Vir die wat wil kom groet oor 'n beker boeretroos.
👋 Môre sê Kampforum lede.
👋 Môre sê Kampforum lede ...
Neef, nou wat veroorsaak dat die "wheel allignment" effe uit is ? Hoop nie dit is erinstig nie, sterkte.
Dit is klaar warm hier by ons 29° en gaan seker bo 32° draai.
Geniet jou dag voluit.
Willem....
Willem, ek weet van 'n hele paar gevalle waar die "wheel allignment" na 'n Saterdagaand uit is - veral as die Bokke gewen het !
Ja Len ...
![]()
![]()
Ek het die "game" gemis, maar darem die uitslag gesien. ![]()
👋 Môre sê Kampforum lede ...
Kry nou kwotasies om die huis se dak te seël en verf, dis nogals 'n duur spul met die rubber verf. Geen verdere nuus nie.
Geniet jou dag.
👋 Môre sê Kampforum lede ...
2 min. laat.
Het die heel nag tussen die bed en die wit troon spadeer met soortvan koors, is nogals lam.
Geniet jou dag verder.
Hoop jy voel gou weer beter…
Hoop jy voel gou weer beter. Ekself sit met 'n rug wat in spasma is.
Hennie ...
Dankie, sterkte daar ook.
Deur die nag het dit gevoel of ek onder 'n trok beland het, maar voel klaar beter. 👍
Wildtuin temperature
Middag vriende
Vriende van ons is tans in die wille Kruger, netnou 'n boodskap ontvang dat hulle sit en kyk hoe 'n rooibok lam, terwyl termometer 46 C aandui.
Ek het ook jaarlikse mediese "service" plan agter die rug, genadiglik al die bloedtoetse geslaag, en julle weet na wat ek verwys.
Op die trant gaan die gesprekslyn ontaard in 'n mediese rubriek, maar so dra ons mekaar, met skewe wheel allignment en al.
Willem: Geluk om te hoor jy is op die kerkraad, nie geweet daar is nou "ringsittings" aan die gang nie.
Dan kan neef seker ook…
Dan kan neef seker ook byvoeg by die gesprek dat sy toetse ook gesond wys. Tot so mate dat die Dr se" Jissie jong jou uitslae is so normaal dat jy niks het om oor bekommerd te wees nie". Ek het hom nogals vertel dat ek met my daaglikse stap, so paar stukke bossies kou terwyl hy die bloed trek. Se hy so ewe windmakerig, " ons sal maar sien sodra die uitslae kom". Ek gaan nou die bloeddruk bossies meer gebruik, hy kan sy pilletjie in sy stetoskoop druk.
Die Wheel allignment is n middeloor foutjie, niks om oor bekommerd te raak nie. Moet net nie te vinnig op leere met Stokies klim soos Wessel nie, gaan afm..r, en dalk steke kry.
Wil net vir die mense wys…
Wil net vir die mense wys dat die Hollanders nie n idee het van opmars en woede nie. Verbeel jou, brand hulle bicycles uit !!

Neef vir ń Nederlander om ń…
Neef vir ń Nederlander om ń fiets te brand beteken hy is erg kwaad.
Fietse is die hoof vervoermiddel vir ń Nedetlander!!!
Willem, hoe vorder jou eis…
Willem, hoe vorder jou eis teen Absa daar by die onbudsman???
Willem bly vir jou hoop en…
Willem bly vir jou hoop en duim vashou!
👋 Môre sê Kampforum lede ...
Hier 9mm ⛈ gehad.
Geniet jou dag voluit.
More uit 'n kraglose Irene…
More uit 'n kraglose Irene en omstreke :( Maandag het 'n mini substasie hier ontplof/gebrand, skaars reggemaak gisteroggend toe ontplof nog ene laat gistermiddag. Ek glo nie maklik aan toeval nie...dood het altyd 'n oorsaak, dalk sabotasie? In alle geval Antie Jenna Ruyter hier by my is besig om vinnig deur haar lewensverwagting te stap, so tussen ontploffings gegeur met beurtkrag deur...Ons begin dit nou ernstig oorweeg om ons aftree jare maar in Rusland te gaan deurbring!
GM !
Goeie môre kampmaters ! Hier by ons in die winterreëvalstreek het ons gister 'n lekker buitjie van 8mm lentereën gehad. En soos julle al nou teen hierdie tyd weet, 8mm reën vul net mooi een van my 2200 liter watertenks. Baie dankbaar !
En nou Hurricane, watse gerus is dit in Rusland ? Dit kan mos uiters vervelig raak teenoor al die opwinding wat ons hier in Suid-Afrika ervaar





More kampmaters. vanoggend…
More kampmaters. vanoggend weer 5 uur wakker, en klaar koffie gedrink. Vrydag was ek by dokter, dit het gevoel of my "wheel allignment" effe uit is. Somtyds voel dit asof ek na regs nyg as ek loop. Nou ja, daar is ek ook nou lid van die klub wat soggens n pilletjie moet sluk. En dit, is al nuus wat ek het om te vertel, geen ander opwindende stories nie, aziko. bokkerol.