerste Exclusive.  Een keer het hy na ek hom mooi gediens het sy belde afgegooi net buite Bloem.  Die tweede keer wat ek probleme gekry met die karavaan agter hom het hy head gasket geblaas naby Sterkfontein.  Gelukkig het niks skeef getrek nie en die herstel kostes was min en vinnig. 

Met die groter karavane is krag 'n groot vereisde veral as daar berge is want jy gaan elke NM nodig hê om veilig te kan sleep.

0

Voor ek na langbroek voertuie soos die Territory en 3.2 Rangers beweeg het was daar twee Jeeps, 'n 2.5 Grand Cherokee (85kW en 295Nm - 'n regte donkie!) gevolg deur 'n outomatiese 2.8 Cherokee (110kW en 360Nm). Die 2.8 Jeep is die naaste aan die Mahindra en alhoewel die my Fleetline redelik gesleep het het ek altyd gestres oor Van Reenens pas en daai steil bult by Pietermaritzburg, ek het altyd gevoel dat die Jeep maar bietjie gesukkel het. Maar dis darem ook nie net wat die enjin lewer nie, die ratverhoudings speel ook 'n rol. Sou dink Stephan moet dalk probeer om 'n sleeptoets te doen? En ja, beursie speel altyd 'n rol, veral vir ons pensioenarisse! 

0

Môre Almal.

Wessels, ja die besluit raak toe taaier...

Ons het intussen net so 'n skaflike aanbod op 'n 2.2 Everest gekry. Nou sit ek en ma in 2 minds:

- ons is eintlik altwee Ford mense (Bantam, 2 x Kugas en die Ranger) maar ook Mahindra converts met die XUV 300.

- Ek het so week of wat terug 'n Everest gehad vir werks trippies en was baie ingenome met die brandstof gebruik, gemak van die voertuig, krag, ens.

- Die Mahindra het al die Bells and Whistles en sal nuut wees en die  Everest het al die tierlantyntjies maar is 'n 2019 met lae kilometers.

- Ek dink net die Everest sal meer in die broek hê teen bulte met die wa agter aan.

- Kostes - Versekering laer op die Ford

- Ek dink die Everest se brandstof verbruik sal beter wees op die lange duur.

 

Ons moet vandag die besluit neem en glo my, dit is nie maklik nie.....

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Thu, 21/10/2021 - 07:20

Goedkoper versekering, laer brandstofverbruik, meer poeier en dalk beter rygerief? En boonop is dit ‘n Ford!

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Thu, 21/10/2021 - 09:04

Ek wens ek moes daai keuse maak, en ek weet watter een ek sou vat. (Kyk hoe droel ek)

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus