Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Fortunator se Jurgens 500 projek 1970 Jurgens 500 Deluxe… Wessel Strydom -4 minutes ago
Geert ... Braai met 'n Weber Chris Boucher -3 hours ago
Smokey Joe Braai met 'n Weber Geert -13 hours ago
Tyd tot Junie'27..... Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -23 hours ago
Mata Mata Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -1 day ago
Afrikaanse Forum Afrikaanseforum.co.za Maria Lock -1 day ago

Kinderlik gelukkig

Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher
Submitted by Chris Boucher on
Forums

Omdat ons by die see woon is dit maar selde dat ons oor die 'silly season' weggaan van die huis af. Gewoonlik kuier ek en Ralie saam met ons seun en sy gesin op Kersdag - hetsy by hulle huis in Grabouw of hier by ons in Kleinmond. Vanjaar het ons die voorreg om ons ver kinders, wat in Roemenië woon, ook saam met ons te hê. Ralie is só opgewonde oor dié vooruitsig dat sy beswaarlik haar ekstase in bedwang kan hou. Die slapies word behoorlik afgetel.

Ek het gou gister vir ons 'n reisplannetjie aanmekaar geslaan om darem 'n kort rukkie weg te breek terwyl hulle in Suid-Afrika kuier. Ek weet my skoonseun sou sy spreekwoordelike agtertande opoffer om gedurende hulle besoek in die wildtuin te kom, maar dit is ongelukkig net nie moontlik nie. 'n Kort besoekie aan die Karoo Nasionale Park moet maar in 'n mate opmaak daarvoor.

Ons is vanaf 8 Januarie bespreek in laasgenoemde park vir 2 aande (in 'n chalet), opgevolg met 2 aande in 'n Lekkeslaap selfsorg-eenheid in Oudtshoorn om vir my kleindogter die Kangogrotte, volstruis- en krokodilplaas te gaan wys. En dan 4 aande in 'n ATKV strandhuis in Hartenbos.

Die twee Boucher oumense 'smile' van oor tot oor.

 

Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Tue, 03/12/2019 - 20:34

Chris, ek ken daai opgewondenheid so goed, daarom kan ek met opregtheid sê, ek weet hoe julle voel, geniet die tydjie saam,  dit is kosbare tyd.

Karoo Nationale Park is 'n wenner, enige tyd, maak nie saak as julle in 'n huisie of  karavaan bly nie👍

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Thu, 27/01/2022 - 10:48

Ek het 'n spreklyn gesoek om dit met julle te deel en die opskrif "Kinderlik gelukkig" het my aandag getrek, daarom plaas ek dit maar hier op ChrisB sin.

My kleindogter.  👏🙏

"So ons het baie goeie nuus...
Ons is uitgenooi om Donderdag oggend gaste te wees op Jacaranda fm en die sponser van SABAT wil Cisca ontmoet vir die beurs 👏🏻👏🏻👏🏻👏🏻👏🏻
Ek is gesponser deur SABAT met R50,000 om te kan studeer."

.

0
Brits
Profile picture for user wessels

wessels

Thu, 27/01/2022 - 12:26

ek aanvaar julle bedoel sy kry 'n beurs van R50 000 per jaar, vir die totale tydperk van studie. 

Dan is dit voorwaar 'n groot hulp.

0
Irene
Profile picture for user Grootwind

Grootwind

Thu, 27/01/2022 - 12:54

Geluk Willem! Ek het altyd vir my kinders verduidelik dat Pa nie veel geld vir hulle gaan nalaat nie, maar dat my geld in hulle opvoeding sal ingaan sodat hulle vir hulleself kan sorg en wat kortkom moet uit beurse kom en daarvoor moet hulle werk. Vandag is beide afgestudeer met 'n string grade agter hulle name en hulle kan vir hulleself sorg (en Pa is arm en op pensioen, maar gelukkig!)

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Thu, 27/01/2022 - 16:28

En so begin my nuwe lewenspad. "You have to be able to present yourself in court" is woorde wat my tot in realiteit geruk het. LLB is nie iets wat ek ooit gedink het ek sou studeer nie, maar hier is ons nou. 2 Maart 2022 is die dag wat my nuwe "skool" my gaan sien. #varsitycollege is nou my nuwe tuiste. Dankie Liewe Here vir die geleentheid en ek sal volhard in alles wat U oor my pad stuur.🤍
#university #law #lawyer #student #journey #newjourney #newchapter #godsplan #thankyougod

Dit is wat sy gister op fb geplaas het voor sy vandag die goeie nuus gekry het.

.

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Tue, 01/02/2022 - 14:20

My groot TROTS. 🙏

Hier is die fb skakel, die eerste is waar die ou die geskryf lees en laër af is die onderhoud op lug.

0
Brits
Profile picture for user wessels

wessels

Tue, 01/02/2022 - 16:02

Willem, julle mag maar trots wees op daardie kleindogter. 

Hierdie ekstra agtergrond info, maak dat sy 'n voortreflike kind is. Mag sy net voorspoed en geluk ervaar met haar studies.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus