6 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Twee Rivieren [TR] Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -12 minutes ago
Wessel - Almega Oktober 2026 saam gesels Geert -6 hours ago
Koningskop Oktober 2026 saam gesels Goeie Hout -7 hours ago
Len... Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -16 hours ago
Buitelandse besoekers Oktober 2026 saam gesels Len Loader -16 hours ago
Skrif Forum Herstel en terugvoering Rona du Plessis -18 hours ago

Ondersteuning aan Kampforum Lede

Daspoort Pretoria
Submitted by Willem Brits on
Forums

Ek begin hierdie gesprek om ondersteuning aan ons lede op te dra. 🙏

Vaalpark

Johann L

Sun, 26/06/2022 - 20:38

Ons glo Len gaan sommer gou weer sy positiewe self wees, veral nou dat hy by sy huis en tussen sy mense is.🙏

Wessel, sterkte met die spesialis en met Marie se gesondheid, ons gebede is dat die Heer sommer vooraf haar gesondheid sal aanraak en dat die spesialis niks fout vind nie🙏

Hou ons asb hier op hoogte.

 

Brits

Wessel Strydom

Tue, 28/06/2022 - 07:51

Sterkte my vriend, ons sal beslis haar aan ons Groot Geneesheer opdra. 

Brits

Wessel Strydom

Tue, 28/06/2022 - 08:36

Môre Len

Ek is bly om te hoor dat jy tuis is. Ek hoop Annetjie het mooi geluister dat jy nie mag huis skoonmaak of skottelgoed was nie.

Terwyl jy rustig aansterk, gesels 'n bietjie man. 

Oudtshoorn

neef Herman

Thu, 30/06/2022 - 09:26

Weet nie of dit mooi van my is om te noem nie, maar gister verneem Len is terug in die hospitaal. nierfunksie word dopgehou. Die ou herfsblaar kaptein moet nou regkom, daar moet beplan word vir die volgende kamp. Dink ons noem dit die Herfsblaarskollies saamtrek, ander voorstelle is welkom.

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Thu, 30/06/2022 - 15:03

Ek het vanoggend vir Len se vrou Annatjie gevra hoe gaan dit met Len en het nou 15:00 hierdie boodskap van sy dogter gekry.  Sterkte daar Len. 🙏

Goeie middag. My pa is gister middag weer opgeneem in die hospitaal. Hy is ongelukkig geweldig uitgeput. Sy steke is gisteroggend uitgehaal en sy chirurg het weer n stel bloedtoetse laat doen. Gistermiddag het die chirurg gebel en laat weet daar is fout met sy kalsium telling en sy nierfunksie. Sy bloeddruk was ook baie laag toe hy opgeneem is. Hy het deur die nag vog ontvang dmv drip en vanoggend was die nier funksie weer normaal. Die internis aan diens het sy hart se werking nagegaan en was ook tevrede.  Hulle is besig met nog toetse om te bepaal waarom hy so moeg is. Hy is tans nog in die hospitaal, en is heel rustig. Lekker middag

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Thu, 30/06/2022 - 21:14

Ek het weer boodskap van Len se dogter gekry so 20:20 se kant en dit klink goed. 🙏

Lekker gekuier by my pa. Hy lyk baie beter. Die chirurg en die internis kom tot die gevolgtrekking dat die nierfunksie afgewyk het as gevolg van my pa se normale bloeddruk medikasie wat die bloeddruk te laag afgedruk het en veroorsaak het dat te min vog die niere kon bereik. Dit is moontlik dat my pa nie weer bloeddruk medikasie hoef te neem nie of ten minste net n verminderde dosis hoef te neem. Die drs is oortuig dat dit die rede was vir sy uitgeputte gevoel. Hopelik word hy more ontslaan.🌸

Vaalpark

Johann L

Sat, 02/07/2022 - 07:19

Lyk of daar nooit probleme was nie, Len lyk goed🙏

Goeie nuus dankie Willem.

Len, nou moet jy self weer hier begin gesêls en van volgende jaar se KNP toer vertel👍

Brits

Wessel Strydom

Sat, 02/07/2022 - 08:13

Môre Len

Rooiwyn werk net so goed as bloeddruk pille. As jy sukkel met lae bloeddruk, maak soos ekke, vererg jou sommer in die rooi omwentelinge in.

Wanneer en waarheen sleep jy eersdaags??smiley 

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Sat, 02/07/2022 - 20:30

Ja ek is tuis en my internis se instruksies is ek my bloeddruk (die boonste vlak) op 160 hou en dit nie laer laat gaan nie sodat voldoende bloed altyd my niere bereik.  Sodra die vlak hoër as 160 styg, dan eers moet ek een bloeddruk pil drink.

Ek is nog maar baie swak, maar voel al sommer baie beter.

Baie dankie aan almal se goeie wense en belangstelling.

Brits

Wessel Strydom

Mon, 04/07/2022 - 07:48

Môre Johann en al die ander vriende

Ek het 'n oproep gehad Sondagmôre van Rassie af. Ek moes hom egter teleurstel, en meedeel dat ek nog nie wedstrydfiks is nie. Volgens hom is dit egter nie 'n probleem nie, die helfte van die Springbokspan is ook nie.

Ek gaan voormiddag weer die spesialis sien, daar is nog steke wat verwyder moet word. 

Ek lees vanoggend net goeie nuus op hierdie gedeelte van die kampforum en dis lekker. Geniet die dag.

Brits

Wessel Strydom

Mon, 04/07/2022 - 14:35

Middag vriende

Nou net terug van spesialis, van die steke uitgehaal, ou velle en rowe verwyder, maar moet weer gaan. Sjoe, ek kon nie my indink dat so 'n operasie en veloorplanting so 'n stadige herstelproses behels nie.

Ten minste sit die nuwe vel, en mag ek begin kaalvoet loop, net nie terwyl ek kampeer of met spitvurk en graaf werk nie.

 

 

Brackenfell

HennieBo

Mon, 04/07/2022 - 14:40

Ten minste sit die nuwe vel, en mag ek begin kaalvoet loop, net nie terwyl ek kampeer of met spitvurk en graaf werk nie.

Baie bly vir jou part. Hoop en vertrou egter dat alles goed sal herstel/genees. 

Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus