Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
12 dae Geert - Ballito Geert -52 minutes ago
Dinokeng Camp and Leisure November 2026 Geert -57 minutes ago
Goeie hout... November 2026 Wessel Strydom -1 hour ago
Wessel November 2026 Rona du Plessis -3 hours ago
Anton Voortrekker November 2026 Wessel Strydom -5 hours ago
Dinokeng camp and Leisure November 2026 Wessel Strydom -5 hours ago

Krugerwildtuin - Olifantgetalle buite beheer

Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher
Submitted by Chris Boucher on

Ek lees op Maroela Media 'n berig waarin groot kommer uitgespreek word deur natuurwetenskaplikes oor die onbeheerste aanwas van olifante in die wildtuin. Na raming is daar tans sowat 40 000 olifante in die park wat besig is om die park "te verwoes" (my eie woorde). Kenners reken dat indien daar nie daadwerklike ingryping plaasvind nie die wildtuin onomkeerbare skade aangedoen gaan word.

Daar word gereken dat getalle tot so laag as 5 000 uitgedun moet word om die veld eers kans te gee om stelselmatig te herstel alvorens die populasievlak van sowat 7 000 olifante (wat in die verlede geheers het) weer in te stel.

Ek wonder hoe lank dit gaan duur alvorens die huidige "slim" mense gaan besef dat die sluiting van drinkplekke (soos olifante se onbeheerste aanwas) nie só 'n slim idee was nie - waarskynlik nie in my leeftyd nie.

Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Fri, 29/04/2022 - 10:17

Weet nie hoe die Olifant getalle en kunsmaatige drinkplekke in dieselfde sin gebruik kan word nie. Olifante kan werklik lang afstande tussen suipings afle

Olifante drink daagliks, en soos Oom Neef sê kan hulle ver loop water toe. Hulle loop gewoonlik vinnig en doelgerig in die namiddag wanneer hulle dors is, en gebruik dieselfde roetes. Wanneer hulle naby die water kom gaan hulle sommer oor na ‘n drafstap en suip dan gulsig. Daarna volg gewoonlik ‘n modderbad, en dan drentel hulle weg en wei verder. 
 

Uiteraard is die tekens van hulle weiding dus duideliker rondom permanente suipings. Dit sal oop en vertrap wees, en die bome redelik kaalgestroop of selfs van takke gestroop of omgestoot. Ons moet egter nie vergeet dat dit deel van olifante se ekologiese rol is nie. Hulle (en swart renosters) maak gebiede oop sodat ander herbivore dit kan benut. Sonder hulle kan dele so bebos raak dat kleiner herbivore met dunner velle nie daar kan inkom nie. Deur die manier wat hulle wei (hulle laat val baie blare, gras en vrugte, breek takke af, stoot bome om en grawe gate om by wortels en water uit te kom) skep hulle geleenthede vir ander organismes om by voedsel uit te kom waarby hulle nie andersins sou kon nie, en skep habitat vir ander organismes.
 

Hulle hersirkuleer ook die voedingstowwe wat in plantegroei vasgevang is vinniger as enige ander dier, en versprei sade. Omdat hulle nie herkou nie, kom sade heelhuids anderkant uit, en omdat hulle heeltyd beweeg dra hulle sade ver van die oorsprong af. ‘n Kremetartboom se sade sal bv nie ontkiem as dit nie eers deur ‘n olifant se spysvertering was nie. Hulle mis is ook goeie bemesting en ‘n bron van voedingstowwe vir ander organismes. 
 

Mense fokus maklik op die “vernietigende” geaardheid van olifante, en kyk die belangrike ekologiese rol wat hulle speel en ander organismes se afhanklikheid van hulle teenwoordigheid mis. 
 

Nou probeer ek my nie slimmer hou as die kundiges wat nou betrokke was en/of steeds is met die bestuur van die Kruger wildtuin nie. Maar daar is duidelik twee skole van denke oor olifantbestuur. Ek glo nie die uitdun was verkeerd nie, en dit het gewerk. Dit was nie alles so klinies en netjies soos die artikel dit laat klink nie. Ek het met ‘n afgetrede veldwagter gepraat wat daarby betrokke was, en hy kry baie jare later steeds nagmerries daaroor. Die verdowing uit die lug uit voor ‘n doodskoot op die grond was die uitsondering op die reël glo ek. Die metode wat in sy tyd gebruik was, was om die matriarg te identifiseer en haar te skiet. Wanneer sy val het die res van die trop om haar saamgedrom en kon hulle ook geskiet word, die histeriese kalfies heel laaste. Van hulle is lewend gehou en verkoop aan sirkusse en wildtuine oorsee. Ek het in Botswana met twee sulke olifante gewerk, wat deur Randall Moore (‘n Amerikaner) onderskeidelik uit ‘n dieretuin en ‘n pretpark in Amerika ”gered” en hierheen teruggebring is. Ek sit gered in aanhalingstekens, want hoewel sy oorspronklike idee was om hulle hier vry te laat het ek by Abu kamp in Botswana met hulle gewerk waar hulle vir elephant back safaris gebruik is. Alhoewel ek baie oor olifante geleer het daar met die opgeleide olifante en toe ek voor dit staptoere gelei het tussen wilde olifante, was eersgenoemde nie ‘n aangename ervaring nie, en het ek nie geglo die olifante was beter daaraan toe as om eerder dood te wees nie. 
 

Die ander skool van denke; om nie olifante uit te dun nie, en te glo hulle bevolking sal selfregulerend raak, is nie suksesvol volgens die artikel nie. Kom ons aanvaar die bestaande Kruger bevolking (wat steeds aangroei) gaan die plantegroei in die Kruger wildtuin “vernietig” tot op die punt waar hulle en ander diere begin vrek van honger. Die swakstes sal eerste vrek en die proses sal waarskynlik aanhou, totdat daar ‘n volhoubare bevolking van net die sterkstes van al die spesies oorbly. Die veld sal herstel, dis hoe die natuur ontwerp is.
 

Na ‘n versteuring soos ‘n baie warm brand of oorbeweiding, groei pionierspesies op die versteurde grond. Ons dink aan hulle as onkruid, en hulle gedy in sulke omstandighede. Hulle het ook gewoonlik eienskappe wat hulle onaantrekkik maak, slegte reuke/smake, dorings of swak blaarproduksie (dink bv aan knapsekêrels). Dit maak dat diere die gebied vermy. Met minder hoef- en weidingsdruk bind die pionierspesies se wortels die grond, voorkom verdere erosie en voorsien voedingstowwe aan die grond wanneer hulle vrek. Met tyd vestig intermediëre spesies daar, en uiteindelik klimaks spesies - groter bome en struike en soet grasse wat goeie weiding is. 
 

Dit is dus hoogs onwaarskynlik dat die olifante ALLES in die wildtuin gaan opvreet sodat elke laaste dier vrek en die grond dan braak gaan lê. Watter bestuursbenadering die regte een is bly ‘n ope vraag. Die oorgrensparke is ‘n poging om ou korridors weer oop te maak sodat olifante en ander diere wyer kan migreer om druk plaaslik te verlig. Daar was olifantmigrasie roetes noord-suid deur Afrika wat oor verskeie lande gestrek het. Van hulle is later gebruik as paaie vir voertuie, en mettertyd het menslike nedersettings en teenwoordigheid die olifante en ander diere in redelike klein bewaarde pockets ingedruk. Sover lyk dit nie of die oorgrensparke die gewenste uitwerking het nie. Olifante is te slim, en bly waar hulle veilig is van menslike bedreigings. 
 

Net ‘n laaste opmerking oor die kunsmatige watergate in die Kruger wildtuin. Alhoewel hulle toemaak die druk plaaslik rondom hulle sal verlig sodat die herstel van plantegroei wat ek hier bo verduidelik het kan plaasvind, gaan dit nie maak dat die olifante die gebied verlaat of minder word nie. Olifante kan water onder die grond ruik, en veral in die sanderige rivierlope in die Kruger wildtuin baie maklik oopgrawe. Hulle soek skoon water om te drink, en kry dit maklik. Hier is ‘n foto wat ek van die brug naby Shingwedzi geneem het verlede jaar Julie. Die trop het klomp gate gegrawe, heerlik gesuip en daarna hulself natgespuit en vol sanderige modder gegooi. Dit binne ‘n paar km van die poele in die rivier nader aan die kamp, en ‘n gepompte suiping noord van daar. 
 

A

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Fri, 29/04/2022 - 13:18

.............daar is geen verskil van opinie oor die waarde wat olifante in 'n bewaringsgebied bied nie. - hulle is van onskatbare waarde om die balans in die natuur te behou.  Die probleem is egter dat wanneer hierdie balans in 'n bewaringsgebied versteur word soos tans met die groeiende olifantgetalle, maar nie groeiende wildtuin-gebiede nie, dan het dit 'n reuse effek op die hele  Wildtuin se wild-bevolking.  Ek onthou dat destyds toe dit bekend gemaak is dat houtvure nie meer in kampe en piekniekplekke voorsien sal word nie, was die verduideliking dat optel van dooie hout in die Wildtuin het 'n uiters nadelige invloed op insekte en ander organismes wat gevalle bome benut en daarom is dit gestaak.  Olifante is dus nodig om die omgewing intoom te hou tot voordeel van ander organismes.

Soos ek dit verstaan het die sluit van kunsmatige drinkplekke geensins bedoel om olifantgetalle te probeer beperk nie.  Dit is uitsluitlik gedoen om te voorkom dat prooi-wild (en dikwels die skaarser boksoorte) om hierdie drinkplekke bly versamel  en dan ook die natuurlike veld  vernietig en maklik deur predatore hier gevang word

Ek kan my indink dat dit vir natuurbewaringspersoneel traumaties moet wees om wild wat hulle eintlik wil beskerm, te moet uitdun.  Maar na my mening is daar 'n lang lys van negatiewe aspekte wat opgehaal kan word om uitdunning te kritiseer, maar dan vra ek, wat is dan 'n aanvaarde, werkbare ander oplossing ?  Om te wag dat die Wildtuin op 'n natuurlike wyse tot op die grond vernietig is en dan weer eendag (wanneer ?) natuurlik sal herstel, is 'n plan doodgebore  -  teen daardie tyd sal hierdie bewaringsgrond omskep word in behuisingsgrond want daar sal dan geen-toeriste inkomste wees nie.

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Fri, 29/04/2022 - 15:08

Chris B en Len, ek stem 100% saam met jul standpunte en lees graag wat almal sê, ek glo almal weet hoe ek oor uitdunning voel, maar hier is dit 'n kwessie van lang termyn oorlweing van talle ander spesies.

Om te wag dat die Wildtuin op 'n natuurlike wyse tot op die grond vernietig is en dan weer eendag (wanneer ?) natuurlik sal herstel, is 'n plan doodgebore  -  teen daardie tyd sal hierdie bewaringsgrond omskep word in behuisingsgrond want daar sal dan geen-toeriste inkomste wees nie.

Ek haat dit as hulle lastige bobejane uit skiet, maar, soms is drastiese optrede die enigste uitweg. 

Die beperkte gebied van enige natuur bewaring maak dit noodsaaklik dat menslike ingryping onontbeurlik is.

My leke opinie sou wees om eerder groot getalle bulle te kastreer, en waar moontlik, olofante te hervestig in 'n ander gebied. Ongelukkig gaan dit groot geld kos.

Daarom my vroeër stelling dat trofie jag toe gelaat moet word. Dit gaan 'n goeiehupstoot aan die Kruger se inkomste gee wat ook noodsaaklik is.

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Fri, 29/04/2022 - 16:57

Olifant-geboortebeperking, of dit nou bulle of koeie is, is vir hierdie stadsjapie en absolute leek ook 'n doodgebore plan.  Hoe de joos kan jy dit regkry met so 'n groot olifant-bevolking oor so 'n groot gebied.  Behalwe dat dit 'n fortuin sal kos, is dit prakties onuitvoerbaar.

Al hierdie ander doodgebore "oplossings" het nie een die voordeel van vleis wat aan die honger gemeenskappe om die Wildtuin voorsien kan word nie.

Formele uitdunning kan gekombineer word met trofeejag in nie-toeriste gebiede om die koste van uitdunning te help finansier.

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Fri, 29/04/2022 - 17:29

Herman.

Ek het wel al hul derm sien uithangdevil

Nou dat jy dit noem Johann, ek het nog nooit n olifant se skrotum gesien nie ! Lyk my die ou grotes steek die "family jewels" weg.

Len.

Dit klink na die enigste haalbare oplossing.

Formele uitdunning kan gekombineer word met trofeejag in nie-toeriste gebiede om die koste van uitdunning te help finansier.

Saam met die voedsel aan die omliggende en ook ander verspreiding, kan die aasvoels en ook ander karnivore gevoed word.

 

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Fri, 29/04/2022 - 17:31

Ek stel voor die wildtuin sluit die hekke vir sekere tye van die jaar vir die jag, en laat die jag begin, maar nou ja, die besluit is net myne en die wat in beheer is voel anders hieroor.

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Sat, 30/04/2022 - 17:41

Johann, het toe gaan opsoek oor waar die olifantbulle hulle testikels berg. Binne die lyf hier naby die niere!!

 Praat met n vriend nou die dag oor als wat so skeefloop in die regering,  munisipaliteite. Escom etc. Se hy vir my dat baie se dat daar kan darem altyd op die manne terugval wat na tydens die kaderontplooing afgesit is. Net een probleem, die wat nog leef, isnou te oud !!! Nou die Olifant probleem kan die die Wetenskaplikes uitwerk, maar wie gaan die beplannning doen en uitvoer. Daar kan ek amper n brief skryf dat dit "pearshaped" gaan raak.

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Tue, 03/05/2022 - 07:33

.... en plaas die Krugerwildtuin se kundiges se antwoord (soos gepubliseer deur Maroela Media) ook hier.

https://maroelamedia.co…

Maar ek bly steeds bekommerd oor die hoë olifantbevolking in die wildtuin.

Op 'n ander noot - ek wonder of ek weer in die wildtuin gaan kom. Kostes raak eenvoudig te hoog om daarnatoe te ry met 'n karavaan. Gewone akkommodasie is vir my onbekostigbaar. Die gedeeltes waarlangs ek moet ry om daar te kom (bedoelende aangrensende areas aan die wildtuin) raak vir my 'n al groter bekommernis. Omstandighede in die wildtuin pla my - diefstal in ruskampe, stropers in sommige van my gunsteling-areas soos Onder-Sabie/Krokodilbrug, sommige kampe se ablusiegeriewe, wangedrag van dagbesoekers vanuit omliggende areas en, en, en.

Noem my maar "ou negatief" - maar nee wat, ek kuier lekkerder hier in die Wes-Kaap as in daardie noorder wêreld waarvoor ek eintlik baie lief is.

 

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Tue, 03/05/2022 - 08:13

ek kuier lekkerder hier in die Wes-Kaap as in daardie noorder wêreld waarvoor ek eintlik baie lief is

Ek vertel op die Bontebok gesprekslyn later meer, maar Wes-Kapenaars het in die Wes-Kaap gesorg vir waarskynlik die mees negatiewe kampeer ervaring wat ek nog ooit gehad het - en dit in ‘n nasionale park. Ek gooi sommer net die stuiwer in die armbeurs vir moedswilligheid. Ek betwyfel ook ons kampeertoekoms in die Kruger wildtuin weens die koste en die groot trek betrokke.
 

Ek het egter my kinders verkeerd grootgemaak as ek wil probeer ophou Kruger wildtuin toe gaan. Die enigste werkbare alternatief is Kgalagadi, maar dis vrek moeilik om in skoolvakansie plek te kry daar, te koud in Julie en dis ook maar lekker ver daarheen. 

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Tue, 03/05/2022 - 09:11

... soos reeds gesê op die Bontebokpark-draad, is laasgenoemde park dalk te na-aan Kaapstad.

Kgalagadi klink op dié stadium vir my ook na 'n beter roep as die wildtuin, maar ek hoor wat jy sê t.o.v. verkryging van akkommodasie/kampeerplek daar.

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Fri, 06/05/2022 - 18:35

Ek het gisteroggend 'n gedeelte van 'n onderhoud met 'n olifantbevolking-navorser van SanParke op RSG gehoor.

Olifantgetalle wissel aansienlik met die migrasie van olifante na/vanaf omliggende parke.  In 2020 is die getal in 'n sensus beraam op 31 000 en 'n jaar later in 2021 was die getal 28 000, 3000 laer !  Volgens die navorser lei hulle af dis die gevolg van migrasie.  Volgens hom besef SanParke 'n toename in olifantgetalle is nie volhoubaar nie en daar word tans oorweeg welke bestuursmetode moet aangewend word om die situasie onder beheer te bring.

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Fri, 06/05/2022 - 21:20

Na alles bly dit 'n geweldige groot taak en baie geld. Dankbaar dit is nie my besluit nie, maar dit moes van die begin af in toom gehou gewees het.

Ek kan natuurlik ook nie help om te wonder of dit werklik so groot impak het nie? (Net spekulasie)

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus