Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Goeie hout... November 2026 Wessel Strydom -2 hours ago
Olie prys en Jodiumpille November 2026 Wessel Strydom -23 hours ago
Pretoria November 2026 Geert -23 hours ago
Tydens ons 2de aand ... Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -1 day ago
Overstrand Munisipaliteit November 2026 Chris Boucher -1 day ago
Verkiesing effek November 2026 Wessel Strydom -1 day ago

Wie is wanneer in KNP-2022

Brits
Profile picture for user wessels
Submitted by wessels on
Forums

Middag vriende

Ek begin die gesprek sommer vir Len se onthalwe, die man moet nog ongeveer 90 slapies aftel, voot hy in wille Kruger tuin is.

Kom ons plaas ons datumd hier, en net dalk vind ons uit dat ons mekaar dalk raak kampeer in die Kruger.

Brits
Profile picture for user wessels

wessels

Sun, 23/01/2022 - 16:47

Ons is daar as volg;

3-5 Junie--- Shingwedzi

5-10 Junie---Punda Maria

10-14 Junie---Tsendze

14-19 Junie---Satara

19-20 Junie---Berg en Dal

Die beplanning is om by Palaborwa in te gaan, en uit by Malelane hek.

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Sun, 23/01/2022 - 18:59

Puik seleksie van kampe Wessel, net te kort per kamp na my mening.

0
Brits
Profile picture for user wessels

wessels

Mon, 24/01/2022 - 07:13

Môre Len

...gewoond word aan lank weg van die huis te wees. Ek neem aan dit verg inspannende oefening tot mens dit vervolmaak het.

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Mon, 24/01/2022 - 08:35

Ek neem aan dit verg inspannende oefening tot mens dit vervolmaak het.

Nee verkeerd  -  dit neem ontspannende inspanning..................

0
Groenkloof, Pretoria

Paul Mulder

Tue, 25/01/2022 - 16:20

Hier is ons bespreeking:

TSENDZE RUSTIC CAMP SITE 27/01/2022 28/01/2022
PUNDA MARIA REST CAMP 28/01/2022 31/01/2022 
SHINGWEDZI REST CAMP 31/01/2022 02/02/2022
TSENDZE RUSTIC CAMP SITE 02/02/2022 07/02/2022
LETABA REST CAMP 07/02/2022 09/02/2022
BALULE REST CAMP 09/02/2022 14/02/2022
MAROELA REST CAMP 14/02/2022 16/02/2022
SATARA REST CAMP 16/02/2022 24/02/2022
SKUKUZA REST CAMP 24/02/2022 01/03/2022
LETABA REST CAMP 01/03/2022 02/03/2022
SHINGWEDZI REST CAMP 02/03/2022 04/03/2022
TSENDZE RUSTIC CAMP SITE 04/03/2022 08/03/2022
LETABA REST CAMP 08/03/2022 10/03/2022
SATARA REST CAMP 10/03/2022 13/03/2022
SKUKUZA REST CAMP 13/03/2022 15/03/2022
BERG-EN-DAL REST CAMP 15/03/2022 17/03/2022

0
Groenkloof, Pretoria

Paul Mulder

Tue, 25/01/2022 - 16:22

Ons verkies om rond te beweeg. Met die Exclusive is dit maklik doenbaar.

In die verleede het ons lank by een kamp gebly en dit het ons nie aan gestaan nie.

Ek glo wel dat dat die kampe en die hele wildtuin redelik leeg gaan wees, wat dit rustig gaan maak.

Dit is laag seisoen!

0
Brits
Profile picture for user wessels

wessels

Tue, 25/01/2022 - 17:27

Middag Paul

Sjoe, julle gaan omtrent tondrits in die wille tuin.

Geniet dit en veilig sleep. Onthou om die stomp skoon te skoffel in Tsendzelaugh

0
Sedgefield
Profile picture for user Jan Meyer

Jan Meyer

Tue, 25/01/2022 - 18:12

Sovêr net een kamp vir ons hierdie jaar. Verlede jaar by Pafuri ingegaan en so van kamp tot kamp afbeweeg tot by Laer Sabie.

Hierdie jaar staan ons by Laer Sabie van 23 April tot 7 Mei. 

Kan moontlik nog verander maar omdat dit 'n probleem is om plek by Laer Sabie te kry het ons die datums vasgemaak. 

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Tue, 25/01/2022 - 19:54

...............hoe voorkeure verskil, maar dit maak tog nie saak nie, 'n mens doen mos maar 'n ding soos jy daarvan hou of soos hoe jou kragte dit toelaat.

Ons het nou vir 'n klompie jare agtermekaar by 6 kampe gestaan vir 5 dae elk.  Ons hou weer daarvan om ons "rally" met sykante op te slaan en dit dan gemaklik in te rig  -  nie baie goeters nie, net genoeg soos ons daarvan hou : twee tafeltjies, 4 stoele, oondjie en ons vrieskassie.

Omdat ons ouderdom aanstap en kragte begin afneem, het ons besluit om hierdie jaar net by drie kampe te kampeer en dan ook 'n bietjie langer by elk van die drie.  Voor die Wildtuin is dit nog die lang tog vanaf Kaapstad na die Wildtuin en ook die terugtog Kaap toe.  Ons het besluit om dit (die 2000km) ook maar af te lê teen 500km per dag en dan oor te slaap.

Hulle sê die 5de vlaag van Covid gaan ons in Mei tref, net mooi wanneer ons in die Wildtuin is.  Ons gaan dus hierdie keer weer met die voorneme om ons badkamer voluit te gebruik terwyl ons flenters geyser nou met 'n nuwe vervang is.

0
Groenkloof, Pretoria

Paul Mulder

Sun, 30/01/2022 - 16:29

Ons is tans in Punda Maria.

Die Wildtuin lyk soos ń paradys. Ons het dit nog nooit so ruig en groen gesien nie. Dit het verskriklik hier gereen en laas nag weer 25mm. Dit is pragtig om dit so te sien. Alles is ook lekker still. Daar is so 5 campeerders in PM. Die paaie is ook leeg en baia rustig. Lekker tyd om hier te wees.

Lekker dag vir almal.

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Sun, 30/01/2022 - 17:12

Ons was al baie in Punda maar nog nooit net een van 5 kampeerders nie  -  dit moet hemels wees !  In Mei 2021 was dit die volste wat ek die kampterrein nog gesien het en die twee ablusie-blokke het gesukkel om by te hou.  Dit was ook die eerste keer dat ons in 5 dae se tyd nooit wild by die drinkplek gesien het nie  -  teveel water oral in die veld.

Baie bly julle geniet dit en ons wag vir die fotos !

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Mon, 31/01/2022 - 06:34

Ons is bespreek by Shingwedzi van 3 tot 10 Julie en Tsendze van 10 tot 15 Julie. Ongelukkig werk ons nog en het kinders op skool, so ons tyd is beperk. Ek hoop maar al die water, lower en gras is dan al weg sodat ons darem die fauna kan sien. 

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Mon, 31/01/2022 - 08:52

Dit lyk nie vir my of ons enige Kampfoum maters gaan raak kamp nie.  Hier is ons datums :-

Kamp In Uit Malelane  2/5 3/5 Pretoriuskop  3/5 10/5 Ondersabie 10/5 17/5 Berg&Dal 17/5 24/5 Miskien ? ?

 

 

 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus