Kleur Fonts !!!!
Kleur fonts
Jinne, Voorie, ek sal nou wragtag 'n spesiale oorkonde of iets moet praktiseer om jou louere te besing!!!!
DANKIE!!! Ek voel amper tuis soos by my werks-opset!!

Julle toets my,
Julle toets my nuuskurigheid.?
Bruin
Groen,
Blou, my maggies, die forum raak nou lekker.?
Toets Gekleurde Agtergrond…
Toets Gekleurde Agtergrond.Of HighlightGROEN OOR ORANJEWIT OP SWART
Stopppppp!
ANTON STOPPPPPPP!!!
Ek gaan slaap, 5 brandewyne in, en, ek kan nie daai kleure nou verwerk nie!!
He-he-he, ekke grap net (nie oor die brannas nie!!), never, ek en my oorlede skoonseun kuier gereeld op Saterdagmiddag met 'n bottel Wellington VO en coke!!!!
Dinge raak hier so na aan my werksomstandigehede, ek bedank sommer my werk en kom kuier hier permanent!!! Hier hoef ek darem NIE na klante se pype te dans nie!

Ek moet se daai groen oor…
Ek moet se daai groen oor oranje het nogal 'n nare uitwerking
Siessssssss
Ekke LOOP!!!
Joke - lekker aand, maar oor die Brannas grap ek NIE!!!!
Toets kleure
Baie dankie, dit is nou baie mooi. ![]()
Kolomme
á ½ ¾ Ë ♦
Special characters
Horisontale lyne tussenin
Kolomme en meer
Freda, nee, speel jy maar met kolomme, dit is vir my WERK om dit te gebruik!!!, ek wil nie dat hierdie my te veel aan WERK herinner nie!!!

Maar, die KLEURE maak vir my 'n GROOT verskil!! Die B vir BOLD gee ekstra oempf!
Ek laaik!!!!!
Freda, ek is bly jy het die…
Freda, ek is bly jy het die kolomme ontdek. Ek sien nou jy het met dit begin speel.
Wanneer jy die kolom maak, is daar 'n opsie om sy hoogte en breedte te stel. Die breedte is gewoonlik 500 (pixels). Ek het gevind dat alhoewl 500 mooi werk vir PC's, dit nie so mooi werk op selfone en tablette nie. Lyk my die max breedte wat mooi wys op 'n selfoon is 250!
As jy dus 'n Kolom wil gebruik, raai ek aan dat jy sy breedte stel op 250 om sodoende te kompenseer vir selfone en kleiner skerms.
My vorige uitdagings met Internet Explorer het te doen gehad met die kolomme en veral as ek foto's binne in die kolomme plaas.
Smileys
Freda, ek het op 'n webblad ingeteken "PINTEREST", en hulle het,
soos oom Zumpie sê.
7 million 2ooo 800 and forty seven thousand and 28 !!!! smileys, waarvan ek so 80 of 90 afgelaai het, maar die geheuespasie te groot, nou sit ek dit op rekenaar en doen verwerking dat elkeen so ± 2kb is, en wanneer ek iets wil gebruik, gaan haal ek dit daar.
Ek het ook my verwerkingsprogram op rekenaar oop, en ek klik op 'n plek daar, en die prentjie verskyn klein in een hoekie, so waar ek bv. ses laggies het, kan ek vinnig kyk watter een ek wil gebruik.
Ek verwerk ook al my fotos so wat ek wil plaas, verminder die pixels (geheuespasie) om vinniger te laai, en ook om forum nie te oorlaai nie.
Askies!!
Freda, hoe sal ek nou sê!!
Ek weet mokkol van pampoene, aartappels en piesangverkope!!
Hierdie is deel van my werk vir afgelope 35 jaar, waar ons kleinskaal drukwerk doen, en ek die voorafgaande 10 jaar op goudmyn in tekenkantoor gewerk het, war ons daagliks ontwerpe gemaak het vir drukwerk (die myn se drukkery het onder ons afdeling geval).
So, ek is besig met setwerk en ontwerpe vir 45 jaar!!!! Jy het net so lank met pampoene gewerk!!!
Dis dus nie 'n GAWE nie, dis maar net WERK!!!!
Anton smokkel met fotografie!!!, kameras en lense is sy forté, ek ken net van lensies vir sop!!!
So op hierdie aarde het elke ou maar sy eie bol mis waar hy koning kraai!!!, sommige is net meer gespesilaiseerd as ander.






Wees maar kleurvol Frans !!!!
Wees maar kleurvol Frans !!!!