6 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Wessel daar was 'n paar… Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -37 minutes ago
Hou net die letter e in vir… Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -46 minutes ago
Laaste oor die dekselse kappie Forum Herstel en terugvoering Rona du Plessis -1 hour ago
Lower Sabie Kruger 2026 Geert -1 hour ago
Kappie e se toets Forum Herstel en terugvoering Wessel Strydom -1 hour ago
Laptop e..... Forum Herstel en terugvoering Rona du Plessis -2 hours ago

Kleur Fonts vir Frans

Centurion
Submitted by Voortrekker on
Forums

Kleur  Fonts !!!!

Klerksdorp

Frans Pretorius

Sat, 15/04/2017 - 15:33

Jinne, Voorie, ek sal nou wragtag 'n spesiale oorkonde of iets moet praktiseer om jou louere te besing!!!!

DANKIE!!! Ek voel amper tuis soos by my werks-opset!!

.

0
Vaalpark

Johann L

Sat, 15/04/2017 - 17:54

Julle toets my nuuskurigheid.?

Bruin

Groen,

Blou, my maggies, die forum raak nou lekker.?

0
Klerksdorp

Frans Pretorius

Sat, 15/04/2017 - 18:54

ANTON STOPPPPPPP!!!

Ek gaan slaap, 5 brandewyne in, en, ek kan nie daai kleure nou verwerk nie!!

.

He-he-he, ekke grap net (nie oor die brannas nie!!), never, ek en my oorlede skoonseun kuier gereeld op Saterdagmiddag met 'n bottel Wellington VO en coke!!!!

Dinge raak hier so na aan my werksomstandigehede, ek bedank sommer my werk en kom kuier hier permanent!!! Hier hoef ek darem NIE na klante se pype te dans nie!

.

0
Klerksdorp

Frans Pretorius

Sat, 15/04/2017 - 19:08

Ekke LOOP!!!

Joke - lekker aand, maar oor die Brannas  grap ek NIE!!!!

0
Port Elizabeth

Frieps

Sun, 16/04/2017 - 15:57

Baie dankie, dit is nou baie mooi.   yes

Kolom 1 Kolom 2 Kolom3 Kolom 4 Ry 1 Ry 1 Ry 1 Ry 1 Ry 2 Ry 2 Ry 2 Ry 2            

Kolomme

á     ½   ¾   Ë    ♦

Special characters

Horisontale lyne tussenin

0
Klerksdorp

Frans Pretorius

Sun, 16/04/2017 - 19:20

Freda, nee, speel jy maar met kolomme, dit is vir my WERK om dit te gebruik!!!, ek wil nie dat hierdie my te veel aan WERK herinner nie!!!

.

Maar, die KLEURE maak vir my 'n GROOT verskil!! Die B vir BOLD gee ekstra oempf!

Ek laaik!!!!!

0
Centurion

Voortrekker

Sun, 16/04/2017 - 19:28

Freda, ek is bly jy het die kolomme ontdek.  Ek sien nou jy het met dit begin speel.  

Wanneer jy die kolom maak, is daar 'n opsie om sy hoogte en breedte te stel.  Die breedte is gewoonlik 500 (pixels).  Ek het gevind dat alhoewl 500 mooi werk vir PC's, dit nie so mooi werk op selfone en tablette nie.  Lyk my die max breedte wat mooi wys op 'n selfoon is 250!

As jy dus 'n Kolom wil gebruik, raai ek aan dat jy sy breedte stel op 250 om sodoende te kompenseer vir selfone en kleiner skerms.  

My vorige uitdagings met Internet Explorer het te doen gehad met die kolomme en veral as ek foto's binne in die kolomme plaas.

 

0
Port Elizabeth

Frieps

Sun, 16/04/2017 - 19:32

Hoekom het jy so baie ander smileys?    

Ja, in bold kom die kleur helderder uit.   Kyk hoe mooi lyk die swart.  

 

0
Klerksdorp

Frans Pretorius

Sun, 16/04/2017 - 19:46

Freda, ek het op 'n webblad ingeteken  "PINTEREST", en hulle het,

soos oom Zumpie sê.

7 million 2ooo 800 and forty seven thousand and 28 !!!!  smileys, waarvan ek so 80 of 90 afgelaai het, maar die geheuespasie te groot, nou sit ek dit op rekenaar en doen verwerking dat elkeen so ± 2kb is, en wanneer ek iets wil gebruik, gaan haal ek dit daar.

Ek het ook my verwerkingsprogram op rekenaar oop, en ek klik op 'n plek daar, en die prentjie verskyn klein in een hoekie, so waar ek bv. ses laggies het, kan ek vinnig kyk watter een ek wil gebruik.

Ek verwerk ook al my fotos so wat ek wil plaas, verminder die pixels (geheuespasie) om vinniger te laai, en ook om forum nie te oorlaai nie.

 

0
Port Elizabeth

Frieps

Sun, 16/04/2017 - 19:51

Ek het geen idee waarvan jy praat nie Frans.  Ek kan niks van daai goeters doen nie.  cryingblush  Julle manne sit vir my ore aan. no

0
Port Elizabeth

Frieps

Sun, 16/04/2017 - 19:54

Dankie, Voortrekker, ek sal onthou as ek dalk eendag iets in kolomme wil sit.   

0
Klerksdorp

Frans Pretorius

Sun, 16/04/2017 - 20:06

In reply to by Frieps

Freda, hoe sal ek nou sê!!

Ek weet mokkol van pampoene, aartappels en piesangverkope!!

Hierdie is deel van my werk vir afgelope 35 jaar, waar ons kleinskaal drukwerk doen, en ek die voorafgaande 10 jaar op goudmyn in tekenkantoor gewerk het, war ons daagliks ontwerpe gemaak het vir drukwerk (die myn se drukkery het onder ons afdeling geval).

So, ek is besig met setwerk en ontwerpe vir 45 jaar!!!! Jy het net so lank met pampoene gewerk!!!

Dis dus nie 'n GAWE nie, dis maar net WERK!!!!

Anton smokkel met fotografie!!!, kameras en lense is sy forté, ek ken net van lensies vir sop!!!

So op hierdie aarde het elke ou maar sy eie bol mis waar hy koning kraai!!!, sommige is net meer gespesilaiseerd as ander. 

.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus