Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Wanneer om vlieg kaartjies te koop November 2026 Geert -25 minutes ago
Môre Rona November 2026 Geert -49 minutes ago
Goeie more Geert! November 2026 Rona du Plessis -1 hour ago
Wessel November 2026 Geert -1 hour ago
Hoedspruit November 2026 Geert -1 hour ago
Voertuig huur, Hoedspruit November 2026 Rona du Plessis -1 hour ago

November 2021 - Koffie Kroeg

Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits
Submitted by Willem Brits on
Forums

 Vir die wat wil kom groet oor 'n beker boeretroos.

👋 Môre sê Kampforum lede.

Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Sun, 14/11/2021 - 06:01

More kampmaters. vanoggend weer 5 uur wakker, en klaar koffie gedrink. Vrydag was ek by dokter, dit het gevoel of my "wheel allignment" effe uit is. Somtyds voel dit asof ek na regs nyg as ek loop. Nou ja, daar is ek ook nou lid van die klub wat soggens n pilletjie moet sluk. En dit, is al nuus wat ek het om te vertel, geen ander opwindende stories nie, aziko. bokkerol.

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Sun, 14/11/2021 - 10:53

Neef, nou wat veroorsaak dat die  "wheel allignment" effe uit is ?  Hoop nie dit is erinstig nie, sterkte.

Dit is klaar warm hier by ons 29° en gaan seker bo 32° draai.

Geniet jou dag voluit.

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Sun, 14/11/2021 - 14:30

Willem, ek weet van 'n hele paar gevalle waar die "wheel allignment" na 'n Saterdagaand uit is  -  veral as die Bokke gewen het !

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Sun, 14/11/2021 - 14:49

surpriselaugh

Ek het die "game" gemis, maar darem die uitslag gesien.  yes

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Tue, 16/11/2021 - 14:14

Dankie, sterkte daar ook.

Deur die nag het dit gevoel of ek onder 'n trok beland het, maar voel klaar beter. 👍

0
Brits
Profile picture for user wessels

wessels

Tue, 16/11/2021 - 15:09

Middag vriende

Vriende van ons is tans in die wille Kruger, netnou 'n boodskap ontvang dat hulle sit en kyk hoe 'n rooibok lam, terwyl termometer 46 C aandui.

Ek het ook jaarlikse mediese "service" plan agter die rug, genadiglik al die bloedtoetse geslaag, en julle weet na wat ek verwys. 

Op die trant gaan die gesprekslyn ontaard in 'n mediese rubriek, maar so dra ons mekaar, met skewe wheel allignment en al.

Willem: Geluk om te hoor jy is op die kerkraad, nie geweet daar is nou "ringsittings" aan die gang nie. 

 

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Tue, 16/11/2021 - 18:15

Dan kan neef seker ook byvoeg by die gesprek dat sy toetse ook gesond wys. Tot so mate dat die Dr se" Jissie jong jou uitslae is so normaal dat jy niks het om oor bekommerd te wees nie". Ek het hom nogals vertel dat ek met my daaglikse stap, so paar stukke bossies kou terwyl hy die bloed trek. Se hy so ewe windmakerig, " ons sal maar sien sodra die uitslae kom". Ek gaan nou die bloeddruk bossies meer gebruik, hy kan sy pilletjie in sy stetoskoop druk.

Die Wheel allignment is n middeloor foutjie, niks om oor bekommerd te raak nie. Moet net nie te vinnig op leere met Stokies klim soos Wessel nie, gaan  afm..r, en dalk steke kry.

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Wed, 17/11/2021 - 12:49

Het gister weer per e-pos gevra en Otis sê hulle is nog besig. ☹  Weet ook nie hoekom vat dit soooo lank nie, maar hou nog duim vas.

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Wed, 17/11/2021 - 12:50

Gelukkig brand hulle soos by ons nie. 🙊🙈

0
Irene
Profile picture for user Grootwind

Grootwind

Thu, 18/11/2021 - 08:46

More uit 'n kraglose Irene en omstreke :( Maandag het 'n mini substasie hier ontplof/gebrand, skaars reggemaak gisteroggend toe ontplof nog ene laat gistermiddag. Ek glo nie maklik aan toeval nie...dood het altyd 'n oorsaak, dalk sabotasie? In alle geval Antie Jenna Ruyter hier by my is besig om vinnig deur haar lewensverwagting te stap, so tussen ontploffings gegeur met beurtkrag deur...Ons begin dit nou ernstig oorweeg om ons aftree jare maar in Rusland te gaan deurbring!

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Thu, 18/11/2021 - 09:05

Goeie môre kampmaters !  Hier by ons in die winterreëvalstreek het ons gister 'n lekker buitjie van 8mm lentereën gehad.  En soos julle al nou teen hierdie tyd weet, 8mm reën vul net mooi een van my 2200 liter watertenks.  Baie dankbaar !

En nou Hurricane, watse gerus is dit in Rusland ?  Dit kan mos uiters vervelig raak teenoor al die opwinding wat ons hier in Suid-Afrika ervaar

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus