6 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Het die rooi kadotjie gesien… Forum Herstel en terugvoering neef Herman -19 minutes ago
Jan... Vakansiebeplanning 2026/27 Wessel Strydom -56 minutes ago
Privaat Boodskap Opsie Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -2 hours ago
Foto neem Vakansiebeplanning 2026/27 Geert -2 hours ago
100de by mekaar. Vakansiebeplanning 2026/27 neef Herman -2 hours ago
Dankie Geert Vakansiebeplanning 2026/27 Jan Meyer -3 hours ago

Alternatiewe woonwa oorwegings

Brits
Submitted by wessels on
Forums

Ek sit sommer so en rondkyk na alternatiewe produkte op die mark. Vang my oog die "off road" wa, genaamd Gecko-extreme. Het dit my beindruk, dit het tot 'n stort/toilet uitleg binne die wa, soos 'n Exclusive. Dit is uit en uit 'n wa vir 2 met 'n permanente dubbelbed voor. Sy uitleg plaas hom voor die Bush Lapa en Afri spoor produkte vanuit my perspektief. Gaan besoek hulle webblad en kyk self.

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Tue, 12/10/2021 - 15:46

Len is reg, ek het destyds besef my karavaan is baie swaarder gelaai (was by die werk geweeg een Sondag toe ons terug gekom het van TO Strand).  Ek het sy GVM laat opskuif tot net onder die Territory se "Tare" van 2090kg, die Exclusive is nou 2050kg.  Ek het ook destyds by Bosal uitgevind dat die Territory in Australia baie meer mag sleep as hier by ons (Ford SA het dit verander), myne is nou baie meer op sy plaatjie.

Heh heh...nee Wessel. Alles is eintlik Arie se skuld, toe ons nog almal pelle was op die ander forum was dit Hurricane, niks met wind te doene nie, my dogter se een perd se naam was Hurricane Earl, en gesien die geld wat so'n donkie kos met stalfooie en sleep na skoue toe word ekke toe maar Hurricane. Arie het my begin Grootwind noem en toe neem ek dit maar oor toe ek by die forum aansluit. In kort, eintlik niks met gas te doen nie! Ou Hurricane Earl het darem die ryp ouderdom van 25 jaar bereik tot hy ons in Julie gegroet het, die huidige perd se naam is Hey There Delilah, maar ekke dink mense sal begin praat as ek my nou sou herdoop na Delilah toe :) 

Worcester

Wildehont

Wed, 13/10/2021 - 16:28

Ek het vandag ‘n kollega gevra wat eers by die provinsiale verkeer en toe by munisipale verkeer gewerk het (alles in die Wes-Kaap, waar hulle redelik streng is). Volgens hom gaan die deursnee verkeersbeampte nie die moeite doen om vas te stel hoeveel jou sleepvoertuig mag sleep en of jou wa binne perke is daarvolgens nie. Hulle kyk na die sleepkombinasie en as jy met ‘n groterige voertuig soos ‘n 1-ton bakkie of SNV ‘n karavaan sleep gaan hulle jou nie pla nie. As jy met ‘n kleiner sedan of luikrug sleep gaan hulle jou waarskynlik stop. 

Oudtshoorn

neef Herman

Wed, 13/10/2021 - 20:39

Jurgie het n Tarre van 690kg en ook n GVM van 0,00 kg op die plaatjie en lisensieskyfie gehad.

So paar jaar gelede die saak by die verkeersdepartement uitgeklaar, en net daar is Jurgie se GVM 1800kg gemaak, sonder enige toets of  koekeloer na aste se speks.

Nou het ek n probleem dat die CGVM of so iets , oorskry word op die Toyota se plaatjie.

 

Môre vriende

Ek wil saamstem met Chris S se inset hierbo. Dit is die optrede wat mens van 'n "redelike" beampte sal verwag. Die probleem ontstaan as mens "per ongeluk" weens ander redes gestop word, en dan kyk 'n moedswillige "ingeligte"beampte sommer na die ander plaatjies ook.

Die finale toets is sekerlik 'n weegbrug, maar blykbaar by gebrek daaraan, beboet hulle volgens plaatjie inligting. 

Dus, maak soos in die diereryk, moenie aandag trek nie, EN vertoon groter en swaarder as wat jy islaugh

Worcester

Wildehont

Thu, 14/10/2021 - 08:20

As ons Kaap toe ry, ry ons verby ‘n weegbrug oppad daarheen en oppad terug. Ek het nog nooit by die een net voor die tonnel ‘n ander voertuig as ‘n vragmotor gesien nie. Inteendeel; ek het nog nooit gesien dat hulle ander voertuie afkeer om by die brug in te trek nie. Die een net voor mens by die kloof uitkom aan Worcester se kant sit aan die verkeerde kant van die pad en op die ou N1, so hulle keer voertuie af om te gaan weeg. Dis ook meestal vragmotors, maar hulle het twee van ons plaaslike DA raadslede wat verkiesingsplakkate met ‘n bakkie en sleepwa van die Kaap af gebring het afgekeer om te weeg 10 jaar gelede. Hulle was oorlaai, en moes ‘n ander voertuig bring om op oor te laai. ‘n Bakkie en sleepwa met tralies wat lyk of dit te swaar gelaai is, verskil darem ooglopend hemelsbreed van ‘n sleepvoertuig en karavaan in goeie toestand wat horisontaal of effe neus-af sleep en behoort darem nie sulke aandag te trek nie?

Worcester

Wildehont

Thu, 14/10/2021 - 09:44

Moet net nie vir iemand sê nie. My Fordjie kan my wa se swaar BVM sleep maar mag nie op papier nie. Ek kan nie ‘n nuwe sleepvoertuig bekostig wat dit ook op papier mag doen nie. Dis soos my sjirurg vriend se probleem in hulle huwelik. Hy sê hy as hy twee biere drink kan hy bestuur maar hy mag nie. As sy vrou een bier drink mag sy bestuur maar sy kan nie. 

Worcester

Wildehont

Mon, 13/12/2021 - 15:31

Ek lees vandag die artikel raak oor die Volkswagen California Coast. Dis nie ‘n woonwa nie, en vrek duur. Dit lyk egter heel skaflik. Anton moet vir hom so een kry vir sy gatskuurdery. 

.....van die "motorhome" konsep. 

Hierdie kamp kombi kom al donkiejare aan. Dit het natuurlik tred gehou met die tegnologie--- turbo's, AWD, en dan kampeer goete. Daarom het die prys ook tred gehou met die tye.

Ek wonder hoe vergelyk dit prysgewys met ander motor homes, wat dalk nie eers AWD is nie. Net jammer dat ek nie met eseltjie en die  Kavango by die koopprys kan kom nie. Net die ding om te koop voor mens outehuis toe gaan

Worcester

Wildehont

Mon, 13/12/2021 - 16:26

Daai Volksie lyk gaaf maar dit sal vir my te veel op- en afslaan en uit- en inpak wees. My bed, kombuis en afdak moet bly staan wanneer ek bv op ‘n wildrit of ander dag trippie gaan. Met die groter motorhomes sleep mense ‘n Jimny of ander karretjie saam sodat die bus kan bly staan, maar ek weet darem nie of die Volksie lekker gaan ry so nie. 
 

Sommige mense hou weer daarvan om nie langer as een nag op ‘n plek te staan nie. Dan maak so bussie sin. Ek verstaan egter nie waarom mens na ‘n plek gaan as jy nie langer as een aand daar wil staan nie. Dis nou tensy dit net ‘n oorstaanplek is oppad iewers heen waar jy langer gaan staan. 

Worcester

Wildehont

Sat, 01/01/2022 - 22:54

Danie staan skuins oorkant ons met so een. Chris Jnr noem dit “die karavaan wat soos ‘n trein lyk”.  Dis blykbaar ‘n off-road wa (met vier wiele). Dit het ‘n veselglas dop soos die Kavango, lyk netjies en is redelik lig maar kan gelaai word en die opwip dak wip hoog genoeg op vir Goliat maar gaan kyk wat kos dit! En dit sluit nie eers ‘n afdak as standaard in nie. Voltent kos nog R40k

Môre vriende

Mooi bly maar mooi. Die wa laat my terugdink aan die vorm van die laaste modelle Wilks, met die vooraansig van 'n insek.

Ek vermoed die wa gaan sterk kompetisie wees vir die Mobi Lodge en Echo Kunene, om net 2 te noem.

Gelukkig sal dit nie onder my afdak inpas nie, en my beursie kan ok nie vêr genoeg rek nie.  

Waar word dit vervaardig??

Kleinmond

Chris Boucher

Sun, 02/01/2022 - 08:02

Ek het tans geen behoefte of begeerte vir 'n ander wa nie. Maar al sou ek, is dit darem té veel geld vir 'n item wat jy vir relatief kort periodes gebruik (behalwe as finansies vir jou geen probleem is nie - in my geval is dit wel 'n probleem).

Maar toegegee - dit lyk indrukwekkend.

Jeffreys baai

Lapskag

Sun, 02/01/2022 - 08:28

Baie netjies en sal lekker kamp. Hou van daai lekker sit/lees hoekige voor. Maar soos ChrisB sê, ek sal ook maar by my ou ene hou, klaar betaal en werk vir ons net soos hy is. 

Middag vriend

Ek sien julle begin alternatiewe waens oorweeg en bedink. 

As jy houtvrot wil voorkom, sal jy moet kyk na waens met 'n kompleet Alluminium of veselglas romp. Welkom by die brigade wat Bush Lapas, Conquerers en Echo-waens besit of ook oorweeg. 

Die voordeel is dat julle dan sommer ook sonder hoofbrekens grondpaaie, en dalk amper geen paaie kan aandurf. soos die Buffelsfontein baardolie manne sê---bederf jouself jou rowwe bl....m   

Irene

Grootwind

Mon, 31/01/2022 - 12:11

Nee Wessel, geen nuwe wa vir ons nie, en definitief nie 'n "alternatiewe" wa soos 'n Kavango nie, Ma het geen sin vir bos waens nie. En ons raak mos ouer en wil eerder gemak hê wink Sien die Gallaghar skou is weer aan in Februarie...dalk sal ons 'n vinnige draai maak net om ons "luste" te ervaar...

Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus