Middag vriende
Nounet my bespreking afgehandel vir Kruger volgende jaar. Dit is as volg;
Shingwedzi: 30 Mei
Punda Maria: 31 Mei tot 5 Junie
Tsendze: 5 Junie tot 10 Junie
Satara: 10 Junie tot 15 Junie
Berg & Dal: 15 Junie
Huistoe: 16 Junie
Ons beplan om in P.Borwa Aventura oor te slaap die aand van 29 Mei.
Ek voel gemaklik en veilig op die Pietersburg - Tzaneen - P.Borwa pad, en uiteraard die N4 terug.
Sou dalk vermy om op paaie…
Sou dalk vermy om op paaie in daai omgewing te wees op 16 Junie, dis mos dan "Youth Day" andersyds ook bekend as protes en klippe gooi dag.
Versoek staanplek by Tsendze
Goed gedoen Wessel! Wat ‘n heerlike vooruitsig. Nou moet jy dadelik Mopani kamp bel en jou staanplek by Tsendze versoek. (013) 735-6535
Ek wou dit breedvoerig bespreek op my onlangse toer se gesprekslyn maar hier is my voorstelle:
3 (waar ons onlangs gestaan het) is eerste prys vir my. 5 en 6 ook lekker maar langs mekaar so bure kan dalk steur. 26 tot 28 ook lekker met afnemende hoeveelheid skadu van 26 na 28. Jy moet drie opsies gee so ek sou voorstel 3, 26 en 27 of 5. Die kleiner nommers is nader aan die hek aan die teerpad se kant en die groter nommers agter nader aan Mooiplaas piekniekplek. Daar hoor mens bedags die waterpomp duideliker en voor die teerpad.
So bek kort jam, of 'n klap…
So bek kort jam, of 'n klap. Jy maak ons jaloers Wessel.
Dit klink na 'n puik toer, stel voor jy vat daai ekstra krediet en bly langer in Berg en Dal 9m die 16 Junie vry te spring?
Tsendze nommer
Middag vriende
Ek het wel my nommer bespreek gekry. O genade, wat 'n gesukkel om mense verstaanbaar op telefoon te hoor.
Ek het nr 26 gekry, en moes dit met 'n epos bevestig.
Kruger 2023 ...
Lekker man, lekker 👏👍.
Nou ja ek het op hulle web gaan kyk maar sien dit wys nog net tot Mei 2023. Ek het toe maar 'n e-pos gestuur met my datums 🤞.
Ek sit nou juis en kyk na 183 WildEarth en dit maak die gejeuk net erger. ☹😩
Aanlyn besprekings maak eers môre oop
Nou ja ek het op hulle web gaan kyk maar sien dit wys nog net tot Mei 2023. Ek het toe maar 'n e-pos gestuur met my datums
Die sentrale besprekings en satelliet kantore maak ‘n dag voor aanlyn besprekings oop. Ek het nog elke keer met ‘n e-pos wat ek ‘n dag voor sentrale besprekings oopmaak stuur reggekom. Ek het vanoggend al 07:51 my deposit request letter gekry. Ek hoop jy is ook gelukkig Willem! Wessel het darem ‘n lekker staanplek in Tsendze gekry ook.
Webblad is toe....
Willem
Ek wou ook nounet na tariewe gaan kyk, om te vergelyk met die wat ek betaal het.
Ek kon nie inkom nie, die boodskap seg;
vol bespreek of Junie 23 val buite 11maande bespreek tydperk. Ek het egter vanoggend telefonies my bespreking gemaak. Dis seker maar 'n glips op hulle webblad.
No 26 ...
... is 'n skitterende staanplek. Dit is my en Ralie se No 1 keuse. So te sê by die ablusies en lekker oop uitsig voor na die draad toe waar olifante, waterbokke en seekoeie baie aande kom wei. En swartmamba in appelblaarboom regs voor op plot 🥶 No 26 sal altyd ons eerste keuse wees.
Marie moet liewer .......
Môre Chris B
.... nie hierdie insetsel sien nie. As ek weet dat die mamba boom gebonde is, gaan ek dadelik 'n ander plek bespreek.
Die Kruger vakansie is weliswaar vêr in die toekoms, maar dis iets om na uit te sien.
Ai julle..beny julle wat…
Ai julle..
beny julle wat so besprekings doen. Elmarie tree Mei af en ons kan nou niks vasmaak nie want wil eers mooi beplan wat ons kan bekostig.
Plan is om in Kruger draai te maak en dan maar daar vandaan ons neuse te volg. Sal maar moet sien wat sal dan beskikbaar wees.
Kruger tariewe
Middag vriende
Vir die wat belangstel, die kampeer tariewe vir volgende jaar Junie maand, as R/nag vir 2 pensionarisse.
Shingwedzi R246 vir 30/5/23
Punda R312 vir 31/5 tot 5/6/
Tsendze R279 vir 5/6 tot 10/6
Satara R292 vir 10/6 tot 15/6
Berg &Dal R430 vir 15/6/23
Ek wonder of die tariewe bepaal word deur kamp-gewildheid, en periode. Ek het gehoor dat die week voor 'n skoolvakansie, kry mens nie meer agslag tariewe nie. Dit verklaar dal waarom Berg en Dal so duur is in vergelyking met ander.
Gaan nou....
.....'n Len optrede uithaal.
My tydjie vir Kruger kuier kom verstommend vinnig nader. Jis mense, ek kan nie wag om Grompie in die langpad te steek nie. Met verlede jaar se voetongeluk in Hermanus het my Kruger-vakansie oorgerol na hierdie jaar.
Dit gaan die eerste keer wees dat ons die Noorde dele gaan verken, en ek poleer noual die vêrkyker- en kamera-lense. Ek maak verwoed notas in my padkaartboek oor al die "moets" wat vir ons wag, soos gaan piekniek maak by Pafurie, en besoek aan "Skelm hoekie", oftewel Crooke corner.
Hopenlik kry ons komende week die nuwe matras wat ons luukse chalet mooi sal komplimenteer. Die beplanning is om voor die Kruger uittog die chalet tot in Manyane te sleep, net om seker te maak alles werk reg.
Wat sal ek nou sê ?
Ek het nou wel nie 'n voetbesering wat my uit die Wildtuin gaan hou nie, net 'n derm-besering wat my 2023 Wildtuinbesoek in die wiele ry.
Aan die eenkant raak ek sommer moerig om van al Wessel se lekker vooruitsigte te lees, maar aan die ander kant raak ek saam met hom opgewonde om van hierdie lekker vooruitsigte te lees.
Hier is 'n lusmakertjie van Pafuri se piekniekplek en Crooks Corner se seekoeie.
Pafuri Piekniekplek "
Pafuri se olifante in die Levuburivier :
Crooks Corner se seekoeie :
En hier is sommer.....
.............ook Punda se drinkgat vanuit die kampterrein :-
Slaapplek voor die wildtuin
Môre vriende
Ek het vanoggend die laaste stukkie bespreking vir ons KrugerNP vakansie gemaak. Ons gaan die aand van 29 Mei by Phalaborwa Forever Resorts [Safari park] oorstaan.
Dis 'n lekker ongeveer 525km van Brits af, net genoeg vir 'n dag. Volgens my standaarde net te kort om langs die pad oor te slaap.
Volgende dag, net so 135km tot by Shingwedzi. Sal stop by Mooiplaas vir bene rek, toilet en aan padkos te smul.
Ai Wessel.............
...............dit klink so bekend en lekker ! Ons hou ook daarvan om by Forever Resorts net buite die Wildtuin-hek oor te slaap en dan begin die groot plesier die volgende dag. In 2018 is ons net deur die Phalaborwe-hek en die eerste diere wat ons sien is 'n trop wildehonde ! Wat 'n aangename verrassing. Hier is een wat mooi ge-"pose" het.
Middag Wessel, dit klink mos…
Middag Wessel, dit klink mos sommer erg lekker, julle moet die uit sien, net so geniet, soos die Kruger wildtuin self!





Die lekkerste ene nog
Middag vriende
Hierdie was die lekkerste bespreking nog. Met die dat ek die volle bedrag van die jaar se bespreking, as krediet gekry het, hoef ek niks in te betaal nie. Die dame seg----jy het nog geld oor. Ek sal maar kyk waar ek 'n aand kan bylas, of ekstra invoeg.
Ek was net nie lus vir kort staan op 'n plek nie. Dis of net slaap, sonder enige tente opslaan, of lank staan met tente.